Tydens die volgende paar dae gaan 5 beswaarskrifte dien aangaande VIDA, een ten gunste daarvan dat die besluit oor die vrou in die diakenamp herroep word, en vier dat 2009 se besluit teen die vrou in die dienste van predikant en ouderling herroep word, d.w.s. dat die vrou in alle besondere dienste toegelaat word.
Dit kan verreikende implikasies hê vir die kerkverband, almal weet dit. Daar is die afgelope dekades al soveel besin, geskryf en gestudeer daaroor, dat ‘n mens meen dat niks bygevoeg kan word nie, daar moet daadwerklik besluit word daaroor en daarvolgens opgetree word.
U kan die verskillende skrywes op hierdie blog oor die onderwerp by ‘vrou in die ampte’ en ‘die vrou se rol’ onder ‘categories’ gaan lees, sien ook die onlangse artikels: D
Daar is twee dokumente wat ek nou hier wil byvoeg vir u aandag:
Dit is ‘n studie-werkstuk gedoen onder prof. Gert Jordaan (NT-TSP) oor die sinode se rapporte daaroor in 1988, 2003 en 2006 wat van die argumente oor die saak in die huidige beswaarskrifte aanspreek. Dit bevat nie 2009 se sake nie, maar dit is nie nodig nie, omdat die basiese beginsels en argumente nog dieselfde is. Sien die inleiding hier onder.
2. My GTV verslag van die ‘Geslagtelikheid in die Kerk’ konferensie en boek (2008)
“Dit blyk dus dat die epistemologiese sekerheid van vorige geslagte oor hierdie saak (bv. Totius), is tenminste nie meer by baie teenwoordig nie, daarom blyk dit dat die saak nie meer so wesentlike saak is nie, ten minste nie wat die praktyk betref en die eenheid van ons kerk nie. Ja, daar hoef nie saamgestem te word met ander eksegese nie, word beweer, maar ditkanwel ge-akkomodeer word. Die feit dat daar nog gestudeer moet word sodat daar wel ‘duidelikheid’ mag kom oor die onderwerp, bevestig die sekerheid-tog-onsekerheid dualisme (p.204). Indien daar werklik sekerheid was o.g.v. sy eksegese dat dit ‘duidelik’ is dat die vrou nié in die besonderse amp mag dien nie, en dus daardeur
a) teenoorgestelde eksegese uitsluit, en
b) onduidelikheid uit die weg ruim,
dan sou ‘n mens mos nie kon saamgaan met dit wat in die laaste paar bladsye van die boek geskrywe staan nie, of hoe ?
Daarom is die pertinente vraag: weet ons werklik nie met duidelikheid en sekerheid wat die Skrif leer en beveel oor hierdie saak nie (ongeag Paulus se ‘beveel’ uitsprake in 1 Kor.14:37 en 1 Tim.2:12), ongeag of my ‘verstaansmoontlikheid’ daarmee saamstem of nie ?
Hoekantwee uiteenlopende eksegeses met verskillende konklusies, altwee ‘waar’ en ‘geldig’ wees ?”
Hier volg die inleidende gedeelte van nr.1 om die belang van die saak aan te dui :
1. Inleiding
“Dit beteken dat ons tans by die grootste meningverskil van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) in sy 144-jarige bestaan uitgekom het. Die meningsverskil is onweerlegbaar, maar ons bede is dat die Here ons van ‘n skeuring sal bewaar.”
Dit is ‘n aanhaling van professor-emeritus JH van Wyk, redakteur van Die Kerkblad, die amptelike kerkblad van die GKSA in die Desember 2003 uitgawe. Hierdie oordeel is gemaak as gevolg van ‘n aantal besluite wat geneem is op die Sinode van die GKSA in Januarie 2003. Een van die besluite wat geneem is, is dat vroue tot die amp van diaken toegelaat mag word.
Baie plaaslike gemeentes was nie bereid om hierdie besluit te aanvaar en te implimenteer nie, en by die 2006 Sinode het heelwat beswaarskrifte daaroor gedien. By 2006 Sinode is op ‘n kerkordelike punt terugbeweeg na die besluite van 1988. Dit het weer ongelukkigheid by ander gemeentelede en predikante tot gevolg gehad.
Waaroor almal wel saamstem, is dat die ‘meningsverskil’ onweerlegbaar is oor die saak van die vrou in die amp. Daarom moet daar verder besin en studeer word oor hierdie belangrike saak, wat wel tot skeuring kan lei as ons nie by Skrif, belydenis en kerkorde hou nie.
2. Probleemstelling
Indien daar soveel verskil is oor die rol van die vrou in die kerk, in die besonder oor die ampte, kan daar nogsteeds beweer word dat dit bloot ‘n middelmatige verskil of ‘saak van interpretasie’ is ? Is daar nie meer op die spel nie ? Openbaar die uiteenlopende standpunte nie ook ‘n verskil in die manier hoe daar met die Skrif omgegaan word nie, veral in terme van openbaringshistoriese ondersoek ? Is daar nie onderliggende verskil in terme van Skrif-, kerk- en ampsbeskouing nie ?
3. Doelstellings
Die algemene doel is om te sien of en hoe die beginsels van openbaringshistoriese ondersoek toegepas is op die Nuwe Testamentiese tekste wat gebruik is in die onderskeie sinodes van die GKSA se rapporte oor die plek van die vrou in die kerk.
Die besondere doelstellings is om vas te stel watter Skrif-, kerk- en ampsbeskouing openbaar die verskillende rapporte in hul hantering van die onderskeie Nuwe Testament tekste.
4. Werkswyse
Eerstens, word daar kortliks vasgestel wat openbaringshistoriese ondersoek behels. Tweedens, word gekyk in hoe ‘n mate die openbaringshistoriese metode gedoen is in Sinodes 1988, 2003 en 2006 se rapporte oor die plek van die vrou in die kerk. Daar gaan ook gekyk word hoe elke jaar se rapporte aan die breë Skriflyne van Skrifbeskouing, Kerkbeskouing en Ampsbeskouing voldoen, ook in hul onderlinge samehang. Derdens word ‘n eie geheelbeskrywing gegee van die plek van die vrou in die kerk, as afronding en konklusie op die voorafgaande studie.”
Die Nuwe Testament was geskryf vir die gelowiges, nuwe gelowiges. As ek reg verstaan, as ek verkeerd is help my reg, was hulle nie geleerd nie. As ons vandag teoloë moet wees om die Skrif te verstaan dan lyk dit vir my asof ons terug is by die Roomse voor die Herforming en voor die NGB. Want t.a.v VIDA lyk die skrif vir my duidelik. ‘n Terug gryp na Ou Testament profetes of selfs rigter gaan nie op nie watdit was staatsrettelik. Die tempeldiens het nie vroue gehad nie. Waarom is ek dom?