VCHO Konferensie: Teïstiese Evolusie

VCHO Konferensie oor teïstiese evolusie te Potchefstroom

Tema: Teïstiese evolusie en ons Christelike geloof
Plek: Lesinglokaal G01, Gebou G20, Noordwes Universiteit, Potchefstroom-kampus.

Program
Vrydag, 16 September om 19:00
Prof. Harm Moraal – Teïstiese evolusie is versoenbaar met ons Christelike geloof
Dr Loutjie Coetzee –  Waarom die skeppingsleer teïstiese evolusie weerspreek

Saterdag, 17 September om 09:00
Morné Diederichs – Die aanwending en toepassing van evolusieleer in die onderwys
Dr Wikus Buys –  Die neerslag van teïstiese evolusie in die gereformeerde teologie
Ds Hendrik Hefer – ’n Bybelse standpuntinname: die evolusionistiese of die reformatoriese

Kan teïstiese evolusie en ons Christelike geloof met mekaar versoen word?, is die belangrike vraag wat in hierdie tyd beantwoord moet word. Daar is bekende teoloë en ander wetenskaplikes wat geen probleem daarmee het nie, deur te verklaar dat dié twee nie in botsing met mekaar is nie. Daar is egter ook teoloë en ander wetenskaplikes wat hulle nie hiermee kan vereenselwig nie. Laasgenoemde neem die standpunt in dat, op grond van die Bybelse skeppingsleer, teïstiese evolusie nie met ons Christelike geloof versoen kan word nie. Christene moet hulleself oor hierdie twee standpunte kan verantwoord. Wat is die verskil tussen evolusie soos wat ons dit nog altyd verstaan het, en teïstiese evolusie soos wat dit in resente tye aan ons voorgehou word? Wat maak teïstiese evolusie anders, sodat dit vir die Christelike geloof aanvaarbaar sou kon wees? Op hierdie vrae wil Christene graag groter duidelikheid verkry.
Met die oog daarop om antwoorde aan Christengelowiges te bied, word ʼn konferensie op 16 en 17 September te Potchefstroom aangebied. Die verhouding tussen teïstiese evolusie en geloof sal ondersoek word, en daar sal ook aandag gegee word aan die uitwerking van teïstiese evolusie en die invloed daarvan op die onderwys en die teologie.
Sprekers van o.m. die Noordwes-Universiteit, Aksie Reformatoriese Onderwysstudie en Bybel en Volk sal hieraan deelneem.  Die konferensie bied aan enige belangstellende die geleentheid om te kom luister na die onderskeie voordragte, dit op te weeg, en ’n verantwoorde standpunt daaroor te vorm.

Enige persoon is welkom by die konferensie en veral ouers en onderwysers word aangemoedig om dit by te woon en hulle vrae te kom stel.

Kostes

’n Bedrag van R30 per persoon sal betaalbaar wees om verversings te kan voorsien.

Roete-aanwysing
Ons vergader in Lesingsaal G01 in Gebou G20. Gaan deur Gerrit Dekkerstraat-ingang en draai dan sterk links na die Suide. Links van die pad is ’n parkeerterrein en regs daarvan Gebou G20. Gerrit Dekkerstraat is die eerste straat na regs oor die noordbrug van die Mooirivier vanaf Carletonville.  As die Hoffmanstraatingang geneem word, bly Noord ry verby die E-, F- en G-geboue tot G20 links van die pad en die parkeerterrein regs net voor die Gerrit Dekkerstraat-ingang.

Vir meer inligting oor die VCHO: http://vcho.co.za/tuis/tuisblad.php

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: