GKSA sinode 2012: AD 11 Januarie

18h00: vergadering gaan afsluit vir die dag, al die afgevaardiges gaan nou saam die rektor eet. Die voorsitter wys daarop dat die lang reses was vanweë drie ordevoorstelle wat ingekom het hoe om al die VIDA sake saam te hanteer more.  Tans word daaraan gewerk om te poog om een ordevoorstel more-oggend vir die vergadering voor... Continue Reading →

GKSA sinode 2012 – VIDA

Tydens die volgende paar dae gaan 5 beswaarskrifte dien aangaande VIDA, een ten gunste daarvan dat die besluit oor die vrou in die diakenamp herroep word, en vier dat 2009 se besluit teen die vrou in die dienste van predikant en ouderling herroep word, d.w.s. dat die vrou in alle besondere dienste toegelaat word. Dit... Continue Reading →

GKSA QUO VADIS ? AD 8-13 Januarie 2012

“Ek bely nie Christus nie - as ek met die hardste stem en die suiwerste verklaring elke deel van die waarheid van God verkondig, behalwe daardie klein puntjie waar die wêreld en die Duiwel huidiglik aanval - ongeag hoe kragtig ek Christus mag verkondig.  Daar waar die aanval is, daar word die lojaliteit van die soldaat bewys, en, om standvastig... Continue Reading →

GKSA sinode 2012: DIE GKSA EN DIE SARK/WRK

  Die aanvullende agenda art.16.23 (bl.483) se rapport se aanbeveling  is dat die GKSA aansoek moet doen vir 'volle lidmaatskap'.   Lees asb hul rapport (2 en half bladsye lank). Hier is my opmerkings daaroor: a. 1.5.3.2  word heeltemal weerspreek deur 1.5.3.6 en 1.6.2.2, hoe kan aan die eenkant beweer word die SARK het nie meer 'politieke kleure'... Continue Reading →

Diplomatieke of getroue kerkvergaderings ?

Ek het nog altyd verstaan dat die doel van meerdere vergaderinge is om mekaar as plaaslike kerke te help om plaaslik kerk van Christus te wees volgens Skrif en belydenis, en om so die eenheid in leer, diens en tug (kerkregering) te koester en te bevorder. Die teenoorgestelde is ongelukkig die werklikheid wat ons beleef.... Continue Reading →

VCHO Konferensie: Teïstiese Evolusie

VCHO Konferensie oor teïstiese evolusie te Potchefstroom Tema: Teïstiese evolusie en ons Christelike geloof Plek: Lesinglokaal G01, Gebou G20, Noordwes Universiteit, Potchefstroom-kampus. Program Vrydag, 16 September om 19:00 Prof. Harm Moraal – Teïstiese evolusie is versoenbaar met ons Christelike geloof Dr Loutjie Coetzee –  Waarom die skeppingsleer teïstiese evolusie weerspreek Saterdag, 17 September om 09:00... Continue Reading →

Blog at WordPress.com.

Up ↑