Aborsie-moord: Die moderne Molog-afgodsdiens van ons tyd

Nota: Sedert 1 Februarie 1997 is ongeveer 1.2 mijloen babas vermoor in die baarmoeder.  As mens wil weet waar ’n land of volk se beskawingspeil is, kyk wat doen hul met hul kinders.  Ek het hierdie preek gepreek om hierdie saak aan te spreek, mag die Here ons genadig wees in sy regverdige oordeel, en ware bekering en reformasie in Christus skenk.  Sien die verskillende bronne na die preek hier onder om te gebruik om u en u gesin en gemeente toe te rus oor hierdie saak.

Lees: Ps.106:36-45 en Jer.32:26-40

Sing: Ps.68:1,2; 139:7,8; 82:1,2

Teksvers: Jer.32:35

35 en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan — iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig.

Die preek kan hier geluister word:

Preeknotas (let wel – net notas, die audio preek is meer volledig):

Geliefde gemeente in ons Here Jesus Christus,

Die Kanaanitiese heidense volke wat voor Israel daar was,

en om hul gelewe het in die OT tye,

het offers aan hul afgode gebring,

ook kinder offers, soos ons teksgedeelte aandui,

‘om hulle seuns en dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan’

Twee van hierdie gode, wat natuurgode was, vrugbaarheidsgode,

word ook in ons teksgedeelte genoem, Baal en Molog.

Molog was heel moontlik, ’n Fenisiese en Ammonitiese afgod,

ook genoem Milkom of Moleg.

En die woord self, sê nie veel nie,

dit is afkomstig van die Hebreeuse woord melech of melek wat ‘koning’ beteken.

Die Here word ook koning genoem.

Dieselfde met die naam ‘Baal’, wat meester of regeerder beteken.

Daarom moet die naam verstaan word volgens die volk waaraan die naam gekoppel is.

En hierdie heidense volke het hulle kinders ge-offer,

om daardeur die guns van hul gode te wen,

sodat hul land en oes vrugbaar mag wees.

Daardie kinder offer was moontlik 2 dinge:

–      Letterlik as mense offer gebrind

–      Toegewy aan tempeldiens, tempelprostitusie

En natuurlik was dit ’n gruwel in die oë van die Here,

Dit was sonde, God haat dit, verwerp dit,

dit het nie in sy hart opgekom nie

Hy het dit nie beveel nie.

Die Here se wet het hierdie gruwels verbied:

En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.(sien Lev.20:1-5)

Die tragiese is egter, dat die Here se volk soos die heidene om hul begin lewe het.

Die Mologdiens is geheilig deur verskeie konings, ons lees:

Toe het Salomo ‘n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. 1 Kon.11:7

Maar hy (Agas) het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het. 2 Kon.16:3

In ons teksgedeelte lees ons ook samevattend van hoe die volk hierdie gruwelike

gebruik van die volke om hulle aangeneem het,

alles ‘in die naam van die Here’ en die tempeldiens.

Ps.106:36-39 beskryf ook die volk se verval in die heidendom se gebruike:

Psalm 106:36-39   36 En hulle het hulle afgode gedien, en dit het vir hulle ‘n strik geword.  37 Bowendien het hulle hul seuns en hul dogters aan die duiwels geoffer  38 en onskuldige bloed vergiet — die bloed van hul seuns en hul dogters wat hulle aan die afgode van Kanaän geoffer het — sodat die land deur bloedskuld ontheilig is.  39 En hulle het onrein geword deur hul werke en gehoereer deur hul dade.

En die gevolg ?

Die Here se strenge oordele:

– Jer.32:35-37

– Ps.106:40-43.

So, die heidene het hul kinders opgeoffer,

ter wille van hul eie gemaksug, hul eie rykdom, hul eie voorspoed,

Geldgod en besittings.

Die kinder offers moes die gode se guns vir die heidene skenk.

En, hierdie mologdiens, of afgodsdiens gaan voort in die wêreld,

deur alle die eeue, vandag ook in ons eie land.

Die verskil is net, dat die modern weergawe nou ook wettig is volgens landswet,

baiemaal met die hulp van hulle wat sê hulle is Christene, van valse kerke.

Dit is die aborsie slagting, molog diens van ons tye,

waar die oorgrote meerderheid aborsies wat gedoen word,

Aborsie op aanvraag is, en nie die moeilike gevalle nie.

Mense, baie keer christene ook, wat ’n glipsie gehad het,

wat aborsies ondergaan,

– wie se loopbaan nie nog ’n kind kan ‘bekostig’ nie,

– of wie se figuur en emosies dit nie kan ‘hanteer’ nie,

En dan offer hulle hul kinders vir Molog,

vandag die gemakgod, die plesiergod, die ek-god

Daar word vermoor … en die staat en wêreld, en valse kerk

gee hul goedkeuring …

Statistieke

Volgens dr. Peter Hammond (erkenning) van Africa Christian Action (aan wie ek ook erkenning gee as een van die bronne van hierdie preek):

“Every year we lose more babies to abortion than the combined death tolls of crime and car accidents! Since 1 February 1997, over 1,200,000 babies have been killed in South Africa, by abortion, legally, officially, with taxpayers’ money.”

So, ongeveer:

80 000 per jaar

7 000 per maand

220 per dag,

mense word deur aborsie uitgemoor.

Dr. Frank Muller van die Christian Medical Fellowship, skryf:

“Abortions can be done either for profit (as by the private sector and by back street abortionists) or not (by state institutions and a few philanthropists). However, a third reality has emerged in South Africa for which no law makes adequate provision: the two-stage abortion.”

“What is a two stage abortion?Most South African abortions nowadays are initiated by Misoprostil. This is a prescription medication registered for the prevention of peptic ulcers and normally costs less than R4 a pill. It has the side effect of inducing labour (and therefore is contra-indicated in pregnancy). Misoprostil does not normally kill the baby; it merely expels the child (often still kicking) from the womb. (It then dies slowly from starvation or neglect.) This drug is provided at high cost by G.P.’s, pharmacists (often without prescription) and by back street abortionists to pregnant women, ranging from R250 to R1,000. The pill provider then pockets the profit.

Nou, met hierdie gruwel wat nou ook wettig is in ons land,

Moet ons opnuut vra, wat leer die Skrif oor aborsie,

en wat kan die gelowige, die kerk van Christus, doen ?

Ons let op die volgende hoofpunte:

1. Die mense is geskape na die beeld van God, alle mense uit alle volkere:

Genesis 1:27   27 En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.

Hand 17:26   26 En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het,

Daarom moet alle lewe van die mens beskerm en gerespekteer word,

binne die konteks van dit wat die Skrif leer.

Alle lewe, van alle volke, nie net sekere volke of groepe nie.

Aborsie moord is baiemaal in die verlede juis ingestel om sekere groepe ‘uit te dun’,

of om van gebreklikes en ‘minderbevoorregtes’ ontslae te raak, ens.

Aborsie is in sy wese ook rassisties van aard.

2. Lewe begin by konsepsie, dus daar is lewe voor geboorte, die Bybel is baie duidelik daaroor:

Jer 1:5  5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot ‘n profeet vir die nasies gemaak.

Psalm 139:13-16   13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.  14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.  15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.  16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

Luke 1:41-42   41 En toe Elisabet die groet van Maria hoor, het die kindjie in haar skoot opgespring; en Elisabet is vervul met die Heilige Gees  42 en het met ‘n groot stem uitgeroep en gesê: Geseënd is jy onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!  

Dr. Peter Hammond maak die belangrike opmerking:

– die afwesigheid van ‘n hartklop en/of geen breingolwe word in die mediese wêreld beskou as die dood,

– hoeveel te meer moet die aanwesigheid van ‘n hartklop en/of breingolwe dui op die lewe !

3. Lewe is kosbaar vir die Here, daarom ook die opdrag in:

Genesis 9:5-6   5 Maar wat julle eie bloed betref, dit sal Ek eis: van al die diere sal Ek dit eis. Ook van die mens, van die een teenoor die ander, sal Ek die siel van die mens eis.  6 Hy wat die bloed van ‘n mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak.

En in sy wet, wat ons vanoggend weer gehoor het:

Exodus 20:13   13 Jy mag nie doodslaan nie.

En juis daarom,

4. Die owerhede wat deur God daar gestel is, Rom.13,

moet daarom die lewe van die mens bewaar, van al sy burgers,

en soveel te meer onskuldige lewe,

En is daar iemand meer voor die reg onskuldig as die baba in die baarmoeder ?

Die OT wetgewing het juis die lewe in die baarmoeder beskerm:

Exodus 21:22-25   22 En as manne met mekaar veg en ‘n swanger vrou so stamp dat haar vrug afgaan, maar daar geen ander letsel is nie, moet hy sekerlik boete betaal soos die man van die vrou hom dit oplê, en hy moet dit deur skeidsregters gee.  23 Maar is daar ‘n letsel, dan moet jy gee lewe vir lewe,  24 oog vir oog, tand vir tand, hand vir hand, voet vir voet,  25 brandplek vir brandplek, wond vir wond, kwesplek vir kwesplek.

5. Die bloed van onskuldige bloed roep uit teenoor die hemele vir vergelding:

Num 35:33 – 34   33 En julle mag die land nie ontheilig waar julle in is nie; want die bloed ontheilig die land, en vir die land word geen versoening gedoen vir die bloed wat daarin vergiet is nie, as net deur die bloed van hom wat dit vergiet het.  34 En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel. 

En die owerheid moet vergeld, swaard gebruik om kinders te beskerm, nie te laat uitmoor nie.

In plaas van moordenaars en verkragters straf met die sward,

word onskuldige kinders in die baarmoeder vermoor,

deur die goedkeuring en beskerming van die moordenaars,

deur die burgerlike owerheid ?

In ons teks in Jer.32 en Ps.106 wys dit duidelik dat die Here toornig is, en sal oordeel,

oor hierdie onreg, wanorde en moord aanslag teen kinders.

6. Daarom dat ons ook op verskillende plekke die volgende lees,

Om die hulpelose te beskerm, die owerhede maar ook ons as burgers:

Psalm 82:3-4  3 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.  4 Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense. (netnou gaan ons hierdie Psalm sing)

Spr 24:11,12 en 31:8-9 11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!  12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! — sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk. … 8 Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.  9 Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Matt 18:10  10 Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.

En daarom,

7. Wat kan ons doen aan hierdie aborsie-moord slagting ?

’n Paar dinge, ons gaan nie noodwendig alles kan doen nie, sommige gelowiges gaan meer en ander minder kan doen, maar dit is ’n begin:

a. Bid,  – bid vir owerhede om weer die onskuldige te beskerm, die misdadigers te straf, Rom.13 ! Bid dat die owerhede hul sal bekeer, voor Christus sal buig en sy goeie wette vir die hele land sal omhels (Ps.2:10-12). Bid dat die Here hul sal verwyder en vervang met goeie godsvresende leiers uit elke volk, as hulle hul nie wil bekeer nie.

– bid vir moeders om te besef dit is lewe in die moederskoot, en om nie mislei te word deur leuenaars wat hul anders vertel nie. Bid dat moeders en vaders weer sal luister na: Jes.49:15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie?

– dat mense nie mislei word deur aborsioniste en klinieke wat bloot geld wil maak uit moord nie.

b. As u nog wil stem, stem vir politieke partye wat die lewe liefhet en die dood haat: Spr.8:36 Hy wat my haat het die dood lief ….

Sien hierdie Biblical Voter’s Guide om u daarmee te help.

Ek is oortuig dat geen ware gelowige mag stem vir ‘n party wat die dood (aborsie) liefhet en beskerm, en die lewe haat nie.

Dr. Peter Hammond:

It is a matter of logic. It is of the utmost hypocrisy for us to denounce the atrocities committed under various political systems, if we allow the abortion holocaust to continue in our own country. How incredible that South Africa replaced apartheid with abortion! In the name of human rights, pro-choicers are depriving pre-born babies of the right to life. Instead of discrimination based upon race they advocate discrimination based upon age. How can anyone condemn discrimination based on race, while allowing discrimination based on age?

c. Toerusting, word opgevoed oor die saak, sien ACA se webblad met materiaal oor die saak (bronne hier onder).

d. Bring die Evangelie van die Lewe, hoop en liefde aan oortreders, owerhede, partye, ens. waarsku

e. Voed gesin en gemeente daarin op om Dt.30 te volg ….

f. Bid dat die Here ons genadig sal wees in sy regverdige oordeel.

Amen.

Bronne

ACA materiaal

Pro Regno artikels

Biblical Voter’s Guide

Abortion: A Rational look at an emotional issue

“I’ve written over 70 books. The book that had the shortest shelf life of all of my books was my book on the case against abortion. I talked to pastor after pastor and sought to understand why they weren’t using this material (for which we also made a video series). They told me, “Well, we agree with it but we can’t do it in our church.” And I said, “Why?”  They responded: “It will split the congregation.” And I said, “So be it!” A million and a half unborn babies are slaughtered wantonly in the United States of America every year in the name of women’s rights. If I know anything about the character of God after forty years of study, I know that God hates abortion.” – R.C. Sproul

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: