GKSA sinode 2012 – VIDA

Tydens die volgende paar dae gaan 5 beswaarskrifte dien aangaande VIDA, een ten gunste daarvan dat die besluit oor die vrou in die diakenamp herroep word, en vier dat 2009 se besluit teen die vrou in die dienste van predikant en ouderling herroep word, d.w.s. dat die vrou in alle besondere dienste toegelaat word. Dit... Continue Reading →

GKSA QUO VADIS ? AD 8-13 Januarie 2012

“Ek bely nie Christus nie - as ek met die hardste stem en die suiwerste verklaring elke deel van die waarheid van God verkondig, behalwe daardie klein puntjie waar die wêreld en die Duiwel huidiglik aanval - ongeag hoe kragtig ek Christus mag verkondig.  Daar waar die aanval is, daar word die lojaliteit van die soldaat bewys, en, om standvastig... Continue Reading →

GKSA sinode 2012: DIE GKSA EN DIE SARK/WRK

  Die aanvullende agenda art.16.23 (bl.483) se rapport se aanbeveling  is dat die GKSA aansoek moet doen vir 'volle lidmaatskap'.   Lees asb hul rapport (2 en half bladsye lank). Hier is my opmerkings daaroor: a. 1.5.3.2  word heeltemal weerspreek deur 1.5.3.6 en 1.6.2.2, hoe kan aan die eenkant beweer word die SARK het nie meer 'politieke kleure'... Continue Reading →

Diplomatieke of getroue kerkvergaderings ?

Ek het nog altyd verstaan dat die doel van meerdere vergaderinge is om mekaar as plaaslike kerke te help om plaaslik kerk van Christus te wees volgens Skrif en belydenis, en om so die eenheid in leer, diens en tug (kerkregering) te koester en te bevorder. Die teenoorgestelde is ongelukkig die werklikheid wat ons beleef.... Continue Reading →

VCHO Konferensie: Teïstiese Evolusie

VCHO Konferensie oor teïstiese evolusie te Potchefstroom Tema: Teïstiese evolusie en ons Christelike geloof Plek: Lesinglokaal G01, Gebou G20, Noordwes Universiteit, Potchefstroom-kampus. Program Vrydag, 16 September om 19:00 Prof. Harm Moraal – Teïstiese evolusie is versoenbaar met ons Christelike geloof Dr Loutjie Coetzee –  Waarom die skeppingsleer teïstiese evolusie weerspreek Saterdag, 17 September om 09:00... Continue Reading →

Nuwe en ou dinge – prof. WJ Snyman

Prof. Willie Snyman (professor in NT, Teologiese Skool Potchefstroom, 1946-70, oorlede: 1981-06-06) se boek Nuwe en Ou Dinge, ' n samestelling van artikels en preke uit sy pen, is nou danksy die harde werk van Willem Swanepoel, aanlyn beskikbaar: Nuwe en Ou dinge 'Blaai' gerus deur die inhoudsopgawe om al die relevante onderwerpe te raadpleeg waaroor prof.... Continue Reading →

Gedenk julle voorgangers reeks: nommer 1-4

Hebr.13:7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Die 'Gedenk julle voorgangers' - reeks (Hebr.13:7), se doel is om preke, artikels, lesings van die verlede te plaas wat ons oproep om vas te bly staan in die geloof wat aan ons... Continue Reading →

Oor die verkiesing

Ek moet seker iets skryf oor die verkiesing wat môre/vandag plaasvind. Aangesien almal mos nou 'geregtig' is op 'n mening, hier is myne (jy moet elke stap slaag om aan te gaan na die volgende stap): Stap 1: Voor jy gaan stem, kyk watter party erken en bely Jesus Christus as enigste Koning en Verlosser en... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑