Posted by: proregno | May 22, 2013

Die NG Kerk, Rome en die Wêreldkerk gedagte

pous voor maria

Die nuwe Pous aanbid Maria

In ‘n vorige blog het ek u verwys na die tragiese feit dat die NG Kerk leierskap besig is om pens en pootjies dwalinge te omhels in stryd met wat die Skrif leer soos bely in die gereformeerde belydenis:

Dwaalleer tugsaak in die NG Kerk teen dr. Ben du Toit

Hierdie omhelsing van die dwaling word verder ge-openbaar in die NG leierskap se uitsprake en sienings oor Rome, met die onlangse aanstelling van die nuutste Pous (beklemtoning bygevoeg):

GELUKWENSING AAN KATOLIEKE GEMEENSKAP MET DIE VERKIESING VAN NUWE POUS

Graag wens ons die wêreldwye Katolieke gemeenskap geluk met die verkiesing van die eerste Suid-Amerikaanse  pous , Jorge Mario Bergoglio, of te wel Franciscus I.

Dit is inderdaad `n historiese geleentheid en betekenisvol nie net vir die Katolieke Kerk nie, maar ook vir die hele Christen-gemeenskap wêreldwyd. Dit bevestig nie net voortdurende bewegings wat in die wêreld-kerk aan die gang is nie, maar herbevestig ook `n beweging na eenvoud, die helder verkondiging van die Evangelie van Christus en die uitreik na armes.

Ons is saam met die hele Katolieke gemeenskap dankbaar oor en trots op die verkiesing van die nuwe pous en bid hom Gods rykste seën, gesondheid en wysheid toe.

Dr Braam Hanekom

Moderator NG Sinode van Wes-en-Suid-Kaapland

2013-03-14

Rome besig met die ’helder verkondiging van die Evangelie’ ?

Sien die volgende bronne wat ek reeds op my blog geplaas het wat daarop wys dat Rome, soos hul leerstukke aandui, nie die suiwer Evangelie verkondig nie, maar ‘n redding deur geloof plus werke (spesifiek die instrumentele gebruik van die sakramente):

http://proregno.com/category/rooms-katoliek/

Die Pousdom het agtergekom vervolging ‘werk’ nie meer so goed nie, maar wat hul leerstellinge betref, is hul nog steeds so afvallig en dalk nog meer. Volgens my kennis het hul nog niks in essensie teruggetrek of verander in leer nie, definitief nie oor die verlossingsleer nie, maar volhard in hul dwalinge,  wat in die 16de eeu daartoe gelei het dat die Reformasie moes plaasvind onder die genadige hand van God:

- sola Scriptura

- sola fide

- sola gratia

- solus Christus

- soli Deo gloria .

So dit is nie Rome wat nader beweeg na die Reformasie/Protestantisme nie, maar (die afvallige) liberal protestantisme wat terug deformeer terug na Rome.

Sien hierdie eenvoudige uiteensetting wat uit Rome se eie belydenis en besluite kom (Kategismus van die Katolieke Kerk, 1994), wat hul wesentlike dwalinge uitwys, en weereens volgens my kennis het hul nog nie een van hierdie leringe verander nie:

Somerset Morkel spreek sy besorgdheid oor die NG Kerk se bemoeienis met Rome soos volg uit:

“Die NG-Kerk se fassinering met die Katolieke en hul Pous – in plaas daarvan om hul te ontmasker vir wat hul werklik is, nl. n kultus met soveel onChristelike teologie dat hul nie n kerk is nie, maar eerder ‘n misleier van mense – is ‘n aanduiding dat die NGK ook besig is om ‘n valse kerk te word. Dr Gustav Claassen verleen met hierdie skrywe geloofwaardigheid aan die Pous en sy instituut van Rome. Die NGK is eukumenies onherroeplik op pad na die arms vd ‘moederkerk’ van Rome. Daarvan getuig ook die feit dat die NGK ‘retraite’ hou saam met Roomse misleiers, en dan nogal heel beindruk is met die resultaat.

Een enkele feit is al genoeg om Rome te vermy as n misleier, is die feit dat een vd titels vd Pous ‘Heilige Vader’(!) is. Dit is godslastering, want daar is net een Heilige Vader, en Hy is God, en Hy is in die Hemel. En dan buig hierdie einste sogenaamde ‘heilige vader’ hom elke dag neer voor die beeld van Maria. Daar is verdere sake ook, soos dat die Roomse Instituut al sy priesters die titel van ‘vader’ gee – direk teen die opdrag van Jesus in om dit NIE te doen nie.. Maar die NGK-leierskap se liberale teologie deesdae beskou in elk geval nie meer die Skrif as gesaghebbend nie, so ‘who cares about such minor issues?’ “

Sien die volgende boeke oor die Roomse Kerk:

“Sproul’s book is most certainly the best short book from the Protestant perspective that I have read. Sproul’s trademark getting-to-the-gist of things quickly and memorably is on magnificent display in this volume. I am fairly confident (and have already received indications from Roman Catholics) that Roman Catholicism is not caricatured in this book. This makes it especially valuable as a book to give to Protestants and Roman Catholics who are curious about the differences. I have yet to see a Roman Catholic book that gets Protestantism correct without caricature. And I have seen plenty of Protestant caricatures of Roman Catholicism, too. But here is a real gem.”

“There is no other head of the church but the Lord Jesus Christ. Nor can the pope of Rome, in any sense, be head thereof, but is that Antichrist, that man of sin, and son of perdition, that exalts himself, in the Church, against Christ and all that is called God.”  - Westminster Confession of Faith, 25:6

RC Sproul skryf ook hier:

“The Reformation is not over. It cannot be over and must not be over until all who call themselves Christians have one Lord, one faith, and one baptism. The cause of sola Scriptura, sola fide, sola gratia, solus Christus, and soli Deo Gloria remains the cause of and for biblical truth.”

Sien ook hierdie twee artikels:

Why Does Rome Teach What It Does About Justification and Salvation?

Roman Catholicism’s Recent Claim That It Is the True Church

“All the ordinary religions of the world say, “Do and you shall live.” Biblical Christianity alone says, “Live and then you shall do.”

All the ordinary religions of the world say, “Do and you shall be saved.” Biblical Christianity alone says, “Be saved and then you shall do.”

All the ordinary religions of the world, including many major denominations within professing Christendom, including the Vatican State, say, “Something in my hands I bring.” Biblical Christianity alone says: “Nothing in my hands I bring; simply to thy cross I cling.”

I would urge all of you reading this brief article once again to examine yourselves with respect to whether you are trusting solely in the preceptive and penal obedience of the only righteous One, Jesus Christ, for your forgiveness and your needed righteousness before God.

You must trust him if you would be justified, for it is by faith alone in Christ’s obedient doing and dying that sinners are justified freely before the high tribunal of Heaven.

Jesus is enough; the sinner needs no one else to save him.” - Robert L. Reymond

Oor die wêreldkerk gedagte, sien hierdie artikel:

Die oproep tot ‘n wêreldkerk, deur dr. S. C. W. Duvenage

“Uit die voorafgaande is dit duidelik dat ons tans t.o.v. die ekumeniese beweging in die wêreld ‘n valse en ‘n suiwere doel kan onderskei.

By die Wêreldraad van kerke vind ons ‘n valse doelstelling nl, die totstandkoming of vorming van een enkele kerk, waarin al die kerke van die wêreld, Protestants, Rooms-Katoliek en Grieks-Katoliek hulle sou kan verenig. So ‘n verenigde kerk kan genoem word ‘n superkerk. Daartoe stuur die Wêreldraad van Kerke.

Dit wil nie maar ‘n plek van samespreking van interkerklike probleme vorm nie — maar ‘n wêreldkerk, ‘n superkerk.

Daarby kom dit dan nie soseer aan wat die belydenisgrondslag is nie; Eenheid bo Geloofsverdeeldheid dus.

Verder moet vermeld word dat die leiers afstuur op totalitarisme. So ‘n verenigde kerk wat die hele wêreld omvat, sal beklee wees met totalitêre mag oor alles op Christelike gebied. Daar sal geestelike oorheersing en godsdienstige monopolie kom, erger as wat die V.V.O. op die terrein van die volkere uitoefen.”

ou bybel

Huwelik en Gesin in die Skrif, ds MJ Booyens

hoofstuk 1. Man en vrou het Hy hulle geskape 

- Na beeld van God

- Man en vrou het Hy hulle geskape

(Lees hier Inleiding en hoofstuk 1)

Hoofstuk 2: Die Here bring die vrou na haar man

Inhoud:

- Geen hulp wat by hom pas

- Nie goed dat mens alleen moet wees nie

- Verlange na maat

- Een Liggaam

- Erfenis uit Paradys

“En die Here God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ‘n vrou en bring haar na die mens” (Gen. 2:22).

Geen hulp wat by hom pas

Ons het nou uit Gen. 1 geleer dat God die mens anders as die diere geskape het. Die mens is geskape na die beeld van God – as ‘n redelik, sedelik en godsdienstige wese. Daar lees ons alreeds:

“. . . man en vrou het Hy hulle geskape” (1:27)

Om die wese van die huwelik te begryp moet ons egter meer weet. Daarom word in Gen. 2 meer aan ons vertel. Eerstens lees ons:

“So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan al die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld, maar vir die mens het hy geen hulp gevind wat by hom pas nie” (2:20).

As redelike wese, wat die dinge kon begryp en deursien, kon die mens die diere beskou en aan hulle paslike name gee. Hy het ook gesien dat elke dier ‘n maat het wat by hom pas. Hy het bemerk dat die diere gemaak is om saam te leef en hulle geslag voort te plant. Selfs in die wyse waarin die diere bymekaar bly, saamwei en saamloop, voel hy aan dat hy eensaam is.

Hy is wel ‘n volmaakte mens – selfs ‘n wese wat die ewigheid in sy hart dra. Hy besef dat hy anders as die diere is en selfs met sy gawes oor hulle kon heers.

Nie goed dat mens alleen moet wees nie

Tog is daar by hom ‘n gemis. Daar was vir hom geen eiesoortige maat nie. Hy sou homself seker afgevra het waarom die Here vir hom nie ook ‘n maat gemaak het nie – ‘n hulp wat by hom pas.

Dit klink selfs vreemd in ons ore dat die Here hom so alleen geskape het. Waarom het Hy die mens “onvolledig” gemaak? Hy sou tog vooraf geweet het dat die mens eensaam sou voel en met die hunkering na ‘n maat in sy hart lewe. Die Here sou gewis ‘n bedoeling daarmee gehad het.

Hyself het immers vir Adam so geskape dat hy nie “die gawe van onthouding” gehad het, soos Paulus nie. Hy het geen vrou gesien of gehad nie en tog was daar in sy hart die onbestemde verlange na iemand wat by hom pas.

Ons kan hieruit wel aflei dat die Here die behoefte na ‘n maat of hulp wat by hom pas self in die mens se hart gelê het. Hy moes deur eie ervaring daartoe kom om die behoefte in hom te ontdek. En dat God dan in die behoefte voorsien, is ook ‘n bewys dat dit in sy oë nie verkeerd is nie. Dat die mens eers alleen moes wees, was vir hom ‘n opvoedingsproses.

God wil dit so hê en hy wil hê dat die mens self sy behoefte aan ‘n maat moet ontdek. Die mens moet ook weet dat hy in die opsig anders as die diere is. Mense mag nie soos diere saamleef nie.

Verlange na maat

Mens moet wag, wanneer die behoefte aan ‘n maat ontwaak, totdat God aan hulle ‘n maat voorsien. ‘n Man – elke man – moet sy vrou uit die hand van God ontvang. Hy moet sy verlange of hunkering na ‘n hulp wat by hom pas, in bedwang hou en koester totdat die Here die wonder van die liefde – en beantwoorde liefde – in sy en haar hart lê.

En dan doen God ‘n operasie aan Adam. Hy bring hom in ‘n diepe slaap en neem een van sy ribbes en bou daaruit vir hom ‘n vrou. God skep ‘n nuwe mens en tog is dit nie ‘n nuwe mens nie – dit is ‘n deel van Adam. Dit is:

“been van sy gebeentes en vlees van sy vlees.”

Toe Adam vir Eva sien, en van God verneem hoe Hy haar gemaak het, sien hy in sy vrou ‘n deel van homself. Hy vind homself as’t ware terug in haar. Daarom kon Paulus later skryf:

So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hulle liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief; want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit” (Ef.5:28, 29).

Een Liggaam

In die wyse waarop Eva uit die liggaam van Adam gemaak is, wil God aan ons iets wesenliks van die huwelik openbaar. Die eenheid tussen man en vrou is so innig dat hulle eintlik een mens word. En dit beteken nie alleen dat hulle deur geslagsomgang een geword het nie, maar as beeld van God saamgevoeg is tot een.

Adam is nou eers volwaardige mens as redelik, sedelik en godsdienstige wese. Eintlik is Adam en Eva dit saam. Die een vul die ander aan en so is man en vrou saam die volledige mens.

Hier staan ons voor ‘n onbegryplike misterie. Die geheim wat God in die kroon van sy skepping die mens – man en vrou – ingeweef het.

Nooit kan die mens soos diere leef en gelukkig wees nie. Die eenheid tussen man en vrou is veel hoër en dieper as die tussen die diere. Het die man die vrou wat die Here aan hom gegee het, wat by hom geestelik pas, dan kan hy en sy hulle lewe lank saam bly sonder om ooit moeg vir mekaar te word. So groei die band hegter en die verhouding word inniger en ryker hoe ouer jy word.

Die eenheid word steeds groter. Al versterf die geslagsomgang uiteindelik, het hulle nog die veel ryker skat dat hulle ‘n hulp vir mekaar bly totdat die dood hulle skei. Hulle is immers geen diere nie, maar mense, geskape na die beeld van God.

Erfenis uit Paradys

En as ‘n mens daaraan dink dat die huwelik ‘n erfenis uit die Paradys is, dan word jy stil van dankbaarheid. God is goed en genadig dat Hy hierdie instelling nie gekanselleer het toe die mens ongehoorsaam aan sy bevel was nie. Die duiwel en die sonde werp wel sy modder van wellus en verdierliking in die suiwere stroom van God.

Gelukkig het Christus gekom en word die mens deur die Gees herskep tot die beeld van God. En gelowige mans en vroue beleef tot vandag toe iets van die Paradys op aarde in hulle huwelike.

God het aan Adam ‘n vrou gegee – die beste vrou op aarde. Dit doen Hy nog steeds. Hy gee aan elke gelowige man of vrou die beste op aarde vir hom of haar – die man of vrou wat Hy self vir hulle uitgesoek het. Ja, meer nog, Hy het hulle in sy alwyse raad geskape en gevorm om een te kan wees. Soos Hy dit wil hê.

Posted by: proregno | May 20, 2013

Dwaalleer tugsaak in die NG Kerk teen dr. Ben du Toit

1174717

Doppers (eintlik die GKSA leierskap) wat so graag met die NG Kerk wil verenig (sien die laaste GKSA sinode, Jan 2012, waar dit op die tafel geplaas is en in 2015 verder hanteer gaan word), neem asb deeglik kennis van die NG leierskap se uitsprake in die volgende saak:

“Prof Nelus Niemandt het na aanleiding van die dwaalleerklag teen Dr du Toit en sy onskuldig bevinding in die openbare media verklaar dat Dr du Toit se hermeneutiek en teologie aanvaarbaar is in die NG Kerk.

Na aanleiding van Dr du Toit se uitsprake tydens die ondersoek, beteken dit dat die volgende volgens Prof Niemandt binne die raamwerk van die NG Kerk val ….”

Lees die volledige artikel hier:

Die uitkoms van die dwaalleer tug ondersoek teen Dr Ben du Toit

Sien ook hierdie artikel:

Te Min Bly oor van die Evangelie? Dr Ben du Toit se Jesus

“Du Toit verwerp Bybelse perspektiewe op die bonatuurlike (byvoorbeeld die wonders, die duiwel en die maagdelike geboorte) … Dit kom al sedert die begin van die debat oor die historiese Jesus twee eeue gelede voor … Verder toon Du Toit nie dat hy die koste bereken het nie.”

 

Image of J. C. Ryle

They are a solemn warning to us, never to be satisfied with religious reformation without heart conversion. There is no safety except in ‘thorough Christianity’. … The devil must not only be cast out. The Holy Spirit must take his place. Christ must dwell in our hearts by faith. We must not only be moralized, but spiritualized. We must not only be reformed, but born again. Let us lay these things to heart. – JC Ryle

Op ons pelgrimspad in en deur hierdie lewe, kan ‘n mens so maklik moeg en moedeloos raak.

Ons is swak en nietig in onsself, daarom dat ons ‘n Verlosser nodig het, ons het goeie nuus nodig, ons kan nie sonder die Evangelie van ons Here Jesus Christus nie.

Ons gemeente, en seker baie ander gemeentes van Christus in die GKSA is oppad na die heilige nagmaal, die volgende 2 Sondae, DV.

Ons is besig met selfondersoek, en dit is maar ‘n pynlike saak.  As ek my-self ondersoek in die lig van my-self en in die lig van die wêreld om my, dan lyk ek dalk nie te sleg nie.

Maar in die lig van God se Woord, dan besef ek al te goed, soos die Nagmaalsformulier sê:

Ons het inderdaad nog baie gebreke: gebrek aan geloof, aan ywer in God se diens, aan liefde tot God en ons naaste. Ons het egter deur die genade van die Heilige Gees van harte berou oor ons sondes en begeer opreg om volgens al die gebooie van God te lewe. Daarom kan ons seker wees dat God ons in genade aanneem en waardig maak om deel te he aan die hemelse spys en drank.

En as ‘n gelowige, as lidmaat van sy Kerk, as benadigde sondaar wat die voorreg het om die ‘woorde van die ewige lewe’ (Joh.6:68) te mag verkondig – is ek maar te bewus van my eie gebreke, sondes en tekortkominge.  Soos Spurgeon dit gestel het: hoe nader jy aan ons heilige God kom, hoe meer besef jy hoe onheilig jy is, en hoe min ons gehoorsaamheid dus is.  Of RC Sproul wat die beeld gebruik van ‘n mot wat om ‘n kers vlieg, hoe nader hy aan die kers kom, hoe nader is hy aan sy dood. Hoe nader ons aan die Here kom (Jes.6:1-3), hoe meer word ons bewus van ons eie sondigheid (Jes.6:4,5).

Maar dank God, daar is Een wat volkome HEILIG was en is, sodat ons op grond van sy verdienste en heiligheid (1 Kor.1:30,31), as heilig beskou word deur ons Vader, en hoe langer hoe meer heilig kan word (Jes.6:6,7):

  15 Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word,  16 omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.  17 En as julle Hom as Vader aanroep wat sonder aanneming van die persoon oordeel volgens elkeen se werk, wandel dan in vrees gedurende die tyd van julle vreemdelingskap;  18 omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie,  19 maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos,  20 wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil,  21 julle wat deur Hom glo in God wat Hom uit die dode opgewek en Hom heerlikheid gegee het, sodat julle geloof en hoop op God kan wees.

Ons selfondersoek in die komende weke is:

1. ken ek waarlik vir God in Christus, openbaar my lewe dat Ek aan Hom behoort ( 2 Pe.1:10) ?

2. Groei ek in my heiligmaking, beweeg ek nader of weg van God (Luk.11:24-26) ?

3. Hoe lyk my dankbaarheidslewe, besef ek opnuut:

a. my sonde en ellende

b. my genadige verlossing in Christus

c. dat ek nou in dankbaarheid nie volgens sommige nie, maar al sy gebooie moet en wil lewe, deur sy Gees en Woord (HK Sondag 1; Sondag 44, v/a 114)

Om te help met hierdie selfondersoek, plaas ek twee aanhalings van JC Ryle, in sy verklaring op Luk.11:23-26, geneem uit sy Expository Thoughts on the Gospels.  Dit het my opnuut laat besin oor my geloof en roeping, omdat ‘n mens so maklik ‘gewoond’ kan raak aan ons kosbare geloof, en voor jy jouself kry begin jy die wonder van die Evangelie te vergeet, en begin jou passie af te neem, dalk iets van jou eerste liefde verlaat (Op.2:4,5).  JC Ryle roep ons deur die Woord om volkome toegewy te wees aan Christus, in ‘n lewe van dankbaarheid:

“He that is not with me is against me: and he that gathereth not with me scattereth.” – Luke 11:23

Let us observe, for another thing, in these verses, how strongly our Lord teaches the impossibility of neutrality. He says, “he that is not with me, is against me; and he that gathers not with me, scatters.” The principle laid down in these words should be constantly remembered by all who make any profession of decided religion. We all naturally love an easy Christianity. We dislike collisions and separation. We like, if possible, to keep in with both sides. We fear extremes. We dread being righteous overmuch. We are anxious not to go too far. Such thoughts as these are full of peril to the soul.

Once allowed to get the upper hand, they may do us immense harm. Nothing is so offensive to Christ as lukewarmness in religion. To be utterly dead and ignorant, is to be an object of pity as well as blame. But to know the truth and yet “halt between two opinions,” is one of the chief of sins. Let it be the settled determination of our minds that we will serve Christ with all our hearts, if we serve Him at all. Let there be no reserve, no compromise, no half-heartedness, no attempt to reconcile God and mammon in our Christianity.

Let us resolve, by God’s help, to be “with Christ,” and “gather” by Christ’s side, and allow the world to say and do what it will. It may cost us something at first. It will certainly repay us in the long run. Without decision there is no happiness in religion. He that follows Jesus most fully, will always follow Him most comfortably. Without decision in religion, there is no usefulness to others. The half-hearted Christian attracts none by the beauty of his life, and wins no respect from the world.

24 When the unclean spirit is gone out of a man, he walketh through dry places, seeking rest; and finding none, he saith, I will return unto my house whence I came out.  25 And when he cometh, he findeth it swept and garnished.  26 Then goeth he, and taketh to him seven other spirits more wicked than himself; and they enter in, and dwell there: and the last state of that man is worse than the first. – Luk.11:23-25

Let us observe, finally, in these verses, how dangerous it is to be content with any change in religion short of thorough conversion to God. This is a truth which our Lord teaches by an dreadful picture of one from whom a devil has been cast forth, but into whose heart the Holy Spirit has not entered. He describes the evil spirit, after his expulsion, as seeking rest and finding none. He describes him planning a return to the heart which he once inhabited, and carrying his plan into execution–He describes him finding that heart empty of any good, and, like a house “swept and garnished” for his reception. He describes him as entering in once more, with seven spirits worse than himself, and once more making it his abode. And He winds up all by the solemn saying, “the last state of that man is worse than the first.”

We must feel in reading these fearful words, that Jesus is speaking of things which we faintly comprehend. He is lifting a corner of the veil which hangs over the unseen world. His words, no doubt, illustrate the state of things which existed in the Jewish nation during the time of His own ministry. But the main lesson of his words, which concerns us, is the danger of our own individual souls. They are a solemn warning to us, never to be satisfied with religious reformation without heart conversion. There is no safety except in ‘thorough Christianity’.

To lay aside open sin is nothing, unless grace reigns in our hearts. To cease to do evil is a small matter, if we do not also learn to do well. The house must not only be swept and whitewashed. A new tenant must be introduced, or else the leprosy may yet appear again in the walls. The outward life must not only be garnished with the formal trappings of religion. The power of vital religion must be experienced in the inward man. The devil must not only be cast out. The Holy Spirit must take his place. Christ must dwell in our hearts by faith. We must not only be moralized, but spiritualized. We must not only be reformed, but born again. Let us lay these things to heart.

Many professing Christians, it may be feared, are deceiving themselves. They are not what they once were, and so they flatter themselves, they are what they ought to be. They are no longer sabbath-breaking, daring sinners, and so they dream that they are Christians. They see not that they have only changed one kind of devil for another. They are governed by a decent, Pharisaic devil, instead of an audacious, riotous, unclean devil. But the tenant within is the devil still. And their last end will be worse than their first. From such an end may we pray to be delivered!

Whatever we are in religion, let us be thorough. Let us not be houses swept and garnished, but uninhabited by the Spirit. Let us not be potsherds covered with silver, fair on the outside, but worthless on the inside. Let our daily prayer be, “Search me, O God–and see whether there be any wicked way in me, and lead me in the way everlasting.” (Psalm 139:24.)

- Ryle, J.C.  (2011-10-27). Expository Thoughts on the Gospels (Second Edition) (Kindle Locations 13204-13210). Monergism Books. Kindle Edition.

Dr. Pipa se verslag van sy sprekerstoer in Maart 2013, kan hier gelees word:

Outreach to South Africa

Sien hier vir meer inligting oor die sprekerstoer en lesings van dr. Pipa:

Dr. Pipa sprekerstoer Maart 2013

ou bybel

Laasjaar het ek begin om Herman Bavinck se ‘Het Christelijke Huisgesin’ te vertaal, met die doel om dit te gebruik by my belydenisklas.  Hier is die inleiding en hoofstuk een: Bavinck. Maar ek het nie verder gekom nie, as daar iemand is wat wil verder gaan met die vertaling, kan jul my kontak by proregno@gmail.com (Hier is meer inligting oor die engelse vertaling wat onlangs verskyn het:  Bavinck on Marriage and the Family).

Ek het wel toe afgekom op ‘n kosbare boek van ds. MJ Booyens (GKSA predikant, 1948-2002), ’Huwelik en Gesin in die Skrif’ wat ek in ons gemeente se huisgodsdiens program en by my belydenisklas gebruik.

Totius het hierdie belangrike woorde geskryf in sy artikel, ‘Ons roeping en Toekoms’:

“Ons beste katkisante kry ons uit die huise waar vader en moeder in staat is om hulle kinders ‘n Gereformeerde opvoeding te gee. Ja, selfs die aanwesigheid van ‘n nie so slegte staatskool kan in hierdie opsig die gebrek van die ouers nie aanvul nie. Die getroues word egter min.

Baie ouers gee die aan hulle deur God toevertroude taak heeltemal aan die onderwysers oor, so selfs dat hulle nie eens meer die moeite doen om te vra wat daar in die skool geleer word nie. Asof die onderwyser (soms ‘n ongelowige of halfgelowige man) die belofte vir die kinders afgelê het en vir die belofte verantwoordelik is! Geen wonder dat ons, sedert die staatskool die septer oor ons kinders swaai, die kerk vol lidmate kry wat dikwels maar ‘n flou besef het van wat Gereformeerd is. Hierdie wantoestand moet opgehef word. Selfs al bestaan daar goeie skole, dan is die ouer nog verplig om sy kind by die huisgodsdiens te leer en te ondervra en in alle opsigte te sorg dat hy in die huis ‘n Gereformeerde opvoeding kry.

Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet.”

Ek wil by elke huisgesin en gemeente dit aanbeveel om hierdie boek saam met hul kinders/belydeniskatkisante deur te werk.  Dit bestaan uit 51 kort lesse van ongeveer 2/3 bladsye elk wat openbaringshistories die onderwerp van ‘die huwelik en gesin’ regdeur die Skrif behandel, van die skepping (Gen.1) tot die bruilof van die Lam (Openbaring).

Hier is die huisgodsdiensrooster (met verduideliking) wat ons as gesin/gemeente gebruik in 2013, as voorbeeld:

HUISGODSDIENS-ROOSTER VIR 2013

Les

Datum

Huwelik en Gesin in   die Skrif , ds. MJ Booyens, hfst.1- 26

Belydenisdeel om te   lees

Psalm om te lees en   leer

Les 1 Jan 14 – 20 1. Man en vrou NGB artikel 1-4 Ps.136:1 (19)
Les 2 Jan 21 – 27 2. Vrou vir die man NGB 5-7 Ps.137: 1 (4)
Les 3 Jan 28 – Feb 3 3. Man verlaat ouers NGB 8-11 Ps.138: 1 (4)
Les 4 Feb 4 – 10 4. Skaamtegevoel NGB 12-15 Ps.139:1 (12)
Les 5 Feb 11- 17 5. Gemengde huwelike NGB 16-19 Ps.140:1 (11)
24 Februarie: Nagmaal   – geen katkisasie nie
Les 6 Feb 25 – Mrt 3 6. Kind, eer ouers NGB 20-23 Ps.144:1 (5)
Les 7 Mrt 4 – 10 7. Verbond NGB 24-26 Ps.145:1 (12)
Les 8 Mrt 11- 17 8. Bruid afgebid NGB 27-32 Ps.146:1 (8)
Skoolvakansie (sluit:   20 Mrt – open: 9 April) die eredienste gaan voort, Hebr.10:25   
Les 9 April 8 – 14 9. Josef se reinheid NGB 33-35 Ps.147:1 (2)
Les 10 April 15 – 21 10. Jogebed se kind NGB 36-37 Ps.148:1 (5)
28 April: geen   katkisasie nie
Les 11 April 29 – Mei 5 11. Misdade van vaders HK So 1 Ps.149:1 (2)
Les 12 Mei 6 – 12 12. Jou kinders inskerp HK So 2-4 Ps.150:1 (3)
19 Mei: Nagmaal –   geen katkisasie nie
Les 13 Mei 20 – 26 13. Die Here dien HK So 5-8 Ps.1:1 (4)
Les 14 Mei 27 – Jun 2 14. Simson HK So 9-13 Ps.2:1 (6)
Les 15 Jun 3 – 9 15. Rut HK So 14-18 Ps.3:1 (2)
Skoolvakansie (sluit:   Jun 21 – open: Jul 15) – die eredienste gaan voort, Hebr.10:25
Les 16 JuL 15 – 21 16. Samuel HK So 19-24 Ps.4:1 (4)
Les 17 Jul 22 – 28 17. Swak vader HK So 25-30 Ps.7:1 (6)
4 en 11 Aug: geen katkisasie   nie
Les 18 Aug 12 – 18 18. Dawid HK So 31-34 Ps.8:1 (2)
25 Augustus: Nagmaal   – geen katkisasie nie
Les 19 Aug 26-Sept 1 19. Huweliksliefde HK So 35-38 Ps.9:1 (7)
Les 20 Sept 2 – 8 20. As Here bou nie HK So 39-42 Ps.10:1 (10)
Les 21 Sept 9 – 15 21. Wingerdstok HK So 43-44 Ps.14:1 (7)
Skoolvakansie (sluit:   20 Sept – open: 1 Okt) – die eredienste gaan voort, Hebr.10:25
Les 22 Sept 30 – Okt 6 22. Vrou van jou jeug HK So 45-48 Ps.18:1 (14)
Les 23 Okt 7- 13 23. Lipper soos heuningstroop HK So 49-52 Ps.19:1 (4)
20 Oktober:   Gemeentekamp – geen katkisasie nie
Les 24 Okt 21 – 27 24. Rus of twis DL hoofstuk 1&2 Ps.23:1 (3)
Les 25 Okt 28 – Nov 3 25. Liefde en wyn DL hoofstuk 3/4 Ps.24:1 (2)
Les 26 Nov 4 – Nov 10 Hersiening (OT) DL hoofstuk 5 Ps.25:1 (2)
17 November: Nagmaal   – geen katkisasie nie
24 November –   katkisasie afsluiting
Skoolvakansie: vanaf   4 Desember (die eredienste gaan voort, Hebr.10:25)

Hierdie jaar se huisgodsdiensrooster is gebaseer op ds. MJ Booyens se boek, “Huwelik en Gesin in die Skrif”. In 51 kort gedeeltes gaan hy deur die hele Skrif en wys ons wat die Bybel leer aangaande die huwelik en gesin.

Hoe om huisgodsdiens te hou:

1. U benodig u Bybel, Psalmboek en die boek ‘Huwelik en gesin in die Skrif’, van ds. MJ Booyens’ (bestel by predikant, R20 per boek), en die Psalm CD’s om die Psalms te leer (op aanvraag beskikbaar by die predikant, R10 per CD).

2. Elke gesin en lidmaat kan die rooster (sien hierbo) gebruik en aanpas soos hul omstandighede dit toelaat. Die rooster is so opgestel dat daar elke week die volgende godsdiensoefeninge gedoen kan word soos dit elkeen pas (bv):

a. gebed b. sing ‘n vers van die Psalm vir die week c. lees die hoofstuk uit die boek en bespreek.

d. lees die belydenisgedeelte van die week. e. sing nog ‘n vers van die Psalm f. gebed

3. Vra die volgende paar vrae met elke Skrifgedeelte en hoofstuk wat u lees: -  wat leer dit ons aangaande God Drie-enig (sien HK, v/a 24)? -  wat leer dit ons aangaande die mens ? (HK Sondag 2-4) -  wat moet ons daaruit glo én doen (gehoorsaam, sien HK So.34-44), veral wat die huwelik en gesinslewe betref ?

4. Elke week moet daar gepoog word om die betrokke Psalm in die erediens te sing, ook by die katkisasie en by die huisgodsdiens.  Dit is veral daarop gemik om die kinders die Psalms te leer, asook om die wysies goed te leer ken. Daarom is dit belangrik om ook die Psalm CD’s te gebruik om te help met begeleiding as u dit by die huis sing.  By elke Psalm volgens die rooster is daar ‘n vers om te leer. Indien die kinders reeds die Psalm ken, kan die vers in hakies of enige ander vers bygeleer word.  Dit sal goed wees om reg in die begin van die week (bv. die Sondag of Maandag), die Psalm uit die Bybel eers te lees, en dan die Psalm te begin leer en sing.

5. Daar is ook ‘n leesrooster beskikbaar in die kerksaal vir lidmate wat graag die Bybel in eenjaar wil deurlees.

6. U moet asb vir ds Slabbert (082 770 2669) kontak as daar enige vrae is oor die huisgodsdiensrooster.  Meer inligting oor Bybellees en Bybelstudie: http://bit.ly/yjGtk5

Die boek van ds MJ Booyens kan hier volledig afgelaai word:

Huwelik en Gesin in die Skrif

Of u kan elke week op ‘n Maandag die volgende hoofstuk hier op die blog kom aflaai.  U is meer as welkom om ook hier onder in die ‘comments’ afdeling enige vrae of bespreking van die bepaalde hoofstuk te doen, sodoende kan ons mekaar opbou in die geloof oor hierdie belangrike sake.

Eerstens dan, plaas ek vandag die ‘Woord vooraf’, inhoudsopgawe en hoofstuk 1 van ds. MJ Booyens se boek hier:

Woord vooraf

In hierdie boek probeer ek met die leser gesels oor die huwelik en gesin soos ons dit in die Bybel teëkom – van die begin af. Die Bybel bly die bron en grondslag van ons hele lewe.  Daarom is dit nodig om in alles – ook die huwelik en gesin – eers te luister na wat die Bybel te sê het, voordat ons na allerlei ander stemme luister. Dit gaan vir my ook om vermeerdering van Bybelkennis in die algemeen, daarom kan die boek ook diens doen vir persoonlike of groepbybelstudie oor hierdie onderwerp. My diepste begeerte is dat ons vandag die stem van die Skrif duidelik mag hoor en begryp, en vanselfsprekend ook daarna lewe.

M. J. Booyens

Heilbron 1981

INHOUDSOPGAWE

Woord vooraf

1. Man en vrou het Hy hulle geskape ….. 10

Na beeld van God

Man en vrou het Hy hulle geskape

2. Die Here God bring die vrou na haar man ….. 11

Geen hulp wat by hom pas

Nie goed dat mens alleen moet wees nie

Verlange na maat

Een Liggaam

Erfenis uit Paradys

3. Die man verlaat sy vader en moeder en kleef sy vrou aan ….. 13

Eenheid

Wonder van kinderseën

Band met ouers

Gevaarlike bande

4. Skaamtegevoel – skild van die Here ontvang ….. 14

Die dood tree in

Skaam vir mekaar

God sien en soek hulle

Rokke van vel

Mense breek skaamtegevoel af

Bewaar die skild van skaamtegevoel

5. Gemengde huwelike ….. 17

Twee geslagte

Gemengde huwelike

Dra bose vrugte

Moenie in dieselfde juk trek nie

6. Kind, eer jou vader ….. 18

‘n Dronk vader

Eer nogtans jou vader

Vaders moet hulle eerbiedwaardig gedra

7. Verbond met ouers en kinders ….. 20

Abraham en sy nageslag

Genadeverbond om Christus wil.

Verbond ook met ons en ons kinders.

En almal wat daar ver is.

8. ‘n Bruid afgebid …… 22

Land van die belofte.

Niemand wat by Isak pas nie.

Gebed om ‘n vrou vir Isak aan te wys

Die Here hoor

Isak ontmoet sy bruid

Hy het haar liefgehad

9. Josef glo in God en hou sy jong lewe rein ….. 24

Verbondskind as slaaf verkoop

Gedra soos kind van God

Lei my nie in versoeking nie.

Anders omdat hy in God glo

Vlug vir die Bose.

Versoeking word ‘n beproewing.

10. Jógebed se kindjie was vir haar kosbaar en mooi …… 26

Geen toekoms – geen kinders

Nee, my vrou!

Hulle glo in God se beloftes

Hy is mooi.

Glo die Here waak oor hom

Gawe uit die hand van die Here

11. “Die misdade van die vaders besoek aan die kinders …” ….. 29

Sonde is besmetlik.

Sonde dra vrugte.

Boosheid en bose gevolge

Huil te laat

12. “. . . jy moet dit jou kinders inskerp . . .” ….. 30

My kind is ‘n kind van die Here

Jy moet die Here jou God liefhê.

Leer dit aan jou kinders

Geen geleentheid mag verlore gaan nie

Ja Here, ek beloof

13. “. . . maar ek en my huis, ons sal die Here dien” ….. 33

Ek en my huis

Volksleier is vader van sy volk

Kies nou – moenie uitstel nie!

Ek en my huis

God eis rekenskap

14. Simson deur sy beminde verraai ….. 35

‘n Man met ‘n geheim

Leef as heilige

Maak ‘n grap van nasireërskap

Delila verraai hom.

Speletjie met sy geheim.

Die sterk “swak” man.

15. Rut, die deugsame vrou

U God, is my God.

Rut tel are op

Hy is ‘n losser.

Rut se eer beskerm deur Boas.

Christus uit Rut se nageslag gebore.

16. Samuel deur sy moeder van God afgebid ….. 39

Vrouenood by veelwywery.

Vrouewraak.

Sy bid en ween bitterlik.

Die Here verhoor.

17. Eli, die swak vader met tuglose kinders ….. 41

Ikabod!

Waak oor eie huis.

Sonde se bose vrugte

‘n Vader wat die roede spaar, het sy kind nie lief nie.

18. Dawid pleeg owerspel en moord ….. 43

Volwasse mens

Van nature geneig tot sonde.

Sien en begeer

Een sonde lei tot ‘n ander

Sonde dra vrugte

19. Huweliksliefde en Messiasflitse ….. 45

Messias-koning

Gee aan huwelik ‘n dieper betekenis

Beklee met ootmoed

Huwelik ‘n geheimenis

20. “As die Here die huis nie bou nie . . .” ….. 47

Troffel en swaard.

Tevergeefs bou ons.

Die Here bou en Hy waak

Ons kan nie – Hy alleen kan

21. Gelukkig is jy met jou wingerdstok en olyfboompies ….. 50

Jou vrou ‘n wingerdstok.

Kinders soos olyfboompies.

22. “Verheug jou oor die vrou van jou jeug” ….. 52

Liefde ‘n lopende fontein.

God gun dit aan ons.

Werk daarvoor

Soek nie jouself nie

Uit liefde kinders ontvang

Christen man-en-vrou kan waarlik liefhê.

Verloor hulleself in mekaar.

23. Lippe soos heuningstroop is op die end bitter soos wilde-als ….. 53

Ware liefde bly soet.

Uit die duiwel.

Heuningstroop.

Bitter soos wilde-als.

Die Here sien dit

Gewond en vermink

24. Armoede en rus of rykdom en twis ….. 55

Rykdom en offermaaltye.

Twis in die huis

Verloor die koninkryk van God.

Armoede en huweliksvreugde.

Liefde gee deurslag – nie besittings nie.

25. Jou liefde is kosteliker as wyn ….. 57

Bruilofslied

Liefkosings

Kosteliker as wyn.

Wees versigtig.

Bewaar liggame rein vir huweliksdag

Wees suinig met liefkosings.

Leer mekaar geestelik ken.

26. Josef wou Maria nie tot skande maak nie ….. 59

Ek is tot beskikking van die Here

Verloofdes

Josef se stryd

Liefde en plig

Die Here gehoorsaam en die meisie se eer beskerm

27. Jesus woon ‘n bruilofsfees by ….. 61

Dit gaan om die heerlikheid van Jesus.

Joodse bruilof.

Bevestiging.

Bruilofsmaal

Boodskap van Joodse bruilof.

Die huwelik ‘n heilige instelling van God.

Wees bly!

28. Jesus se eerste wonderteken: op ‘n bruilof! ….. 63

Nie toevallig nie

Verbond van die Here

Hoof van die Nuwe Verbond

Verbondsvader en moeder

Jy en jou huisgesin

Nie almal is werklik Israel nie

29. Jesus gebruik die ses klipkanne ….. 66

Kanne by reiniging gebruik

Afwassing van sondes

Jesus lê sy hand op die klipkanne

Huwelik onder die kruis

Altyd bereid om te vergewe

30. Jesus verskaf beter wyn as die bruidegom ….. 68

Die beste wyn

Fees dreig om te misluk

Vreugde van Bo af

Sy heerlikheid geopenbaar

31. Sy leef met die sesde man saam ….. 70

Jesus soek verlorenes

Eie lewe opgemors

“Vrye liefde”

Saamlewe as man en vrou

Sondebesef

32. Wie na ‘n vrou kyk om haar te begeer ….. 72

Jesus ontbloot die heilige erns van die wet van God

Pleeg egbreuk in jou hart

Vroue self gee aanleiding

Waak oor hoe en waar jy kyk

33. Die verloste “slegte” vrou ….. 73

‘n Veragte vrou

“Die slegte vrou” is onrein

Wat dryf die vrou na Jesus?

Jou geloof het jou gered

34. Johannes onthoof as gevolg van die huweliksontrou van Herodes ….. 75

U is die man!

Wyn en vroue

Johannes in die tronk

Sonde van die oog

Kap profeet se kop af

35. ‘n Moeder se nood ….. 77

Moeder se nood is ellende van haar kind

Jesus van Nasaret

Jesus sê niks en doen niks

Jesus antwoord negatief

Laat haar verneder

Groot is jou geloof

Gelukkige kind

36. Jesus – die Fariseërs – die owerspelige vrou ….. 79

Jesus van Nasaret, wat sê U?

Wie gooi die eerste klip?

Gewete geraak – gaan weg óf bly by Jesus

Gaan, en sondig nie meer nie!

Die pad van die lewe

Dankie Here, maar ek bly wat ek is

37. Wat God saamgevoeg het mag geen mens skei nie ….. 82

Fondament van die huwelik

Liefdesvlam sterf

Bekeer julle!

Bitter gevolge

Begin reg en hou so aan

38. Egskeiding en hertrou ….. 85

“Iets skandeliks”

Egskeiding nooit ter sprake

Behalwe oor hoerery

Van die begin af was dit nie so nie

Wie kan weer trou?

Nie onvergeeflike sonde nie

39. Aan moedershand na Jesus ….. 87

Moeders met kindertjies

Wat begryp kindertjies tog?

Laat die kindertjies na My toe kom

Hy lê sy hand op hulle

40. Jesus aan die kruis dink aan sy moeder ….. 89

Kind van Maria

Jesus skep afstand

Swaard deur jou siel

Hy dink aan haar

Dink aan jou moeder

41. Jou liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees ….. 90

Die vraag-sonder-antwoord

Die Bybel doen minder en tog ook meer

Wys ook weg van verlossing aan

Alles is my geoorloof

Mens sy eie afgod

Gees van God beheers ons liggame

Die Heilige Gees eis gehoorsaamheid

42. Paulus beantwoord vrae oor die huwelik ….. 93

Dit is goed om ongetroud te bly

Vermy onsedelikheid binne en buite die huwelik

Egskeiding oor geloofsverskille

Bly na egskeiding ongetroud

Ouers en kinders binne die verbond

Vry om weer te trou

43. “En die grootste hiervan is die liefde”! … 95

Christelike liefde en huweliksliefde

Liefde ‘n gawe van God

Pas 1 Korinte 13 toe in jou huwelik

Die liefde vergaan nooit nie

44. Die huwelik is ‘n geheimenis ….. 97

Twee word een

Twee in een geweef

Onbegryplik vir ongelowige

Openbaring van geheimenis

Verbondsgeheimenis

45. “Mans julle moet julle vrouens liefhê”…. 99

Soos Christus

Hoof maar geen tiran nie

Jy leef en werk vir haar

Die Heilige Gees leef en werk in jou

Die geheimenis vir jou

46. “Vrouens, wees aan julle mans onderdanig” ….. 101

Emansipasie

Geheimenis raak soek

Afvallig

Die oog op Christus en sy gemeente

Die gelukkige Christenvrou

Bewaar jou selfrespek as vrou

Ontdek skatte in jou huwelik

In alles wat reg en billik is

47. Die “geheimenis” tussen ouers en kinders ….. 103

Geheimenis van ouerliefde

Sien jouself eers in regte lig voor God

Stel jouself onder tug van die Here

Kind sien homself as ‘n groot mislukking

Opstandig of moedeloos

48. Die vrou vind haar redding in moederskap ….. 106

Waarom moet die vrou onderdanig wees

Moeite en smart verander deur die geloof

Kindergeboorte word ‘n seën

Moeder van ‘n nuwe menslike geslag

49. Die huwelik en gebedsverhoring ….. 108

Mede-erfgename

Erfgename van verbondsbelofte

Die Here saam dien en aanbid

Hoe is ‘n ware gebed?

Julleself reg ken en gelowig bid

Leef so dat God julle gebede verhoor

Wanneer twee saamstem in die gebed

50. Die “bruid” van die Antichris ….. 111

Eerlose saamlewe

Oorheers die nasies

Verbind en haat mekaar

51. “Die bruilof van die Lam het aangebreek” ….. 113

Halleluja!

Volkome heerlikheid vir die bruid

Maak self haar bruidskleed

Geheim van Christus se Bruid

Hoofstuk 1: Man en vrou het Hy hulle geskape

“En God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:27).

Na beeld van God

Die Bybel wil aan ons tuisbring, dat die mens anders as al die diere is. Hy is al anders by die skepping. God het toe Hy die mens maak anders te werk gegaan as by die diere.

Vooraf hoor ons ‘n gesprek in die hemel:

“En God het gesê: Laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen.1:26).

Die mens moes die kroon van God se skepping wees. Hy is gemaak om ‘n koning te wees – die koning van die hele skepping. Hy is gemaak om te heers oor al die diere en later word nog bygevoeg:

“Toe het die Here God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak” (Gen. 2:15).

Hy moes ook die tuin bewerk en daaroor waak. God het die mens nie gemaak om ledig te wees nie, maar om te werk. Sy taak en roeping is om te heers oor die skepping en om die aarde te bewerk. Daarmee sou hy God, sy Skepper dien.

Dat hy ook oor die skepping moes waak, is die bewys dat daar een of ander gevaar dreig – ‘n gevaar van buite. Dit sou later wel blyk dat die gevaar die duiwel is.

Redelik, sedelik en godsdienstig

Die mens moes toegerus wees vir die taak waartoe hy geskape is. Hy is nie ‘n dier nie, maar die heerser oor die diere. Daarom gaan die Here selfs met sy skepping anders te werk as by die van die diere:

“En die Here het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het die mens ‘n lewende siel geword” (2:7).

Die mens is nie alleen ‘n stoflike wese nie, daar is ook iets van die hemel in hom gelê. Ons kan dit die ewigheid of die ewige lewe noem. Hy is onsterflik gemaak . . . Die betekenis hiervan word omskrywe met die vroeëre uitspraak:

“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.”

“Die beeld van God” word normaalweg só omskrywe:

Die mens is geskape as ‘n redelik, sedelik en godsdienstige wese.

Hy het ‘n verstand om te kan dink en redeneer, praat en kommunikeer. Hy kon aan God dink en met Hom in verbinding tree. Hy het God geken met sy verstand en kon met Hom omgaan deur Hom te dien en aanbid. Hy kon begryp wat God van Hom verwag en sou onbevange die opdrag van God, om oor die skepping te heers, dit te bewerk en te bewaak, kon uitoefen. Hy is geskape om God lief te hê met sy hart en Hom te dien met sy hande.

Hy is ook geskape om medemense te hê en hulle te ken en lief te hê. Die omgang tussen mens en mens sou vanself ‘n liefdesomgang wees – ‘n ware gemeenskap van die heiliges. Dit is in die volle sin van die woord, wat Jesus later van die gelowiges sê:

“strome van lewende water sal uit sy binneste vloei” (Joh. 6).

Die stroom van liefde, wat uit die hemel na die mens vloei, sou ongehinderd deurvloei na elke ander mens.

Man en vrou het Hy hulle geskape

En as heerser oor die diere van die aarde was ook al drie die eienskappe in werking. Ons lees:

“So het die mens dan name gegee aan al die vee en aan die voëls van die hemel en aan al die wilde diere van die veld.” (2:20).

Met sy verstand het hy die diere se wese deurskou. Hy het hulle geken en deurgrond en paslike name gegee. Hy sou oor die diere nie as tiran en moordenaar heers nie, want in sy hart leef daar begrip en liefde vir sy Skepper en die Skepper van die diere. Ook die diere is die maaksel van God se hande.

Ten slotte het God nie alleen een mens gemaak nie: “man en vrou het Hy hulle geskape.”

Dit word in Gen. 1 as ‘n feit genoem en in Gen. 2 word in besonderhede verhaal, hoe God hulle as man en vrou geskape het. Ons het hier nie twee weersprekende skeppingsverhale nie, maar die een is ‘n aanvulling van die ander.

In ons tyd is dit mode om van twee “skeppingsmites” te praat, maar ons glo dat God daarmee ook ‘n wyse doel gehad het. Hy wou duidelik laat uitkom dat die huwelik iets anders en iets meer is as die saamleef van twee mense soos diere. Daarom vertel die skrywer eers in Genesis 2 van die instelling van die huwelik.

Volgende week: hoofstuk 2 – Die Here God bring die vrou na haar man (Gen.2:22)

Posted by: proregno | May 8, 2013

Gereformeerde bronne vir Ampsdraers

skape

Een van die grootste redes vir die opkoms van die feministiese en gevolglik VIDA agenda, was en is ons mans wat nie hul roeping tot liefdevolle diensbare leierskap omhels en najaag nie.  Soos een predikant dit gestel het: die krisis van die VIDA agenda is as gevolg van die krisis in die huidige manlike ampsdraers.

Godsvresende en geroepe mans moet dus opnuut opgeroep en toegerus word om ampsdraers tot eer van God en heil van die gemeentes te wees.

Sien die volgende webblad vir bronne oor toerusting vir ouderlinge, diakens en predikante:

PRCA Sources: help for Officebearers

Hier is ‘n paar artikels wat reeds in Afrikaans vertaal is, met erkenning aan die CPRF webblad:

Kerklike Ampte (Church Offices)

As daar nog persone is wat kan help om hierdie en ander artikels te vertaal in Afrikaans, kan julle my kontak, dit sal baie waardeer word: proregno@gmail.com

U kan ook op die Enigste Troos webblad ‘n groot verskeidenheid bronne kry.

As iemand enige ander aanlyn bronne oor hierdie onderwerp in Afrikaans of Engels kan aanbeveel, stuur asb vir my daardie webblad addresse sodat ek dit hier kan byvoeg. Dankie.

Met erkenning aan die PRCA webblad plaas ek die inligting ook direk hier:

Resources for Officebearers (especially elders and  deacons)

Basic Reading Resources (Available from the Reformed Book OutletSeminary Bookstore, your church  library)

  • The Confessions and Church Order of the Protestant Reformed Churches (pdf), Revised & updated HC version published in 2005. $9.00 from the Seminary (doezema@prca.org or webmaster@prca.org).
  • The Church Order of the PRC (separate green binder with latest updates – 2010 edition)
  • “Notes on the Church Order” (pdf) by Prof.H.Hanko. You may order the syllabus from the Seminary or find it online here (htm).
  • The Church Order Commentary by I.VanDellen and M.Monsma; Zondervan, 1941 (This is the original edition based on the Church Order of the CRC once identical to ours, not the revised edition. This original edition is hard to find and can be expensive, but it is worth the price).
  • Handbook for Elders and Deacons: the Nature and the Duties of the Offices According to the Principles of Reformed Church Polity by Wm.Heyns; Eerdmans, 1928 (long out of print but worth having – check your church library; Seminary library has it).
  • Called to Serve: Essays for Elders and Deacons, ed. by Michael Brown; Reformed Fellowship, 2007. $15 from their website or Amazon.
  • The Elder: Today’s Ministry Rooted in All of Scripture by Cornelius Van Dam; P&R, 2009.
  • With a Shepherd’s Heart: Reclaiming the Pastoral Office of Elder by John R.Sittema; Reformed Fellowship, 1996. $15 from their website or Amazon.
  • The Elders Handbook: A Practical Guide for Church Leaders by G.Berghoef and L.DeKoster; Christian’s Library Press, 2012.
  • From House to House: Articles and Helps for Beginning Elders by W.Huizinga; The Reformed Guardian, 2004; #19 in Series. In Seminary Library.
  • Taking Heed to the Flock: A Study of the Principles and Practice of Family Visitation by Peter Y.DeJong; Baker 1960; Wipf & Stock, 2003. (The chapters are also available online at the Orthodox Presbyterian Church “Ordained Servant” website, starting here – Preface and chap.1).
  • The Glorious Work of Home Visits by Peter G. Feenstra; Premier, 2000 (another profitable book on family visition). In Seminary library.
  • The Ministry of Mercy for Today by Peter Y. DeJong; Baker, 1961; Wipf & Stock, 2003. (This too is available in part on the OPC “Ordained Servant” website, starting here).
  • Deacons Go Visiting! Studies on the Work of the Deacons by W.Huizinga & C.Van Dam; The Reformed Guardian, 2003; #16 in Series).
  • The Visitor’s Book of Texts or The Word Brought Near to the Sick and Sorrowful by Andrew Bonar; Banner of Truth, 2010 (helpful book with suggested texts and thoughts for making visits to those in need).
  • Quick Scripture Reference for Counseling by John G. Kruis; Baker, 2001 – 3rd ed. (handy resource for finding texts on all kinds of topics related to counseling)
  • PR Seminary Syllabi
    • “Liturgics” by Herman Hoeksema (On our order of worship and liturgical forms)
    • “Poimenics” by Prof.R.Decker, 1974 (On pastoral care – especially for pastors but also helpful for elders)
    • “Public Prayer” by Prof.H.Hanko, 1992 (An Interim course he taught on public praying for pastors, but useful for all officebearers)
    • “The Believer’s Manual for the Church Order” by Prof.H.Hanko (a condensed guide of Reformed church government for those in the office of believer)
Posted by: proregno | May 6, 2013

VIDA en die hoofbedekking van 1 Korinthiërs 11

Wat is die verskil tussen gereformeerd wees en konserwatief/behoudend wees ?

Laasgenoemde wil net ‘n bepaalde orde ‘behou’ en/of anti-iets wees, teen iets wees, maar as jy vra waarvoor staan jy, waarheen is jy oppad, wat glo jy, pro-wat is jy, dan is daar nie veel antwoorde nie, of so iemand is bloot ‘teen die liberales en vrysinniges’.

Gereformeerd wees is semper reformanda, aanhou reformeer volgens die Woord deur die krag van die Gees.

Gereformeerd wees staan in die lig van Hand.17:11,

En hierdie mense was edelmoediger as dié in Thessaloníka; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.

Die hele lewe, beginnende met my eie lewe, maar ook my gesin, gemeente, kerkverband, gemeenskap, ens., word heeltyd getoets aan die Heilige Skrif: wat staan geskrywe ?

Gereformeerd wees laat hom nie afskrik deur allerlei etikette en valse aantuigings wat teen jou gemaak word nie (hetsy die ‘biblisisme’ etiket vanuit die liberale kamp, of die ‘amish’ etiket vanuit die behoudende kamp nie), maar soek die behae van die Here deur sy Woord (Ps.119).

Konserwatisme, ‘behoudend’ wees probeer baie lidmate manipuleer deur groepsdruk en menslike tradisies wat nagevolg word, die ‘ons-doen-dinge-so’ strategie.

Gereformeerd wees as sola Scriptura, is juis belydenis-georiënteerd in die ware sin van die woord, ‘n ware ‘ons’ volgens die Skrif, want die belydenis roep onsself as gereformeerdes op om die Skrif as ons hoogste gesag te handhaaf en nie:

“… die gewoonte of die groot getalle of oudheid of opvolging van tye of van persone of kerkvergaderings, verordeninge of besluite met dié waarheid van God gelykstel nie, want die waarheid is bo alles. Alle mense is immers uit hulleself leuenaars en nietiger as die nietigheid self (Psa 62:9 [Ou Vert. Vers 10]). Ons verwerp daarom met ons hele hart alles wat nie met hierdie onfeilbare reël ooreenkom nie, soos die apostels ons leer as hulle sê: “…maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is” (1Jo 4:1) en: “As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie…” (2Jo 1:10).”

Daarom wil gereformeerdes die volle raad van God hoor (Hand.20:27) vanuit die Skrif, en is daar nie ‘n gemanipuleerde agenda wat bepaal waaroor ‘ons’ nou moet preek, of waarop ‘ons’ nou moet fokus nie, bv. die omkeerstrategie.

In my plaaslike gemeente (GK Carletonville) is ek besig om deur 1 Korinthiërs te preek, en die afgelope Sondag het die Here se voorsienigheid ons gebring by 1 Kor.11:1-16, wat handel oor die hoofbedekking vir die vrou in die eredienste.   Die maklike maar verkeerde weg (2 Tim.4:3,4) is om dit te ignoreer en verby te gaan, want ons tye is mos ‘sensitief’ vir sulke dinge.

Daar is al baie geskryf, gepreek en besin oor hierdie onderwerp in die verlede, nie so veel in vandag se tye nie.  Hier onder plaas ek my preek oor die gedeelte. Een preek oor die saak kan nie reg laat geskied aan die Teks nie.  Ek het wel probeer om inleidend die saak aan te raak, met die hoop dat dit sal lei tot verdere sola Scriptura besinning, want ek sien onderliggend aan die hoofbedekking saak en die VIDA saak dieselfde wesentlike vraag:

Begrond Paulus die hoofbedekking/geen VIDA (1 Tim.2:11,12) op die kultuur (sosio-historiese) aspekte van sy tyd,  of op die skeppings/gesagsorde wat God daargestel het, wat ook vir die NT bedeling geld ?

Daar is ook ander belangrike vrae uit hierdie teks wat beantwoord moet word:

- wat behels ‘bid of profeteer’ in verse 4,5 ?

- beteken ‘bid of profeteer’ in v.5 dat die vrou dan maak preek en leer in die eredienste ?

- wat spesifiek is die ‘bedekking’: iets bo op die hare/hoof of die hare self ?

- waarna verwys die ‘natuur’ in v.14,15: gebruike en gewoontes, of die skeppingsorde, wat natuurlik is volgens die skepping ?

- ‘leringe’ en ‘gewoonte’ van v.2 en v.16, dui dit op iets wat van verbygaande aard is, op is dit apostoliese leer en gebruike wat geld vir die hele NT bedeling.  Dui die ’gewoonte’ van v.16 op die ‘twisgierigheid’ of die ‘hoofbedekking’ ?

Hierdie is maar net ‘n paar vrae, en in my preek het ek nie naastenby by alles uitgekom soos ek wou nie.  Die tyd(sgees) het my ingehaal ! ;-)

Daarom dat ek vir die ware gereformeerde Bybelondersoeker (Hand.17:11) die volgende paar artikels wil aanbeveel wat ek geraadpleeg het oor die saak, wat ek meen die saak die beste aanspreek (ek stem nie noodwendig met elke detail saam nie), asook ‘n oorsig gee van verskillende verklarings van hierdie gedeelte:

1. What is the Head Covering in 1 Cor 11:2-16 and Does it Apply to Us Today?, Daniel B. Wallace

Wallace gee die 4 mees algemene verklarings oor die hoofbedekking:

(1) This text has no applicability to us today. Paul is speaking about a ‘tradition’ that he has handed on. Hence, since this is not the tradition of the modern church, we hardly need to consider this text.

(2) The head covering is the hair. Hence, the applicability today is that women should wear (relatively) long hair.

(3) The head covering is a real head covering and the text is applicable today, in the same way as it was in Paul’s day. Within this view are two basic sub-views:

  • The head covering is to be worn by all women in the church service.
  • The head covering is to be worn by women in the church service only when praying or prophesying publicly.

(4) The head covering is a meaningful symbol in the ancient world that needs some sort of corresponding symbol today, but not necessarily a head covering. This also involves the same two sub-views as #3 above.

en verduidelik dan waarom a) verklaring 1 en 2 eksegeties onhoudbaar is, en b) waarom hy die laaste verklaring ondersteun. Dit is ‘n goeie inleidende oorsig oor die onderwerp.

2. 1 Korinthiërs 11:2-16: ‘n Hermeneuties-Eksegetiese Studie, GJ Van Wyk  

Hierdie is die beste studie waarvan ek bewus is in Afrikaans oor die onderwerp.  Dit is as werkstuk gedoen in 1980 onder leiding van prof. dr. L. Floor.  Hier is die studie se ‘konkluderende opmerkings’ (dr. Gerrie van Wyk is tans leraar van die GK Rustenburg, dit is met sy toestemming dat sy werkstuk hier geplaas word):

1. Die uitgangspunt van hierdie perikoop is geleë in vers 3. Dit handel oor die verhouding man en vrou binne die Goddelike gesagsorde.

2. Die getroude vrou staan onder die hoofskap van haar eie man.

3. Dit is nie sonder meer duidelik of die ongetroudes uitgesluit is van hierdie opdrag van die apostel Paulus nie.

4. Die hoofbedekking vervul ‘n baie belangrike funksie. Dit dien die verhouding man en vrou.

5. Die apostel Paulus maak melding van ‘n tweërlei bedekking nl, die hare as eerste bedekking en ‘n vreemde voorwerp op die kop, naas die hare, as tweede bedekking.

6. Dit gaan in hierdie perikoop om die innerlike aanvaarding van die hoofskap van die man, maar ook om ‘n uiterlike vergestalting, wat betuig dat die saak aanvaar word.

7. Hierdie uiterlike voorskrif (die tweede bedekking) is SLEGS van toepassing op die openbare erediens. Sowel binne die erediens as daarbuite geld die beginsel (vers 3) wat die verhouding tussen man en vrou reël.

8. By die verklaring van die Heilige Skrif moet steeds rekeninggehou word met die tydgerigtheid en universaliteit van die Godsopenbaring.

9. Die prediking van die apostel Paulus is nie tydgebonde nie, maar tydgerig. Dit sluit aan by die gewoontes en sedes van daardie tyd. Dit is in die eerste plek gerig tot die gemeente van Korinthe in haar besondere omstandighede.

10. Alhoewel Paulus aansluit by die gewoontes van sy tyd, neem hy dit nie net so oor nie. Hy gee daaraan ‘n eie unieke, christelike inhoud. Daarom kan die hoofbedekking as ‘n-eie christelike onderskeidingsteken beskou word.

11. Die prediking van die apostel is paradosis of oorlewering. Dit is die evangelie van jesus Christus: Daarom is dit ook universele prediking wat vandag nog gesagvol spreek: Dit reël ook die verhouding man en vrou ook in die twintigste eeu.

12. Die hoofbedekking mag nie buite rekening gelaat word in hierdie gedeelte nie. Die hoofbedekking is evangelie. Dit verkondig Christus en Hom as Middelaar, wat die oorspronklike verhouding tussen man en vrou herstel hét.

13. Die voorskrif rakende die hoofbedekking van die vrou en die regte verhouding tussen man en vrou is vandag nog van toepassing op die Kerk van Jesus Christus.

3. Headcoverings, MJ Marlowe

Hierdie is ‘n reeks artikels wat die sosio-historiese studies oor die saak deeglik beantwoord, onder andere standpunte soos ‘dit was alleen vroue prostitute en vroue slawe wat kort of geskeerde hare gedra het, en daarom het Paulus dit teen ‘n gebruik van sy tyd, en is die hoofbedekking nie vir die hele NT bedeling bedoel nie’.  Sien veral die volgende artikel van Marlowe wat ‘n deeglikse eksegetiese verklaring is van verse 1-16:

The Woman’s Headcovering

Die voetnotas alleen in hierdie artikel is goud werd.  In die nota’s weerlê hy egalitariese (pro-VIDA) verklaarders soos die bekende Thiselton en Fee wat hierdie gedeelte deur hul sosio-historiese brille bestudeer.  Meeste of al die vrae wat ek hierbo genoem het, word ook deeglik beantwoord vanuit die Skrif deur hierdie reeks van artikels.

Hier is my eie inleidende preek oor die onderwerp:  Die hoofbedekking – 1 Kor.11

REGSTELLING: in my preek noem ek dat die GKSA deur sy sinodes in die 1970′s/80′s besluit het die hoofbedekking is nie meer ‘n opdrag van die Here vir die kerk vandag nie. Dit is nie korrek nie, die GKSA het nooit ‘n amptelike besluit deur sy sinodes oor die saak geneem nie, en elke plaaslike kerk het en kan oor die saak handel soos hul oortuig is volgens die Skrif.  Hier is die korrekte bewoording soos ek dit ook hier onder in my geskrewe teks reggestel het:

“Ons eie kerkverband het nie enige besluite oor die saak geneem deur ons sinodes nie, maar hier van die einde van die 1970′s/begin 80′s het al minder vroue hoofbedekking begin dra, sodat dit vandag die uitsondering, en nie meer die reël is nie. ”

Hier is my geskrewe teks met slegs die hoofpunte (let wel: die preek self en my aantekeninge hier onder stem nie noodwendig ooreen nie, in beide is daar meer of minder inligting):

Die hoofbedekking getuig van God se goeie skepping- en gesagsorde,

vir beide man en vrou 

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

Oor twee weke gaan ons weer nagmaal vier.

Ons kom sit aan die Here se tafel en ontvang die beker en brood.

Daardie twee tekens wys op Jesus se bloed en liggaam wat vir ons gegee is,

as betaling vir al ons sondes.

Ons weet dat dit die betekenis is van daardie twee tekens wat ons red,

nie die brood of wyn opsigself nie.

Tog, is die brood en wyn as tekens nié onbelangrik nié,

ons moet dit gebruik, want Christus het dit vir ons ingestel, Matt.26:17-30

(sien HK So.25-30; NGB art.32-35)

En dit is oorgelewer deur die apostels, vir die kerk deur alle eeue.

Nou geliefdes, nou kom ons vanoggend – voor die nagmaal deel (v.17-34)

by nog ‘n gebruik, handeling, ‘n onderskeidingsteken,

wat die Here aan sy kerk oorgelewer het, deur die apostels,

deur sy kerk, deur Paulus in die besonder hier in 1 Kor.11.

Naamlik die hoofbedekking vir die vrou in die eredienste.

En moenie meegesleur word dat hierdie soort saak onbelangrik is nie.

As dit onbelangrik was vir die gelowige, die kerk, sou dit nie daar gestaan het nie, sou die kerk nie vir 2000 jaar geleer het vroue moet ‘n hoofbedekking in die eredienste dra nie.

Dit was die gebruik van die kerk vir 2000 jaar, die vroeë kerk het dit geleer,

die Hervormers soos Luther, Calvyn, Knox het dit bevestig,

ons voorgeslagte het die saak onderhou tot en met die middel van die 20ste eeu.

Ons eie kerkverband het nie enige besluite oor die saak geneem deur ons sinodes nie, maar hier van die einde van die 1970′s/begin 80′s het al minder vroue hoofbedekking begin dra, sodat dit vandag die uitsondering, en nie meer die reël is nie.

Ek gee toe dat gelowiges wat Jesus liefhet en sy Woord respekteer,

oor hierdie gedeelte verskil, maar 1 Kor.11 is nie so moeilik om te verstaan nie.

Ons maak dit nog moeiliker, bloot vir die eenvoudige rede, dat dit die afgelope

30 jaar nie meer ‘n algemene gebruik in kerke, ook ons kerkverband is nie.

Dit is verder moeilik, omdat die vyandige feministiese beweging in die 20ste eeu

dit reggekry het om vrouens, goeie vrouens, maar ook mans te oortuig

dat die hoofbedekking is ‘neerhalend en/of onderdrukkend’,

en dat die vroue sogenaamd bevry moet word van hierdie gebruik.

Ander beweer weer, op grond van v.16 dat dit bloot ‘n ‘gewoonte’ of kultuur gebruik was

van die eerste eeu, en nie meer vir vandag geld nie.

Daar is ‘n paar beginsels wat geleer moet word wat vir alle tye geld,

maar die manier om dit te wys, het nou verander,

die hoofbedekking hoef nie meer gedra te word nie.

En nou geliefdes, wil ons vanuit die Skrif luister,

as kinders wat Hom wil gehoorsaam,

en ons wil twee dinge leer onder die tema:

Die hoofbedekking getuig van God se goeie skepping- en gesagsorde,

vir beide man en vrou 

1. wat leer die Skrif hier, en

2. is dit nog van toepassing vir vandag ?

Onthou wat ons gesing het in Ps.40:4 ?

Dit is en moet ons soeke wees, laat ons saam luister,

en dan moet ons vra: moet ons verander of nie ?

Maar moenie die Bybel by ons laat aanpas nie,

ons moet by die Bybel aanpas.

Kom ons gaan dan en luister na God se Woord.

In v.1 roep Paulus die gemeente op om Hom te volg,

maar alleen omdat Hy Christus volg.

Hy bedoel dit o.g.v. 1 Kor.9 en 10 (sien veral 9:24-27) , maar by implikasie ook:

Ons volg nie mense opsigself nie, maar Christus

En hoe weet ons watter mense om te volg ?

Hulle wat Christus volg volgens sy Woord en Gees.

Dit is waarop v.2 ons dan verder wys:

Paulus prys hul omdat hul die ‘leringe vashou’, daardie leringe

wat hy van die Here ontvang het, en wat hy ook nou aan hulle wil oorlewer.

In die boek 1 Kor. het ons nou al op vele plekke gehoor hoe hy

as apostel leringe en gebruike oorlewer aan die kerk om te onderhou,

sien bv. 7:17, 39; 11:16, 23, 15:3, ens.

So geliefdes, u moet ‘n predikant, ouderling, vader, ens volg,

nie omdat hy so oulik en vriendelik is nie (dit is ook goed maar nie die wese van sy roeping nie),

maar bo alles omdat hy in leer en lewe Jesus en sy Woord volg.

En nou kom Paulus, en wil hul nou leer aangaande die hoofbedding,

in die eredienste, hy wil hê hul moet, v.3 ‘weet’ van hierdie saak,

wat v.16, in al die gemeentes ‘n gewoonte, ‘n gebruik is.

Onthou, ‘n gewoonte/gebruik is nie opsigself verkeerd nie,

dit kan reg of verkeerd wees.

Soos daar oorleweringe van mense is wat nie goed is nie (sien bv. Matt.15:3ev),

so is daar oorleweringe van die Here wat goed is, die apostoliese leer,

wat ook oorgelewer word (sien bv. Rom.6;17; 2 Tess.2;15; 3:6).

Nou eerstens, wat was die lering wat Paulus die gemeente geleer het,

wat hy wou hê hul moet weet ?

Ons hoor dit in v.4,5 (lees)

- ‘n man moet nie bid of profeteer met ‘n bedekking op sy kop nie

- ‘n vrou moet wel met ‘n bedekking op haar kop bid of profeteer

Net in hierdie twee verse kom daar baie vrae na vore, o.a.:

- wat is dit om te bid en te profeteer, en

- mag ‘n vrou dan ook bid en profeteer in die gemeente ?

- wat is die bedekking waarvan hier gepraat word ?

Eerstens, wat die bid en profeteer nié kan beteken nie:

dit kan nie beteken dat ‘n vrou voorgaan in die ‘ampte’ van hetsy leraar,

en/of ouderling in die gemeente nie.

Dit sou 1 Kor.14:34 weerspreek, waar Paulus later skryf:

Julle vroue moet in die gemeentes swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook sê.

So ook sal dit 1 Tim.2:11,12 weerspreek:

11  Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.

12  Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.

Dit kan alleen volgens die konteks van die res van die Skrif 2 dinge beteken:

- dit is ‘n frase wat bloot wys op elke lidmaat se deelname aan die erediens gebeure, ongeag of hul self voorgaan in daardie handelinge of nie (sien die Statevertaling se verklarende nota hier), en/of

- die profeteer spesifiek dui op die eerste eeuse buitengewone profetiese goddelike gawe, wat beide mans en vrouens en kinders gehad het, sien 1 Kor.14:26 (Hand.21:9), wat wel plaasgevind het, maar ge-eindig het toe die kanon afgesluit is met die boek Openbaring.

Sien vers 13 wat dit bevestig, as daar dan net van gebed gepraat word, nie meer die profetiese gawe nie.

Onthou profetering was spesifieke eenmalige goddelike Openbaring wat sekere kinders van God gehad het, maar vandag nie meer daar is nie.

Na die apostels het ons nou die leeramp van ouderling (lerende en regerende ouderlinge, 1 Tim.5;17), waardeur onderrig en regering wat plaasvind, soos ons dit veral sien in die Pastorale Briewe (1 en 2 Tim, Titus).

Maar gebed het ons nog altyd, tot die laaste dag,

en daarom geld die voorskrifte wat hier gegee word,

ook vir die hele NT bedeling.

Tweedens, uit vers 3, wat is die hoofbedekking wat hier van gepraat word ?

As u mooi geluister het, het ek nog nie een keer die woorde hoed of kappie of sluier gebruik nie.

Ek het doelbewus die woord ‘hoofbedekking’ gebruik, of selfs net ‘bedekking’

Die oorspronklike woorde in v.4,5 en verder, gee nie ‘n positiewe beskrywing van wat hierdie ‘iets’ (v.4) op die hoof moet wees nie.

Dit beteken letterlik iets wat bo op die hoof is en/of van bo afhang van die hoof.

Daar is duidelikheid oor dat daar wel ‘iets’ moet wees (sien v.10),

maar die presiese aard, kleur, materiaal waaruit dit bestaan,

word nie eksplisiet gegee nie.

Dit sluit daarom juis hierdie verskillende moontlikhede in,

so dit kan ‘n sluier wees, ‘n kappie, ‘n hoed, maar solank daar

‘n vorm van bedekking is, ‘n ‘iets’ is.

En dit is dalk juis een van die argumente vir die handhawing van die

hoofbedekking vir vandag en die hele NT bedeling: dat hierdie openheid

juis deur die apostels, deur die Here so bepaal is, sodat die hoofbedekking

verskillende vorme kan aanneem deur die tye en eeue met verskillende tale en kulture.

En nou word vir die man gesê hy doen sy hoof oneer aan as hy wel

met ‘n bedekking in die erediens is, en

vir die vrou dat sy haar hoof oneer aan doen as sy nie ‘n hoofbedekking

op het nie, inteendeel, dit beteken dit is soos om glad nie hare op die hoof te hê nie,

skeer dit dan af.

So, dit is wat Paulus wil hê die gemeente in Kor en ons moet ‘weet’:

- man sonder, en vrou met ‘n bedekking wees in die eredienste.

Dit bring ons dan juis by die belangrikste saak:

Is dit bloot ‘n saak van daardie tyd en kultuur gewees, of is dit vir die hele NT bedeling ?

Waarop beroep Paulus hom, waarin begrond hy die saak van ‘n hoofbedekking  ?

Kom ek gebruik eers 2 ander voorbeelde:

- baie sê: slawerny was in die NT daar gewees, maar dit is later tog afgeskaf, so dit beteken,

- vrou nie in die ampte nie, was ook net vir ‘n tyd, moet nou afgeskaf word.

- maar die antwoord is: Paulus in die ‘vrou in die amp’ gedeeltes beroep hom op God se skeppingsordening (1 Tim.2:13; 1 Kor.14:34b), maar by slawerny kry ons glad nie sulke begronding nie.

So die vraag is: beroep Paulus hom hier op tydelike reëlings, of op gesag wat vir altyd geld in die NT bedeling.

Wel, as ek na die Teks kyk, dan sien ek:

Die begronding is in God se skeppingsorde, sy gesagsorde wat Hy daar vir die mens, vir die huwelik, gesin, gemeentes gestel het

Die fondamente van die hele gedeelte word in vers 3 gevind,

Maar ek wil hê dat julle moet weet dat Christus die hoof is van elke man, en die man die hoof van die vrou, en God die hoof van Christus.

As mens dit reg verstaan, val alles wat volg in plek,

nie net vir hierdie saak nie, maar vir die verhouding tussen man en vrou ook,

en ons het dit so nodig om te hoor vandag.

Paulus wys op die gesagsorde wat die Here daar gestel het:

1. God is die hoof van Christus

2. Christus is die hoof van elke man (daar is verskil of dit alle mans is en of dit hier bedoel net getroude mans), ongeag of hul glo of nie, sien Matt.28:18; 1 Kor.15:27.

3. Die man is die hoof van die vrou

Dit word ook genoem die skeppingsorde.

Man en vrou is geskape gelyk in waarde en wese,

maar verskillend in gesagsrolle en gesags-uitoefening.

Die man moet die gesag uitoefen, die vrou moet volg,

in die gesin en gemeente.

En kyk nou mooi wat Paulus doen, baie belangrik

hy bou die gesagsverhouding tussen man en vrou

op die verhouding tussen die Vader en die Seun !

Die Seun is onderdanig, onderworpe aan die Vader in rol en taak (sien NGB art.8-10; HK So.8),

maar nie in waarde en wese nie, en Jesus het sy plek, roeping en taak in diensbaarheid dit omhels!

So is dit ook met die gelowige vrou en gelowige man,

elkeen in hul bepaalde rol en taak in sy Koninkryk en Kerk.

In verse 7-9 bevestig Paulus dit verder,

deur te sê Paulus dat die man die beeld en heerlikheid van God is,

en die vrou die heerlikheid van die man,

en daarmee bedoel Paulus dat die man aangestel is

om die gesag te be-oefen volgens sy skeppingsaard,

terwyl die vrou juis haar skeppingsdoel en plek omhels

deur haar unieke roeping van gesagsaanvaarding te omhels,

om die man by te staan, nie sy gesag te verwerp nie

Sy is die heerlikheid van die man deur haar plek en ropeing te aanvaar.

Vers 8 sluit aan by 1 Tim.2:13, God se bepaalde orde, eers die man, dan die vrou.

En vers 9 is die groot vyand van al die woman’s lib bewegings:

- die vrou geskape is nie vir haarself geskape nie,

om net haarself en eie belange te dien nie,

sy is daar ‘ter wille van die man’ !

Roeping !

Sy is geskape as die hulp van die man.

En, daarom, vers 10, daarom moet die vrou ‘n ‘aanduiding

van gesag’ op die hoof hê,

daardeur, daardie simboliek en die omhelsing daarvan,

dui op die dankbare gehoorsame aanvaarding van haar rol in die Here se Koninkryk,

Daardeur word erken dat Christus gekom het om daardie verhouding tussen man en vrou,

te herstel, nie te vernietig of te verruil vir die egalitariese ‘vennootskapsverhoudinge’ van ons tye nie.

Vroue erken daardeur God se wil, die goddelik verordende gesags beoefening deur hul mans.

Die ‘ter wille van die engele’ (v.10b) is daar onduidelikheid oor,

maar dit beteken heel waarskynlik:

Die engele wat tydens die gee van die skeppings- en gesagsorde daar was,

is heilig daaroor dat dit herstel en onderhou word in Christus.

Ons lees bv in Jes.6 dat die engele om die altaar erediens hou:

- heilig, heilig, heilig is die Here

en daarom is hul jaloers daarop dat God se skeppingsorde

gehandhaaf word, hul is ook hier in ons eredienste teenwoordig,

dit behaag hul nie, bedroef hul, dat God se orde omver gewerp word,

veral in die eredienste, as God se teken van gesagsaanvaarding en onderskeid

nie gehoorsaam word nie (sien die artikel hierbo van Marlowe oor hierdie saak).

Nou geliefdes, beteken dit die man kan maak wat hul wil, self goddeloos wees,

die vrou alleen word aangespreek hier in ons Teks vanoggend ?

Nee geliefdes, in v.11-13 waarsku Paulus juis teen so ‘n gesindheid.

Daarom dat hy begin in v.11 met die belangrike woorde ‘en tog’ ….

Hy wil ons mans ook wys op ons plek en rol in sy skeppingsorde,

Ons mans is nie beter as vrouens of slimmer of beter toegerus vir die taak nie,

dit is God se skeppingsorde wat ons take en onderskeie roepinge bepaal,

dit is sy Wil, nie ons mans wat ‘meerderwaardig’ is nie.

Daarom die sleutelwoorde van ‘in die Here’ (v.11) en ‘alles is uit God’, hoor u dit broeders ?

- man en vrou ‘in die Here’, moet God dien ‘in alles’,

- ons is afhanklik van mekaar in ons take in sy Koninkryk!

Hierdie is NIE ’n manne wêreld of vrouewêreld nie,

- dit is God se wêreld, dit is sy Koninkryk, dit is Sy Kerk !

Daarom ‘maar alles is uit God’ !

Hy is ons hoogste en finale gesag.

Toepassing:

- is die grootste rede vir die opkoms van die vyandige feminisme nie juis goddelose en onverantwoordelike mans wat nie ‘soos Christus’ (Ef.5:21-34), dien en lei nie ?

- Mans, ons moet dit nie vir ons vrouens maak, selfs onmoontlik maak om haar te onderwerp aan jou gesag in Christus wat jy moet uitoefen nie,

- moenie ‘n struikelblok wees in jou dogter se pad om haar aan God se skeppingsorde te onderwerp nie !

Heelp jou vrou en dogters om haar roeping te omhels, hoe ?

Kyk vers 1 !

Deur JOU roeping en taak te omhels in Christus:

“Wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is

En dan, nadat hy hierdie skeppingsorde uiteengesit het,

noem hy nog 2 sake:

- v.13 wil hy daarop wys, dit is ‘n retoriese vraag, dat dit nie goed/betaamlik is, dit is nie gepas nie dat ‘n vrou in die erediens sonder ‘n hoofbedekking deelneem aan die erediens nie.

- en in v.14,15 wys hy dat selfs die natuur ’n natuurlike bedekking vir die vrou gegee om haar unieke roeping en onderskeid van die man uit te wys,

daarom sal dit nie ‘n probleem wees om op haar natuurlike bedekking, nog ‘n bedekking, ‘n teken van gesag oor haar te plaas nie, sodat haar heerlikheid bedek word, en

al die eer aan God deur haar hoof, haar man, sal gaan in die eredienste.

- die woord ‘natuur’ verwys nie bloot na tradisies en gewoontes nie, of gebruike van die tyd nie, maar op wat natuurlik aanvaarbaar is soos ons geskep is, sien bv. Rom.1:26,27 waar ook genoem word dat dit onnatuurlik is as man en man, en vrou en vrou gemeenskap het met mekaar.

(dat v.14,15 se hare bedekking nie die hoof bedekking kan vervang nie, word bevestig as jy die hare in die bedekking se plek wil plaas by v.4,5. Dit sou die absurde betekenis dan hê dat: a) mans bles moet wees, kaal hoofde moet hê, om aan die eredienste deel te neem, en b) vrouens beveel word om hul hare af te sny … as hul nie hare op die kop/hoof het nie ?)

Ons moet ook nie kwaadwillig raak nie, wat is nou kort en wat is nou lank … wanneer is te ver ….

Daar is in ons tyd ‘n groot aanslag om manlikheid en vroulikheid te wil vernietig,

en dit behaag God nie.

Hy het man en vrou geskape, gelyk in waarde en wese, maar verskillend

in rol en taak … en ons moet dit respekteer en eerbiedig en erken en

onderwerp daaraan.

En een van die maniere is … die dra van die hoofbedekking deur vroue

in die eredienste.

‘n Ander manier is hoe ons haarstyle lyk, v.14,15 (ek kan mens ook byvoeg, ons kleredrag)

Beteken dit laastens geliefdes,

U predikant of kerkraad gaan dit nou op ons vrouens afdwing ?

Nee geliefdes, ons gaan nie.

Ons kerkverband het geen vaste bindende besluit oor die saak gemaak nie.

Ek sal graag wil hê gehoorsaamheid moet vanuit oortuiging kom,

in ‘n gees van omhelsing van ons roeping en take,

as mans en vroue,

‘n lewe van dankbaarheid, selfondersoek, veral oppad na die Here se tafel.

Wat wil die Here hê moet ons doen ?

Net soos ons misbruik kan maak van die tekens van brood en beker,

net so kan ons misbruik maak van die hoofbedekking (of enige ander tekens of kleredrag of haarstyle).

‘n Vrou kan ‘n hoofbedekking dra, maar haar hart en lewenswyse is nie daarin nie.

Dit beteken wel nie dit is of een of die ander nie, ons moet beide die saak en teken omhels.

dit moet albei wees: my hart vir die Here en my roeping as man of vrou,

en dan gebruik ek die tekens wat Hy gee,

om aan te wys dit is wat ek wil wees, ek wil daarin lewe.

Ek erken sy gesag, ek erken sy skeppingsordening en gesag,

ek ken sy wil vir my lewe.

Daarom is die laaste vers ook so belangrik, v.16

Vandag het ons dit andersom, die reël is geen hoofbedekking nie,

so ons wil nie twisgierig daaroor wees nie, nie verdeeldheid veroorsaak nie.

Daarom, die heel belangrikste, laat elkeen ondersoek:

- as man of vrou: omhels ek van harte my roeping en taak in sy kerk en koninkryk,

of probeer ek wyser as God wees deur self te besluit hoe om Hom te dien ?

Aanvaar ek die Here se gesag in dankbaarheid ?

Mag die HERE ons help, veral oppad na die nagmaalstafel,

om seker te maak dat ons in alles werklik, navolgers is van Christus ! (v.1)

Amen.


[1] Die Bybel: Ou Vertaling. 1996 (1 Co 14:34). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

[2] Die Bybel: Ou Vertaling. 1996 (1 Ti 2:11–12). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.

gereformeerd

1. Nuwe lesings op gereformeerd.org

ONDERWERP: Prof Spoelstra, Prof Lee, Dr Bogaards, Ds Smit, Ds le Cornu se lesings/preke gelaai

Geagte broeders en susters,

Ons het nog materiaal bygevoeg tot www.gereformeerd.org se video kanaal (op youtube):

Lesing: Prof B Spoelstra – Gemeente Kerk of Tak?,  skakel: https://www.youtube.com/watch?v=G51OmIWQuV8

Lesing:  Prof B Spoelstra – Die Gelowige en Kerkstrukture, skakel: https://www.youtube.com/watch?v=Ajwjleebn5c

Lesing:  Ds S le Cornu, Die Kerk se Taak , skakel: https://www.youtube.com/watch?v=RjEnGQYWJng

Preek : Dr Attie Bogaards, Abraham Reeks : Nr1 Die Kerk – Wonder van God se
Genade , skakel: https://www.youtube.com/watch?v=7t6jFiTfoTg

Lesing: Ds Faan Smit, Die Gesin Boublok van die Samelewing, Bybelse Wereldbeskouing
Seminaar, skakel: https://www.youtube.com/watch?v=IjqNgN5pN6M

Lesing: Rev Prof Dr FN Lee, Biblical View of Abortion, Biblical
Worldview Seminar #4, skakel: https://www.youtube.com/watch?v=s11_6mN-RVg

U kan bloot net gaan na: https://www.youtube.com/user/GKBetEl of bg. skakels probeer. As u bandwydte min is, kan u dit aflaai in lae kwaliteit deur net KISS by te voeg in die skakel vir elkeen van bg. video’s. Dit is bv: https://www.KISSyoutube.com/watch?v=IjqNgN5pN6M

Die oogmerk van hierdie webwerf is om die Gereformeerde leer en lewe wêreldwyd te bevorder.

Die volgende word beoog om in die komende maande by te voeg:
* Ds Faan Smit se reeks preke oor die Nederlandse Geloofsbelydenis
* ‘n Video oor die ontstaan van die GKSA
* ‘n Video oor die Reformasie van die 1500′s
* Die res van Dr Bogaards se preekreeks oor Abraham
* Dr H Mouton oor hoekom hy as ingeneur in Skepping glo
* Dr H Mouton oor Antropologie
* Seminaar lesings van Augustus 2013 oor hoekom wetenskaplikes glo dat Genesis letterlik verstaan moet word.
* Prof FN Lee se lesings oor: Kunsmatige Inseminasie, Pinkster vs Geref teologie, Eskatologie, Sending, Christokrasie, Huisgodsdiens, Katkisasie
* Natuurlik sal alle toekomstige seminare van GK Bet-el ook op hierdie kanaal geplaas word.

Die potensiaal is groot – vrywilligers kan byvoorbeeld boeke soos Calvyn se institusies voorlees en dan kan dit opgeneem word en hier geplaas word. Kontak ons indien u wil help.

U word aangemoedig om in te teken op hierdie kanaal. As u ‘n gmail eposadres het dan kan u as volg inteken:
->In log op gmail
->klik op youtube aan die bokant
->klik links op My Subscription
->Kies Browse Channels of ignoreer as u reeds kanale het
->Tik by Search Channels in “GK Bet-El”
->GK Bet-el se trappe behoort eerste gelys te wees.
->Klik op Subscribe
->Klik links op Manage subscriptions
->Klik in die middel op GK Bet-El se “Email with new uploads”

U sal nou op hoogte gehou word soos nuwe materiaal opgelaai word. Andersins kan u inteken op gksaforum (die Forum blokkie op www.gereformeerd.org).

Groete
Francois van Deventer
Tel: +27 72 3428528
ePos: francoisvandeventer@gmail.com
Web: www.ligstryders.org

2. Nuwe artikel oor Omkeerstrategie

Omkeerstrategie, Skrifgesag en die Kulturele Revolusie

Francois van Deventer (ouderling, GK Bet-el)

“Ek het die erediens binne gestap en daar was omtrent 20 mense gewees en amper geen kinders nie…”

Hierdie is nie ‘n erediens besoek aan ‘n Gereformeerde Kerk in die aand op die platteland nie.

Hier word gepraat van ‘n Samen-op-weg-kerkbyeenkoms in 1997 naby aan Appeldoorn waar lidmate van drie reformatoriese kerkverbande in Nederland saam vergader het sedert 1961. Hierdie drie kerkverbande het dan ook in 2004 saamgesmelt om die Protestantse Kerk in Nederland te word.

Daar kon egter net sowel gepraat gewees het van ‘n reformatoriese gemeente in Suid-Afrika. Die woorde van Deut 28:62 kom in mens se gedagte op wanneer mens baie keer ‘n kerk binne stap:

“En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte…”

Die probleem

Die kerkleiers in die GKSA het ook begin raaksien dat daar ‘n demografiese ramp aan die ontwikkel is en daarom het die sinode dan ook in 2012 aandag aan hierdie saak gegee.  ‘n Ooggetuie van die gebeure wat aanleiding gegee het tot die “omkeerstrategie”-besluit, getuig soos volg:

“Die GKSA gaan ’n omkeerstrategie uitwerk en deurvoer in ’n poging om die dalende lidmaattal van dié kerkverband te stuit.  Die algemene sinode het hierop besluit op versoek van die streeksinode Vrystaat en KwaZulu-Natal. Dié streeksinode het aangevoer dat die destydse wit GKSA 41 jaar gelede, in 1971, 104000 lidmate gehad het… Dit is ’n daling van byna 40%. Boonop is net 16% van dié lidmate nou dooplidmate of kinders, teenoor die 38% in 1971…

Volgens die streeksinode moet die GKSA baie meer doeltreffend wees om mense buite die GKSA met die evangelie te bereik en hulle die kerk in te bring.

Oudl. Koos Muller van Frankfort het gesê die kerk het die waarheid. Hy wou weet wat is fout met die verpakking waarin die kerk dit vir die wêreld aanbied.

Hy het gesê die GKSA moet ’n paradigmaskuif maak. As hulle dit nie doen nie, is hulle ‘missionêr steriel’ ”[i].

Dit is opmerklik hoe eenders die rapportering en oplossings is vir dieselfde probleem binne die NG Kerk :

“Dooplidmate het oor die laaste 15 jaar van 450,000 tot ongeveer 250,000 gedaal [‘n daling van 44%]. Volgens die huidige kerklike tendense gaan sowat 50% van die oorblywende dooplidmate ook nie NG Kerk-lidmate bly wanneer hulle volwassenes is nie… As die NG Kerk nie daarin slaag om op ‘n vars manier na evangelisasie te kyk nie, loop hy gevaar om al hoe kleiner te word en so min as ‘n kwart van sy lidmate oor te hou.”[ii]

Hierdie aanhaling illustreer vir ons die krisis:

  • Slegs twee geslag later en die getalle krimp met 40% .
  • Ten spyte van nuwe verpakking (nuwe liturgiee en orkeste en liedere) binne die NG Kerk het die getalle nog steeds teen 44% gedaal.

Ek is van mening dat die simptoom reg raakgesien is [te min lidmate – insluitend kinders (Ps 127)], maar dat die medisyne wat voorgeskryf word (sending), nie die siekte gaan genees nie. Om slegs missionêr op te tree of die verpakking te verander sonder om die wortel van die kwaad aan te spreek gaan nie die oplossing wees nie. Nog erger: as jy die bekeerde heidene sou leer om op dieselfde manier op te tree, dan het jy glad nie die probleem opgelos nie. Die kern van die probleem moet raakgesien word en daardie kern probleem moet aangespreek word.

Ek is van mening dat hierdie kernprobleem daarin geleë is dat lidmate nie meer in Sola Scriptura (die Skrif alleen) glo nie. Hulle glo nie die Skrif wanneer dit sê dat kinders ‘n seën is nie (Ps 128). Kinders word gesien as iets wat in die pad staan van materiële welvaart en inmeng met jou lekker lewe van “partyties, braaivleis en lekker laat slaap”. Iets wat te veel verantwoordelikheid eis. Daar word nie meer in terme van geslagte gedink nie, maar slegs in terme van die hier en die nou.

Binne en buite die kerk dieselfde

Hierdie kultuur van onverantwoordelikheid is beide binne en buite die kerk teenwoordig. Solidariteit se navorsingstuk van so ‘n paar maande gelede illustreer dit vir ons wanneer hulle skryf:

“Vyftien jaar gelede het ʼn Afrikaanse getroude paartjie 2,2 kinders per huishouding gehad, maar volgens statistiek is dit nou 1.6 kinders per huishouding.”[iii]

Dit gaan ook maar dieselfde in ander Westerse lande. In Suid-Europa staan dit by 1.2 kinders per ouerpaar en in Noord Europa by 1.4. Dit beteken dat elke geslag met ongeveer 33% krimp, want ‘n mens het 2.1 kinders per ouerpaar nodig om die huidige bevolkingsgetalle te handhaaf. (1.4 van 2.1 is twee derdes. Dus 1.4 is 33% kleiner as 2.1. Vir Afrikaners vandag krimp ons getalle teen 24% elke 20 jaar.)

As ons na die GKSA se lidmaatgetalle sedert 1859 kyk, dan word gesien dat tot en met die 1940′s daar meer dooplidmate was as beleidende lidmate. Gevolglik was dit primêr deur die kinderseën waardeur die GKSA gegroei het van slegs 5,000 lidmate tot 115,000 in 1989. Na 1940 het die persentasie kinders (dooplidmate) in gemeentes konstant gedaal tot naby aan 20% vandag en geprojekteer om minder as 10% te wees teen 2020. Daar kan dus gesê word dat die meerderheid van die 40% daling weens die daling in die dooplidmate is. ‘n Ander faktor kan emigrasie wees.

Pat Buchanan maak die volgende gevolgtrekking wanneer hy skryf oor die demografiese krisis wat Westerse lande in die gesig staar:

“The West is dying. Its nations have ceased to reproduce, and their populations have stopped growing and begun to shrink. Not since the Black Death carried off a third of Europe in the fourteenth century has there been a graver threat to the survival of Western civilization. Today, in seventeen European countries, there are more burials than births, more coffins than cradles. The countries are Belgium, Bulgaria, Croatia, the Chech Republic, Denmark, Estonia, Germany, Hungary, Italy, Latvia, Lithuania, Portugal, Romania, Solvakia, Slovenia, Spain and Russia. Catholic, Protestant, Orthodox – all the Christian faiths are represented in the great death march of the West. The new hedonism seems unable to give people a reason to go on living.”[iv]

Die wortels van die probleem

Pat Buchanan se boek (Death of the West) is ‘n geweldige belangrike werk om die demografiese ramp te verklaar. Hy sê dat die Kulturele Marxiste (Antonio Gramsci, Max Horkheimer, Walter Benjamin, Herbert Marcuse, Jürgen Habermas, Georg Lukacs, Theodor Adorno, Erich Fromm ens.) in die 1930′s tot die besef gekom het dat Marxisme nie suksesvol in die Weste geïmplementeer kan word sonder om eers die Christelike wortels af te sny nie. Hulle het van toe af ‘n veldtog van stapel gestuur om die Christelike Wortels van die Weste aan te val. Die gevolg was dat die Weste ontchristelik is – ongelukkig (vir hulle) het die Westerlinge (en insluitend die Afrikaners) nou materialiste geword wat selfsugtig is en nie dink in terme van volgende geslagte nie. Die gevolg was dat hierdie materialistiese Westerlinge dan die kry van kinders as ‘n las beskou en daarom dan nie kinders het nie. Hierdie hele situasie is ‘n geweldige ironie: Hierdie Marxiste wou die Weste (insluitend Afrikaners) Marxiste maak, maar nou dat hulle suksesvol is, gaan daar nie enige Westerlinge oor wees wat Marxiste kan wees nie.

Vandag 40 jaar na die hoogtepunt van die kulturele rewolusie kan ons mooi sien hoe Kulturele Marxisme se voetsoldate aan die werk gesit is:

“Who will play the role of the proletariat in the coming cultural revolution? Marcuse’s candidates: radical youth, feminists, black militants, homosexuals, the alienated, the asocial, Third World Revolutionaries, all the angry voices of the persecuted ‘victims’ of the West. This was the new proletariat that would overthrow Western culture.” (Buchanan p85)

Gramsci het die Kulturele Marxistiese Proletariaat gedefinieër om al die gemarganiliseerdes van die geskiedenis … nie net diegene wat ekonomies verdruk is nie, maar ook die vroue, radikale minderheidsgroepe en baie kriminele.

Vorige samelewings is omvergewerp deur woorde en boeke, maar Marcuse het geglo dat seks en dwelms voortreflike wapens is. In sy Eros and Civilization het Marcuse die omarming van die Genietingsbeginsel bepleit: Verwerp die kulturele orde geheel en al en jy kan ‘n veelvormige perverse wêreld skep.

In die 1960’s het die jong studente Marcuse se boeke verslind. Hy het ‘n kultus figuur geword: Toe studente in Parys in opstand gekom het in 1968 het hulle baniere gedra wat gesê het: “Marx, Mao en Marcuse”. Dit was ook Marcuse wat met die gewilde seksueelopstandige slagspreuk vorendag gekom het: “Make love not war.”

Vir die Kulturele Marxiste was daar geen stryd wat edeler is as die stryd vir die afskaffing van die gesin/familie nie. Hulle verag die gesin/familie as die diktatuur en uitbroeier van seksisme en sosiale ongeregtigheid. Hierdie vyandskap teenoor die gesin/familie is egter nie ‘n nuwigheid vir Marxiste nie. Marx het self geskryf dat patriagale manne hul vroue en kinders as hulle eiendom beskou. Ook het Engels in sy, The Origin of the Family, Private Property and the State, die feministiese oortuiging gepopulariseer dat alle diskriminasie ‘n uitvloeisel is van die patriagale familie. Ook Erich Fromm het sy rol gespeel en basies die vader geword van feminisme. Vir Adorno is die patriagale familie die wieg van Fascisme.

Veertig jaar na die kulturele rewolusie begin het, kan ons die suksesse raaksien wanneer ons na die jongmense se uitsprake luister. Die uitsprake is dieselfde as Gabrielle Thanheiser en Andreas Gerhmann s’n:

“My reason for not having kids is that I like to sleep. I read a lot, and I can sleep throughout the night… We are DINKS [double income, no kids couples].” (Buchanan p15)

Buchanan som dit so op:

“How much will it take to convince a women to have four children? People are concerned about their appearances, their education, their careers. Europe’s birthrate has been falling for decades. It is no fluke… This is not a matter of conspiracy but of consensus, of free choice. European women have decided they want one or two children, or none, and they have the means – contraception, sterilization and abortion – to effect these choices. And European women consider these personal desires to be far more compelling than demographic studies describing what Europe will look like when they are seventy or eighty, or gone.” (Buchanan  p 99)

Prof John Wallace van Bologna se Johns Hobkins Universiteit:

“If everyone has the promise of a state pension, children are no longer a vital insurance policy against want in old age… If women can earn more than enough to be financially independent, a husband is no longer essential. And if you can also have sex and not babies… why marry?” “By freeing husbands, wives, and children of family responsibilities, European socialists have eliminated the need for families. Consequently, families have begun to disappear. When they have gone, Europe goes with them.” (Buchanan  p13)

Een van die vaders van Marxisme, Friederick Engels skryf in sy “The Origin of the Family, Private Property and the State”:

“Then it will be plain that the first condition for the liberation of women is to bring the whole female sex back into public industry, and that this in turn demands the abolition of the monogamous family’s attribute of being the economic unit of society.”[v]

Buchanan argumenteer in sy hoofstuk “The De-Christianization of America” dat die primêre oorsaak van die kwynende bevolkings in Westerse lande is, weens die afsterwe van die Christelike godsdiens. As geloof doodgaan, dan gaan die volk dood. ‘n Nuwe ateïstiese beskawing is besig om op te kom en gebruik sy oorheersing van die kultuur en howe om die Christendom uit die tempels van die beskawing uit te dryf.

“But as Christianity began to die in the West, something else occurred: Western peoples began to stop having children. For the correlation between religious faith and large families is absolute. The more devout a people, whether Christian, Muslim, or Jewish, the higher its birthrate… Wherever secularism triumphs, populations begin to shrink.”(p180)

Gevolgtrekking

Ons sien dus dat indien ons nie net aan ons self en al die genietinge van die tydstip dink nie, maar begin dink in terme van die toekoms en die volgende geslagte dat daar ‘n geweldige stryd aan die gang is. Daar is ‘n oorlewingsstryd van die Christelike lewens en wêreldbeskouing aan die gang en dit wil lyk of die Christelike Wêreldbeskouing saam gaan uitsterf met die afsterwe van die Weste. Hierdie feit behoort Gereformeerde Christene te laat nadink oor die modegier om slegs 2 kinders te hê. Wat is ons verantwoordelikheid? Nog belangriker: Wat verwag God van ons? Moet ons slegs twee of minder kinders per gesin verwek?

Die verhaal van Onan in Genesis 38 herinner sterk aan die situasie wat ons vandag het waar mense nie kinders wil hê nie en allerhande tegnieke gebruik om te verhoed dat hulle kinders kry. Onan het met sy afgestorwe broer se vrou getrou, maar hy wou nie enige kinders verwek nie en het gevolglik die saad op die grond gestort. Die gevierde Gereformeerde Teoloog Johannes Calvyn lewer as volg kommentaar oor hierdie gedeelte:

“Onan het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE… Dit is ‘n afskuwelike daad om vrywillig saad buite die huwelikdaad te stort. Dit is dubbel soveel afkeurenswaardig om doelbewus ‘n mens te onttrek sodat die saad op die grond val, want dit beteken dat ‘n mens die hoop op ‘n nageslag uitwis nog voordat bevrugting kon plaasvind en die seun wat verwag kon word ‘doodmaak’. Hier word daardie goddeloosheid deur die Gees deur die mond van Moses veroordeel — in die sterkste moontlike taal. Dus het Onan — deur ‘n ontydige, geweldadige ‘storting’ — die saad van sy broer weggeruk van die moederskoot en dan ewe gruwelik en skaamteloos op die grond gegooi. Verder het hy so veel as moontlik gepoog om ‘n gedeelte van die menslike ras te vernietig. Indien ‘n vrou op die een of ander manier die saad vanuit die baarmoeder sou wegneem, word dit te reg as ‘n onverskoonbare misdaad bestempel. Onan het hom aan ‘n soortgelyke daad skuldig gemaak — deur die grond te bevuil met sy saad sodat Tamar geen toekomstige erfgenaam sou hê nie.”

Party mense kan nou miskien sê dat Calvyn ‘n kind van sy tyd was en daarom so ‘n uitspraak gemaak het. Maar is dit nie die teenoorgestelde nie? Is dit nie die hedendaagse Christene wat kinders van hul tyd geword het nie? Is dit tog nie in ons tyd nou juis mode om so min kinders as moontlik te hê nie? Die Skrif is duidelik daaroor dat dit ‘n seën is om kinders te hê (Ps 127) en dat ons veronderstel is om die aarde te vul (Gen 1:27). Maar party Christene wil so in die mode van ons tyd wees dat hulle eerder gehoorsaam aan mense as aan God se Woord wil wees.

Ons moet as gereformeerdes bely dat ons ongehoorsaam is aan God se Woord. Ons moet bely dat ons ook op hierdie gebied van die kinderseën gesondig het. Ons moet bely dat ons gemaksugtig geword het en eerder ‘n mooi blink motor of ‘n groot huis wil besit as om meer as twee kinders groot te maak. Ons het die Kulturele Marxiste se Genietingsbeginsel gesluk en in die proses Materialiste geword wat nie dink in terme van volgende geslagte nie. Ons het mense geword wat net dink aan die materiële voorspoed as seën en nie die kry van kinders as ‘n seën nie.

Ons sal op hierdie terrein onsself moet bekeer of ons sal die gevolge moet dra van ons hardnekkige sonde. Ons sal ons moet herinner dat God in Openbaring die ontroue gemeentes van Asië gewaarsku het om terug te keer na Hom. Hulle wou egter nie en gevolglik bestaan daardie gemeentes nou glad nie meer in Asië nie — die HERE het hulle totaal uitgewis.

Mag ons ware Gereformeerdes wees en terug reformeer na God se Woord en weer kinders sien as ‘n seën. Laat ons die woorde van Deut 28 in ons gedagte oproep:

“En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.”

Sien ook die volgende artikels: Kinderseën


[iv] Buchanan, Patrick J, The Death of the West – How Dying Populations and Immigrant Invasions Imperil Our Country and Civilization, ISBN 0-312-28548-5, p 9

[v] Engels, Frederick, The Origin Of The Family, Private Property And The State, Foreign Language Press Peking, 1978, p. 86

Posted by: proregno | April 30, 2013

Kerkregering: gehoorsaamheid aan God of die mense ?

Artikels hier onder:

1. VIDA in die lig van Skrif en belydenis

2. Die Regering van die Kerk

Inleiding

Die invoering van die vrou in al die ampte in die laaste van die ‘drie susterskerke’, die GKSA, gaan rustig voort. Vir omtrent 30 jaar is die saak al op die sinodetafel, as dit nie al langer is nie ?

Met die Ordevoorstel en Omkeerstrategie van 2012 (wat die beswaarskrifte oor VIDA uitgestel het tot 2015) het dit ‘n radikale, dalk die mees radikale nuwe wending ingeslaan, want die implikasies van die Ordevoorstel is dat basies alle vorme van kerklike tug teen gemeentes wat wel vroue as ouderlinge het, gestaak is, ten minste tot 2015.  Daarmee word die boodskap duidelik uitgestuur:

1. dit wat die Skrif verbied (1 Tim.2:11,12) word in die praktyk nou ge-akkomodeer/verdra deur ‘n sinode besluit, nl. die Ordevoorstel, en

2. die ‘behoudendes’ wat gewoonlik teen VIDA is, moet nou oortuig word (gewoond gemaak word?): dat hul kan nog steeds ‘teen’ VIDA wees ‘persoonlik’ en in hul ‘eie gemeentes’, maar hul kan nog in die kerkverband praktyk saam vergader in meerdere vergaderings waar vroue saam regeer as ouderlinge deur hul afgevaardiges op daardie vergaderings, al is dit in stryd met punt 1.

Om laasgenoemde te begrond, hoor mens uit verskillende monde, bv.

- daar is tog soveel sake waaroor ons saamstem, moenie laat hierdie minder belangrike saak of ‘middelmatige saak’ (VIDA) ons verdeel nie, dink nou aan en fokus op die Omkeerstrategie, nie die oortreding van 1 Tim.2:11,12 in ons kerkverband nie.  Sinode 2009 het klaar bevind dat VIDA is nie ‘n saak wat die eenheid van die kerk bedreig nie, en is mos nie ‘n belydenissaak nie (sien die VIDA Kategismus, veral v/a 10-12).

- as afgevaardigde lê jy net die Openlike Verklaring by meerdere vergaderings vir ‘jouself’ en/of vir ‘jou gemeente’ af, so as ander afgevaardiges die negende gebod oortree is dit ‘hulle saak’, jou gewete is skoon, doen jy net wat ‘reg’ is.

- ons regeer nie eintlik ‘saam’ op meerdere vergaderings nie, elkeen bedien Christus se gesag net vir sy gemeente, nie saam as gemeentes/kerkrade nie.

- ons het nog ‘n roeping om te getuig, daarom moet ons nog steeds opdaag by meerdere vergaderings … ongeag of ons daarmee die negende gebod en/of 1 Tim.2:11,12 bly oortree.

- en nog vele ander redenasies.

Hier onder plaas ek my antwoord op hierdie redenasies, om te wys dat:

a. die VIDA saak raak ons belydenis (NGB art.30),

b. bedreig dus die eenheid van die kerk soos dit tot uiting kom in VIDA meerdere vergaderings, en

c.  daarom is dit nie ‘n kwessie van wat ‘kan of kan ons nie doen’ nie, of wat is die ‘beste’ om te doen nie, maar is dit ‘n gewetenskwessie van: aan wie moet ons gehoorsaam wees, aan God se Woord, of aan mense en vergaderinge wat nie meer 1 Tim.2:11,12 wil gehoorsaam in die kerklike praktyk nie ?

Ek plaas ook hier onder ‘n artikel van oud-dopper predikant, ds. WF Venter, ‘Die Regering van die Kerk’, uit die bundel Kosbare Goud (Gereformeerde Geloofsleer, deur verskillende predikante van die Gereformeerde Gemeentes in Suid-Afrika) - waarin hy skryf teenoor die ander vorme van kerkregerings, wat die gereformeerde kerkregering behels.

Hy vermeld o.a. dat kerkrade deur hul afgevaardiges op meerdere vergaderings gesag uitoefen (KO art.36), dus saam regeer met ander kerkrade op meerdere vergaderings. Dit beteken dat die modernistiese siening wat al meer onder behoudendes leef, nl. ons regeer nie ‘saam’ op meerdere vergaderings nie, onbybels en ongereformeerd is.  Hier is die spesifieke aanhaling uit sy artikel wat ek solank hier plaas (lees die hele artikel hier onder om die konteks te verstaan waarbinne hy dit plaas):

” …. Hoewel daar verskil is tussen hierdie vergadering en ons hedendaagse meerdere vergaderinge kan hierdie vergadering met reg die eerste meerdere vergadering van die kerke genoem word. Die verskillende selfstandige gemeentes behartig hul plaaslike belange onafhanklik van mekaar, en tog staan hulle nie los en onafhanklik van mekaar nie, maar word aan mekaar verbind deur die band van gemeenskaplike belydenis en kerkinrigting.

Hierdie kerkverband kom tot openbaring in die meerdere vergaderings van die kerke van gereformeerde belydenis. Verskillende kerkrade kom dan saam in ‘n klassis of sinode. So ‘n klassis of sinode is dan nie ‘n hoër bestuursliggaam (soos by die Kollegialiste) nie, maar ‘n vergadering van ‘n groep kerkrade om oor sake van gemeenskaplike aard te beraadslaag. ‘n Klassis of sinode het dan ook alleen dáárdie gesag wat deur die gesamentlike kerkrade aan hom oorgedra word. Dit word gewoonlik genoem afgeleide gesag, terwyl die gesag van die kerkraad oorspronklike gesag is (nl. waarmee Christus die gemeente beklee). Die besluite van klassis of sinode is bindend vir die gemeentes — nie omdat hulle geneem is deur hoër gesag nie, maar omdat daardie gemeentes (deur middel van hul afgevaardigdes) saamgewerk het in die neem van daardie besluite.

Ons kan die verskil tussen die, gereformeerde stelsel en die Kollegialistiese op hierdie punt verduidelik met twee beelde: volgens laasgenoemde begrip is die sinode die dam waaruit die water (kerklike gesag) gelei word in die beddings (kerkrade); volgens die gereformeerde begrip egter is die sinode (of klassis) die rivier wat sy water (kerklike gesag) kry deurdat spruite (kerkrade) dit aan hom oordra.

Tenslotte nog net die opmerking dat volgens die gereformeerde beskouing die drie ampte (leraar, ouderling en diaken) gelykwaardig is, d.w.s. die een is nie hoër as die ander, soos wat dit in die praktyk by die ander stelsels gesien word nie. Selfs die leraar is nie hoër as die ander lede van die kerkraad nie; hy is alleen maar “die eerste onder gelykes”.

Artikel 1: VIDA in die lig van Skrif en belydenis

  11 Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.  12 Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. – 1 Tim.2:11,12

1. Lees ook die volgende Skrifgedeeltes wat relevant is: 1 Kor.11:1-3; 14:32-40; Ef.5:21-33.

2. Die woord in v.12 (van 1 Tim.2) vir ‘heers’/’gesag uitoefen’/‘authority’ is authenteo in die Grieks wat hier beteken: “to govern, exercise dominion over one” (Strong), dit wil sê om te regeer, om oor iemand anders te regeer, spesifiek in vers 12 ‘oor die man’, wat in stryd is met God se skeppingsorde (v.13), en lei tot sonde volgens v.14 (wat rebellie en opstand is volgens Paulus in 1 Kor.14:33,40), toe Eva onder Adam se leiding uitbeweeg het (en hy haar eintlik moes beskerm het teen ‘n valse/verkeerde gesag aanvaarding).

3. Artikel 30 van die NGB gaan oor die ‘Regering van die Kerk’, en daar bely ons (beklemtonings bygevoeg):

“Ons glo dat hierdie ware kerk ooreenkomstig die geestelike bestuurswyse wat ons in die Here ons in sy Woord geleer het, geregeer moet word. Daar is naamlik dienaars of herders wees om die Woord van God te verkondig en die sakramente te bedien; ook ouderlinge en diakens om saam met die herders die kerkraad te vorm. Deur hierdie middel moet hulle sorg dra dat die ware godsdiens onderhou, die ware leer oral versprei, die oortreders op geestelike wyse vermaan en in toom hou en die armes en bedroefdes ook volgens hulle nood gehelp en getroos word. Op hierdie wyse sal alles in die kerk behoorlik en ordelik geskied wanneer betroubare persone gekies word ooreenkomstig die voorskrif wat die apostel Paulus in die brief aan Timoteus gee (1Tim.3).”

En wie is die ‘betroubare persone’ wat gekies moet word volgens 1Timoteus 3 ?  Daar staan in 1 Tim.3:

Ouderlinge (wat die predikante as lerende ouderlinge insluit):  1 Tim.3:1-2  “Dit is ‘n betroubare woord: as iemand na ‘n opsienersamp verlang, begeer hy ‘n voortreflike werk.  2 ‘n Opsiener dan moet onberispelik wees, die man van een vrou, nugter, ingetoë, fatsoenlik, gasvry, bekwaam om te onderrig”

Diakens: 1 Tim. 3:12  “12 Die diakens moet manne van een vrou wees en hulle kinders en eie huis goed regeer.”

4. Vanuit NGB artikel 30 bely ons ook in NGB artikel 32 in navolging van die Skrif (1 Tim.3) dat manlike predikante, ouderlinge en diakens die kerkraad vorm wat die gemeente dienend moet regeer deur sy Gees en Woord:

“Ons glo verder dat die regeerders van die kerk (die ‘kerk’ wat uit mans, vrouens en kinders bestaan), al is dit nuttig en goed om onder mekaar ‘n bepaalde orde tot instandhouding van die liggaam van die kerk in te stel en te handhaaf, tog noukeurig moet oppas om nie af te wyk van wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het nie.”

In 1 Tim.3:5,6 sien ons dat ‘n ‘man van een vrou’ (v.2) sy huis goed moet regeer sodat hy die gemeente ook kan versorg (terwyl die vrou net in die huis regeer/huisbestuur behartig, 5:14, maar nie in die gemeente regeer nie, en dus ook nie oor mans nie, 2:11,12; Tit.2:3-5).  1 Tim.3:5,6 gelees saam met 1 Tim.5:17, bevestig die ‘regeer’ en ‘leer’ taak van die ouderlinge, en daarom moet dit mans wees, en nie vrouens nie: “Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer.”

5. Wat Paulus beveel in 1 Tim.2:11,12 is God se wil, gebaseer op sy skeppingsordening (v.13), dit is wat ‘ons enigste Meester vir ons ingestel het’ (NGB art.32), Sy bevel aangaande die man en vrou se rolle in die gemeente. Sien 1 Tim.1:1 en 1 Kor.14:37, wat openbaar dat Paulus as ‘apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God’, die ‘bevele van die Here’ aan die gemeentes oordra, nie maar sy persoonlike mening of iets van sy ‘Joodse kultuur’ nie.

6. NGB artikel 32 gaan verder en roep op, vanuit die Skrif, dat die ‘regeerders van die kerk’ se taak is ook:

“… daarom verwerp ons alle menslike versinsels en alle wette wat mense sou wil invoer om God te dien en om, op watter manier ook al, die gewetens daardeur te bind en te dwing. Ons aanvaar derhalwe slegs wat kan dien om eendrag en eenheid te bewaar en te bevorder en om alles in gehoorsaamheid aan God te onderhou. Daarvoor is nodig die ban en alles wat daarmee saamhang, toegepas ooreenkomstig die Woord van God.”

Daarom moet ons die versinsel van die vrou in die besondere ampte (diaken, ouderling, predikant) verwerp, asook die huidige poging om dit in ons (GKSA) kerkverband in te voer, aangesien sodra ‘n vrou verkies word tot die regeeramp, veral van ouderling en predikant, ons gewetens daardeur gedwing gaan word om dit te aanvaar, hetsy op plaaslike vlak of op meerdere vergaderings (klassis, streeksinode, algemene sinode), want ons Dordste kerkorde verklaar oor die bindende gesag van besluite op kerklike vergaderings in art.31 en artikel 36:

Dieselfde seggenskap (auctoritas = gesag uitoefen; regeer – slc) het die klassis oor die kerkraad wat die partikuliere sinode oor die klassis, die nasionale sinode oor die partikuliere sinode en die algemene sinode oor die nasionale sinode het.”

Dus enige vrou in die besondere ampte, veral ouderlinge in ons kerkverband se geval, hetsy in ‘n kerkraad, klassis, partikuliere of algemene sinode, regeer dan (oefen gesag uit) saam met die ander manlike ampsdraers oor die gemeentes, wat direk in stryd is met God se bevel deur Paulus in 1 Tim.2:11,12, direk in stryd met “wat Christus, ons enigste Meester, vir ons ingestel het”, deur die apostel Paulus (1Tim.3:15).

7. Ons moet bly by die Heilige Skrif, ons belydenisskrifte en alleen aanvaar wat die ‘eendrag en eenheid’ bewaar en bevorder, volgens NGB art.32. En, wat is dit ? NGB art.32 antwoord dit, nl. “gehoorsaamheid aan God”, gehoorsaamheid aan 1 Tim.2:11-15, aan God se bevel deur Paulus aan sy kerk deur al die eeue (1 Kor.14:37), deur sy skeppingsorde vir man en vrou in gesin én gemeente te aanvaar. Ons moet die wêreldse menslike versinsels (feministiese invloede) en verkeerde menslike wette (bv. “die gemeentes het vryheid om self te besluit om vrou in die besondere ampte te verkies”) verwerp (sien Tit.1:9). Christus se gemeente word regeer deur sy Gees en Woord.

8. Nie hulle wat getrou wil bly aan die Heilige Skrif, ons belydenis en wat ons kerke al vir 150 jaar bely (en die Christelike kerk al vir 2000 jaar) oor die vrou in die ampte – is besig om die kerk te skeur of onrus te veroorsaak nie, maar hulle wat menslike versinsels (vroue in die besonderse ampte) wil invoer en akkomodeer (wat eiewillige godsdiens is, sien 1 Sam.15:22,23; 1 Kon.12:31; Matt.15:9), is besig om die ‘eendrag en eenheid’ van ons kerkverband aan te tas, en moet opgeroep word tot bekering.

9. In plaas van dat die kerk soveel aandag skenk aan wie in die ampte moet en mag dien terwyl die Bybel reeds duidelik is daaroor, moet ons kragte daarin gaan om ons gesinne te help, mans om hul roepinge te vervul, vrouens om weer hul ‘rol as vroue en moeders’ te aanvaar (1 Tim.2:15) en dit tot eer van God in die gemeente te ontplooi.  Sien verder bv. Spr.31:10-31; 1 Tim.5:14, Tit.2:3-5, ens.

10. Gebed en oproep: dit is ons gebed dat hul wat die Here se skeppingsorde en die gesag van sy Woord omver wil werp, hul daarvan sal bekeer. Dit is ons hoop dat by die komende sinodes hierdie verdere rewolusionêre en onordelike optrede nie goedgekeur sal word nie, nl. dat die vrou tot die amp van ouderling en predikant verkies word nie.

Sou dit wel gebeur, sal elke kerkraad biddend moet oorweeg of ons God of mense meer gehoorsaam gaan wees (Hand.4:19; 5:29), want die Heilige Skrif (sien 1 Tim.2:11-15 in die lig van 1Tim.6:3-5) en ons belydenis (NGB art.2-7,30,32; HK Sondag 35) roep ons daartoe op.

Artikel 2: Die Regering van die Kerk, ds. W.F. Venter

Onse Here God is ‘n God van orde en dis sy welbehae dat alles in sy kerk ordelik sal toegaan, daarom het Hy ook bepaal dat sy kerk geregeer moet word. Die gesag waardeur die kerk geregeer word is eiesoortig, dis nl. nie die wêreldlike gesag waardeur die state geregeer word nie, maar geestelike gesag waarmee God sy kerk beklee het. Oor die aard en oorsprong van die gesag in die kerk, en ook oor die vraag wat die kerk is, is in die verlede, en word vandag nog verskillend gedink, en as gevolg hiervan is verskillende stelsels van kerkregering opgebou. Waar die bedoeling van hierdie artikel is om ‘n uiteensetting te gee van die Gereformeerde stelsel van kerkregering, sal dit nuttig wees om onsself op hoogte te stel van die hoofpunte van die ander stelsels van kerkregering. Vooraf dus ‘n kort woord oor elkeen van die volgende stelsels:

- die Roomse,

- die Lutherse,

- die Independentistiese, en

- die Kollegialistiese stelsel.

1. Die Roomse stelsel is gebou op die grondslag van Rome se geloof in die legende dat die apostel Petrus die eerste biskop van Rome was. Uit hierdie geloof het Rome afgelei dat die Roomse Kerk die enigste ware kerk is — dus die wêreldkerk. Verder het Rome geleer dat elke pous die opvolger van die apostel Petrus is, en aangesien die apostel Petrus deur onse Here Jesus (so glo Rome op grond van Matt. 16:19) benoem was tot sy plaasvervanger op aarde, is elke pous eintlik die verteenwoordiger van Christus op aarde en as sodanig die draer van die kerklike gesag. Die pous besit dus die reg om alle kerklike ampsdraers te benoem, en die gesag wat hulle dra, ontvang hulle van die pous.

Teenoor die priesterstand staan die leke (d.i. gewone lidmate); hulle het geen seggenskap in die regering van die kerk nie. Verder eien pous en priesterstand hulle toe seggenskap oor elke lewensterrein: godsdienstig en staatkundig en ook oor die terrein van wetenskap en kuns. Eindelik beskou die Roomse Kerk homself as heerser oor die staatsmag. Die Roomse stelsel gaan teen die heilige Skrif in op twee uiters belangrike punte: ten eerste maak dit die pous hoof van die kerk terwyl die Skrif ons leer dat Christus die enigste Hoof Van sy kerk is; ten tweede deur sy onderskeiding van hoër en laer range in die kerklike ampte loën dit die beginsel dat die kerklike ampte gelykstaan.

2. Die Lutherse stelsel, in teenstelling met die voorgaande, leer dat die Here Christus die gesag oor sy kerk gelê het in die hand van die vors van die land; gevolglik gaan hierdie stelsel uit van die gedagte van landskerke. Elke land het sy nasionale kerk. Die magspreuk van hierdie stelsel lui: “Wie se land, die se godsdiens”. So het dit in die geskiedenis gebeur dat eenselfde land onder hierdie vors Luthers was en onder sy opvolger Rooms geword het. Uit hierdie stelsel het voortgevloei presies die teenoorgestelde gedagte as by die Roomse — waar laasgenoemde gemeen het dat die kerk heerser(s) oor die staat is, meen die Lutherse stelsel dat die kerk dienaar(s) van die staat is.

Onder die Lutherse stelsel word die kerkregering dan ook behartig deur die staat. Die owerheid stel nl. kerkbesture aan, genoem “konsistories” en saamgestel uit godgeleerdes en regsgeleerdes. Ook wys die owerheid ‘n “superintendent” aan vir elke distrik; hy is dan belas met toesig oor die gemeentes en predikante in daardie distrik. Hierdie stelsel ken geen kerkraad nie, en die gemeente as sodanig het geen seggenskap in die kerkregering nie. Onder hierdie stelsel het die ampte so verwaarloos dat die diakenamp heeltemal verdwyn het. Ook word onder hierdie stelsel predikante nie beroep nie, maar deur die “konsistorie” aangestel om hier of daar te gaan arbei. Dis miskien interessant om te weet dat dieselfde prosedure ook in die Wesleyaanse Kerk gevolg word.

Die Lutherse stelsel dwaal op hierdie uiters belangrike punt dat dit die kerk onderhorig 153 maak aan die staat. Ook bestaan daar by hierdie stelsel die groot gevaar dat gestreef kan word na nasionale Christelike kerke. En dat hierdie gevaar nie denkbeeldig is nie, word bewys deur die feit dat daar vandag in Duitsland gestreef word na nasionalisering van die Christendom — die strewe is na ‘n Duitse Christendom.

3. Teenoor die voorgaande twee stelsels met wêreldkerk en landskerk, staan die Independentistiese stelsel wat uitgaan van die gedagte dat elke gemeente absoluut selfstandig is en los en onafhanklik bestaan van ander gemeentes van dieselfde belydenis en kerkinrigting. Sóver gaan hierdie leer dat daar op éénselfde plek twee gemeentes van dieselfde belydenis los en onafhanklik van mekaar kan bestaan, sonder enige verband of korrespondensie tussen mekaar. Hierdie stelsel ken nie so iets as ‘n kerkverband nie. Elke gemeente is absoluut vry om sy kerkinrigting en erediens te reël, al verskil dit ook van die van ander gemeentes van dieselfde belydenis. Wel hou die Independentistiese gemeentes “konferensies”, maar hulle het geen gesag nie en hul besluite is nie bindend vir die gemeentes nie — hoogstens dien dit as adviese.

Volgens hierdie stelsel rus die kerkregering nie by die kerkraad nie maar by die gemeente self; die gemeente beslis by meerderheid van stemme in alle sake en die kerkraad is bloot net ‘n uitvoerende komitee. Wat die ampte betref, ken die Independente net die van ouderling (Elder) en diaken. Die ouderlinge is nie regeerders van die gemeente nie, maar voorgangers. Elke ouderling kan dan ook deur die gemeente tot leraar benoem word. Ons beswaar teen die kerkinrigting van hierdie stelsel is tweeledig: dat dit die kerkverband loën en die ampte verwaarloos. 4. Baie skerp teenoor die voorgaande staan die Kollegialistiese stelsel deurdat dit al die klem laat val op die kerkverband en die betekenis van die plaaslike gemeente misken.

Hierdie stelsel word so genoem omdat dit uitgaan van die gedagte dat die kerk ‘n godsdienstige vereniging is wat ontstaan het deurdat ‘n groep gelowiges ‘n vereniging (=collegium) gestig het. Hierdie “vereniging” is versprei deur die lande met takke in elke distrik. Volgens hierdie beskouing is die kerk dus ‘n groot genootskap en die plaaslike gemeentes is takke daarvan. Die Kollegialistiese stelsel is gegrond op die beginsel van die volkswil — soos wat die meerderheid van die godsdienstige genootskap besluit oor die inrigting van die kerk, so moet dit geskied. Die vraag is hier nie in die eerste plek: wat sê Gods Woord nie, maar: wat is die nuttigste vir die godsdienstige genootskap (nl. die kerk).

Die inrigting en regering van die kerk berus volgens hierdie stelsel by die sinode of algemene kerkvergadering, wat by meerderheidsbesluit bepaal hoe die kerk ingerig en geregeer moet word en die gemeentes met hul kerkrade, wat eintlik maar takke van die groot genootskap is, is verplig om daarvolgens te handel. Onder hierdie stelsel is dit moontlik om in één tyd hierdie vorm van kerkinrigting te hê en in ‘n ander tyd ‘n ander vorm, al na gelang die sinode of kerkvergadering besluit. Hierdie stelsel dwaal ten eerste op die so uiters belangrike punt van kerkbegrip, nl. waar dit die kerk beskou as ‘n vrye genootskap van godsdienstige mense en waar dit die volkswil as rigsnoer aanvaar.

Ten tweede gaan hierdie stelsel feil waar dit die selfstandigheid van die plaaslike gemeentes opoffer aan die genootskap-idee. So leer hierdie stelsel dat as ‘n mens eenmaal lidmaat geword het, hy dan lidmaat van die kerk as geheel en nie van hierdie of daardie gemeente is nie. Mens hoef dus nie jou attestaat van een gemeente na ‘n ander te laat gaan nie; mens is vanself lidmaat van elke gemeente omdat mens lidmaat van die kerk is.

5. Teenoor die genoemde vier stelsels staan die Gereformeerde stelsel van kerkregering. Een en ander beginsel van die gereformeerde kerkregering, in meerdere of mindere mate suiwer, word ook aangetref by hierdie of daardie van die genoemde stelsels, soos ons sal merk.

Die gereformeerde kerkregering gaan uit van die belydenis dat die kerk ‘n stigting van Christus is en nie ‘n genootskap van godsdienstige mense nie. Die kerk is die vergadering van ware gelowiges — dus vrug van God se werksaamheid. Kragtens Gods verbond is ‘n mens lidmaat van die kerk en nie uit eie vrye keuse nie. Vir hierdie kerk het ons Hoof self ‘n inrigting bepaal in die Nuwe Testament, nl. die drie ampte van: bedienaar van die Woord, ouderling en diaken.

Die regering van die kerk is opgedra aan die ouderlinge. (Let wel: die leraar is leer- en regeer-ouderling.) Omdat die regeermag by die ouderlinge berus, word hierdie stelsel ook genoem die Presbiteriale stelsel (presbiter=ouderling). Volgens hierdie stelsel berus die regeermag by die kerkraad. (Ons handel nie hier oor die vraag of die diakens ook by die kerkraad gereken word nie.) Die kerkraad word wel gekies in oorleg met die gemeente, maar tog is dit nie die uitvoerende komitee van die gemeente soos by die Independente nie, maar dis die instrument van Christus waardeur Hy sy gemeente regeer.

Die tweede groot gedagte van die gereformeerde stelsel is dat elke gemeente ‘n selfstandige openbaring van die liggaam van Christus is, en as sodanig outonoom (=selfstandig). Dis nie ‘n tak van ‘n groot genootskap soos by die Kollegialiste nie. Hierdie leerstelling is afgelei uit die Nuwe Testament waar slegs van plaaslike gemeentes melding gemaak word en nie van landskerke nie. As die apostel Paulus praat van die verskillende gemeentes in dieselfde landstreek, noem hy hulle nie die kerk van Galasië nie, maar gemeentes (of kerke). Vergelyk ook Rom. 16:4. Die Skrif reken dus met selfstandig-bestaande plaaslike gemeentes. Die derde groot gedagte in die gereformeerde stelsel is dat al die gemeentes van dieselfde belydenis en kerkinrigting in kerkverband
staan en oor gemeenskaplike sake saam beraadslaag.

Hierdie beginsel word afgelei uit Hand. 15 waar ons lees van ‘n gesamentlike vergadering van die apostels, die ouderlinge van Jerusalem en afgevaardigdes van die gemeente in Antiochië. Hoewel daar verskil is tussen hierdie vergadering en ons hedendaagse meerdere vergaderinge kan hierdie vergadering met reg die eerste meerdere vergadering van die kerke genoem word. Die verskillende selfstandige gemeentes behartig hul plaaslike belange onafhanklik van mekaar, en tog staan hulle nie los en onafhanklik van mekaar nie, maar word aan mekaar verbind deur die band van gemeenskaplike belydenis en kerkinrigting. Hierdie kerkverband kom tot openbaring in die meerdere vergaderings van die kerke van gereformeerde belydenis. Verskillende kerkrade kom dan saam in ‘n klassis of sinode. So ‘n klassis of sinode is dan nie ‘n hoër bestuursliggaam (soos by die Kollegialiste) nie, maar ‘n vergadering van ‘n groep kerkrade om oor sake van gemeenskaplike aard te beraadslaag.

‘n Klassis of sinode het dan ook alleen dáárdie gesag wat deur die gesamentlike kerkrade aan hom oorgedra word. Dit word gewoonlik genoem afgeleide gesag, terwyl die gesag van die kerkraad oorspronklike gesag is (nl. waarmee Christus die gemeente beklee). Die besluite van klassis of sinode is bindend vir die gemeentes — nie omdat hulle geneem is deur hoër gesag nie, maar omdat daardie gemeentes (deur middel van hul afgevaardigdes) saamgewerk het in die neem van daardie besluite. Ons kan die verskil tussen die gereformeerde stelsel en die Kollegialistiese op hierdie punt verduidelik met twee beelde: volgens laasgenoemde begrip is die sinode die dam waaruit die water (kerklike gesag) gelei word in die beddings (kerkrade); volgens die gereformeerde begrip egter is die sinode (of klassis) die rivier wat sy water (kerklike gesag) kry deurdat spruite (kerkrade) dit aan hom oordra.

Tenslotte nog net die opmerking dat volgens die gereformeerde beskouing die drie ampte (leraar, ouderling en diaken) gelykwaardig is, d.w.s. die een is nie hoër as die ander, soos wat dit in die praktyk by die ander stelsels gesien word nie. Selfs die leraar is nie hoër as die ander lede van die kerkraad nie; hy is alleen maar “die eerste onder gelykes”.

Posted by: proregno | April 22, 2013

Die roeping en taak van die Kerk van Christus

Tydens dr. Joey A. Pipa se sprekerstoer het hy ook die saak aangespreek van die roeping en taak van die Kerk.  Dit is hier beskikbaar:

Video: Calling of the Church, 23 Maart 2013

Audio: Calling of the Church, 23 Maart 2013

Hier is nog ‘n paar bronne wat die saak ook aanspreek, ook in die lig van die vraag oor die kwessies van die omkeerstrategie in die GKSA en die ‘social gospel’ idee wat onderliggend is in baie kerkverbande se sienings van die kerk se roeping in die samelewing:

1. Sendeling Madonna: ons gaan die wêreld regruk – die illusie van die Social Gospel (Johannes de Koning)

Kan ons iets leer by die “Social Gospel”?  Beslis ja! ‘n Mens kan van almal iets leer. (selfs van die duiwel, hy is ‘n voorbeeld van vlytigheid!!) Alle grappies daar gelaat. Ja, dit is so dat daar by sommige opregte Christene ‘n skeeftrekking kan plaasvind. ‘n Oorbeklemtoning van die suiwere leer, terwyl die praktiese Christelike lewe wat naasteliefde insluit verwaarloos kan word. Soos in baie gevalle is die “Social gospel” ‘n dwaling wat deels ontstaan het vanweë ‘n eensydige Christenskap wat liefde tot die medemens verwaarloos het. Die “Social Gospel” bly egter ‘n vals boodskap wat verwerp moet word, maar dit moet ons tog aanmoedig om seker te maak dat ons nie in ivoortorings sal lewe wat die geloofwaardigheid van die evangelie sal skaad nie.”

2. Die ekologiese krisis en wat is die Missie van die Kerk ?

“The authors contend that determining the mission of the church “is the most confusing, most discussed, most energizing, and most potentially divisive issue in the evangelical church today” (p. 25).  Scot McKnight claims that recent interest in social justice, or what he calls missional “represents the biggest shift in evangelicalism in the last century” (p. 142).  I believe these men are correct.  Much ink has been spilled of late promoting the social agenda and a good book challenging missional thinking—drawing us back to Scripture to carefully analyze such thinking—was needed.  This is that book.  It is well done, carefully researched, scripturally based and extremely practical.  It is also written by the right men.  Both DeYoung and Gilbert are highly respected by the young, Reformed, and restless crowd that is most likely to swallow the missional agenda without much reflection.  If nothing else, What Is the Mission of the Church? should give evangelical Christians reasons to pause and reconsider where they are headed.”

3. Boekbespreking: Opgestaan (deel 7: Die Social Gospel en 9/11)

“Maar, dit maak logies sin in die moderne teoloog se geloof, sodra die liggaamlike opstanding, die ewige lewe, die wederkoms, die ewige oordeel en ander waarhede wat ons bely in NGB art.37 begin verdwyn, of bloot ‘metafories’ verstaan word, dan is die enigste ‘sin’ wat oorbly, kom ons eet en drink want more sterwe ons, ja, kom ons maak aardse skatte bymekaar en vergeet van die ewigheid en die oordeel wat kom (1 Kor.15:32,33).  Hierdie wêreld met sy ‘probleme’ (nie ‘sonde’ nie), onreg en evolusionistiese proses moet hopelik deur die Mens met sy aardse verlossers, die mens met die messiaanse staat gered word: ‘n verlossing deur werke, die sosiale werke van die mens deur die staat en sosiale agendas wat alles en almal sal red, en ‘n menslike utopia op aarde skep, los van God en sy gebod.

God, oftewel ‘n godsidee soos panenteïsme word dan net ‘n ‘godsdienstige mantra’ of sousie om oor al ONS menslike sosiale verlossingsplanne soos demokrasie, feminisme en menseregte te gooi, ongeag of dit in stryd is met Joh.17:17 of nie.  En weë jou as jy nie op hierdie godsdienstige soustrein is nie, weë jou as jy nie die akkreditasie van die parlementêre stoel ontvang nie, of nie die goedkeuring van jou kerkverband se teologiese opleiding en strukture wat ingebed in die nuwe SA is nie (sien Amos 7:10-17).”

4. Die missionêre Omkeerstrategie en ‘n kerklike minderwaardigheidsgevoel

In die stryd om kerk van Christus te wees vandag, vind ons dat – volgens ons denke – dit dalk nie ‘goed gaan’ nie, en kan ons so moedeloos word en ‘n te hoë (onbybelse) verwagting skep van ’n ‘nuwe/vernuwende gemeente’ met hoë ideale wat nie altyd bereikbaar is nie:

i. eerste ideaal: almal moet ons taalgebruik verstaan, elke preek en lied moet vir almal verstaanbaar wees.

ii. tweede ideaal: die kerk moet veilig wees vir almal, wat ook al hul agtergrond en situasie.

iii. derde ideaal: die kerk moet vir almal relevant wees, veral vir die moderne mens anders het die kerk nie meer bestaansreg nie.

Dr. van Bruggen skryf dan: “hierdie drie ideale is so hoog dat dit ons meer as een keer moedeloos laat voel en lusteloos laat besorg wees as ons onsself heeltyd daaraan meet.”

5. Die Kerk van Jesus Christus se roeping en taak ten opsigte van die bevordering van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing

Ek het hierdie lesing so klompie jare gelede gegee.  In die lesings spreek ek die saak aan van die algemene genade teorie, en kan verder besin word watter rol speel dit dalk in die bevordering va die ’social gospel’ idee ?

U kan hier daarna luister: Die taak van die kerk

Die artikel waarop die lesing gebou is, en wat nodig is om die lesing deeglik te verstaan, plaas ek nou hier, want dit sit uiteen hoe ek die roeping en taak van die kerk verstaan:

Die Kerk van Jesus Christus se roeping en taak ten opsigte van die bevordering van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing

Inleiding

Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het. Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld.[1]

In hierdie lesing word spesifiek gefokus op die rol van die kerk van Christus in die opvoeding en onderrig van die Christelike lewens- en wêreldbeskouing (afkorting: CLWB).  In Matt.28:19 kry ons die opdrag om die dissipels van Christus, sy volgelinge te leer om alles te onderhou wat Hy ons beveel het.  Die dissipels van Christus moet God se gedagtes oftewel sy Openbaring agter Hom aandink, hulle moet elke gedagte gevange neem en gehoorsaam maak aan Christus en sy Woord (2 Kor.10:3-6).

Paulus was die apostel vir die heidene. As Hy die evangelie bring aan mense wat uit die rou heidendom kom, dan leer hy hul nie net van sondevergifenis en die ewige lewe nie, maar ook om hul denke te vernuwe, d.w.s. om hul lewens- en wêreldbeskouing in orde te kry volgens God se Openbaring.

Dit is niks anders as die heiligmaking deur die Woord en Gees in dankbaarheid nie:

Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer – dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is. – Rom.12:1,2

Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie. – Ef.4:17

In hierdie lesing gaan ons kyk hoe Paulus in sy tyd die evangelie gebring het sodat die mens opnuut „Bybels“ begin dink het oor die lewe.

Voordat ons daartoe oorgaan, moet ek kortliks die volgende twee terme kortliks verklaar:

-      Lewens- en wêreldbeskouing

-      Kerk

a. Lewens- en wêreldbeskouing

Ek werk met die definisie soos gegee deur prof.dr. HG Stoker:

“… ‘n lewens- en wêreldbeskouing is die geheel van antwoorde op fundamentele vrae aangaande God (of wie of wat ook al afvallig in die plek van God gestel word), mens en wêreld en hul onderlinge verhoudinge.”[2]

Stoker gaan dan verder en wys daarop dat die Calvinistiese LWB uit die volgende aspekte bestaan: [3]

i. Die skepping is deur God Drie-enig geskape.

ii. God is absoluut soewerein, genoegsaam en absoluut.

iii. Die onderskeid tussen die Skepper en sy skepping.

iv. God regeer deur sy wet

v. Die mens is geskape na die beeld van God en sy verteenwoordiger

vi. Sonde, verlossing en herskepping

vii. Die Christianisering van die hele lewe

viii. Die begronding van die CLWB moet in die Woord van God wees

‘n LWB is dus ons basiese voorveronderstellings/vertrekpunte/sienings van God, mens en wêreld, en hul onderlinge verhouding tot mekaar.

Of om dit nog eenvoudiger te stel: hoe ons oor alles dink.

b. Wat is die Kerk ?

Onderliggend aan die beantwoording van die vraag wat die taak van die kerk is in die bevordering van die CLWB, is die vraag na wat die kerk is.

In die Nederlandse Geloofsbelydenis, by artikel 27 en 28 bely ons as volg wie die kerk is:

Ons glo en bely ’n enige katolieke of algemene kerk, ’n heilige vergadering van almal wat waarlik in Christus glo, wat almal hulle volle saligheid in Jesus Christus verwag en in sy bloed gewas is, geheilig en verseël deur die Heilige Gees. Hierdie kerk was daar van die begin van die wêreld af en sal daar tot die einde wees, want Christus is ’n ewige Koning, wat nooit sonder onderdane kan wees nie. … Ons glo—aangesien hierdie heilige vergadering ’n versameling is van hulle wat verlos word.

In die Heidelbergse Kategismus, in vraag en antwoord 54 bely ons as volg oor die ‘heilige algemene Christelike kerk’:

Dat die Seun van God uit die hele menslike geslag vir Hom ’n gemeente wat tot die ewige lewe uitverkies is, deur sy Gees en Woord in die eenheid van die ware geloof van die begin van die wêreld af tot die einde toe vergader, beskerm en onderhou en dat ek daarvan ’n lewende lid is en ewig sal bly.

In hierdie belydeniskrifte word die volgende aspekte bevestig:

-          die kerk staan vas volgens God se uitverkiesing

-          die kerk word in die geskiedenis vergader deur die Gees en Woord

-          Christus sal Sy kerk altyd in stand hou.

-          God se beloftes staan vas in en deur Christus.

In die Ou Testament is die terme ‘qahal’ en ‘eidaa’ gebruik wat beteken ‘ ‘n vergadering of samekoms’.  In die Nuwe Testament word die woord ‘ekklesia’ gebruik, meestal vir die plaaslike kerk maar ook vir die kerk in sy geheel.

Wanneer ons oor die kerk praat, dan onderskei ons tussen die eienskappe van die kerk en die kenmerke van die kerk.  Die eienskappe vind ons in die Apostoliese Geloofsbelydenis wat ons elke Sondag bely, nl. “Ek glo aan ‘n heilige, algemene christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges.”

Hiervolgens is daar drie kenmerke van die kerk, wat alles fundamenteel is in die vorming van en onderrig in die CLWB:[4]

-      heilig

-      algemeen

-      christelik

Die kenmerke van die kerk vind ons in NGB artikel 29:

Die kenmerke waaraan ons die ware kerk kan uitken, is die volgende: Wanneer die kerk die evangelie suiwer preek, die sakramente suiwer bedien soos Christus dit ingestel het en die kerklike tug gebruik om die sondes te straf—kortom, wanneer almal hulle ooreenkomstig die suiwere Woord van God gedra, alles wat daarmee in stryd is, verwerp en Jesus Christus as die enigste Hoof erken.

Wanneer ek dus van die kerk praat, dan sien ek die kerk as die liggaam van Christus, ‘n organiese geheel, van wie die lede voor die grondlegging van die wêreld uitverkies is, en deur die Seun van God deur sy Gees en Woord deur al die eeue uit al die nasies van die wêreld vergader word, en  haarself manifesteer op die aarde in die vergadering van die gelowiges en hul nageslag.[5]

Ons moet dus op grond van hierdie belydenis, daarteen waak om in ons vestiging en onderrig van die CLWB dit los te maak van Christus se Kerk, so asof ‘n CLWB iets neutraal is waaroor alle Christene kan saamstem ongeag of hul in ‘n ware of valse kerk is.

Dit is juis die Kerk se taak om die volle raad van God te verkondig (Hand.20:27) en ten einde beteken die doopsbevel ‘leer hul om alles te onderhou’ niks anders as om ons totale lewe en denke te vorm na God se Woord nie, dus ‘n BLWB te vorm vanuit wat ons glo en bely in en vanuit die kerk die hele wêreldwyd.

Vir gereformeerde gelowiges wat hul beywer vir ‘n CLWB is dit dus noodsaaklik om vanuit die Heilige Skrif soos bely in die gereformeerde belydenis as fondament, ‘n CLWB bevorder vir elke terrein van lewe en denke.

Dit bring ons by die beantwoording van die vraag oor wat die kerk se taak is t.o.v. die CLWB

Die roeping van die kerk van Christus t.o.v. die CLWB

As ek dit in een sin kan probeer opsom, dan is dit die bevestiging, handhawing, bevordering, onderrig en opvoeding in, en uitlewing van die Antitese, die groot vyandskap van Gen.3:15 op elke terrein van lewe en denke. Ons lees in Gen.3:15 as volg:

15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt.

Hierdie Antitese, tussen God se Koninkryk in Christus teenoor die Satan en die mens se koninkryk is ‘n geestelike antitese wat in die totale lewe en denke van die gelowige en sy gesin en kerk gehandhaaf moet word.

Hierdie antitese is nie tussen volk en volk, tussen swart en wit, tussen man en vrou, tussen ryk en arm nie, maar tussen Christus en Satan, tussen die waarheid en die leuen, tussen lig en duisternis, tussen die ware en die valse kerk, ens.

En dit sny deur die hele lewe, orals waar die lidmaat in die amp van gelowige optree.

Ek wil nou graag in die besonder kyk hoe Paulus as apostel geroep tot die heidene hierdie groot Antitese gehandhaaf het, waarin ons as gelowiges ook moet staan, saam as gemeente maar ook afsonderlik in die amp van gelowige in hierdie wêreld.

Paulus se roeping tot die heidene

Paulus word geroep om die evangelie in die besonder aan die heidene van sy dag te bring.  As ‘n mens sy briewe bestudeer, dan blyk dit duidelik daaruit dat Paulus nie net die wil van God geken het ten opsigte van wat hy moes verkondig het aan ‘n verlore wêreld nie, maar dat hy ook sy tydsgees, ja, die LWB’s van sy tyd geken het.  Paulus het dus die Evangelie van God in Christus geken, maar ook die mense, tye en omstandighede waarna die waarheid gebring moes word.

In Hand.17 konfronteer hy die heidense filosofieë van sy tyd en stel daarteenoor die Evangelie van Jesus Christus. Ons kry ook die volgende uitsprake in sy briewe wat daarop wys dat Paulus die valse godsdienste en filosofieë van sy tyd geken het en vanuit die Skrifte weerlê het:

22 want die Jode vra ’n teken en die Grieke soek wysheid, 23 maar ons verkondig Christus wat gekruisig is, ’n struikelblok vir die Jode en dwaasheid vir die Grieke; 24 maar vir die wat geroep is, Jode sowel as Grieke: Christus, die krag van God en die wysheid van God. – 1 Kor.1

3 Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; 4 want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, 5 terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus, 6 en ons gereed hou om elke ongehoorsaamheid te straf wanneer julle gehoorsaamheid volkome is. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie – 2 Kor.10

8 Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wêreld en nie volgens Christus nie. … – Kol.2

 14 en hulle nie besig hou met Joodse fabels en gebooie van mense wat van die waarheid afwyk nie. – Tit.1

Uit bogenoemde kan ons die volgende toepassing maak vir vandag: dat predikante en ouderlinge spesifiek, maar alle lidmate in die algemeen nie net onderrig word in die Heilige Skrif, belydenis, kerkgeskiedenis, kerkorde, ens. nie, maar ook daarin dat ons ook ons tydsgees van vandag sal reg verstaan.  In die verlede, vorige eeue was daar bv. spesifieke vakke soos ‘Polemiek’ en ‘Apologetiek’ waarin predikante opgelei is, om hul toe te rus om hul tydsgees reg te verstaan en vanuit die Woord van God te kan weerlê.

Ons moet die valse godsdienste van ons tyd ken, ons moet die valse kerk van die ware kerk kan onderskei, én ons moet ook die evolusionisme, new age, postmodernisme, feminisme, materialisme, ens. ken om dit vandag te kan weerlê.  Die lidmate van die kerke word daagliks d.m.v. van die media, pers, skole, ens. deur al hierdie –ismes oordonder, en as ons die Woord effektief tot ons tyd wil bring, moet ons die mense van ons tyd ook goek ken.  Dit is alles ook deel van die kerk se roeping om sy lidmate toe te rus in ‘n CLWB.

In Handelinge 17:1-3  lees ons toe Paulus:

 “in Thessaloníka gekom, waar ’n sinagoge van die Jode was. 2 En volgens sy gewoonte het Paulus na hulle gegaan en drie sabbatte lank met hulle gespreek uit die Skrifte 3 en dit uitgelê en aangetoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en gesê: Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, is die Christus.”

Paulus spreek die Jode as godsdienstige mense direk uit die Skrifte aan as aanknopingspunt en konfronteer hul met die profesieë oor Christus, m.a.w. hy konfronteer hulle met hul Messias- oftewel Christusbeskouing.

‘n Bietjie verder in Hand.17 lees ons dat Paulus in Athene aankom, die bastion van die heidense filosofieë en paganisme.  Hy gaan met die filosowe in gesprek, maar hier is sy aanknopingspunt as volg:

22 Paulus gaan tot in die middel van die Aerópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. 23 Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ’n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. 24 Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.”

Hier begin Paulus nie met Christus nie, maar met die leer oor die Skepping en die Godsbeskouing.  Wat egter baie belangrik is dat dit nie daar bly nie maar ook eindig met die konfrontasie oor die die Evangelie van Jesus Christus (v.30,31), wat self God en Skepper is (Kol.1).

Ons post-Christelike samelewing

Ons leef vandag in ‘n alhoemeer post-Christelike samelewing.  Soos in Paulus se tyd (Hand.17:16) is daar ook meer en meer afgodsbeelde wat fisies of geestelik verrys. Party is al eeue met ons, ander wat veral die laaste paar dekades na vore getree het.  Die belangrikheid vir ‘n ware Bybelsgefundeerde skeppingsleer is opnuut van wesentlike belang vir ons tye.

As ‘n mens die samelewing van Paulus se tyd van nader ontleed, die Grieks-Romeinse samelewing, dan was die volgende sake kenmerkend:[6]

-      deur die invloed van Alexander die Grote, wat die destydse wêreld verhelleniseer[7] het, het die Romeinse Ryk ‘n global village geword, d.m.v die goeie padroetes en seeroetes.

-      Brood en spele het die massas besig en tevrede gehou terwyl Rome sy totalitêre politieke mag oor die wêreld opgebou het.

-      Die Romeinse familiesisteem is geleidelik vervang deur ‘n individualisme wat gelei het tot die feminisering en homoseksualisering van die tyd.

-      Politiësme is gehandhaaf in die Romeinse ryk (sinkretisme).

-      Keiserverering is gevestig

-      Opkoms en verwelkoming van misteriegodsdienste in Rome (Alexander se eskapades na die Ooste het ‘n brug gebou met ‘n tweerigtingverkeer, waardeur die oosterse godsdienste na die weste terugevoer is)

-      Die opkoms van Godin-feministiese kultes

Dit vat nie veel van ‘n verbeelding om te besef dat daar niks nuuts onder die son is nie.  Ons postmoderne samelewing bevat ook dieselfde en erger elemente as wat teenwoordig was in die Grieks-Romeinse samelewing.  Vandag het ons ook te doen met die volgende tendense: die Intergeloofbeweging (bv. die Wêreldparlament van Godsdienste, wat in 1999 in SA gehou is), feminisme, homoseksualisme, aborsie, die Jesus Seminar beweging (o.a. die Nuwe Hervorming wat die afgelope paar jaar in SA opspraak verwek het), geboortebeperking, sielkundige positiewe selfbeeldbewegings, globalisme, ens.

Hierdie verskynsels hou almal op een of ander manier verband met die herlewing van die ou paganistiese godsdienste wat die laaste 2000 jaar met gemengde welslae onderdruk is deur die voortgaan van die Evangelie en die uitbreiding van die westerse beskawing, maar wat nou onder die dekmantel van die postmodernistiese demokrasie, menseregte en globalisme [met die slagspreuk: ‘verdraagsaamheid’!], besig is om terug te keer.  Dit vind plaas deur westerse en oosterse spiritualiteit met mekaar te versoen, en die Wêreldparlament vir Godsdienste wat in 1999 hier gehou is, is alles deel van die beplanning om ‘Moeder Aarde’ (ook genoem die godin Gaia, Sophia, Isis, Lilith, ens.) te red, want ‘Sy’ is die godin van die toekoms. Die mensdom moet bevry word van die patriargale lewensbeskouing, wat gebaseer was op die Bybel, met ‘n patriargale God wat onttroon moet word.  Hierdie ‘manlike God’ het vir 6000 jaar die mens onderdruk (veral die vrou) en moet nou vervang word met ‘n ‘vroulike god’.

Peter Jones, skryf in sy baie belangrike boek, Spirit Wars: Pagan Revival in Christian America, dat die Franse Rewolusie gedroom het van ‘n Parys sonder ‘n aristokrasie; die Russiese Rewolusie van die verdwyning van privaat eiendom en die Nazi Rewolusie van ‘n wêreld sonder ‘inferior races’.

Die 20ste eeu het egter met die grootste rewolusie gekom, naamlik ‘n wêreld sonder patriargie, ‘n samelewing wat dus sonder die tradisionele gesinstruktuur is, en ten einde op die langtermyn sonder ‘God, die Vader’, Skepper van hemel en aarde moet wees (p.xi).  Dit het alles ten doel om die Christelike geloof en die CLWB wat daaruit vloei te probeer vernietig.

Hierdie neo paganistiese feministiese rewolusie dring in elke huis in, en is besig om seksualiteit, God, godsdiens en God se Woord te herdefinieer … en dit is baimaal teoloë wat aan die voorpunt van hierdie rewolusie teen God en Sy kerk staan.  In hierdie nuwe orde word alles omgedraai: goed word sleg, homoseksualisme word ‘n aanvaarbare seksuele leefstyl, aborsies word geregverdig, evolusie vervang die skepping, God word deur die Godin vervang, en die tradisionele gesin, word ‘n bedreigde minderheidstruktuur.

Hartseer genoeg, word baie christene, baiemaal juis a.g.v. die gebrek aan die Christelike LWB, mislei en ingespan om, wetend of onwetend, hierdie paganistiese rewolusie stilweg te bevorder, alles in die naam van die Bybel en die ‘bevryding van die vrou’.  Jones vra in sy boek ook die vraag: “One may wonder if in our day, through the Christian-sounding notions of gender liberation and egalitarian rights for all, neo-Gnostic New Age Liberalism is succeeding doing the same in an equally unsuspecting twentieth century church.”  Hy haal ook die radikale feminis, Naomi Goldberg aan wat sê: “The feminist movement in Western culture is engaged in the slow execution of Christ and Jahweh.  Yet very few of the women and men now working for sexual equality within Christianity and Judaism realize the extent of their heresy.” (p.195).

Wanneer die baba (God se skeppingsordinasies en wet vir man en vrou se taak en rolle in die koninkryk van God) saam met die vuil badwater (misbruik en disrespek vir die vrou se essensiële plek in die koninkryk van God) uitgegooi word, dan gaan dit vernietigend wees vir die opkomende geslagte.

Mary Kassian, wys ook in haar werk, The Feminist Gospel, hoe baie wat in die feministiese protesterende kamp begin het, geleidelik in die paganisme ingegly het (p.309).  Dit begin gewoonlik wanneer God se duidelike skeppingsordinansies en Sy wet, onder die dekmantel van die ‘sosio-historiese konteks’, moet plek maak vir die postmoderne feministiese tydsgees.  ‘n Groeiende getal teoloë lees die Bybel vandag deur humanistiese-evolusionêre ‘menseregte brille’ of ‘feministiese brille’.  Dit vind dan veral plaas met die Nuwe Hervorming wat kom met hul ‘nuwere kennis’ (gnosis) aangaande Jesus en die Nuwe Testament.  Hierdie mense het skielik baie ‘nuwe’ kennis oor die ‘historiese Jesus’ ontvang, wat in stryd is met dit wat die Evanglies ons bied.  Jones verwys ook in sy boek na John Richard Neuhaus, wat beweer dat teologiese skole vandag, deurtrek is van gnostiese dwalings, deurdat die ‘plain sense’ van die Skrif nie meer aanvaar word nie, maar dat daar ‘n ‘higher knowledge’ agter die woorde lê.  Volgens Jones is een van die meeste duidelike voorbeelde daarvan, die manier waarop Genesis 1-3 gedekonstrueer word (p.130).

Waar Calvyn geleer het dat ons God en onsself moet ken, sodat ons Hom en ons naaste kan dien en liefhê … is die credo van die neo paganistiese humanistiese godsdiens —wat ook baiemaal in die kerk voorkom (bedek in humanistiese positiewe selfbeeld bewegings, ens.): ‘ken jouself … want jy is eintlik God, die ‘gnosis’ wat jy mis is die wete dat jyself deel is van God en jouself, jou naaste en die aarde kan red!

Die strategie wat gevolg word, vir die terugkeer na die neo-paganisme, word soos volg deur Jones uiteengesit:

1)      Filosofiese dekonstruksie moet lei tot die sogenaamde linkerbrein ‘manlike’ denke wat vervang word met intuisie en persoonlike smaak

2)      Radikale Nuwe Testament Studies moet Jesus rekonstrueer (Jesus Seminar) en in die plek daarvan Sophia stel as ‘n model van ‘n verdraagsame, politiek korrekte, multikulturele, multiseksuele, feministies egalitariese samelewing, bevry van die wete van sonde, skuld en die Nuwe Testamentiese teologie van die Kruis.

3)      Radikale godsdienstige feminisme aanbid die godin Sophia, en verwerp daardeur alle ortodokse Christendom.  Geleerdheid (scholarship) en feminisme moet die Gnostiese leringe laat herleef

4)      In lyn met bogenoemde, is New Age denke besig om te werk aan globale transformasie op grond van die herontdekking van die vroulike, regter brein ‘yin’ intuisie van die Eeu van die Aguarius.  Dit verwerp rasionele, mens-geinspireerde ‘yang’ teorieë van die versoening volgens die Eeu van die Pisces.

Bogenoemde aspekte word dan histories veranker in die ou gnostiese tekste wat herontdek is, en vandag opnuut bestudeer word.  Dit is die herlewing van die Neo-Gnostiek, wat as die intellektuele been van die neo-paganisme beskou kan word.[8]

Daarteenoor moet ons die Christelike geloof en LWB handhaaf wat vloei uit die belydenis van:

Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom ’n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God die Vader.” – Fil.2:9-11

Die feit dat ons in ons tydsgees soveel ooreenkomste sien met die tydsgees van die eerste eeu,  beklemtoon opnuut die genoegsaamheid en relevantheid van die Skrif om ook vir ons tyd die Christelike geloof en LWB wat daaruit vloei te handhaaf.

Ons moet opnuut Paulus se briewe bestudeer om te sien wat was die basiese CLWB wat hy geleer het onder leiding van die Gees.  Paulus het nie net vir die heidene die weg gewys na die ewige lewe nie, maar ook hoe om hier en nou te lewe in diens van hul Verlosser en Koning, Jesus Christus.  Hy het die heidene as’t ware van ‘n Bybelse lewens- en wêreldbeskouing voorsien, en daardie LWB staan binne die raamwerk van Skepping en Opstanding soos gesien word in 1 Kor.15:45: “So is daar ook geskrywe: Die eerste mens, Adam, het ’n lewende siel geword; die laaste Adam ’n lewendmakende Gees.”

Die heidene moes God, mens en wêreld weer reg leer ken en dien soos God beveel het in sy Openbaring.

Daardie CLWB was niks nuuts nie, maar is wat geopenbaar is in die OT.  Dit behels basies die volgende 5 boustene, wat niks nuuts is nie, en deur Christen filosowe regdeur die eeue erken is, nl.

-      Skepping

-      Sondeval

-      Verlossing

-      Dankbaarheid/Heiligmaking

-      Verheerliking/Wederkoms

Om net ‘n paar voorbeelde uit Paulus se briewe te neem:

Skepping

20 Want sy onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie – Rom.1

Die belydenis van die skepping van die wêreld vir Paulus het behels:

-      God die Vader as Skepper (1 Kor.8:6)

-      God het uit niks geskape (1 Kor.15:45)

-      God het geskape deur benaming (Ef.3:14-15)

-      God het alles goed geskape (1 Tim.4:4)

-      Adam is as die eerste mens geskape (Rom.5:12-14; 1 Kor.15:45)

-      Die mens is as man en vrou geskape (1 Tim.2:13)

Sondeval

12 DAAROM, soos deur een mens die sonde in die wêreld ingekom het en deur die sonde die dood, en so die dood tot alle mense deurgedring het, omdat almal gesondig het – 13 want vóór die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie. 14 Tog het die dood geheers van Adam af tot op Moses, ook oor hulle wat nie gesondig het in die gelykheid van die oortreding van Adam nie, wat ’n voorbeeld is van Hom wat sou kom. – Rom.5

Die belydenis van die sondeval het vir Paulus behels:

- die historisiteit van die sondeval (2 Kor.11:3; 1 Tim.2:14)

- die mens is van nature ‘n sondaar en tot die kwaad geneig (Rom.3:10-20; Ef.2:3)

- die sondeval het die onderskeid tussen die Skepper en skepsel; waarheid en leuen; ware en valse godsdiens; man en vrou aangetas (Rom.1:18-32)

- die skepping is gevalle (Rom.8:20-22)

Verlossing

10 Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid. – 2 Tim.2

Die belydenis van die verlossing vir Paulus behels:

-      Die geboorte van Christus is ‘n herbevestiging van die skepping (1 Kor.8:6)

-      Christus is waarlik Mens en waarlik God (Rom.8:29; 9:5)

-      Christus is gebore uit die maagd Maria onder die wet (Gal.4:4)

-      Christus se dood het die sonde en die dood oorwin en die skepping herstel (1 Kor.15)

-      Christus is die enigste oplossing vir menslike nood (1 Kor.1:18-30)

-      Christus het God se geregtigheid vervul in sy kinders se plek (Romeine)

-      Christus herstel die verhouding tussen God en mens en tussen mens en mens (2 Kor.5:17-20)

-      Christus se Opstanding bevestig die ligaamlike opstanding van die mens en die hernuwing van die skepping (1 Kor.15)

Dankbaarheid/Heiligmaking

16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. – Kol.3

Die belydenis van die heiligmaking behels vir Paulus:

-      Die mens word gered nie deur nie maar tot goeie werke (Ef.1:4; 2:10)

-      Christus bevestig die wet deur dit te vervul in sy verlossing (Rom.3:31)

Verheerliking/Wederkoms

13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, 14 wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. – Tit.2

Die belydenis van die verheerliking behels vir Paulus:

-      volharding van die heiliges (Fil.1:6)

-      troos vir die gelowige in hierdie lewe (Tit.2:11-14)

-      lewe in die verwagting van die ewige lewe waar die gelowige totaal bevry sal wees van die sonde en dood (1 Kor.15)

Hierdie 5 boustene moet sentraal staan in die CLWB van ‘n gelowige in hierdie wêreld.  En dit is die taak van die predikant, kerkraad en ouers om dit aan mekaar en veral aan ons kinders te leer.

As ons na die brief van Paulus aan Titus lees, dan kan ons sien hoe Paulus oproep tot ‘n allesomvattende Christelike lewe in diens van God.  Sodoende kan die kerk van Christus ook op ‘n konkrete wyse hul taak vervul t.o.v. ‘n Christelike LWB.  Ek wil dit dan vir u konkreet uiteensit volgens die brief van Titus.

Die brief van die apostel Paulus is gerig aan Titus wat op die eiland Kreta is.  Die apostel het die eiland saam met Titus besoek kort na hy die eerste brief aan Timoteus geskryf het.

In Krete was daar losstaande groepe gelowiges maar geen georganiseerde gemeentes nie. Vir hierdie rede, nl. om die gemeentes te organiseer, het Paulus vir Titus in Kreta agtergelaat.

Daarvan lees ons in Titus 1:5, “Om hierdie rede het ek jou in Kreta agtergelaat, dat jy nog verder sou regmaak wat oorgebly het, en van stad tot stad ouderlinge sou aanstel soos ek jou beveel het”

Paulus het Titus dus in Kreta gelos met die opdrag dat hy “sou regmaak wat oorgebly het”, dus gemeentes organiseer.  ‘n Rukkie later het Paulus vir hom hierdie brief geskryf waarin hy hom spesifieke instruksies gee om te volg vir die gemeentevorming en lewe in Kreta.  Hierdie opdragte behels spesifiek:

a. Titus moet ouderlinge aanstel in elke stad (1:5-9). Hierdie ouderlinge moet bekwaam wees om die ‘gesonde leer’ (2:1) te onderrig en die dwaalleraars te vermaan en te weerlê (1:10-16).

b. Titus moet sekere opdragte gee aan verskillende groepe in die gemeentes (2:1-10):

- aan ouer mans en vrouens,

- aan jonger vrouens en mans,

- aan diensknegte, en

- aan die gemeente in sy geheel: hoe hulle hulself moet gedra in die samelewing, spesifiek teenoor die burgerlike owerhede (3:1,2)

Die gelowiges word dus geleer (2:1, 12a) hoe om hulle te gedra (1 Tim.3:15).  Hulle word geleer , hoe om goeie werke te doen volgens God se Wet in hul onderlinge verhoudings. Dit geld vir hul gesins-, gemeente-, en beroepsverhoudings, en ook in die breë samelewing.  Sodoende moet hul gehoorsaam wees aan die opdrag van Paulus in 1 Kor.10:31, “Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.”

En dit is niks anders as wat ons vandag sal noem om ons CLWB ten volle uit te leef op elke lewensterrein nie.

Die probleem in Kreta, asook in die gemeentes daar was nou juis dat hul “CLWB” nie tot uiting gekom het in dade nie.  Die primêre probleem van die Kreteniërs was dat dit wat hul geglo en bely het, nie ooreengestem het met hul lewe en dade in die praktyk nie.  In Titus 1:10-16 word die probleem in detail beskryf.  Die Kretense dwaalleraars was:

-          tugteloos en het mense verlei (1:10)

-          hulle het huise onderstebo gekeer deur valse leringe (1:11)

-          hulle was behep met allerlei fabels en ‘gebooie van mense’ (1:14)

Laasgenoemde dui op die invloed wat die tydsgees op hulle gehad het d.m.v. moontlike valse godsdienste en valse filosofieë, dus valse LWB’s.

Opsommend word hul probleem in vers 16 so gestel:

Hulle bely dat hulle God ken, maar hulle verloën Hom deur die werke, omdat hulle gruwelik en ongehoorsaam is en ongeskik vir elke goeie werk. (sien ook: 2:5; 3:8-11).

Dus, om dit eenvoudig te stel: hul leer en lewe het nie ooreengestem nie.  Hul lewe het nie hul leer versier nie (2:10). Vandag sal ons wil sê: Christene handhaaf in die praktyk nie ‘n LWB wat vloei uit die Skrif nie.

Maar was dit slegs ‘n probleem van Kreta se verkeerde LWB ?

Nee, ook vandag nog in ons eie tyd is daar allerlei valse leringe, ja ‘valse LWB’ wat besig is om die kerk van Christus te bedreig:

-          Van jong- tot oumense het tugteloos geword: kinders word in liefde nie meer getug nie, en rebelse kinders verwerp die vyfde gebod.  Sien maar die studente-opstande die laaste tyd. Werknemers onderwerp hul nie meer aan hul werkgewers nie, terwyl die burgerlike owerhede hul ook nie meer onderwerp aan God en Sy Woord nie.  In die kerke word die toepassing van die tug almeer ‘n rare verskynsel, en word mense oorgelaat om in hul tugteloosheid te volhard.

-          Tweedens, netso word huise vandag onderstebo gekeer: mans het nie meer hul vrouens lief nie, en vrouens is nie meer aan hul mans onderdanig nie. Mans wil nie meer die rol as broodwinner vervul nie, en die vrou verwerp en verag deesdae alhoemeer hul Godgegewe rol as tuisteskeppers en moeders.  Nie God se Woord nie, maar die nuutste sepie op die TV, die nuutste film, sport of rockster bepaal hoe ons jongmense lewe, praat en aantrek, of akkurater gestel: hoe hul nié  behoorlike klere wil aantrek nie.   Ja, ons huise word inderdaad omgekeer deur allerlei valse leringe en misleidings wat binne en buite die kerke op die gemeentes van God losgelaat word.

-          Derdens, hou die mens homself vandag alhoemeer besig met allerlei fabels soos ewolusie, new age idees, valse godsdienste en humanistiese sielkunde.  So word God se wet ingeruil vir mensewette en eiewillig verlossingsidees.  Dit sien ons verder ook in die eredienste waar God se bevel en eer nie meer sentraal staan nie, maar wat die mens en sy begeertes wil hê.

Inderdaad, soos in Titus se tyd, netso vandag is daar ‘n groot gaping tussen wat mense bely en dit wat in hul dade na vore kom. Teenoor hierdie valse godsdiens en erediens van die mens, begin hoofstuk 2 nou met “Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas” (2:1), en dan volg al die opdragte vanaf vers 2 tot 10.

Die Woord stel ‘n duidelike antitese, ‘n teenstelling tussen die ware leer en die valse leer, tussen ware godsdiens en valse godsdiens, tussen goeie werke en slegte werke, tussen die destydse se Grieks-Romeinse samelewing en God se Koninkryk.

Ons moet ook vandag skepr onderskei tussen ‘n LWB wat vloei uit die Christelike geloof, en een wat uit hierdie wêreld en tydsgees vloei.

God beveel die kerkvolk van Kreta, deur Paulus om goeie werke te doen wat by die ‘gesonde leer’ pas.

Dit behels die volgende spesifieke opdragte (2:1-10; 3:1-2, 9-11):

  1. die ou manne moet onberispelik, bekwaam en gesond in die geloof wees sodat – gesien in die konteks van hoofstuk 1 – hul goeie ouderlinge kan wees wat die valse leraars kan weerlê (sien 1:6-9)
  2. Die ou vroue moet in hul gedrag en woorde leeraresse wees vir die jongvroue. Hulle moet die jongvroue leer hoe om godsvresende vrouens vir hul mans en godsvresende moeders vir hul kinders te wees.  Die woord van God word juis belaster as die vrou nie meer haar roeping in hierdie take vervul nie,
  3. Jongmanne word opgeroep om in hul hele lewe goeie werke te doen, met ‘n spesieke klem om die goeie gesprekke wat gevoer moet word
  4. Diensknegte moet onderdanig wees aan hul base, juis met die doel om “die leer van God, ons Verlosser, in alles (te) kan versier”
  5. Laastens, die gemeente moet in sy geheel gehoorsaam en onderdanig wees aan die burgerlike owerheid en diensbaar wees in die samelewing.

Hierdie is alles konkrete opdragte wat die kerk vandag ook moet inspan om die CLWB te bevorder.  Dit is baie belangrik dat ons ook ons omgewing reformeer sodat ons binne ‘n gesonde gesins- en kerksituasie die Christelike geloof en LWB kan leer en uitleef op elke terrein van lewe en denke.

Nou is dit baie belangrik om daarop te let dat hierdie opdragte aan die Kreteense gelowiges gegee word omdat dit ‘by die gesonde leer pas’, soos ons gelees het in Titus 2:1.

Die rede om die opdragte uit te voer is daarom nie tydgebonde aan die destydse kultuur nie, asof Paulus dit maar net gesê het omdat hy nie die destydse samelewingsorde wou omverwerp nie.

Nee, Paulus gee die bevele juis as korrektief op die destydse Joodse en Grieks-Romeinse samelewingsorde, juis omdat die leer van God dit vereis.  Juis terwille van die eer van God, moet ons lewens die ware leer versier, en daarom die verskillende opdragte, ook vir vandag !

Hieruit is dit ook belangrik om te besef dat ons CLWB moet by die gesonde leer pas, d.w.s. in lyn wees met dit wat ons glo die Heilige Skrif leer soos bely in ons belydenisskrifte. Die vorming en handhawing van ‘n CLWB moet dus ten eerste en altyd wees om aan God al die eer te gee en nie om ‘effektief of suksesvol’ te wees of om ‘n ‘sosiale drukgroep’ te wees nie.  Om die CLWB te ontwikkel is deel van ons heiligmaking, om alhoemeer in ons denke vernuwe te word deur sy Gees in ware geregtigheid, kennis en heiligheid soos ons bely in HK, Sondag 3.

Die heel belangrikste is om egter om te besef dat ons heiligmaking, ons vorming en handhawing van ‘n gehoorsame BLWB in ons afvallige tydsgees kan nie uit onsself plaasvind nie maar kan alleen deur Gees en Woord.

In Tit.2:11 lees ons die grondslag vir die handhawing en deurwerking van die CLWB deur die kerk:

WANT die reddende genade van God het aan alle mense verskyn ..”

Wat, oftewel beter gestel ‘Wie’ die reddende genade van  God is, word vir ons in 2:13 en 14 beskryf:

“terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het  om ons te verlos …”

Dit is die Evangelie, die Goeie Nuus !

Die Evangelie waarsonder die CLWB totaal nutteloos en kragteloos is !

Ja, die reddende genade is die koms van Jesus Christus, wat ons kom red het van die sonde en die ewige lewe geskenk het op grond van sy volmaakte werke in ons plek.  Hy red ons ook van verkeerde denke, verkeerde veronderstellings oor God, mens en wêreld en leer ons deur sy Woord om werk reg te glo en te dink oor alles.  Christus gee mos die bevel om Hom nie net lief te hê met ons hele siel en al ons kragte nie maar ook met die verstand !

Hierdie reddende genade van God is die ‘kennis van die waarheid’ waarvan ons lees in hoofstuk 1 vers 1, en dit is die fondament, die bron en krag van ons godsaligheid en dus ook die CLWB wat daaruit vloei in heiligmaking.  Ja die reddende genade is die bron en oorsaak van ons heiligmaking, die goeie werke wat ons in dankbaarheid doen tot eer van God, deur die krag van die Heilige Gees.

Dit lei ons daartoe om dan die vraag te antwoord: wat leer hierdie reddende genade ons dan?

Dit word vir ons gegee in: vers 12: die reddende genade van God …

“leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus.

Hierdie aspek is wesentlik vir die vorming van ons CLWB, want dit leer ons om verkeerde denke en dade af te lê asook weer reg te dink en doen volgens God se Woord.

Negatief leer die reddende genade ons om dit wat verkeerd is, af te lê:

-          die goddeloosheid (om te leef asof God en sy Wet nie bestaan nie)

-          die wêreldse begeertes (wanneer ons die wêreld meer liefhet as vir God)

Positief leer die reddende genade van God ons om volgens Sy Woord in die teenwoordige wêreld te lewe:

-          ingetoë te lewe, d.w.s. om onder die beheersing van God se Gees te lewe

-          regverdig te lewe, d.w.s. volgens God se Wet te lewe, en

-          vroom te lewe, d.w.s. in voortdurende heiligmaking te lewe

Die reddende genade van God, Jesus Christus, maak dit vir ons moontlik en leer ons om nou – juis in die midde van die teenwoordige wêreld met al sy begeertes en verleidings- voortdurend vanuit sy Woord goeie werke tot sy eer te doen, uit dankbaarheid.  Uit dankbaarheid weer

-          goeie ouderlinge te wees

-          om goeie leraresse te wees van jonger vrouens

-          om goeie tuisteskeppers te wees, onderdanig aan ons mans en lief vir ons kinders

-          om goeie mans en jongmanne te wees wat ons vrouens liefhet en diensbaar is teenoor ons gesinne en gemeentes

-          om goeie diensknegte van ons base te wees, ons werkgewers te eer en te dien.

Al hierdie sake is sentraal in die konkrete onderrig en uitvoering van ‘n CLWB vir vandag.  Dit is nie altyd maklik nie en vra veel stryd en opoffering, maar dit is die regte ding om te doen omdat hierdie opdragte by die leer van God pas, die leer van God versier soos ons gelees het in Titus 2:10.

Sonder die reddende genade van God is dit heeltemal onmoontlik om God te behaag, om enigsins enige van hierdie of enige ander goeie werke te doen (HK, v/a 91).  En as jy alhoemeer volgens God se konkrete opdragte begin lewe, roem in God se reddende genade in Christus, want die goeie werke is nie uit jouself nie, maar deur die kragte werking van die Heilige Gees.

Slot

Die kerk het die taak en opdrag om die soewereine Evangelie van Jesus Christus te verkondig aan alle volke en hulle dissipels te maak deur hulle te leer om alles te onderhou wat Hy ons beveel het (Matt.28:19).

Dit behels om die ‘volle raad van God’ oor God, mens en wêreld, en hul onderlinge verhouding tot mekaar te leer, vir soverre God dit in sy Woord aan ons geopenbaar het.  Deur die Woord en Gees moet ons ons hoe langer hoe meer in ons denke en dade onderwerp aan Christus se heerskappy.  Dit behels ook om ons tydsgees te ken sodat ons dit meer effektief kan konfronteer met die Evangelie van Jesus Christus en die CLWB wat vir ons in die Woord geopenbaar is.

Mag die kerk van Christus opnuut deur die prediking, ampswerk, pastoraat, katkisasie asook die lidmaat in die amp van gelowige ons roeping vervul ten opsigte van die ontwikkeling en onderrig in die CLWB vir ons tyd.


[1] Matt.28:16-20

[2] Oorsprong en Rigting, deel 1 (Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers, 1967), p.15.

[3] Ibid., p.42 ev.

[4] Calvyn sê dat wanneer ons in die geloofsbelydenis praat van die ‘kerk’ word nie net die sigbare kerk bedoel nie, maar al God se uitverkorenes regdeur die geskiedenis.  Calvyn beklemtoon twee woorde in hierdie belydenis oor die kerk, naamlik ‘glo’ en ‘aan’.  Die woord ‘glo’ word gebruik omdat ons baiemaal nie die onderskeid in hierdie lewe kan maak tussen die gelowiges en die goddeloses, tussen die skape en die wilde diere nie.  Calvyn wys ook daarop dat ons nie ‘in’ die kerk glo nie (ons glo ‘in’ God waarin ons vetroue en geloof is), maar ‘aan’ die kerk.  Verder is die kerk ook ‘katoliek’, wat beteken dit is universieël versprei oor die hele aarde.  Hierdie eenheid lê daarin dat al die uitverkorenes een is in Christus, een liggaam, een Hoof, een geloof, een hoop, een liefde, een God deur die een Gees.

[5] Herman Hoeksema, Reformed Dogmatics (Grand Rapids, MI: RFPA, 1985), p.563.

[6] Spesifieke erkenning aan dr. Peter Jones se werke vir die ontleding van die Grieks-Romeinse samelewing in Paulus se tyd, in die besonder sy nuutste boek: Capturing the Pagan Mind: Paul’s Blueprint for Thinking and Living in the New Global Culture (Nashville, TS: Broadman & Holman Publishers, 2003).

[7] Verspreiding van die Griekse taal en kultuur

[8] Om meer te weet van hierdie nuwe godsdiens, nl. die neo-paganisme wat saam met die humanistiese postmodernisme die tydsgees van ons dag vorm, en die westerse wêreld vorm, wil ek juis ter wille van ‘n meer effektiewe toerusting in ‘n CLWB die werke van Peter Jones, by u baie sterk aanbeveel. Sy boeke is ‘n bybels, teologies,  histories en wetenskaplik verantwoordbare werke oor die stryd tussen Christelike geloof en paganistiese monisme wat hom in die 21ste eeu  uitwoed. Hy wys hoe die  gnostiese dwalings van die vroeë kerk (in nuwe baadjies) weer besig is om vandag binne en buite die kerk, weer terug te keer. Hierdie boek is onmisbaar om die ‘postmoderne tydsgees’ van vandag te verstaan, sodat ons die simptome daarvan kan beveg met ons enigste wapen: die Woord van God deur die krag van die Heilige Gees.  Die skrywer van die boek, dr. Peter Jones, is professor in Nuwe Testament, aan die Westminster Theological Seminary, Escondido, CA, VSA.  Gaan besoek gerus sy webblad by: www.spirit-wars.com of http://truthxchange.com/

Posted by: proregno | April 16, 2013

GK Bet-el se nuwe webwerf: www.gereformeerd.org

gereformeerd

Geagte broeders en susters,

GK Bet-el het haar nuwe webwerf, www.gereformeerd.org, die afgelope maand tot stand gebring met die oogmerk om die Gereformeerde leer en lewe wêreldwyd te bevorder. Een van die meganismes is deur preke en lesings op die internet te publiseer.

So is daar dan die afgelope weke hard gewerk om die lesings van Prof Dr Pipa se Kerk Fondament Seminaar te plaas, asook preke van Ds le Cornu oor kuisheid en ‘n lesing deur Ds Gustav Opperman oor die 1654 gelofte. Ons is nog besig om daaraan te werk, maar u kan reeds gaan loer by: https://www.youtube.com/user/GKBetEl

Dr. Pipa sprekerstoer (Ampte konferensie)

- What is good reformed preaching ?

- Office of elder – calling and task (who are called to this task?)

- The Calling of the Church (touches on issues of ‘missional strategies’)

- Church unity – the importance of church government and church denomination (Where do we draw the line for church unity, can one have denominational unity if church’s church government differs radically, for instance on the issue of women offices, etc.)

- The Law of God for today: Sabbath (specific application to the last day – first day Sabbath issue)

Preke oor kuisheid (1 Kor.6:9-7:25; HK Sondag 41)

1. Inleiding

2. Kuisheid binne en buite die huwelik

3. Huwelik, egskeiding en hertrou

4. God se wil vir gebroke verhoudings

5. Deur Christus alleen kan ons kuis lewe

Die audio kan ook hier afgelaai word:

KFS-Church_Unity.mp3
KFS-Preaching_and_training.mp3
KFS-Southerners.mp3
KFS-Call_of_church.mp3
KFS-Importance_of_Elders.mp3

 

Daar word ook beplan om die volgende op hierdie kanaal te plaas:

* Preekreeks van Dr Bogaards oor Abraham,

* Dr Bogaards se reeks oor die Heidelbergse Kategismus

* Ds Faan Smit se reeks preke oor die Nederlandse Geloofsbelydenis

* ‘n Video oor die ontstaan van die GKSA

* ‘n Video oor die Reformasie van die 1500′s

* Seminaar lesings van Augustus 2013 oor hoekom wetenskaplikes glo dat Genesis letterlik verstaan moet word.

* Natuurlik sal alle toekomstige seminare van GK Bet-el ook op hierdie kanaal geplaas word.

Die potensiaal is groot – vrywilligers kan byvoorbeeld boeke soos Calvyn se institusies voorlees en dan kan dit opgeneem word en hier geplaas word.  Kontak ons indien u wil help.

U word aangemoedig om in te teken op hierdie kanaal. As u ‘n gmail eposadres het dan kan u as volg inteken:

->In log op gmail

->klik op youtube aan die bokant

->klik links op My Subscription

->Kies Browse Channels of ignoreer as u reeds kanale het

->Tik by Search Channels in “GK Bet-El”

->GK Bet-el se trappe behoort eerste gelys te wees.

->Klik op Subscribe

->Klik links op Manage subscriptions

->Klik in die middel op GK Bet-El se “Email with new uploads”

U sal nou op hoogte gehou word soos nuwe materiaal opgelaai word.

Andersins kan u inteken op gksaforum (die Forum blokkie op www.gereformeerd.org).

Soli Deo Gloria

GK Bet-el

Posted by: proregno | April 15, 2013

Ons roeping om onsself en ons kinders te katkiseer

Lees: Lukas 1:1-4; 2:41-52

Teks: Lukas 1:4 en 2:46,47

” … sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is. … En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra. En almal wat Hom gehoor het, was verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.”

Tema: Ons roeping om onsself en ons kinders in die vrees van die HERE te katkiseer

Nota: ‘n verwerking van ‘n preek wat ek gelewer het by die GK Carletonville, 14 April 2013.

Geliefdes in Christus,

Die woorde ‘katkisasie’, ‘kategete’, ‘katkisant’ en Heidelbergse ‘Kategismus’,

is by ons as gereformeerde gelowiges baie bekend, of …

dit behoort by ons baie bekend en bemind te wees.

Ons word daarmee groot, ons hoor dit tydig en ontydig.

Maar, ons vergeet baiemaal die belangrikheid daarvan,

juis vir ons tye wat godskennis so minag,

en ook die belangrike rol wat katkisasie speel,

om die kerk van Christus uit te bou en te bewaar.

Ons kerkverband is besig om, na aanleiding van ‘n 2012 sinodebesluit

opnuut te besin oor ons kerkverband wat sterwend is.

Volgens statistiek was ons (Afrikaanse gemeentes) in 1971  104 000 lidmate,

waarvan 38% dooplidmate was, dus 40 000.

Vandag (2011/12) is ons 63 000 lidmate, waarvan 16% dooplidmate is, dus 10 000.

(sien die Omkeerstrategie skrywe, Sinode Handelinge van 2012)

En dalk is juis een van die redes daarvoor,

dat daar nie genoegsame erns gemaak word met katkisasie,

ons verbondsbeloftes, en alles wat dit behels nie ?

Ons wil vanoggend opnuut aandag gee aan die kerk en dus ons almal, se

Roeping om ons en ons kinders in die vrese van die HERE te katkiseer.

En ons gee daaraan aandag,

eerstens, heel vanselfsprekend, omdat ons katkisasie vandag na die erediens weer begin.

Maar ook, tweedens, hierdie jaar is die 450-jaar gedenkjaar van die

bestaan van die Heidelbergese ‘Kategismus’,

seker die bekendste katkisasie- en kategismusboek

in die gereformeerde wêreld ooit, vandag nog.

Nou eerstens, wat beteken die woord ‘katkisasie’ ?

Die woord kom van die Griekse woord ‘katecheo’

Hierdie woord verskyn x9 keur in die NT.

En dit beteken letterlik: om klank aan te stuur om te bons, om klank heen en weer te stuur.

Amper soos ‘n ego in die berge, jy skree iets, en die klank kom terug na jou toe.

Of soos ‘n boomerang, jy gooi dit, en dit kom terug na jou toe.

Of soos ‘n tennisbal wat jy teen die muur bons, dit kom terug na jou toe.

Van toepassing op woorde:

Jy sê iets, spreek woorde, sinne uit, en dan kry jy ‘n antwoord terug.

En dan vra jy weer en kry weer ‘n antwoord (die woorde ‘bons’ heen en weer)

En daarom, vraag en antwoord … dink aan die Heidelbergse Kategismus !

So, katkisasie is om onderrig te ontvang, onderwys te ontvang, lering te ontvang,

deur die vraag en antwoord metode.

In Lukas 1:4 kry ons hierdie woord,

“sodat u met volle sekerheid kan weet die dinge waaromtrent u onderrig is.”

Die woorde ‘onderrig’ is die woordjie ’katecheo’, om gekatkiseer te word.

Om onderrig, om katkisasie te ontvang.

So, alles wat Lukas nou gaan skryf, is om Teofilus, en die kerk, en dus ons

te onderrig, te katkiseer, te leer.

Maar, baie belangrik, dit is nie net bloot inligting oordra nie,

Dit is om lering, kennis, ‘n boodskap oor te dra,

en dan te verwag daar kom iets terug,

daar kom ‘n antwoord op die Woord.

Daar kom ‘belydenis van geloof’ !

Dit is intieme gesprekvoering, ‘n ware verbondsgesprek.

Daarom die belangrike aspek van vraag en antwoord

wat in die woord se betekenis opgelê is.

En soos jy kennis oordra, deur vraag en antwoord,

leer jy wat iemand anders weet, en bevestig dit,

help reg, voeg by, ens.

Ons kry iets daarvan in die teksgedeelte van Lukas 2, verse 46,47.

As Jesus se ouers agterkom hy is nie meer met hulle met die terugreis nie,

keer hul terug na Jerusalem,

en daar vind hul hom in die tempel, en ons lees dan:

“… terwyl Hy in die midde van die leraars sit en na hulle luister en hulle uitvra.”

Luister en uitvra.

Dit is wat hier plaasgevind het,

onderrig, katkisasie, tussen Christus en die leraars, én andersom.

Sien ook vers 47, hulle was ‘verbaas oor sy verstand en sy antwoorde.’

Moenie vergeet nie geliefdes, Jesus was sondeloos in sy mensheid,

maar moes in sy mensheid nog leer, gekatkiseer word, onderrig ontvang,

nog vrae vra en antwoorde kry.

Sien vers 52, “En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en by die mense.”

So geliefdes, ware katkisasie is nié:

- koop vir my kind ‘n Bybel vir verjaarsdag en sê dan “dê, gaan lees dit op jou eie, en vat dit kerk toe nie”,

- sorg dat my kind by die katkisasie klas afgelaai word met hul katkisasie boeke nie, en dan dink my taak as ouer is nou verby nie.

Nee, dit is dit maar soveel meer:

Dit is ‘vraag en antwoord’, bespreking, belangstelling, besinning,

uitvind wat weet die kind, ‘katkisant’, en wat nie, gesprekvoering,

die uitruil en omruil en terugruil van ware kennis.

Tweedens, wat moet gekatkiseer word, watter inhoud ?

Volgens Lukas, hier in 1:1-4, asook sy tweede boek, Hand.1:1-3:

“alles wat Jesus begin doen en leer het”, die Evangelie,

maar dan ook die hele Woord, soos ons hoor in 2 Tim.3:16,17:

“… en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.”

Die hele raad van God moet aan ons en ons kinders geleer word (Hand.20:27), gekatkiseer word.

Want, ons leer van Christus, reeds vanaf Genesis 1 tot Openbaring 22 (sien HK v/a 19).

In ons gereformeerde doopsformulier, in ons belydenis van geloof formulier, hoor ons: “die leer van die Ou en Nuwe Testament, wat in die artikels van die Christelike geloof saamgevat en in die Christelike kerk hier geleer word, die ware en volkome leer van die saligheid.”

So, ons moet mekaar en ons kinders die hele Woord leer.

Mekaar katkiseer daarin, van geslag tot geslag (Ps.78:3,4 wat ons gesing het).

En nou, geliefdes, juis om ons daarin te help, het ons belydenisskrifte,

maar dan veral ook die Heidelbergse Kategismus,

wat deur vraag en antwoord ons die kern van ons Christelike geloof leer:

My enigste Troos in lewe en in sterwe is dat ek na liggaam en siel,

nie aan myself nie, maar aan Jesus Christus behoort (HK v/a 1), en om in

hierdie saligheid te lewe moet ek 3 dinge weet (v/a 2):

- hoe groot my sonde en ellende is

- hoe ek in Christus verlos word van my sonde en ellende, en

- hoe ek in dankbaarheid, volgens sy Wet, deur gebed kan lewe.

Dit was veral die protestantse kerke, veral die gereformeerd protestantse kerke

wat konfessies en kategismusse, baie van hulle, ontwikkel het.

Hoekom ?

Om mense wat deur baie eeue deur baie onkunde vasgevang was deur die Rooms Katolieke sisteem, te bevry met die waarheid van God se Woord, met die Evangelie (sien HK v/a 98).

Deur die Latynse taal wat vir die gewone volk ontoegangbaar was,

deur die priesters versus leke teenstelling in die kerk,

was die kerkvolk onkundig gehou aangaande die Woord en evangelie,

en is hul vasgevang gehou in dwalinge.

Toe Luther, Calvyn en Knox en baie ander die reformatore

die evangelie en sola Scriptura herontdek het,

het daar ‘n bevryding gekom deur die Waarheid (Joh.8:31-36),

wat mense se lewens en kerke en samelewings bevry het van die Roomse juk.

En in hierdie reformatoriese bevrydingsbeweging het belydenisskrifte en kategismusse sentraal gestaan. Ek lees vir u ‘n aanhaling uit die geskiedenis om dit te wys:

“The heretics have chiefly made use of catechisms to corrupt the minds of Christians.”

“The papists … acknowledge that all the advantage which the Protestants have gotten of them hath come by this exercise [of catechetical instruction].”

Eersgenoemde aanhaling is van die Council of Trent (1545-63) wat deur Rome gehou is om die Reformasie teen te werk, en laasgenoemde van Lancelot Andrews (1555-1626).

(Bron: Rediscovering Catechism: The Art of Equiping Covenant Children, Donald van Dyken, Philipsburg, NJ: P&R Publishing, p.31. Hierdie boek word sterk aanbeveel vir ouers, kategete en predikante om te lees)

Wat tragies is geliefdes, in die 1500′s het Rome met dwang die Woord weggehou van die kerkvolk.

Vandag, doen Protestante dit aan hulself !

Daar word eintlik geroem in die onkunde, om so min as moontlik

van die Bybel, belydenis, kerkgeskiedenis, ens., te weet.

Baie kerke en lidmate dink dit is ‘n deug om so min as moontlik te weet,

Party wil die belydenis weggooi, verander, vergeet !

Kinders word deur ouers se voorbeeld mislei om te dink net kennis van hul aardse beroep is belangrik.

Skool word nie gemis nie, maar kerk en geloofsake kan maar gemis word

Eredienste kan maar opgegee word, katkisasie klasse is nie so

belangrik nie, maar ander aardse sake, sport en akademie wel.

Die ware leer moet plek maak of selfs vervang word deur ‘aksies’

Ons wil nie meer leer nie … net ‘doen’, hoor ons al meer.

Tragies.

Maar deel van die probleem en dan oplossing geliefdes, is juis die derde vraag:

wie moet katkisasie gee ?

Die antwoord is baie duidelik, die ouers, met die kerk/mede-gelowiges se hulp,

daarom die hulp-kategete gedagte, met ouers as die hoof-kategete,

Let wel: nie ‘ek’ of ‘ons’ nie, maar albei, verbondsmatig.

Gelowige ouers midde die gemeente se ‘ons’, onderrig mekaar in die vrese van die HERE.

Eintlik moet almal almal leer in die Woord, elkeen op die plek wat die Here bepaal het.

Gal.6:6 wat ook die woord katecheo gebruik:

“Maar laat hom wat in die Woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee.”

Elkeen het ‘n bepaalde taak, laat ons mekaar daarin help.

In die doopsformulier staan daar ‘onderrig en laat onderrig’

Ouers moet self katkisasie gee, en dan laat katkiseer,

ook die katkisasie van die kerk gebruik,

ook die gawes van ander lidmate.

In ons teks by Lukas 2 sien ons dat Jesus deur die leraars geleer is (v.46,47),

maar ook aan sy ouers onderdanig was, en van hul dus geleer het (v.51,52).

Maar, baie belangrik, gemeente onderrig vervang nie die huis- of ouerlike onderrig nie,

inteendeel eerssgenoemde bou voort op laasgenoemde.

Dit is ook wat ons hoor in Deut.6:4-9,

4 Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE.  5 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.  6 En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel, moet in jou hart wees;  7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan.  8 Ook moet jy dit as ‘n teken bind op jou hand, en dit moet as ‘n voorhoofsband tussen jou oë wees.  9 En jy moet dit op die deurposte van jou huis en op jou poorte skrywe.

Hieruit sien ons dat om ‘katkisasie’ te gee, om te onderrig, om te leer, ‘n lewenswyse is,

nie bloot ‘n 20 minute of halfuurtjie elke 2de Sondag nie !

Ouers moet in hul hele lewenswyse self leer, in Sy weë wandel,

en dan in hul hele lewenswyse hul kinders ook leer, saam leer, vraag en antwoord,

heen en weer mekaar opvoed in die vrese van die HERE.

Verbondsouers, as jul nie in julle hele lewe jul kinders van die Here en sy Woord leer nie, vergeet dat ‘n halfuur of 20 minute katkisasie per week, 25 keer per jaar dit gaan doen.

Dalk loop die GKSA juis ‘leeg’, omdat ons nie met ons totale lewenswyses,

die Here met hart, siel en verstand liefhet en dien nie ?

Dalk omdat ons nie ons Here Jesus totaal liefhet in alles in ons lewens nie,

Ons nie sy Woord oor ons hele lewe laat skyn as ouers nie

…. en ons kinders sien dit ….

En dan leef ons kinders in 2 wêrelde … soos ons:

- die Sondag gaan ons kerk toe, wees heilig vir ‘n paar oomblikke, doen gou katkisasie

- maar die res van die week leef ons asof Hy en sy Woord nie bestaan nie.

Dan vind daar nie onderrig, katkisasie as ‘n lewenswyse plaas nie.

Oupas en Oumas, ons lees in 2 Tim.1:5 van Timoteus se moeder én grootmoeder, wat heel waarskynlik hom ‘gekatkiseer’ het,  en later het Paulus daarmee aangegaan.

Gesin en kerk wat saam die Here dien en eer, ook deur katkisasie.

U, saam met ander lidmate moet besorg wees oor u eie kleinkinders se katkisasie.

Pa’s, ons lees in Ef.6:4 En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.

Vaders, katkisasie is nie net moeders en hulp-kategete se taak nie, ons moet betrokke wees,

- met huisgodsdiens voortgaan in Bybel lees, Psalms sing, gebede doen

- kinders vrae vra, met hul lewenssake in die lig van die Skrif bespreek,

- nie net reddingsake nie, maar ook heiligmakingsake soos verhoudings, kleredrag, musiek, vriendekringe, films, internet, ens.

En dit beteken ouers, as u ‘n roeping, ‘n plig het om te katkiseer, te onderrig,

dan geld Gal.6:6 ook vir u,

wat beteken u moet self Bybel lees, die belydenis bestudeer, kerk toe gaan, ens !

En as u nie die kennis het nie, begin iets daaraan doen,

woon die bybelstudies by, lees goeie boeke, gebruik die huisgodsdiensrooster,

LEES EN BESTUDEER BO ALLES DIE BYBEL EN ONS PSALMBOEK EN ALLES DAARIN.

Geliefde, mede-katkisant en mede-kategete,

Laat ons opnuut ons verbind om mekaar te katkiseer,

sodat, Luk.1:4, ons en ons kinders tot volle sekerheid kan kom

oor die ware geloof wat aan ons oorgelewer is,

Laat ons in ons hele lewe, elke dag van die week,

daar waar die Here ons elkeen roep, in ons gesinslewens, in ons ontspanning,

in alles, besig wees ‘in die dinge van (ons) Vader’ (Luk.2:49),

mekaar werklik katkiseer deur sy Gees en Woord.

Laat ons terugkeer na ons eerste liefde (Op.2:4), ons Here Jesus Christus.

Dan sal ons kinders ook begin terugkeer (Mal.4:6), alleen deur Sy genade.

Anders, gaan die woorde van Hosea 4:6 ook waar word van ons en opkomende geslagte,

ook vir die GKSA … met Omkeerstrategie en al:

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp, sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders vergeet.

Amen.

Posted by: proregno | April 10, 2013

Neem en lees: 10 April 2013

buiteblad0001

1. Die hemel en die hel

Al meer teoloë bevraagteken die werklikheid van die hemel en die hel. Met die toestemming van die Die Kerkblad, plaas ek sommige van hul artikels oor die onderwerp wat in hul 15 Mei 1996 uitgawe verskyn het, met dank:

Die hemel – en ons ?!, prof. JC Coetzee

Die hel – is dit ‘n werklikheid ?, prof. GJC Jordaan

Die opstandingsliggaam, prof PJ de Bruyn

Die hel – God se waarskuwingsteken, prof. L Floor

Vrae oor die hemel, dr. PW Bingle

Die oordeel, ds. Hennie van Wyk

2. Boekresensies van: In Six Days God Created: Refuting the Framework and Figurative Views of the Days of Creation by Paulin Bedard (Xulon Press: USA, 2013, 252 pages):

IN SIX DAYS GOD CREATED

Refuting a Figurative Genesis

A Devastating Critique of the Framework Hypothesis

3. David Murray artikels

Mental Illness & Suicide: The Church Awakes     

Church Power Games

4. Oplossings vir owerheidsmislukkings, Andries Opperman

“Owerhede moet die skares minder paai. God het hulle ‘n dure plig opgelê: hulle moet die Christelike godsdiens beskerm en reg en geregtigheid laat geskied. ‘n Godvresende prof Du Plessis waarsku: ’Die Kerk is nie ‘n toevallige vereniging van godsdienstige mense nie, en die staat kom nie op as die produk van ‘n wilsaksie van ‘n soewereine volk nie. Dit is nie ‘n sosiale kontrak nie. Nee, beide Kerk en Staat is deur God gewilde en ingestelde institute.’ “

Lees hier verder.

5. Kerkstryd in die PCA

Soortgelyke strydpunte in die PCA as in die GKSA (daar is kerklike eenheidsbande tussen hierdie twee kerkverbande)

An Open Letter to James Kessler and the leaders of the National Partnership

6. Artikels oor die Bybel en homoseksualiteit

Sien die volgende webblad: www.robgagnon.net

7. Doctrine of Man Conference – lesings is aanlyn beskikbaar

GPTS Conference 2013: Doctrine of Man

8.  Rezolution Konferensie, 17-20 April 2013

Met onder andere Ligon Duncan en Kevin de Young as sprekers

Tema: What is the Gospel ?

9.  Juventus lesing komende Maandag

John Gilchrist is die kenner van die Islam in Suid-Afrika.  Hy het al 11 boeke gepubliseer oor die Islam en hoe die evangelie aan Moslems verkondig kan word. Hy het ook al verskeie openbare debatte met prominente Moslems gevoer.  Hy kom praat oor die tema: Islam in relation to the Christian faith. Beslis iets wat u nie moet misloop nie!

Datum: Maandag 15 April 2013

Plek: Ark-lokaal; Aros-kampus (Dickensonlaan 1180, Waverley, Pretoria)

Spreker: John Gilchrist T

ema: Islam in relation to the Christian faith

Tyd: 18h30

Navrae:  Juventus kantoor: 012 332 3227 of epos: kantoor@jjv.co.za

Almal welkom!

10. The Christian Family, by Herman Bavinck

Luister na ‘n gesprek oor die boek hier: Bavinck on Marriage and the Family

Posted by: proregno | April 8, 2013

Begrafnispreek: Tannie Anna Malan (1922 – 2013)

 tannie anna kaleidoskoop

 Ons het Saterdag oggend hier in Carletonville tannie Anna Malan begrawe. Sy was ‘n kosbare gelowige mens gewees vir familie, vriende en lidmate.

Ons as gesin het tannie Anna die afgelope 6 jaar goed leer ken. Dit was vir ons geseënde jare saam met haar.  Ons dank die Here vir die getuienis was ook deur haar na ons almal uitgegaan het, veral in haar getrouheid om die eredienste by te woon …. in die oggend én die aand.

Op aanvraag van familie en lidmate plaas ek graag hier onder die begrafnispreek uit Luk.2:36-38. Mag dit vir ander gelowiges ook tot troos en hoop wees.  Laat ons almal opnuut vertroos word deur die woorde van die gedenkplaat in een van die foto’s hierbo, Ps.126:3.

Let wel: ek plaas beide die opname en die geskrewe teks van die preek hier, maar eersgenoemde was die preek op die dag, wat hier en daar verskil van die geskrewe teks.

Die opname: Luk.2:36-38 preek: begrafnis van tannie Anna Malan 

Ons enigste troos in lewe en in sterwe: Jesus Christus, dag én nag

Lees: Lukas 2:21-40

Teks: En daar was Anna, ‘n profetes, die dogter van Fánuel, uit die stam van Aser. Sy was op baie ver gevorderde leeftyd en het van haar maagdom af sewe jaar lank met haar man saamgelewe;  en sy was ‘n weduwee van omtrent vier en tagtig jaar. Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.  En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het. – Luk.2:36-38

Psalms: 84:1,2; 23:1; 147:1,4

Geliefde familie, vriende, mede-lidmate,

Ons word vanoggend hier bymekaar geroep deur nog ‘n oop graf

Ons het nie gevra daarvoor nie, maar dit is deel van die lewe,

die werklikheid, harde werklikheid, die gebroke werklikheid,

ongeag hoe baie mense hierdie werklikheid probeer ontken, aflag, ignoreer,

maak asof dit nie bestaan nie ….

En, nou is die vraag:

met watter verwagting het ons opgetrek na die huis van die HERE vanoggend ?

Wat is ons verwagtiging, hoekom het ons gekom ?

Om bloot afskeid te neem van ‘n kosbare geliefde, ‘n bekende ?

Ter wille van die familie, om gesig te kom wys, om beleefd te wees ?

Omdat dit deel van ons tradisie is, ons begrawe ons geliefdes …

Maar geliefdes, dit is hierdie dinge, maar soveel meer …

Ons afspraak met die dood vanoggend, is juis om die lewe te sien !

Want elke afspraak met die dood, is weer ‘n keuse tussen die dood en die lewe

Daarom wil ons vanoggend, met die begrafnis van ‘n geliefde, opnuut hoor:

 Wat is ons enigste troos in lewe en in sterwe

 

Gaan ons waarlik, waarlik vertroos hier weg vanoggend,

of is daar geen troos in hierdie wêreld,

hierdie gebrokke stukkende sondige wêreld,

waarvan ons in ons lewens en ons tye al te bewus is van …

Is die dood en ellende die einde van alles, ook van enige troos en hoop in die lewe ?

Ons teks vertel vir ons van twee oud-gelowiges,

in vandag se taal, senior burgers van die volk Israel,

senior-lidmate van die godsdiens van Israel.

Uit Simeon se woorde in v.29 kan heel waarskynlik afgelei word,

dat hy nie net aan die einde van sy profetiese roeping gestaan het nie,

maar ook aan die einde van sy lewe.

Met Anna is dit baie duideliker, Lukas beklemtoon haar ouderdom

in verse 36 en 37:

- ‘baie ver gevorderde leeftyd’

- in alle waarskynlikheid oor die 100 jaar, dalk al 105 !

Maar, hul ouderdomme was nie die belangrikste aspek van hul lewe nie,

maar hul lewenswyse:

- Simeon word beskryf as ‘n regverdige en vroom man,

- iemand wat vol van die Heilige Gees was

- Anna word beskryf as ‘n ‘senior lidmaat’ wat:

- nie weggebly het van die tempel nie, van die huis van die Here nie,

- sy het nag en dag deur vaste en gebede God gedien.

Nou is dit kenmerkend dat sy uit die stam van Aser was,

wat noordwes van Jerusalem, die tempel was, die verste weg (Galilea),

en tog … lees ons: ”Sy het nie weggebly van die tempel nie, en met vaste en gebede God gedien, nag en dag.” (v.37)

Die woord ‘gedien’ wys op toewyding, aanbidding, verheerliking,

lofprysing van God …

Die woorde ‘nag en dag’ wys op totale oorgawe,

dit was die sin van haar lewe,

dit is waarop sy gefokus het in haar lewe.

NOU, geliefdes hier vanogggend, wat is dit wat hierdie twee oud-gelowiges gedryf het ?

Waarom hierdie totale toewyding, hierdie totale oorgawe ?

Waarom hierdie – wat baie vandag, selfs in kerke sal noem – ‘ongebalanseerdheid’ in hul lewe ?

Waarom sulke toegewyde tempelgangers ?

Wat het hul na die tempel gedryf week na week, jaar na jaar ?

Hoekom was dit vir hul geen las, om midde ‘n gebroke wêreld,

waar mede volksgenote die Here nie meer ywerig en volgens die Woord gedien het nie,

… tog aan te hou optrek na die huis van die Here ?

Was dit ‘n blote familie saak

Om deur ander mense gesien te word ?

Ek gaan besigheid doen in Jerusalem,

daarom kan ons by die tempel gou-gou ‘n draai maak …

as daar tyd is (soos baie van ons vandag sal redeneer)

Was dit bloot om hul volk se tradisies te onderhou

bloot goeie dade te doen om deur mense gesien te word …

Nee, geliefdes, hul diens aan God, dag en nag in die tempel (Anna)

en hul lewe van vroomheid en regverdigheid (Simeon)

was die vrug van dit wat die wesentlike sin was in hul lewe,

wat hul hele lewe bepaal het,

wat die hele temple verteenwoordig het, waarbinne hul nou staan,

wat al die jare se offers en seremonies uitgebeeld het …

nl. ’n Mens, ‘n Godmens, ‘n Verlosser, ‘n Trooster, wat moes kom

en dit is Jesus Christus.

Hy wat nou self daar in die tempel is !

Immanuel, God met ons !

as klein kindjie, ingedra deur sy ouers !

Hy wat deur ons teks as volg beskryf word:

- v.25, die Vertroosting van Israel, wat alle trane kom wegvee, wat sy Gees vir ons gee vir altyd as Trooster in ons lewens.

- v.26 die Christus van die Here, die Gesalfde wat moes kom volgens die OT, gesalf om vir ons sondes en ellende te kom sterwe, sodat ons weer kan lewe, ons volkome Koning, Priester en Profeet.

- v.27 die Kindjie Jesus, die naam Jesus wat beteken die Here red, Hy verlos.

- v.28 ‘u heil’, d.w.s. God se, ons Vader se verlossing, nie net vir die Jode nie, maar die hele wêreld,

vir alle volke stamme tale en nasies, v.31-32,

” …. u heil …. wat U berei het voor die oë van al die volke – ’n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.”

(En mag ek ons almal hier herinner, ook op die datum vandag, 6 April. Dink aan 6 April 1652, ons volksplanting dag, wat die sin en roeping van ons plek in Afrika verteenwoordig. Die gebed van Jan van Riebeeck dat die christelik gereformeerde geloof in Afrika onder al die volke bekend gemaak sal word.  Christus aan al die volke, dit is vandag nog ons roeping !)

Ja, Christus, is die rede en bron van Simeon en Anna se toegewyde dankbaarheids-godsdiens.

En, as Anna, v.38, in dieselfde uur daar is, en dit alles aanskou en hoor,

DAN gaan sy oor in aanbidding en lof aan die Here, maar ook,

om die Christus te verkondig, aan die hele Jerusalem.

Haar godsdiens gaan oor in aanbidding en verkondiging,

nie van haarself, of hul tradisies nie, maar, v.38 ‘van Hom’

Daarom was Simeon en Anna se enigste troos in lewe en sterwe,

Jesus Christus, en alles wat Hy sou kom doen het

vir hulle, maar ook vir al sy kinders deur alle eeue tot die laaste dag (v.32).

Daarom kon Simeon, en seker ook Anna, die Verlossing in hul hande

letterlik vashou en werklik sien, wat hul voor dit net gehoor en van gelees het,

in die OT geskrifte.

Nou het dit ook ‘n wonderlike konkrete troos vir hulle bevestig:

- troos van die vergifnis van sonde,

- troos om ewig te lewe, veral as hul aan einde van hul lewens is

- die troos om ook eendag hul geliefdes te sien …

Anna wat na 84 jaar, ook as sy sterwe, haar man gaan sien, v.37,

as hy in die Here gesterwe het,

WANT, die Verlosser van Israel en die ganse wêreld, is gebore.

Die tyd van verlossing het aangebreek !

NOU, geliefde tempelgangers, kerkgangers vandag,

Ook vir ons gemeente, vir u lewens as familie en vriende,

is ‘n Anna gegee vir 90 jaar om, om deur haar te getuig van die

troos en verwagting waarin sy en ons moet lewe,

dat Christus, ons enigste Troos in lewe en sterwe is !

Ook tannie Anna het die Here getrou gedien in sy tempel, in sy huis

van 1953 (met onderbrekings hier en daar) tot einde 2012,

en die laaste paar maande in Kriel tot haar afsterwe,

by haar seun en skoondogter (Neels en Hannatjie).

Hoe het haar stille getuienis nie uitgegaan aan ons almal nie !

Vir ons as gesin was dit ‘n diepe troos, ‘n bemoediging, ‘n hoop

as tannie Annie, selfs toe sy al so oud was, moeg was, swak was

… nie net in die dag nie, die oggenddiens …

… maar ook in die nag, die aanddiens …

opgetrek het na die huis van die Here,

OM TE HOOR VAN ONS ENIGSTE TROOS IN LEWE EN STERWE,

ONS HERE JESUS CHRISTUS !

Uit haar mond was alleen danksegging, bemoediging en hoop,

ook vir my as predikant, ook as ek moedeloos en moeg was.

Toe ek haar die 2de laaste keer gesien het, maar ook die laaste keer

saam my gesin, ‘n paar dae voor haar sterwe,

het sy in haar pyn en lyding, net aanhou 2 dinge vra:

- hoe gaan dit met jou gesin ?

- hoe gaan dit met die gemeente, die huis van God ?

Nie aan haarself gedink nie, maar aan haar geliefdes.

Haar bedes het dag en nag uitgegaan vir ons, vir ons gemeente

En haar enigste troos was om vas te hou aan God se genade in Christus.

Maar, terug by ons geliefdes,

Simeon en Anna en tannie Anna en ‘n ontelbare skare gelowiges,

het reeds ons vooruit gegaan,

hulle geloof het nou ook in aanskoue oorgegaan,

om die HEIL van God te sien, vas te hou, te omhels (v.28).

Maar, ons is nog op die pelgrimspad,

ons lewe nog op die aarde, in die belofte tyd

Waar is ek en u vanoggend ?

Deel u saam in die Vertroosting van Israel, in God se heil

glo u waarlik in Jesus Christus,

dat Hy ons enigste verlossing van sonde is,

ons van die ewige dood en hel kan bevry ?

Is Hy, ja HY die rede waarom u vandag hier is ?

Is Hy die troos by die oop graf ?

Is Hy u troos as u more, die week en die jare wat kom, die gevaar loop om

deur u sonde en ellende, en dood en pyn en hartseer oorweldig te word ?

As die wêreld en die Satan u wil oortuig daar is geen hoop en verwagting meer nie.

Want sien geliefdes, Simeon deur die Gees waarsku my en u ook vanoggend,

in vers 34, dat Jesus Christus, die Naam is wat die Here, die skepper van

hemel en aarde gegee het, wat ons hele lewe, ons ewigheidsbestaan bepaal:

“Kyk, hierdie Kind is bestemd tot ‘n val en ‘n opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word.”

Hierdie Kind is bestemd tot ‘n val en opstanding van baie in Israel

en deur die eeue, ook by ons, en ook vandag en more.

O geliefde, moenie dat die graf jou ewige troostelose dood wees nie.

Moenie vandag hier weggaan sonder Christus nie.

Glo in Jesus Christus, en jy sal gered word

Weier Hom, verwerp Hom, dan gaan jy ewig verlore sonder hoop (Joh.3:36).

As Christus later self by die graf van sy goeie vriend Lasarus staan,

sê en vra Hy vir Martha, maar ook vir ons as begrafnisgangers vandag:

“Ek is die opstanding en die lewe; wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;  en elkeen wat lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?”(Joh.11:25,26)

Glo u in daardie Troos geliefdes ?

Dan is die begrafnis hartseer saak, ons mag ons geliefdes mis,

maar ons is nie moedeloos en hopeloos nie,

Ons het ’n hoop, ‘n verwagting, ‘n Troos deur ons hartseer !

Vir die lewe nou en tot in ewigheid.

Daarom, glo in Jesus Christus,

dien Hom dag én nag,

Trek op na sy huis, nie net vandag nie,

maar ook more, op sy rusdag en feesdag,

vir die res van u lewens,

want u wil die Here dien en Christus ontmoet,

leef nou en vir die toekoms met ‘n hoop en verwagting soos Simeon en Anna gedoen het,

Ons het ‘n hoop en verwagting dat Jesus Christus terug gaan kom,

om die lewende en die dooies te oordeel.

En alleen as ons in Christus is, kan ons in die Vader se velige arms wees,

vir ewig veilig en getroos, geen meer oordeel of dood nie.

Tannie Anna en die triomferende kerk loof en prys die Here nou in volmaaktheid

Ons doen dit nog deur die geloof oppad, verwagtend, en hopend.

En van daardie hoop, troos en verlossing gaan ons nou sing,

uit ‘n geliefde Psalm van tannie Anna, Ps.147 (waaruit ek ook more preek),

wat ook ons troos vandag is.

Ek hou vir u die woorde voor ….

Laat voor die HEER ‘n lofsang rys!

Hoe goed is dit om God te prys!

Hoe lieflik om dié lof te sing,

die lof wat ons aan Hom moet bring!

Want Hy wil ons in guns aanskou,

Hy wil Jerusalem herbou

en Isr’el wat verstrooid nog swerf,

versamel op die heil’ge erf.

Amen.

Posted by: proregno | April 3, 2013

Psalm 78: om ons kinders van die HERE te vertel

kinderseen

Psalm 78: om ons kinders van die HERE te vertel

ds. Cobus Rossouw (GK Daspoort)

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 78:1-8.

Skrifverklaring

Inleiding.

Geliefdes … vanoggend kon ons weer getuies wees …

deur die wonderlike genade van die HERE …

van die doop van ‘n verbondskind.

En wat ‘n wonder!

Die wonder … waarop die doop ons wys

en wat die doop aan ons verseël:

Dat die belofte van die volkome verlossing in Jesus Christus

en die gawe van die Heilige Gees

verseker ook vir ons kinders is!

Wat ‘n wonder!

*******************

Maar dadelik bring dit ons ook by die belangrike opdrag …

vanuit die Woord van die HERE …

om ons kinders breedvoerig hieroor te onderrig.

Breedvoerig te onderrig oor die verlossing in Jesus Christus …

die gawe van die heilige Gees

en alles wat daarmee saamgaan.

En hoe belangrik is dit nie net nie!

Ja … as daar nou een ding is wat belangrik is …

dan is dit om ons kinders van Jesus te vertel.

Verduidelik

Want weet u:

Dit is juis deur ons onderrig … dat die Heilige Gees werk …

en die verlossingswerk van Christus … en die gawe van Homself …

‘n werklikheid kom maak in die lewe van ons kinders.

Bewys

Petrus sê immers in 1Pet 1:23

dat ons weergebore is deur die Woord.

Watter Woord? …

Die Woord wat aan ons verkondig is … geliefdes!

Die Woord wat ons aan ons kinders verkondig.

Ja, met daardie Woord … gaan die Heilige Gees aan die werk.

Met daardie Woord … laat Hy ons uitverkore kinders weergebore word

sodat hulle Jesus kan aanneem

en kan deel in die volheid van die verlossing.

*******************

En oor hierdie belangrike ding …

dat ons … ons kinders in die Waarheid …

met kennis van die ewige lewe moet onderrig …

kom praat die HERE met ons … deur Ps 78.

En dan leer Hy ons deur Asaf – wat hier die digter is – van …

Ons lewensbelangrike roeping om ons kinders van die HERE te vertel.

Daarom verkondig ek aan u

  • Ons roeping om te vertel.
  • Wat ons moet vertel.
  • En die gevolg wanneer ons vertel.

1. Kom ons kyk nou eers na ons roeping om te vertel

In vers 1 hoor ons Asaf se oproep:

“My volk, luister na my onderrig;

neig julle oor tot die woorde van my mond.”

En dan in vers 2 … sê Asaf vir ons …

hoe hy sy volk nou wil onderrig.

Hy sê: “Ek wil my mond open met ‘n spreuk …”

****************

Verduidelik

Nou, as Asaf hier in Ps 78 praat … van ‘n spreuk …

dan is ‘n spreuk … soos ‘n preek.

Asaf wil sy volk leer met ‘n preek.[1]

En hierdie preek gaan … oor “raaisels uit die voortyd …”

so hoor ons in die tweede gedeelte van vers 2

Verduidelik

En hierdie raaisels uit die voortyd … is niks anders

as die HERE se wonderlike geskiedenis met sy volk nie.

 

Ons noem hierdie wonderlike geskiedenis van die HERE,

die HERE se openbaringsgeskiedenis.

************

En dis wonderlike geskiedenis … hierdie openbaringsgeskiedenis …

want daarin leer ons die “roemryke dade van die HERE

en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.”

Wonders … Baie maal vir ons raaisels …

sodat ons saam met Ps 71 sing:

“U redding meld ek elke stonde;

al kan ek dit nie skat nie, besyfer of bevat nie.”[2]

****************

Ja, Asaf wil vir sy volk preek … uit die openbaringsgeskiedenis.

Maar nou is hierdie preek nie maar net …

die oorvertel van die geskiedenis nie.

Nee, Asaf wil hê … die HERE se volk moet iets leer.

Asaf wil hê hulle moet die HERE leer ken

uit die openbaringsgeskiedenis –

hulle moet sien … wat Hy doen … en Wie Hy is.[3]

 

Toepassing

En geliefdes … dit geld vandag nog vir die volk van die HERE …

Vandag nog … moet ons uit die openbaringsgeskiedenis …

die HERE leer ken.

Paulus leer dit vir ons … as hy in Rom 15:4 sê:

“alles wat tevore geskrywe is,

is tot ons lering tevore geskrywe …”

Daarom praat Asaf hier in Ps 78 ook met ons.

Ook vir ons preek hy vanoggend …

Ook vir ons wil hy vertel van die HERE …

Dis sy doel hier in Ps 78.

Asaf sê dit vir ons in vers 1 en 2

*************************

Maar as ons nou by vers 3 kom,

gebeur daar iets interessants.

In vers 2 sê Asaf:

Ek wil my mond open met ‘n spreuk …”

Maar in vers 3  hoor ons:

“Wat ons gehoor het en weet

en ons vaders ons vertel het,

sal ons nie verberg vir hulle kinders nie …”

 

Verduidelik

Wat ons nou hieruit moet raaksien,

is dat Asaf wil vertel van die HERE …

Maar dan is dit asof hy wil sê:

‘Maar ek is nie die enigste een … wat moet vertel nie …

Nie net ek – soos in vers 2 nie –

Nee, ons … ons moet vertel – soos in vers 3 en 4.’

Ons moet aan die kinders vertel …’

******************

Gevolgtrek

Nou … wat dit beteken … is dat Asaf

en die res van die grootmense van sy tyd …

die kinders moet vertel … van die HERE.

Dis nie net Asaf se werk

om te preek uit die openbaringsgeskiedenis nie.

Nee … al die grootmense moet dit doen …

en die kinders so van die HERE leer.

*******************

Maar waarom … moet hulle aan die kinders vertel?

Wel … as ons nou weer mooi luister na vers 3 en 4

gaan ons begin … om agter te kom.

In vers 3 en 4 praat Asaf … namens al die grootmense van sy tyd.

En dan sê hy: “Wat ons … vaders ons vertel het,

sal ons nie verberg vir hulle kinders nie,

maar aan die volgende geslag vertel …”

Hoor u hoekom Asaf-hulle vertel?

Asaf-hulle vertel aan hulle kinders …

omdat Asaf-hulle se pa’s en ma’s … weer aan hulle vertel het.

****************

Maar nou is die vraag:

Waarom het Asaf-hulle se pa’s en ma’s dan vertel?

Die antwoord op hierdie vraag kry ons in vers 5.

Daar waar ons hoor … dat die HERE “‘n getuienis opgerig in Jakob

en ‘n wet gegee in Israel,

wat Hy ons vaders beveel het—

om dit aan hulle kinders bekend te maak …”

Hoor u dit? …

Die HERE het sy getuienis … en sy wet vir Israel gegee …

En dan wil die HERE hê … dat die pa’s en die ma’s …

dit bekend moet maak aan hulle kinders.

Dis hoe die HERE dit wil hê … Dis sy bevel.[4]

 

Samevatting

Sien u nou, geliefdes …

waarom Asaf-hulle aan hulle kinders … wil vertel van die HERE?

Hulle wil vertel … omdat hulle pa’s en ma’s … aan hulle vertel het.

En hulle pa’s en ma’s …

het opdrag van die HERE af gekry … om te vertel …

Daarom dat Asaf-hulle gehoor het … en kan weet …

En so moet dit nou van geslag tot geslag gaan.

Asaf hulle het gehoor …

Maar Asaf-hulle moet ook vertel …

want dit is God se bevel … ook vir Asaf-hulle.

****************

Toepassing

En so … is dit die gebod van God deur die eeue …

tot by ons vandag.

Want nadat die HERE een maal in Deut 6 gesê het:

“En hierdie woorde wat ek jou vandag beveel,

moet in jou hart wees;

en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek”[5]  

sê die HERE later weer in die NT in Efes 6:

“En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie,

maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”[6]

 

Dis ons roeping …

Net soos dit Asaf-hulle se roeping was …

en voor hulle … hulle pa’s en ma’s se roeping was.

Die HERE wil dit so hê.

Vanuit die openbaringsgeskiedenis …

moet ons die HERE bekend maak … aan ons kinders.

Saam met Asaf-hulle moet ons sê:

Wat ons vaders ons vertel het,

sal ons nie verberg vir hulle kinders nie,

maar aan die volgende geslag vertel …”

********************

Ons moet vertel, geliefdes … nie verberg nie.

Ons mag nie die HERE in toe Bybels verberg nie.

Nee, ons moet ons Bybels oopmaak

en vir ons kinders van die HERE vertel.

En hierdie woord vir vertel … wat Asaf hier gebruik …

sê vir ons … dat ons dit aanmekaar moet doen.[7]

Aanhoudend moet ons vertel

soos die HERE ons beveel as Hy in Deut 6:7 sê:

“en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek …

as jy in jou huis sit

   en as jy op pad is

     en as jy gaan lê

        en as jy opstaan.”

Aanhoudend moet ons vertel …

Die HERE roep ons op … om dit te doen.

Ons moet vertel …

En vertel beteken jy sit by jou kinders …

en jy praat met hulle.[8]

Jy vertel vir hulle uit die Bybel van die HERE.

En vertel beteken nie

dat jy vir jou kinders die ‘Kadot en die Profete’ DVD …

of die ‘Simson’ DVD … of die ‘Dawid en Goliat’ DVD …

of watter DVD ook al … in speler sit

en hulle dan daarna laat sit en kyk nie …

Dis nie vertel nie.

Dis nie waarvan Asaf hier praat nie.

Ons moenie slimmer as God probeer wees nie.

Die HERE praat hier van vertel.

En pa’s en ma’s wat vertel … sit by hulle kinders …

sommer lekker naby hulle …

en in liefde praat julle met mekaar …

Jy vertel hulle van die HERE …

en jy praat so … dat hulle lief word vir die HERE.

2. Dis ons roeping … geliefdes.

Dis wat ons beloof het … toe ons ons kinders gedoop het.

Die HERE wil hê pa’s en ma’s moet hulle kinders vertel …

Maar wat moet hulle nou vertel?

en dit bring ons nou by ons tweede punt.

 

Van wat ons ons kinders moet vertel …

hoor ons in vers 4 en 5

maar ook in die res van Ps 78 …

So … kom ons kyk nou … wat ons moet vertel –

en dan gaan ons eers kyk na vers 4 … dan na vers 5

en dan na die res van Ps 78.

A. In vers 4  hoor ons

dat Asaf-hulle … hulle kinders wil vertel

van “die roemryke dade van die HERE en sy mag

en sy wonders wat Hy gedoen het.”

Verduideliking

Nou … die HERE se roemryke dade … is die dade van die HERE

waarvoor ons Hom moet loof en prys.

Dis die HERE se wonderwerke.

En die HERE doen hierdie wonderwerke van Hom …

deur sy almagtige krag.[9]

**********************

Ja, Asaf-hulle wil hulle kinders vertel

van die “roemryke dade van die HERE en sy mag

en sy wonders wat Hy gedoen het.”

En van al hierdie dinge leer ons …

in die HERE se openbaringsgeskiedenis …

Ons sien dit baie mooi … as ons deur die res van Ps 78 lees.

Want in die res van Pa 78 vertel Asaf vir ons

die openbaringsgeskiedenis van Israel.

****************

Ps 78-inhoud

Asaf leef in die tyd van Koning Dawid …

en in die tyd van koning Salomo.

En dan vertel hy vir ons die geskiedenis …

vanaf die tyd van Israel se uittog uit Egipte …

totdat Dawid koning oor Israel geword het.

En uit hierdie geskiedenis wys Asaf dan vir ons

hoe die HERE in hierdie tyd … roemryke dade gedoen het –

Wonders deur sy almag.

  • Hy verlos sy volk uit Egipte.[10]
  • Die HERE kloof die Skelfsee.

En Hy laat sy volk veilig daardeur trek.[11]

  • Met wonderwerke … versorg die HERE sy volk …

op hulle woestyn tog.[12]

  • Die HERE verdryf die volke van Kanaän voor Israel uit

sodat hulle Kanaän in besit kan neem.[13]

Alles roemryke dade van die HERE –

wonders deur die HERE se almagtige krag …

*******************

Maar dis nie al nie.

Wanneer die HERE hierdie wonderdade van Hom doen,

Dan is dit die openbaring van sy verbondstrou.

Bewys

Want het die HERE nie lank terug … doer in die boek Genesis …

vir Abraham … en sy nageslag … die land Kanaän beloof nie?

Ja … Hy het.

En deur sy wonders …

maak die HERE sy verbondsbeloftes werklikheid.[14]

*******************

Toepassing

En dit is … wat Asaf-hulle aan hulle kinders moet vertel …

En dit is … wat ons aan ons kinders moet vertel.

Ons moet hulle vertel van die HERE se roemryke dade.

Ons moet hulle vertel van die HERE se wonders …

waarin Hy sy verbonsdstrou vir ons te wys.

Ja, die HERE doen wonders

omdat Hy trou is aan sy verbond …

Omdat ons ‘n God het wat sy beloftes hou …

En ons moet dit vir ons kinders vertel.

************************

B. Maar kom ons by vers 5 hoor ons van nog iets

wat Asaf-hulle vir hulle kinders moet vertel.

Hulle moet vertel …

dat die HERE “‘n getuienis opgerig het in Jakob

en ‘n wet gegee het in Israel …”

Verduideliking

Nou wanneer Asaf hier praat van die wet …

dan gaan dit nie net oor die 10 gebooie nie.

Nee, die wet waarvan Asaf hier praat … is Gen tot by Deut.[15]

Dit is wat die wet van die HERE hier beteken.

En dis juis in hierdie boeke – in Gen tot Deut –

waar ons ook lees van die HERE se getuienis.

Ons lees daarvan in Eks 31.

Dit was toe die HERE met Moses op die berg Sinai gepraat het.

En dan lees ons in vers 18 van Eks 31 –

“En Hy het aan Moses … die twee tafels van die Getuienis gegee,

tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.”

Sien u wat die getuienis van die HERE is?

Dit … is die 10 gebooie.

******************

Toepassing

En dit moet Asaf-hulle aan hulle ook kinders vertel … en ons ook …

Ons moet hulle van die wet … en die getuienis vertel.

  • Uit die wet … uit Genesis 1 en 2 … moet ons hulle vertel

hoe die HERE alles geskep het.

  • Ons moet ons kinders vertel … van die sondeval in Gen 3 …
  • Ons moet hulle vertel van die verkondiging

van die evangelie van ons Here Jesus in Gen 3:15.

  • Ons moet ons kinders vertel …

van die HERE se genadeverbond met Abraham.

  • Ons moet hulle vertel – uit Eks 1-12 –

hoe die HERE Abraham se nageslag … ja, sy volk … uit Egipte verlos.

Ja, ons moet ons kinders leer uit die wet … uit Gen tot by Deut.

Maar dan moet ons ons kinders ook vertel

van die HERE se getuienis … wat ons kry in die 10 gebooie …

Ons moet ons kinders vertel

dat die HERE dit aan sy verloste volk gee

sodat hulle daarvolgens kan leef.

****************

Samevatting

Ja, geliefdes, ons het ’n roeping om te vertel.

Ons moet ons kinders vertel

van die HERE se almagtige wonderdade van verlossing.

Ons moet hulle vertel

van die HERE se verbondstrou …

Maar ook van sy verbondseise in die 10 gebooie.

Dit sien ons raak in vers 4 en 5.

*************************

C. Maar as ons nou verder deur Ps 78 lees …

dan sien ons nog iets … wat ons ons kinders moet vertel …

En dit is ons elkeen se verskriklike sonde.

Ons sien dit raak as Asaf vir ons Israel se geskiedenis vertel …

  • Israel wat op hulle woestyn tog … die wonders van God vergeet.
  • Israel wat die verbondstrou van die HERE beleef …

maar dan nie in die HERE wil glo nie.

  • Israel wat deur die HERE in Kanaän ingelei word …

maar dan nie die HERE uit dankbaarheid wil dien nie …

En so … deur hulle vreeslike sonde

bring hulle die HERE se straf oor hulle.

******************

Ons moet dit vir ons kinders vertel.

Ons moet hulle uit die openbaringsgeskiedenis vertel …

van ons sonde-krisis.

Ons moet hulle vertel … dat die HERE sonde straf …

Maar dan moet ons hulle ook vertel van die HERE se genade …

want dit is hoe Ps 78 eindig.

Ps 78 wat ons vertel van die HERE se verbondsrou …

en ons ontrou …

eindig met die HERE se genade …

want die HERE gee vir Israel ‘n Koning Dawid.

So eindig Ps 78 … met die HERE wat Koning Dawid gee …

En dit is die HERE se genade … Sy genade onbeskryflik groot.

Want geliefdes as ons aangaan om te vertel …

Aan hou om deur die blaaie van die openbaringsgeskiedenis te vertel …

dan kom ons op ‘n dag by Mateus uit.

En dan … dan vertel ons ons kinders

van die geslagsregister van Jesus Christus …

“die seun van Dawid …”

Ons vertel hulle hoe Hy gebore is uit die maagd Maria.

Ons vertel ons kinders … hoe die engel met Josef … Maria se man …

kom praat het … en vir Josef gesê het:

“jy moet Hom Jesus noem,

want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

*******************

Toepassing      

Dit … Dit is ons roeping …

En dis so belangrik geliefdes!

Ons moet ons kinders vertel … van die HERE se wonderdade;

van die HERE se verbondstrou … van ons eie ontrou.

Maar ons moet hulle ook vertel van die HERE se genade.

Daarom moet ons hulle vertel van Dawid …

en van Jesus … die Seun van Dawid …

wat vol is van genade.[16]

Ons moet dit vertel …

Ons moet by hulle sit … en hulle lief hê … en hulle vertel.

*********************

3. En dan is daar gevolge

En wat ‘n wonder: … As ons vertel … is daar gevolge.

Ons hoor daarvan in vers 7.

Ons moet vertel sodat ons kinders

“hulle vertroue op God kan stel

en die dade van God nie vergeet nie,

maar sy gebooie kan bewaar.”

Dis ‘n wonder … ‘n Ontsaglike wonder …

Want … weet u: …

Die Heilige Gees gaan aan die werk …

met ouers wat vertel.

Wanneer ons ons kinders van die HERE vertel …

dan werk die Heilige Gees geloof in sy uitverkorenes se harte.

Hy gee aan hulle nuwe harte

en ‘n nuwe gees in hulle binneste.

En dan vertrou hulle … Hulle glo in die Here Jesus.

Hulle vergeet Hom nie.

En hulle begin … om sy gebooie te onderhou.[17]

 

Slot.

Geliefdes, ons het ‘n roeping … ‘n Lewensbelangrike roeping.

Ps 78:1-8 leer dit aan ons.

Ons het ‘n roeping om ons kinders te vertel …

vanuit die Woord van die HERE … sy “roemryke dade …

en (van) sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.”

Van die HERE se wet en sy getuienis – daarvan moet ons vertel

****************

Selfondersoek

Waar staan ons geliefdes? … Vertel ons … of swyg ons?

Pasop … want as jy swyg …

dan word jou kinders “‘n koppige en wederstrewige geslag,

‘n geslag met ‘n onvaste hart

en wie se gees nie trou is teenoor God nie.”

‘n geslag wat afstorm op die hel.

*****************

Daarom het Jesaja eenmaal gesê:

“Tot die wet en tot die getuienis! … (Soos Asaf ook sê)

(Ja, terug na die Wet van die HERE en sy openbaringsgeskiedenis)

(want) As hulle nie spreek volgens hierdie woord nie,

is hulle ‘n volk wat geen toekoms het nie.”[18]

Antwoorddiens

Amen.


[1] Vgl TWOT vol 1 bl 533; NIDOTTE vol 2 bl 1134; vol 4 bl 897

[2] Ps 71:9 berym; Vgl NIDOTTE vol 2 bl 107; Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 291

[3] NGB art 2

[4] Vgl Deut 6:6-7

[5] Deut 6:7

[6] Vgl Calvyn se Ps komm vol 2 bl 230-232; Efes 6:4

[7] מספרים = Pi-el part wat dui op aanhoudende handeling (BHNG bl 122).

[8] Vgl NIDOTTE vol 3 bl 284

[9] Vgl NIDOTTE vol 1 bl 1035; vol 3 bl 366, 615-616; vol 4 bl 897; TWOT vol 2 bl 660.

[10] Vgl vers 44-51

[11] Vgl vers 52-53

[12] Vgl vers 23-28

[13] Vgl vers 54-55

[14] Vgl Gen 12:7; 15:7-8, 13-14

[15] Vgl NIDOTTE vol 4 bl 897

[16] Vgl Joh 1:14

[17] Vgl Sondag 25 v/a 65; Eseg 36:26; 1Pet 1:23

[18] Vgl Jes 8:20

Posted by: proregno | April 2, 2013

Huwelik, egskeiding en hertrou

one man one woman

Ja, en hierdie prentjie geld nie net vir die homo’s, moffies en gays nie, maar ook vir ons geslag van egbrekende, hoererende, rondslapende hetero’s, wat ons so maklik verhef bo ‘homo’ sondaars en so maklik vergeet van:

Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel – Mal.2:16

  Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet;

want God sal hoereerders en egbrekers oordeel. – Hebr.13:4

Na aanleiding van die preekreeks die afgelope drie weke by die GK Bet-el, onder die tema:

Kuisheid binne en buite die huwelik tot eer van God in Christus

plaas ek ‘n paar artikels hier waarna lidmate gevra het (die preke sal later hier en by GK Bet-el beskikbaar gestel word).

Die eerste drie gaan spesifiek oor die onderwerp van egskeiding en hertrou, en die vierde een oor die kwessie van saamwoon buite die eg, poligamie, en waar ook die vraag beantwoord word wanneer daar nou ‘n huwelik plaasgevind het, of wat is nodig vir ‘n wettige huwelik volgens die Skrif (ongeag wat die staat se vereistes is).

Ons het reeds Sondag aand na die laaste preek in die reeks bespreking gehad, so enig iemand is welkom om hier onder by die ‘comments’ afdeling verder die saak te bespreek. Julle sal sien, as jul die verskillende artikels lees, dat my eie gedagtes daaroor ook ontwikkel (van 1 tot 3), nie noodwendig in die beginsels nie, maar in die hantering van die gebroke situasies wat vloei uit onwettige egskeiding en onwettige hertroues.  Sonde is tot oneer van God, dit maak ons stukkend en seer, maar dank God, die Evangelie red en bring hoop, dit gebied weer lewe uit die dood, dit bring weer vrede en ‘n toekoms, al moet ons partymaal met ‘n stukkende hakskeen (Gen.3:15) of sonder ‘n oog of hand die koninkryk ingaan (Matt.5:27-30) !

Soos Augustinus dit gestel het: dit is beter om op die regte pad te strompel, as om op die verkeerde pad te hardloop. (sien Rom.13:14)

Die eerste artikel is ‘n werkstuk wat ek gedoen het tydens my teologiese opleiding, dan ‘n verkorte weergawe daarvan vir kerkraad- en gemeente toerusting, en dan die derde, die kortste en nuutste een as ‘n baie kort samevatting van die saak.  Die inligting oorvleuel en verskil in elkeen, daarom kan dit afsonderlik of saam gebruik word.  Die beste is egter om dit in sy geheel saam te lees.  Die bronnelyste van die artikels kan ook gebruik word om verder te lees oor die verskillende standpunte oor hierdie saak in die kerk deur die eeue.

Soos ek tydens die preekreeks genoem het, as ons deur hierdie preekreeks en artikels net opnuut verootmoedigend kan begin besin en bid en veral verootmoedigend die Skrif studeer oor al hierdie belangrike sake, sal ek baie dankbaar wees.

Ek sien geen reformasie van ons kerk, land en volke sonder die bybels gedrewe Evangelie veranderende reformasie van die huwelik en gesin nie.

Mag die Here ons daarin genadig wees (Ps.25:22).

Omdat Hy altyd getrou is en sal wees (Ps.111:5,9; 2 Tim.2:13), laat ons daarom daarna strewe om in dankbaarheid daarvoor, in al ons verhoudings, hoe langer hoe meer, deur sy genade in Christus en volgens sy Woord en Gees, ook getrou te wees.

1. Etiese perspektiewe op egskeiding en hertrou

Inhoud:

Inleiding

1.1 Objek van die studie

1.2 Probleemstelling

1.3 Hipotese

1.4 Doel van die studie

1.5 Werkplan

1. ‘n Definisie van egskeiding  

2. Die skokkende realiteit en oorsake van egskeiding 

2.1 Skokkende realiteit

2.2 Oorsake

3. ‘n Kort historiese oorsig van verskillende standpunte oor egskeiding 

3.1 Inleidend

3.2 Reformatore

3.3 Katolieke beskouing

3.4 Presbiteriaanse standpunt

3.5 Vandag

4. Die GKSA oor egskeiding 

5. ‘n Eie prinsipiële besinning 

5.1 Eksegeties

5.2 Pastoraal

5.3 Teologies

6. Slot    

Bronnelys 

Uittreksel uit die inleiding: “In 1936 het Edward VIII die Britse troon bestyg.  Daar was egter ‘n probleem: die nuwe koning wou graag trou met ‘n geskeide vrou, ‘n ene Mev. Wallis Simpson.  Edward het gedink hy kan sy private en publieke lewe uitmekaar hou.  Die Britse parlement was egter nie daarvoor te vinde nie. Onder leiding van die Britse eerste minister, Baldwin, het die regerings van al die Britse Dominions sy planne verwerp, en die koning versoek om sy verhouding met Mev. Simpson te verbreek of te abdikeer, d.w.s. afstand te doen van die Britse troon.

As die koning nie hul voorstel aanvaar nie, sou die hele kabinet bedank.  Edward het aan die parlement voorgestel dat hy wel met haar sal trou maar dat sy nie die koningin sal word nie. Op 2 Desember 1936 het die nuus in die publiek uitgelek dat die koning ‘n verhouding het met ‘n geskeide vrou en met haar wil trou.  Die Britse publiek was hewig gekant teen hierdie planne van die koning en 9 dae later, op 11 Desember 1936 het die koning geabdikeer (Cornes, 2002: 19,20).

Ons kan hierdie optrede vandag ons nouliks voorstel.

Vandag wil dit blyk dat egskeiding en hertrou eerder ‘n deug geword het vir vooraanstaande leiers in ons wêreld.  Vandag ontvang leiers wat hul vrouens verlaat het vir ander weivelde die Nobelprys vir vrede.

Maar egskeiding bring nie vrede nie. Dit is ‘n oorlogsverklaring teen die gesin, kerk en ‘n gesonde samelewing.

Die kwessie van egskeiding is in die tydperk waarin ons vandag leef ‘n baie aktuele probleem in die etiek. Daar word ook baie vrae rondom die kwessie van die egskeiding gevra. Die objek van hierdie studie is om ondersoek te doen na etiese aspekte van egskeiding, veral wanneer is egskeiding en hertrou bybels verantwoordbaar.”

2. Wat leer die Skrif oor egskeiding en hertroue ?

Uittreksel: Vandag, in die (post)moderne wêreld is daar hoofsaaklik vier standpunte oor egskeiding en hertrou (House, 1990), wat kortliks as volg opgesom kan word soos verwoord in House se boek:

-      geen egskeiding of hertrou nie (JC Laney).

-      egskeiding vir owerspel maar geen hertrou nie (WA Heth).

-      egskeiding en hertrou vir owerspel en verlating (TR Edgar).

-      egskeiding en hertrou onder ‘n verskeidenheid van omstandighede.

Uit die praktyk vandag is dit duidelik dat laasgenoemde hoogty vier in westerse lande. Onder die aanslag van ‘n anti-God-se-wet gesindheid en ‘n verwarring tussen pastorale bewoëndheid en losbandige sentimentaliteit, word egskeiding en hertrou vrylik in kerke toegelaat (Stott, 1990: 287).  As ons egter by God se goeie wet gebly het vir ons samelewing, moes daar eintlik doodstraf gewees het vir hoerery (Lev.20:10; Dt.22:22; Joh.8:1-11), wat sou beteken het die huwelik is ontbind, en die ‘onskuldige party’ kan weer trou. Ons verkies egter ons eie slaafse wette(loosheid) wat veroorsaak dat ons God se wet vertrap en baie gesinne vernietig deur onwettige egskeidings en hertroues !

Teoloë soos Schaeffer, Henry, Heth, Wenham, Piper, Crones, Steel en Ryrie het hierdie toestand (onwettige egskeiding en hertroues) sterk gekritiseer. Hul standpunt kan as volg verwoord word (Engelsma, 1998: 211):

“… a believer who suffers the misfortune of a divorce has two clear options: remain unmarried or be reconciled to one’s mate. To teach anything else is inconsistent with God’s standard for marriage.”

Alhoewel daar nog formeel in die reformasie kerke bely word dat die huwelik onontbindbaar is, en dat dit slegs deur egbreuk en kwaadwillige verlating verbreek kan word, en dat slegs die onskuldige partye mag hertrou, blyk dit dat daar in die praktyk omtrent enige redes aanvaarbaar geword het vir egskeiding en hertrou. Predikante en Kerkrade hanteer maar elke geval uniek op sy eie manier soos hy goeddink.”

3. Beleidsdokument oor die huwelik, egskeiding en hertrou

Uittreksel: “Ter wille van die toekoms van ons gesinne en kerke, moet ons ook rekening hou dat ons vandag in so katastrofe van die gevolge van egskeiding en hertrou lewe, dat dit blyk onmoontlik sou wees om nou van alle ongeoorloofde huwelike wat in die verlede aangegaan is, te vereis om nou te ontbind. Dit sal net lei tot verdere huweliks- en gesinsverbrokkeling. Daarom moet elkeen bly in sy huidige huwelik en daar trou wees tot die dood toe (1 Kor.7:20), of, as reeds vir verkeerde redes geskei is, bly by wat 1 Kor.7:10,11 geleer word.

Die waarheid en praktiese implikasie van bogenoemde 7 punte, moet vir ons en ons kinders geleer word vir nou en vir die toekoms: deur prediking, katkisasie, huisbesoek, bybelstudies, ens. moet die gemeente opgevoed en geleer word, veral die jonger geslag wat nog gaan trou, dat hul nie moet dink hulle kan maar trou en skei soos hul wil nie, maar dat 1 Kor.7:10,11 hul wesentlike vertrekpunt moet wees in hierdie hele saak:

10 En aan die getroudes beveel ek — nie ek nie, maar die Here (Jesus in Mark.10:10-12; Matt.19:1-12) — dat die vrou nie van die man moet skei nie;  11 en as sy tog van hom skei, moet sy ongetroud bly, of haar met haar man versoen; en dat die man sy vrou nie moet verstoot nie. – 1 Kor.7

4. As die fondamente omgegooi word: ‘n besinning oor saamwoon

Uittreksel: Christus wys daarop dat die huwelik (Matt.19:1-12):

  1. ’n instelling van God is (“Hy wat hulle gemaak het, hulle van die begin af man en vrou gemaak het nie”),
  2. tussen een man en een vrou is (“en hulle twee sal een vlees wees” = dus nie tussen man en man of vrou en vrou nie; ook nie tussen een man en baie vrouens nie),
  3. sy skeppingsordening en ewige wil vir die mens in hierdie bedeling is (“van die begin af”),
  4. dat God twee mense bymekaar bring, en dat geen mens hul mag skei nie, en
  5. dat die OT tydperk, die tye van die ‘sondige verhardheid’ van die mens nie bepaal wat die huwelik is en behoort te wees nie, maar God se skeppingsordening moet ons huwelike nou en vir altyd bepaal (“maar van die begin was dit nie so nie”)

… Verder, is daar reeds ‘van die begin af” drie aspekte van die huwelik deur God gegee wat ‘n huwelik kenmerk, waaronder ‘n publieke handeling, seremonie of ‘amptelike bevestiging’ gekoppel is, en wat plaasvind aan die begin en vorming van ‘n huwelik, kontra wat Jackson skryf hierbo.

Dit vind ons in Gen.2:24, wat Jesus aanhaal en bevestig in Matt.19:5,

“Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees.”

1. Die publieke handeling: “daarom sal die man sy vader en moeder verlaat” (‘n nuwe huis/woning word opgestel, wat konkretiseer in en deur publieke handelinge soos die huwelikseremonie, huweliksertifikaat, samelewingswette, ens.)

2. ‘n Permanente band/verbond tussen man en vrou: “en sy vrou aankleef” (man en vrou is ‘vasgegom’ aan mekaar in ‘n lewenslange band/verbondsverhouding, Spr.2:17; Mal.2:14)

3. fisiese eenwording deur die seksuele: “en hulle sal een vlees wees” (‘n lewenslange intieme verbintenis slegs tussen die twee persone).

En nou moet ons nie (sondig) maak soos ons met huwelike maak nie, en skei wat God saamgevoeg het nie, hierdie drie bepaalde aspekte uit Gen.2:24, soos bevestig in die NT deur Jesus en die apostels (Matt.19:5; Ef.5:31,32) moet in harmonie en konteks gehou word met mekaar.  Die misbruik en verdraaiing daarvan (die sondige voorbeelde in die OT van ’n Jakob of ’n Dawid nie), hef nie die ware Godverheerlikende gebruik en toepassing daarvan op vir alle tye nie.

(So terloops, ons moet deeglik onderskei tussen verhalende stof en normatiewe stof in die Bybel. Eersgenoemde moet altyd gelees word in die lig van laasgenoemde, en nie andersom nie. So moet die OT gelowiges se poligamie gelees word in die konteks van Ex.20:14 en Matt.19:4,5, en nie andersom nie.)

nota: sien ook die volgende werk oor laasgenoemde onderwerp:

Saamwoon voor die huwelik, ds. Hannes Noëth

Sien ook: Poligamie in die lig van Christus se koms

Photo: Duits-Wes Afrika!

Efesiërs 5 (Navolgers van God)                                                          GK Matlabas 2013 03 24

Lees: Ef 4:17 – 5:21

Teks: Ef 5:1 Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders

Tema: God se reisreëls

Sing: Pss 84:1,3; 84:4,6; 25:2,3; 25:4,6; 89:1,6

Prediker: Ds. Gustav Opperman

Broeders en Susters van ons Here Jesus Christus,

Geen huisgesin kan funksioneer sonder ‘n paar basiese huisreëls nie.

Maak nie saak hoe gemaklik ons met mekaar is nie,

As daar nie ‘n orde in ‘n huisgesin is nie,

dan wil verhoudinge maar net nie vlot nie.

Net so kan dinge lelik skeefloop met ‘n geselskap

wat deur die woestyn reis,

as daar nie ‘n onderlinge verstandhouding is

van wat mág en wat nié mag nie.

In hierdie brief van die apostel Paulus aan die gemeente in Éfese

stel hy die gelowiges bekend aan God se reëls,

net soos die HERE destyds deur Moses sy reisreëls aan die volk Israel by Sinai gegee het:

die Tien Gebooie.

Ek het julle uit Egipteland verlos

(so het ons vanoggend die Here se woorde weer gelees)

Ek het julle uit Egipteland verlos,

en Ek het nou by julle kom tabernakel,

by julle kom tentopslaan.

Op hierdie basis kan ons saam bly.

Op hierdie grondslag kan ons saam vorentoe.

So sê die HERE ook vir die gelowiges in Éfese.

Julle het vroeër gewandel volgens die loop van hierdie wêreld,

maar nou is julle huisgenote van God.

Nou loop julle die pad saam met die HERE.

Ja, geliefde kinders van God, daar is nog ‘n pad

wat geloop moet word,

‘n weg wat gewandel moet word.

Alhoewel ons nou saam met God woon,

is daardie woning nie staties nie,

staan dit nie op een plek nie,

maar is dit soos die tabernakel in Moses se tyd.

Soos ‘n tent is dit telkens aan die beweeg.

Die kerk is ‘n reisgeselskap op die pad van Egipteland na die Beloofde Land.

Van die sondegevalle skepping na die nuwe hemel en die nuwe aarde

is die HERE en sy gelowiges saam op reis.

Nou, Broeders en Susters, wees dan navolgers van God op hierdie reispad.

Julle is sy geliefde kinders.

Noudat Christus Homself vir ons oorgegee het,

noudat Christus die volmaakte offer gebring het,

noudat Christus ons verhouding met die Vader herstel het,

noudat julle Christus leer ken het,

is dit net redelik om te verwag,

dat julle al hoe méér soos Hy sal wil wees.

Noudat julle die nuwe mens in julle Verlosser leer ken het,

is dit vanselfsprekend

dat julle die ou Egiptiese mens sal wil agterlaat,

dat julle jul van die ou Efésiese mens sal wil distansieer.

Hoe het ons die Nuwe mens leer ken?

Hoe is die Here Jesus?

Hy is heilig en sonder gebrek voor die Vader.

Dis net redelik

om nou van julle te verwag

dat julle vernuwe sal wil word,

dat julle jul met die nuwe mens sal beklee,

nie meer soos Adam met vyeblare vir God sal wegkruip nie,

maar dat julle voor God sal wil staan,

na sy beeld herskep,

weer oorgemaak na sy beeld,

beklee in ware geregtigheid en heiligheid.

U weet, Geliefdes, baie baie kerkmense is tevrede daarmee

om Sondae in die kerk te wees,

om by die huis ‘n tafelgebed op te sê,

om hulle kinders katkisasie toe te bring,

maar vir die res … vir die res

kan jy geen verskil tussen hulle en die Egiptenare of Efésiërs sien nie.

Ek mag miskien tevrede wees met die status quo.

Ek mag miskien gelukkig wees met hierdie stand van sake,

maar die Gees van God is nie.

Daar waar my hart nog aan Egipteland kleef,

daar waar ek nog soos die ander Efésiërs praat

en ek nog soos hulle loop

en aantrek,

daar bedroef ek die Heilge Gees.

U weet mos:

God se Gees is onrustig.

Solank die nuwe hemel en die nuwe aarde nog nie daar is nie,

sal God se Gees altyd rusteloos wees.

Solank die nuwe Jerusalem in al haar heerlikheid en skoonheid

nie hier op aarde skitter nie,

sal God se Gees steeds aan die werk wees.

Daar waar God se Gees is,

daar moet dinge verander.

Die wolkkolom het die Israeliete op pad na die Beloofde Land aan die beweeg gehou.

Vorentoe, altyd vorentoe …

In Matheus lees ons:

God se Gees het die Here Jesus die woestyn in gedryf

om daar deur die Satan versoek te word

om dan, soos dit die nuwe mens betaam,

daardie versoeking te weerstaan.

God se Gees is soos ‘n wind.

God se Gees is soos ‘n vuur.

God se Gees is die water

wat by die tempel uitstroom en die hele Jerusalem benat

en dan Judea nat maak

en uiteindelik die soutwater van die Dooie See lewendig maak.

God se Gees maak van die kinders van ongehoorsaamheid,

kinders van die lig …

Hy maak van hulle fakkeldraers op die woestynpad,

om self as ligte te skyn te midde van ‘n krom en verdraaide geslag (Fil 2:15).

Om dit te ontken,

is om van die HERE ‘n leuenaar te maak.

Moenie vir my sê,

u is nou maar eenmaal só gemaak

en só laat staan nie.

Dominee, ek is nou maar eenmaal só ‘n soort mens,

ek laat nie toe

dat iemand my verkeerd opvryf nie …

Dominee, ek is nou maar só,

ek hou nie daarvan

om by die kerk met ander mense te gesels nie …

Dominee, ek weet dis verkeerd,

maar …,

en dan volg die versoek,

dat een of ander sonde maar verskoon moet word.

U sien, Geliefdes, ons kan nie op ‘n Sondag hier in die kerk bely:

Ek glo in die Heilige Gees

en dan vir mekaar sê:

“ek is nou maar eenmaal

soos ek is nie”,

want dan ontken u die werk van God se Gees,

dan ontken u dat Hy in Jesaja 55 gesê het:

dat Hy vir die doringboom ‘n sipres sal laat opgaan

en dat Hy vir die distel ‘n mirteboom sal opgaan (Jes 55:13).

Dan ontken u,

dat Hy saam met u op pad is na die Beloofde Land.

Dan ontken u,

dat u inderdaad Christus ken.

Dan bedroef u die Heilige Gees.

Daarom, wees dan navolgers van God soos geliefde kinders,

God se Seun het vir julle ‘n voorbeeld gestel,

volg Hom na.

Die apostel Petrus bring dieselfde boodskap in sy eerste brief:

Christus het vir julle ‘n voorbeeld nagelaat,

(skryf hy)

sodat julle sy voetstappe kan navolg (1 Pet 2:21 ev.).

Hy wat, toe Hy uitgeskel is,

nie terug uitgeskel het nie;

toe Hy (onder die mense) gely het,

nie gedreig het nie,

maar dit oorgegee het aan Hom

wat regverdig oordeel.

As u Saam met God in sy huis woon,

dan hoef u nie soos die mensdom om u

te leef en te lyk nie.

As u saam met God onderweg is na die ewige saligheid,

dan mag u nie soos die mense om u leef en lyk nie.

U het Jesus Christus as voorbeeld:

só lyk die nuwe mens,

sê die Skrif.

Die gedrag van die Egiptenare is te verstane.

Ons kan die manier van doen van die Efésiërs rondom ons verklaar.

Hulle ken nie die Here Jesus nie:

hullle is verduisterd in hulle verstand;

hulle is vervreemd van die lewe van God;

hulle lewe in onkunde;

hulle hart is verhard teen die Evangelie;

hulle het hulself oorgegee aan die ongebondenheid.

Hulle maak soos hulle wil.

Hulle drink soos hulle wil.

Hulle glo in die vryheid van spraak.

Hulle sê wat hulle wil.

Hulle vloek soos hulle wil.

Die ongebonde mens behou homself die reg voor

om die Here se heilige Naam te gebruik en te misbruik,

hier, hier, daar, voor, agter, soos hy wil.

Daar is nou al tot in sms-taal ‘n afkorting geskep

om te laster:

OMG: “Oh my God”.

Hulle swets soos hulle wil,

hulle gebruik die vieslikste f-woorde

hier, daar, voor, agter,

asof dit die mees normale ding op aarde is.

Soos Lameg van ouds wreek die ou mens homself ook,

soos hy goeddunk.

Nee, jy moenie met hom sukkel nie.

Hy sal jou gou ‘n ding of twee wys …

Hy sal jou vinnig sê

en hy sal jou góéd sê

en onthou, as jy hom te na gekom het,

hy het ‘n laaang … geheue.

As hy iets kan kry,

sonder om te werk,

dan is die Gelukgodin met hom.

En hy lieg:

Hy sal tot hier in die kerk kom staan en lieg.

Hy sal hier voor kom staan en belowe

dat hy die eredienste ywerig sal opsoek,

maar jy soek hom tevergeefs in die eredienste.

Hy sal hier voor die kansel kom belowe,

dat hy nooit sy vrou sal verlaat nie,

maar drie of vyf jaar later is dit presies wat hy doen.

Hy sal hier kom belowe,

dat hy sy kinders in die vrees van die Here sal grootmaak,

maar jy moet daardie kinders liefs nie iets oor die Bybel vra nie.

En dit word al hoe erger.

Namate God met sy volk op pad is,

so vererger die toestand van dié wat agterbly.

Dis nou die Egiptenare wat in Egipteland agterbly,

maar ook diegene van die volk, van die Israeliete,

wat op die woestynpad wegval

en daar agterbly.

Paulus skryf in sy eerste brief aan die Korintiërs van hierdie Israeliete.

(Want u sien,

die Korintiërs was maar net soos die Efésiërs.)

Paulus skryf van daardie Israeliete.

Hulle was saam met hulle ander volksgenote deur die Rooi See,

(sê hy)

hulle was saam onder die wolkkolom op pad na die Beloofde Land,

maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie,

want hulle is neergeslaan in die woestyn (1 Kor 10:5).

Namate God met sy volk op pad is,

namate die tyd uitloop,

word die sonde al hoe erger.

Die boek Openbaring sê:

die wat onreg doen,

doen al hoe meer onreg

en die wat vuil is,

word al hoe vuiler (Op 22:11).

Die wat vrot is,

word al hoe vrotter.

En dis seker nie duideliker as in die seksuele verwording van ons tyd nie.

In hebsug word daar al hoe meer onreinheid bedryf,

soos ons Skrfgedeelte sê:

prostitusie, pornografie

en in die advertensie en films en op die TV-kanale is dit net seks en nogmaals seks.

Hoerery in alle vorme is aan die orde van die dag.

Saamwonery word nie eers meer bevraagteken nie,

ook nie deur kerkmense nie.

Owerspel en egskeiding lig nie meer ‘n wenkbrou nie.

As jy teen homoseksualiteit is,

dan word jy geklasifiseer as ‘n haatdrande mens.

En Geliefdes, laat ons met mekaar hieroor heeltemaal duidelik wees,

want ons Skrifgdeelte is heeltemaal duidelik hieroor:

Geen hoereerder het ‘n erfdeel in die koninkryk van God nie.

Julle moet dit weet.

 

Ons Skrifgeeelte sê ook die dae is boos,

die tyd moet uitgekoop word.

Hoe verder God se uurglas leegloop,

hoe nader ons aan die Beloofde Land kom,

hoe boser gaan die dae word.

Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders.

Lê die ouer mens af, Broeders en Susters,

daardie ouer mens wat deur die begeerlikhede van die verleiding te grond gaan.

Beklee julself met die nuwe mens,

die nuwe mens soos ons Hom in Jesus Christus duidelik sien.

Let op die woorde

wat by julle mond uitgaan.

Lê die leuen af

en spreek die waarheid.

En onthou, as u nie Christus verkondig nie,

dan het u nog nie die waarheid gespreek nie,

dan het u nog nie ‘n lig in hierdie donker wêreld laat skyn nie.

Laat geen vuil woord by julle mond uitgaan nie.

Ek meen dis redelik helder en duidelik, Geliefdes.

As jy ‘n vloekgewoonte het,

stop dit!

As ek die gewoonte het

om vrylik uiting aan my woede en frustrasie teenoor ander mense te gee,

moet ek my van daardie gewoonte distansieer.

As ek ‘n voorliefde het vir dwase en lawwe praatjies,

as ek ‘n voorliefde het vir skuins grap,

as ek meedoen aan al die onder-die-belt kwinkslae

wat in omloop is,

weet dan wat ons Here Jesus gesê het:

van elke ydele woord wat die mense praat,

daarvan sal hulle moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag (Mat 12:36).

In sy brief verwys die apostel Jakobus ook na die gebruik van ons tong (Jak 3:1 ev)

en dan wil hy by die gemeente weet

hoe dit moontlik is,

dat ons hierdie tong gebruik

om ons God en Vader te loof,

maar dit teselfdertyd ook kan gebruik

om ander mense te vervloek,

mense wat na die gelykenis van God gemaak is?

‘n Fontein laat tog nie uit dieselfde oog vars en bitter water opborrel nie?

Let op wat by jou mond uitgaan, geliefde kind van God.

Jy het nie vryheid van spraak nie …

nie in God se huis nie,

nie in God se reisgeselskap nie.

In die HERE se huis

en in die HERE se reisgeselskap het ons die opdrag

om mekaar te bemoedig met woorde.

Woorde wat goed is vir die nodige stigting,

met ander woorde, woorde wat opbouend is,

woorde wat genade gee aan aan die wat dit hoor.

Woorde wat getuig van vriendelikheid en ontferming.

Ons sal nooit genoeg dankiesê-woorde kan hoor nie.

Laat ons God die Vader altyd dank.

Laat ons God die Vader vir alles dank.

Altyd dank,

vir alles dank,

sê ons Skrifgedeelte.

En ja, dan is daar die Psalmwoorde.

As ek met God se Gees vervul is,

dan sal daar Psalmwoorde by my mond uitkom.

As ek die Here Jesus leer ken het,

dan sal ek, net soos Hy,

by elke moontlike geleentheid die Psalms oor my lippe laat kom …

Psalmwoorde wat goed is vir die nodige stigting.

Inderdaad, woorde wat genade gee

aan die wat dit hoor.

Wees dan navolgers van God, geliefde Broeders en Susters.

Loop in die spore

wat die Here Jesus vir ons gelos het.

Hy is ons Leidsman en Verlosser.

Amen.

Posted by: proregno | March 25, 2013

Dr. Pipa se sprekerstoer: slotwoorde

009

Andries, Mandi, mev. Pipa, dr. Pipa voor die Voortrekkermonument

Baie dankie vir almal wat die sprekerstoer moontlik gemaak het, dit word baie waardeer. In die besonder dankie aan:

- dr. Pipa en sy vrou vir die goeie vriendskap wat gesmee is.

- GPTS wat dr. Pipa gestuur het en dit moontlik gemaak het dat kon kom.

- Louis Cloete wat die idee begin het van ‘n sprekerstoer deur dr. Pipa in SA.

- aan GK Bet-el wat die hoofborg van sy sprekerstoer was, ook vir die lidmate wat elkeen gehelp het met die etes en versorging van die Pipa’s (in die besonder vir Andries en Mandi Opperman se gasvryheid).

- aan almal wat die verskillende lesings bygewoon het en deelgeneem het aan die besprekings.

Ons sal so met die tyd hier en by GK Bet-el se webblad van sy boodskappe van die week plaas.

Ek gaan nou ‘n paar dae asem skep, en weer Afrikaans leer praat !

Groete

Slabbert

Posted by: proregno | March 20, 2013

Dr. Pipa sprekerstoer vir die res van die week

 114

Dr. Pipa in die PUK museum by die ou PUK logo

Dr. Pipa het Dinsdag 2 lesings gehou in Potchefstroom, en ook verskillende historiese plekke daar besoek.

115

Dr. Pipa, Totius en ds. Ronald Bain (GK Cachet)

Woensdag was ons by Mukanyo Theological College waar hy ‘n Skrif oordenking gehou het oor gebed, en daarna het hy, sy vrou en myself Nakekela Clinic besoek, waar dr. Sonja Miskin ons meer vertel het van hul dienswerk onder verskillende mense in nood, veral Vigs pasiënte.  Ons het ook die Thembalethu Christian Community Centre besoek.  Dankie ook vir dr. Brian de Vries wat ons rondgewys het vandag.

131

Mev. Pipa (Sissy), dr. Sonja Miskin, dr. Pipa

138

Hier is die res van dr. Pipa se program, u elkeen word hartelik uitgenooi om na sy lesings te kom luister, hom en sy vrou te ontmoet, asook met ander gelowiges te kom kuier:

Thursday, 21 – visiting Wycliffe Theological Seminary, Randburg

Lecture: “The Holy Spirit and the Unique Power of Preaching”

contact person: rev. Jim Wright

Friday, 22 – Special offices seminar in Pretoria (GK Bet-el)

16h15: Opening, ds. Le Cornu

16h30: What is good reformed preaching & good reformed theological training, dr. Pipa

18h00: Evening meal

19h00: Office of elder – calling and task (who are called to this task?), dr. Pipa

20h00: Question and answers

Saturday, 23 – Church seminar in Pretoria (GK Bet-el)

09h30: Opening, ds. S Le Cornu

09h45: The Calling of the Church (touches on issues of ‘missional strategies’)

10h45: Tea

11h15: The importance of church government and church denomination (Belgic Confession talks about true and false churches, Westminster about more or less pure churches; Where do we draw the line for church unity, can one have denominational unity if church’s church government differs radically, for instance on the issue of women offices, etc.)

12h15: Lunch

13h00: The Law of God for today (the relation between die OT and NT, does the law apply for today, specific application to the last day – first day Sabbath issue)

Contact person: Francois van Deventer and more info: GK Bet-el

Sunday morning, 24: preaching in Johannesburg

morning: Grace Family Church in Cosmo City

evening: English Reformed Church in Randburg

contact person: rev. Jim Wright

P1260457

Dr. Pipa het veilig ge-arriveer in Pretoria laas Saterdag, saam met sy vrou Carolyn (Sissie).

Sondag-oggend het hy gepreek by die Engelse diens by GK Rietvallei en in die aand na die erediens by GK Bet-el, het hy ’n lesing gehou oor ‘The Southerners and Slavery’.

Vanoggend het hy by die APK Akademie twee lesings gehou:

Lecture one: Our theological calling today – a southern (USA) perspective

Lecture two: A Christian life – our theological responsibility

Al die lesings tot dusver was baie leersaam.

Vanaand is hy die spreker by die Juventus groep in (Pretoria):

Datum: Maandag 18 Maart 2013

Plek: Ark-lokaal; Aros-kampus (Dickensonlaan 1174, Waverley, Pretoria)

Spreker: Dr. Joseph Pipa

Tema: Reformatoriese onderrig in die 21e Eeu.

Tyd: 18h30  Almal welkom!

DINSDAG, 19 MAART

Almal in Potchefstroom en omgewing word ook uitgenooi na dr. Pipa se twee lesings daar more (Dinsdag):

Lecture one: The New Covenant Sabbath – Sunday (13h00-14h00, by die teologiese skool in Potchefstroom)

Lecture two: The importance of Infant Baptism (18h00, Kontakpersoon vir meer inligting, ds Ronald Bain: 082 339 0933)

ns. onthou, dr. John Lennox gaan more ook tussen 09h00 – 10h30 ‘n lesing hou oor ‘New Atheism’

1. Dr. Pipa sprekerstoer

Hier is ‘n meer volledige program van dr. Pipa se sprekerstoer wat binnekort plaasvind:

Saturday, 16

Arrival and rest

Sunday, 17 – preaching and meeting in Pretoria

morning – preaching at Rietvallei Reformed church (contact person: Shaun Green)

evening - discussion on ‘The Confederates and the slavery issue’ after the evening service (Contact person: Francois van Deventer and more info: GK Bet-el)

Monday, 18 – meetings in Pretoria

morning – meeting with APK church professors and lecture to students:

Lecture one: Our theological calling today – a southern (USA) perspective
Lecture two: A Christian life – our theological responsibility

Contact person: prof. Koos Adendorff

evening: lecture for Juventus reformed youth group (Pretoria)

“Reformed theological training and education in the 21st century”

Contact person: ds. Pieter Le Roux

Tuesday, 19 - meetings and lectures in Potchefstroom

Lecture one: The New Covenant Sabbath – Sunday

Lecture two: The importance of Infant Baptism

Contact person: prof. Henk Stoker

Wednesday, 20 - morning devotional and visiting Mukanyo Theological Seminary

contact person: dr. Brian de Vries

Thursday, 21 – visiting Wycliffe Theological Seminary, Randburg

Lecture: “The Holy Spirit and the Unique Power of Preaching”

contact person: rev. Jim Wright

Friday, 22 – Special offices seminar in Pretoria (GK Bet-el)

16h15: Opening, ds. Le Cornu

16h30: What is good reformed preaching & good reformed theological training, dr. Pipa

18h00: Evening meal

19h00: Office of elder – calling and task (who are called to this task?), dr. Pipa

20h00: Question and answers

Saturday, 23 – Church seminar in Pretoria (GK Bet-el)

09h30: Opening, ds. S Le Cornu

09h45: The Calling of the Church (touches on issues of ‘missional strategies’)

10h45: Tea

11h15: The importance of church government and church denomination (Belgic Confession talks about true and false churches, Westminster about more or less pure churches; Where do we draw the line for church unity, can one have denominational unity if church’s church government differs radically, for instance on the issue of women offices, etc.)

12h15: Lunch

13h00: The Law of God for today (the relation between die OT and NT, does the law apply for today, specific application to the last day – first day Sabbath issue)

Contact person: Francois van Deventer and more info: GK Bet-el

Sunday morning, 24: preaching in Johannesburg

morning: Grace Family Church in Cosmo City

contact person: Chester Chummie

evening: English Reformed Church in Randburg

contact person: rev. Jim Wright

2. Preekreeks oor die sewende gebod in Pretoria

Saam met die sprekerstoer is daar ook die volgende preekreeks wat ek by die GK Bet-el gaan aanbied:

Tema: Kuisheid binne en buite die huwelik (HK Sondag 41 – die sewende gebod)

17 Maart

19:00 — Kuisheid in gees en liggaam is God se wil vir alle mense (1 Kor.6:9-20)

24 Maart

11:45: Kuisheid binne en buite die huwelik (1 Kor.7:1-9)

19:00: Huwelik, egskeiding en hertrou (1 Kor.7:10-11)

Na die erediens: vrae en bespreking oor preke 1-3, veral egskeiding en hertrou

31 Maart

11:45: God se wil vir gebroke verhoudings (1 Kor.7:12-24)

19:00: Deur Christus alleen kan ons kuis lewe (Jes.55:1-3)

Na die erediens: dr. David Murray DVD aanbieding saam kyk: God’s Technology – training our children to use technology to God’s glory

31ste Laan 415 Villeria Pretoria. Direkte uitsending: www.gkBetEl.camstreams.com gkBetEl@gmail.com of  Tel: 012 3614266  http://www.gkbetel.wordpress.com

______________________________________

Hier is meer inligting oor dr. Joe Pipa:

Dr. Pipa is die president van GPTS (vir meer inligting: Greenville Presbyterian Theological Seminary) en is die skrywer van die volgende boeke:

The Lord’s Day

The Westminster Confession of Faith Studybook (wat ook die Drie Formuliere van Enigheid inkorporeer in die studieboek)

Galatians: God’s Proclamation of Liberty

Dr. Pipa was ook die mede-redakteur van die baie belangrike boek Did God Create in Six Days?

Hier is ‘n profiel van dr.Pipa:

Joseph A. Pipa, Jr. was born in Memphis, Tennessee. He is a graduate of Belhaven College and Reformed Theological Seminary in Jackson, Mississippi, and received a Ph.D. from Westminster Theological Seminary in Philadelphia, Pennsylvania.

Dr. Pipa has over twenty years of pastoral experience in Mississippi, Texas and California.  He was also Associate Professor of Practical Theology and Director of Advanced Studies at Westminster Theological Seminary California from 1990-1997 before becoming the first president of Greenville Presbyterian Theological Seminary in Taylors, South Carolina.  Dr. Pipa continues to serve as both Professor of Historical & Systematic Theology and President of GPTS.  He and his wife, Carolyn, live in Greenville, South Carolina. They have a married son and daughter, and five grandchildren.

Dr. Pipa’s sermons are available at SermonAudio.com, and several are indexed by Monergism.com.  Dr. Pipa’s professional credentials and experience are also listed on his profile page at Greenville Presbyterian Theological Seminary’s website.  You can also find Dr. Pipa on Facebook.

Dr. Pipa has written several books, and contributes to Tabletalk magazine.  Below are his titles available through Christian Focus.  Also, an audio interview on his recent Galatians commentary is available online.

Older Posts »

Categories

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 328 other followers