Preke uit 1 Korinthiërs: 1 Kor.1:10-17 Ware eenheid in Christus teenoor skeuringe

Lees: 1 Korinthiërs 1:10-17

Tema: Die gemeenskap en eenheid met Christus roep die kerk van Christus op om skeuring en verdeeldheid te vermy.

Notas by die preek (let wel: nie die volledige gelewerde preek nie, net hoofgedagtes):

Inleiding

Jesus Christ leer ons in Matt.12:25, dat elke koninkryk wat teen en in homself verdeeld is, nie staande kan bly nie:

Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes; en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie.

So ook is dit met die kerk van Christus, ook vandag se kerk.

Wanneer ‘n gemeente of kerkverband onderling verdeeld is, vasgevang raak in twiste, skeuringe, onenigheid, dan lei die kerk daaronder,

en so ook die getuienis wat die kerk in hierdie wêreld moet uitdra.

Vanoggend wil ons sien, volgens 1 Kor.1:10-17,

dat die kerk opgeroep word om skeuringe en twiste te vermy

deur te let op hul gemeenskap en eenheid in Christus 

Inhoud

Paulus het die gemeente Korinthe gestig volgens Hand.18

‘n Paar jaar daarna, toe hy in Efese was, hoor hy oor al die probleme

in die gemeente deur verskillende mense wat hom besoek of vir hom skryf.

Daarop skryf hy aan hulle, om hul deur die Gees te vermaan en te wys op God se wil vir hul lewens.

Die heel eerste probleem wat hy aanspreek, vind ons saamgevat in 1 Kor.1:10-17, naamlik:

skeuringe, onenigheid en twiste in die gemeente.

Die hele begin van die 1 Korinthiërs brief spandeer hy aan hierdie wesentlike probleem,

eintlik hfst.1-4, waarna ons na die inleiding en samevatting vanoggend kyk, verse 10-17.

Paulus begin met die woorde ‘ek vermaan julle, broeders’

om sy liefde aan hulle te betoon, daarom die aanspreekvorm.

Ja, liefde en vermaan gaan dus saam

dit is juis liefde om te vermaan

en as jy iemand vermaan is dit juis omdat

jy broers in die geloof is, en lief is vir mekaar.

Paulus vermaan hul in die naam van ‘ons Here Jesus Christus’

Dit dui op die gesag waarmee hy kom, soos ook in v.1 gelees

sy vermaning is nie net persoonlik nie,

maar dra die gesag van Christus self.

Wat was die spesifieke probleem in die gemeente in Korinthe waaroor hy hul vermaan?

Paulus het deur die huisgenote van Chloë gehoor:

daar was onenigheid, skeuringe en twiste

Hulle het nie saamgestem nie, nie uit een mond gespreek

en daarom nie saam gedoen nie

Hulle was verdeeld onder mekaar en dit het gelei tot twiste

In vandag se taal: stryery

En al hierdie dinge het die eenheid en gemeenskap in Christus bedreig.

Wat het spesifike aanleiding gegee daaroor ?

Die kern van die twiste en verdeeldheid vind ons in v.12 (lees)

Soos vers 10 dit gesê het, hulle het nie uit een mond gepraat nie,

hulle was nie eenstemmig nie, want elkeen bely en hang iemand anders aan:

“Elkeen van julle sê” …

– ek is van Paulus: stigter van die gemeente, so ons moet hom volg

– ek is van Apollos: goeie spreker, Paulus nie, volg hom (opvolger van Paulus)

– ek is van Cefas/Petrus: hy is die een aan wie Christus gesê het, hy is die rots, volg hom na

– ek is van Christus: ons volg nie mense nie, ons volg die beste … ons is beter as julle wat ‘mense’ volg

Wat dink Paulus van al hierdie groepvorminge ?

Hy, en sekerlik aldrie die ander persone verwerp dit ten sterktste

Daarom vers 13 (lees)

Paulus vra drie retoriese vrae, wat beteken die antwoord is vanselfsprekend NEE !

– Christus is nie verdeel nie, Hy behoort aan die hele gemeente, nie net ‘n deel daarvan nie. Christus behoort aan al sy skape, nie net aan sekeres nie.

– dink maar aan ‘n mens se liggaam, nie net arm of been behoort aan jou nie, elke deel behoort aan jou.

– Paulus of geen ander mens is die redder/verlosser van die mens nie, alleen Christus het vir ons sondes gesterwe en ons gekoop.

– Om in die naam van iemand gedoop te word beteken twee dinge:

a) jy is gekoop deur daardie persoon, jy behoort aan Hom

b) jy identifiseer met daardie persoon se name

En volgens Matt.28:19, is ons in God se Naam gedoop, in Christus gedoop,

ons behoort aan Hom, nie aan Paulus, Cefas of Apollos nie.

In verse 14 tot 16 wys Paulus ook maar op die enkele gesinne en mense wat hy wel gedoop het:

Crispus, Gajus, Stefanus se huisgesin

Die doel daarvan is dat Paulus wil sê:

ek probeer nie vir my ‘n bende, groep bymekaar maak teenoor ander groepe nie.

In 1 Kor.3:4-8 wys hy ook dat hulle as predikers almal instrumente is in God se hand,

dit gaan oor die Boodskap en Christus, nie die persone nie of instrumente nie:

(lees die verse)

– die oorsaak van alle verdeeldheid/skeuringe: 1 Kor.3: 4c ‘is julle nie vleeslik nie?’

In vers 17 wys hy waarmee hy besig is:

– ander doop ook

– maar sy taak is om die Evangelie van Christus te verkondig

– die kruis van Christus in eenvoud en krag

– hy probeer nie met woorde of tegnieke te beindruk nie.

So, Paulus vermaan hul teen skeuringe, twiste en onenigheid.

Wat is dan die antwoord op twiste en skeuringe ?

Dit het hy ook gesê in vers 10:

Hy roep die gemeente op tot:

a) eenstemmigheid, om uit een mond te praat, dus saam een waarheid te bely, en daardie waarheid is: Jesus Christus

En onthou, om Jesus met een stem te bely, is om sy Woord te aanvaar en te glo:

– As jul my liefhet bewaar my gebooie (Joh.14:15)

– leer hul om alles te onderhou wat Ek jul beveel het (Matt.28:19)

b) om verenig te wees, om volkome te wees, om saam te wees in een gesindheid en mening

dit beteken om saam gevoeg te word (soos ‘n net) in dieselfde gesindheid, denke en mening = doel, roeping en taak

Let wel, Paulus roep nie optot  eendersheid of eenvormigheid in die sin dat alle gelowiges dieselfde gaan wees nie

die Here gee ‘n wonderlike verskeidenheid van gelowiges met verskillende gawes en gedagtes wat saamgevoeg word tot eer van Christus tot die opbou van sy kerk.

Want die fondament, die bron van ware eenheid en saamwees, vind ons in

vers 9 en vers 17:

– gemeenskap in Christus (wat ons is, ons posisie)

– wat ons taak is (verkondiging van die Evangelie, die Groot Opdrag)

Hoekom is hierdie saak so belangrik vir Paulus, en is dit vandag nog so belangrik vir die kerk ?

Want, v.13, Christus is nie verdeel nie

gemeenskap met Hom, v.9 lei tot gemeenskap met mekaar

En die taak van die kerk kan nie goed uitgevoer word

as ons na binne veg nie

So is dit ook met die hele lewe (gesin, werk, weermag, ens.)

Geliefdes, laastens ‘n paar toepassings ook vir ons gemeente en tye:

1. Om saam te kan sê, saam te bely, saam eenstemmig te wees,

beteken dit ons moet saam glo, saam leer, saam die geloof vashou.

Dit beteken om dwalinge en dwaalleraars te verwerp.

Vir ons as gereformeerdes is dit ons belydenisskrifte,

en die besluite wat ons as kerke saamneem.

Ons praat van eenheid in leer, diens en tug.

Ons kan nie verdeeld wees oor leersake, hoe ons erediens hou, en hoe ons kerke regeer,

en dink dit gaan vrede en eenheid bring nie.

Teenoorgestelde vertalings, Psalmboeke, kerkregerings (VIDA) sal ongelukkig tot verdere verdeeldheid lei.

Kerke, gemeentes moet saam glo (dink, bely) om saam te kan doen,

getrou te wees aan hul roeping en take.

2. As Paulus ons daarop wys dat Christus nie verdeel is nie,

dan is dit wesentlik van toepassing ook op ons tye en lewens.

Ons kan nie net sekere aspekte van Christus wil leer, en ander swyg nie

Ons kan nie een deel van sy Woord aanvaar, maar nie ‘n ander nie.

Dit is alles of niks, vir ons eie lewens, maar ook ons gemeente.

Ons moet die volle raad van God verkondig en najaag.

Ons moet Christus verkondig soos Hy Hom openbaar,

as beide Lam en Leeu

Ons moet die stok en staf hê in ons hande,

vermaan en vertroos

liefhê deur vas te hou, te tug, alles.

3.  Laat ons fokus reg wees, soos Paulus se oë op Christus en sy kruigiging.

Hy sê nie die doop is onbelangriker nie, maar laat ons nie vasgevang raak in een leier of een lering of een idee nie.

Daarom dat hy die brief begin met verse 2-9, kyk wie julle is, en lewe daarvolgens, veral teenoor mekaar.

– Ware eenheid is in Christus, gevestig op Hom en dien mekaar saam tot die eer van sy Naam.

– Laat ons daardie ware eenheid soek in sy Woord en Gees,

– en mekaar dien daarmee

veral terwyl ons oppad is na die Nagmaal einde van die maand,

die maal wat wys dat ons waarlik een is in Christus

dat ons van harte met Hom en al sy weldade identifiseer.

One thought on “Preke uit 1 Korinthiërs: 1 Kor.1:10-17 Ware eenheid in Christus teenoor skeuringe

Add yours

  1. Die ontstaan van kerke uit skeuring wat hulle ten onregte kerk noem, teenoor hulle bely ons die merktekens van die ware kerk en hou die kenmerke van die valse kerk in berekening, sodat ons nie daarin verval nie.

    CB

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: