

18h00: vergadering gaan afsluit vir die dag, al die afgevaardiges gaan nou saam die rektor eet. Die voorsitter wys daarop dat die lang reses was vanweë drie ordevoorstelle wat ingekom het hoe om al die VIDA sake saam te hanteer more. Tans word daaraan gewerk om te poog om een ordevoorstel more-oggend vir die vergadering voor te lê. Hy verseker dat ons mekaar nie probeer uitvang nie.
17h45: art.48 is terug verwys vir nagaan van spesifieke bewoording. Finansies kommissies gaan voort.
17h10: art.48 kommissie word nog bespreek. Die VIDA sake sal more die hele dag dien. Om een of ander rede is dit uitgestel …
16h50: rapport ad-hoc kommissie ivm deputate art.48, aanbevelings hoe om prakties die saak te hanteer oor die skeiding van paaie wat plaasgevind tussen ons algemene sinode en sinode Soutpansberg (Venda kerke).
16h40: terwyl die manne gesels oor die geld, ‘n mededeling oor gister: ek was werklik aangenaam verras deur die afgevaardigde van die Presbiteriaanse Kerk in Brasilië (sien die skrywes van gister-oggend). Hierdie prediker se groete boodskap was kort en kragtig: dit is deur die suiwere verkondiging van die heilige Goddelike Woord wat die Here sy kerk versamel, groei en bewaar. Dus, nou is dit my woorde: nie deur allerlei tricks, nuwe leringe of idees nie, die Woord deur sy Gees is genoeg. En hul kerk bestaan uit 800 000 mense, en groei teen 7% ‘n jaar, in ‘n sterk Rooms Katolieke land. Hulle onderskryf die Westminster Belydenis, sang is los en word aan die vryheid van kerke oorgelaat, en is baie sterk gekant teen VIDA. Hul een afgevaardigde, dr. Davi Gomes, het daarop gewys dat dit onafwendbaar sal lei tot homoseksualisme aanvaarding, dit kan nie anders nie, as jy die skeppingsordening oor geslag verwerp. ‘n Klompie van ons het ‘n lang gesprek met hom gehad. Ek dink baie van die ‘neutrale afgevaardiges’ is baie beindruk … net jammer dat die Woord hul nie reeds oortuig nie … maar dan moet die vraag gevra word … word die Woord nog orals suiwer gepreek en gehandhaaf, in al ons kerke, sodat ouderlinge werklik toegerus word ? Elkeen en sy gesin het die roeping om in die lig van NGB art.27ev. te sorg dat jy saam jou gesin onder suiwer prediking kom, daar waar ons Herder se stem nog gehoor word (Joh.10:27,28).
As jy Portugees kan lees: http://www.mackenzie.br/teologia.html
16h25: Jammer, finansies gaan nog voort, nie seker wanneer eerste VIDA saak hanteer sal word nie. Sal laat weet sodra die saak dien. As ek reg verstaan, as die diaken beswaarskrif slaag, sneuwel die res van die ten gunste VIDA beswaarskrifte.
16h20: die eerste saak oor VIDA, beswaarskrif teen diakenvroue gaan nou dien na tee, 16h30.
16h00: nog besig met geldsake/finansies.
15h00: kommissie vir finansies rapporteur nou terug. AA 13.16 en AA 24.8
14h30: art.31 Kerkorde is verander terug na voor 1964, en as ek reg gehoor het, het iemand soos prof. Bouke Spoelstra ook vir die terugkeer gepleit. Hier is die nuwe bewoording:
“As iemand ‘n klagte het dat hy deur die uitspraak van ‘n mindere vergadering verontreg is, mag hy hom op ‘n meerdere vergadering beroep. Wat met meerderheid stem besluit is, sal vir vas en bindend gehou word, tensy bewys word dat dit met die Woord van God of die artikels van die Kerkorde in stryd is.”
12h25: breek vir ete tot 14h00.
12h20: 24.6 is op die tafel, toerusting van ouderlinge vir uitdra van die evangelie.
12h15: ds. Hennie van Wyk rapporteer as volg op gerefkerke lys, oor vanoggend vandag se sitting:
“In die eerste deel van die vergadering het ons gekyk na ‘n nuwe Messiaanse beryming van Psalm 110. Die beryming van Ds Johannes Bingle is met groot dank aanvaar. Daar is nog 5 Skrifberymings goedgekeur en 2 Skrifberymings van Psalms (dit word so genoem omdat dit nie die volledige Psalm berym nie). Daar is ook 2 berymings van die Kategismus aanvaar: Sondag 1 en 20. Tans is die sinode in ‘n kort reses (minute – nie dae nie) totat die kommissies al die beswaarskrifte gereed het vir behandeling”
Opmerking: die reses was omtrent ‘n uur en ‘n half.
12h10: Dagprogram wat ek nou net ontvang het:
Opening Dr SJ van der Walt
Ordekommissie/Order Commission
Rapport 6 Dep Liturgiese sake – KO Art 69/Report 6 Dep Liturgical Matters CO art 69
Rapport 7 Dep Liturgiese sake – KO Art 69/Report 7 Dep Liturgical Matters CO art 69
Beswaarskrif 10 Beswaar Prof B Spoelstra/Protest 10 Prof B Spoelstra
Beswaarskrif 2 GL Erasmus-Menseregte/Petition of Protest 2 GL Erasmus-Human Rights
Meerderheidsrapport Beswaarskrif/Majority Report Petition of Protest Klopper, Kruger,Stavast, Vorster
Minderheidsrapport Beswaarskrif/Minority Report Petition of Protest Klopper, Kruger, Stavast, Vorster
Rapport Kerksake-Artikel 31 KO/Report Church Matters-Article 31
Skemerkelk/Cocktailparty
12h00: op hierdie stadium is besluit, nadat sinode weer aangaan, dat die eerste VIDA saak, beswaarskrif A.21.7 (teen vroue diakonesse) na middagete gaan dien (14h00). Daar is ‘n meerderheid- en minderheidsrapport.
10h30: daar was nou ‘n baie lang teetyd [tot 12h00] waarin die moderamen besluit het hoe om die VIDA gedeelte van die sinode te hanteer, wat besig is om op te bou in die sinodesaal. Enige orde-voorstelle kan nou ingegee word vanuit die vergadering hoe om dit saak in geheel te hanteer. Hoekom dit nodig is, weet ek nie. Eierdans ?
10h15: AA 20.10 is aanvaar, volgens die nuwe rapport kommissie wat uitgebring is (let wel hierdie rapporte is wat nou tydens die sinode geformuleer word en nie op die gksa webblad onmiddelik beskikbaar nie, daarom is ek versigtig om die saak op te som in my eie woorde. Sodra ek meer vaste inligting kry sal ek dit beskikbaar stel, dit het gegaan oor beswaarskrif 10 van prof. B Spoelstra, wat geslaag het volgens die bewoording van hierdie kommissie waarin hul sekere goed gelyk gee en aan die prof sal oordra.
09h25: AA 22.6 en 22.7, bl.725 tot bl.732 se Gesange liedere is almal vanoggend aanvaar. (Freek Kruger se ‘Ek is nie ‘n stapsoldaatjie nie’ en Ferdie Mulder se ‘Moenie dat die Pous jou flous’ het nie geslaag nie … ek vermoed oordat Pous Leo teenwoordig is … – grappie vir br. Freek en Frikkie).
Doppers verloor nou laaste bietjie van hul identiteit en daarmee bestaansreg. Hartseer!
Stem saam ….. uiters hartseer.
Nou kan die meerderheid maar by die NG Kerk aansluit sodat die minderheid suiwer kan voortgaan.
Stem heelhartig saam
kom ons stig ‘n nuwe eg GEREFORMEERDE kerk wat net psalms sing en die man as die hoof is soos God ons beveel het. Is Noordbrug se kerk nie beskikbaar nie?
Wat behels die verandering aan art 31 van die KO? Dit lyk vir my asof die twee sinne van die artikel omgeruil is. Wat hou dit in? Ek is nie so slim met hierdie kerkorde dinge nie.
Groete
Cobus
GKSA-sinode 2012. die hele wêreld se oë is op julle gerig en op die uitsprake. moenie julle oë op die wêreld rig nie, maar op die HERE.
GKSA-sinode 2012. weet dat die hele wêreld se oë op julle gerig is en op die uitsprake. Moenie die uitsprake vir die wêreld wees nie. Rig julle oë op die HERE en dat julle uitsprake volegens GOD se wil sal wees.