Kelkiewyn Jg.5 nr.1 – Christus se Kerk is positief

Kan hier afgelaai word:

Kelkiewyn Jaargang 5 nr.1 – Christus se Kerk is positief

Kelkiewyn – Gereformeerde Toerustingsblad

Jaargang 5 nr.1 – Christus se kerk is positief!

Gratis Beskikbaar.

Die kerk is beslis nie die gebou waar ons vergader nie, dis ook nie een of ander menslike instelling soos ‘n besigheid of maatskappy nie, maar eerder ‘n groep mense wat deur die Here self vergader word. Hierdie mense is die gelowige kinders van die Here wat Hom saam dien. Dis die lidmate in die besondere ampte van predikant, ouderling en diaken en ook elkeen wat staan in die amp van gelowige, met ander woorde elke gelowige.

Daar is ongelukkig vandag min mense wat weet wat die Bybel leer oor die kerk en ewe min mense wat weet hoe belangrik die kerk is en wat die taak van die kerk is.

In hierdie Kelkiewyn staan ons in besonder stil om te kyk na die kerk van die Here. Prof. Gert Jordaan begin hierdie uitgawe in die rubriek met Ywer en vertel dat die Kerk wel positief is. Prof. Paul de Bruyn raak Relevant deur ‘n paar algemene vrae oor die kerk te beantwoord. Ds. Dirk Dykstra bespreek onder Mikpunt die kerk se saaiwerk. Die Kuikens het ‘n aktiwiteit om te voltooi nadat pa en ma saam met hulle gelees het uit die Bybel, Leeslus bespreek ‘n herdruk van die Heidelbergse Kategismus, evalueer Desmund Tutu se boek: ‘Children of God’ en Cynthia het ‘n heerlike Marshmallow Tert Opgedis.

Maatstok meet die boek, ‘die hemel is ‘n werklikheid’, Webvlug staan in hierdie uitgawe terug om ‘n nuwe vereniging (VARS) wat in Namibië gestig is om Christelike Onderwysers op te lei bekend te stel en Morne Diedericks vertel by Verbonde van sy ondervinding met die doop van sy eerste kind.

Medisyne maak plek vir Aktueel. Hierin bespreek ons, jou gesindheid teenoor iemand van ‘n ander gemeente. Bybelblokraai 3 verskyn en Wie is in beheer is oudergewoonte ook ingesluit. Ds. Hector Jooste oordink die grondslag van ware kerkwees en Ds. Hannes Noëth kyk in Leef na rus in die Here.

Dit is ons bede dat die Kelkiewyn jou in jou geloofslewe sal toerus. Geniet elke eier hierin gelê en mag die roep van die Kelkiewyn in jou hart broeiplek kry en in jou lewe opvlieg.

Lewer kommentaar by: redakteur@kelkiewyn.za.net

Sluit aan om die Kelkiewyn 4 x per jaar elektronies (in pdf) te ontvang by:

redakteur@kelkiewyn.za.net

Harde kopieë word op strategiese plekke in Namibië geplaas en gratis uitgedeel. Indien jy daarvan wil ontvang, maak gerus kontak, sodat ons jou in verbinding kan bring met een van ons verspreiders.

Ds. Neil Prinsloo

Redakteur

“Op die positiewe Woordverkondiging van die kerk kom dit aan die lig wie werklik ‘n anti-gesindheid het. In 2 Timoteus 3:8 skryf Paulus oor die mense “wat die waarheid teëstaan,” en in 4:3 skryf hy: “Daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie .” Ja, die groot antibeweging kom van die volgelinge van die teëkoning, Satan, wat van begin tot einde gekant is teen God en sy waarheid. Hulle werp alles in die stryd om die waarheid van God af te kraak en te relativeer of verdag te maak.

Maar die kerk – nadat ons al hulle anti-pogings afgeweer en afgewys het, gaan positief voort om die waarheid van God Drie-enig in Jesus Christus te proklameer.” -prof. GJC Jordaan

Vorige uitgawes van Kelkiewyn

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: