DIE TEOLOGIESE VADER VAN DIE GELOFTE VAN 1838

DIE TEOLOGIESE VADER VAN DIE GELOFTE VAN 1838

Wilhelmus a’Brakel

Die Sinode verwerp die dwaling van hulle wat leer: Dit is nie enkel en alleen die welbehae van God wat die oorsaak is waarom Hy die evangelie eerder na die een as na die ander volk stuur nie. Dit gebeur omdat die een volk beter en waardiger is as die ander aan wie die evangelie nie meegedeel word nie.

Die Sinode leer: Dit ontken Moses as hy die Israelitiese volk soos volg toespreek: Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is. Maar net aan jou vaders het die HERE ’n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is (Deut 10:14,15). En Christus het gesê: Wee jou, Gorasin, wee jou, Betsaida! want as in Tirus en Sidon die kragtige dade plaasgevind het wat in julle plaasgevind het, sou hulle hul lankal in sak en as bekeer het (Matt 11:21).” – Dordtse Leerreëls hoofstuk 1, verwerping 9

“Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.”  – Dordtse Leerreëls hoofstuk 2, artikel 5

“Dit was immers die volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God die Vader, dat die lewendmakende en saligmakende krag van die uiters kosbare dood van sy Seun al die uitverkorenes tot voordeel sal strek. So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak. Dit wil sê: Dit was die wil van God dat Christus deur die bloed van die kruis – waarmee Hy die nuwe verbond bevestig het – uit elke volk, stam, geslag en taal húlle en hulle alleen kragdadiglik sal verlos, wat van ewigheid af tot die saligheid uitverkies en deur die Vader aan Hom gegee is.” – Dordtse Leerreëls, hoofstuk 2, artikel 8.

“Hierdie verborgenheid van sy wil het God in die Ou Testament aan min mense bekend gemaak, maar in die Nuwe Testament, waar die onderskeid tussen die volke nou weggeneem is, het Hy dit aan meer mense geopenbaar. Die oorsaak waarom hierdie bedeling so verskillend is, moet nie aan die waardigheid van die een volk bo die ander of aan die beter gebruik van die lig van die natuur toegeskryf word nie, maar aan die volledig vrye welbehae en onverdiende liefde van God.” – Dordtse Leerreëls, hoofstuk 3/4, artikel 7.

Inleiding
Die Gelofte van 1838 was nie die Afrikaners se maak van ‘n skielike plotselinge ‘nuwe verbondsgelofte’ met God nie, nee, dit was die vrug van ‘n verbondslewe deur die eeue reeds, omdat hul (in hul uitverkorenes verbondsmatig as gelowiges, sien prof. WJ Snyman se werke in hierdie verband, sien die Statenvertaling notas by Ps. 22:28; Jes. 54:5, 44; Op. 5:9,10 en 15:4) reeds uit genade alleen, deur die geloof alleen, sonder enige verdienste in verbondsgemeenskap met die God van die genadeverbond gelewe het, en dit ook op alle lewensterreine, ook die volksterrein.

Daarom wou en kon hul tot eer van God en vir die opkomende geslagte ‘beloftes of geloftes’ maak midde die groot krisis en bedreiginge van hul tyd, omdat hul hul enigste Troos gesoek het, nie in hul europese afkoms nie, nie in hul mensemag en oorlogsvernuf nie, maar in ‘die heilige God van hemel en aarde’ (Ps. 121; 146), met al die fokus op verootmoediging voor die Here, en dus, dat die ‘wet en evangelie van Christus’, dat die Christelike geloof, die Christe beskawing, nie net onder die Afrikaners nie, maar alle volke aan die suidpunt van Afrika sal uitgaan en voortgaan.

Dink hier ook aan die woorde van die ‘Jan van Riebeeck gebed‘, dat die ‘gereformeerd Christelike leer’ hier versprei sal word in Afrika tot die lof en die eer van sy Naam.

Dit is daarom wesentlik belangrik om in ons tye van uiterstes van of vir of teen de Gelofte (bv. veragting van alles waarvoor en waaroor die Gelofte gaan, selfs veragting deur sommige gelowiges, en weer ander wat dit bloot as ‘karnival partytjie tyd’ sien, of ander wat skuldig is aan volksverafgoding, of dit as bloot ‘n ‘kultuursaak’ sien wat net oor die Afrikaner se blanke oorlewing gaan, of ander wat bloot net nie omgee nie, net nog ‘n vakansiedag vir myself…) om die Skriftuurlike en teologiese bronne in die lig van die Skrif (Hand. 17:11) te bestudeer wat gelei het tot die maak van die Gelofte van 1838, en daarin was seker die grootste (maar nie enigste nie!) invloed in hierdie verband, Wilhelmus a’Brakel (1635-1711).

Die groot ironie is, dat meeste Afrikaners, selfs onder gereformeerde Afrikaners, het skaars van hom gehoor, en nog minder van sy werke gelees, waarvan die belangrikste en ‘bekendste’ natuurlik is, De Redelijke Godsdienst, wat behalwe in die oorspronklike Nederlands, ook al in Engels vertaal is, en hier gratis aanlyn beskikbaar is: 

The Christian’s Reasonable Service

(Let wel, vir vreemde redes het RHB besluit om nie in hul engelse vertaling  a’Brakel se kommentaar en insigte oor die boek Openbaring en eskatologie te plaas nie, dit kan wel hier aangekoop word: Not To Be Ignored: Rev. Wilhelmus a Brakel’s Commentary on Revelation: An English Translation)

Sien hierdie paar bronne oor a’Brakel se verbondsbeskouing wat bepalend was op die Voortrekkers en veral Sarel Cilliers en Andries Pretorius, om by die maak van die Gelofte van 1838 uit te kom (kliek op die titels om die skakels en dokumente oop te maak, beklemtonings bygevoeg):

Die teologiese agtergronde van die Voortrekkergelofte (1838), deur AWG Raath & E Erlank

“Waar Pont die teologiese invloede wat ‘n effek op die Gelofte kon gehad het, na
die Reformatoriese verbondsteologie terugvoer, wy hy uiteindelik die meeste aandag aan die bekende Nederlandse skrywer van die 18c eeu, W a’Brakel, se werk Redelyke Godtsdienst in welke de goddelyke waerheden des genaden-verbondts worden verklaert tegen parlyen beschermend ende tot de practyke aengedrongen (1736). Pont kom tot die gevolgtrekking dat dit waarskynlik lyk dat “die gedagte aan ‘n gelofte ook vanuit sy (Andries Pretorius se) kennis van a’Brakel se uiteensetting kan kom” (1988:51).

Hy lewer soos volg kommentaar oor die aanvanklike onwilligheid van Sarel Cilliers om die Gelofte af te Ie: ”Dit is opvallend dat Sarel Cilliers se aanvanklike besware teen die aflê van ‘n gelofte, in lyn Iê met die opmerkings van A Brakel dat ‘n gelofte nie ligtelik afgelê moet word nie. Daarom lyk dit waarskynlik dat Cilliers, nadat hy die gedagte aanvaar het, eers die moontlikheid van die aflê van ‘n gelofte by die laer op Danskraal aan die burgers genoem het, en dat die Gelofte self die eerste maal in die laer by die Wasbankrivier afgelê is” 

“B Spoelstra (1963:5) wys daarop dat a’Brakel een van die outeurs was wat, in ‘n tyd waarin die Gereformeerde belydenis at hoe meer losgelaat is, aan die ou Gereformeerde opvattings vasgehou het en dat sy werke in die tweede helfte van die 18e eeu deur die geisoleerde Doppers ‘gelees en herlees’ is. … Verskillende fragmentariese verwysings, onder andere deur ds Dirk van der Hoff, dui daarop dat die Calvinistiese denke wat ons by die Voortrekkers vind, waarskynlik beinvloed is deur a’Brakel …. Dit blyk ook duidelik uit die invloed wat a’Brakel op die Gelofte van 1838 gehad het …. Sonder huiwering kan dus aanvaar word dat a’Brakel se Redelijke Godsdienst een van die werke was wat deur die Trekkers gelees en vir die inkleding van hul godsdienstige en maatskaplike lewe gebruik is.” 

“In a Brakel (1739 ll:508) kom die gedagte dat die gelofte deur die verbond gekonstitueer word, duidelik na vore. Die verbond van genade, waarvan die doop ‘n teken is, skep die moontlikheid van ‘n gelofte waardeur die gelowiges hulself tot gehoorsaaamheid in God verbind: “Als yemant in het verbondt der genade ingaet/dan verbindt hy die dog verbonden was/met goedceuringe/ genoegen/ende gewilligheyt/hem selven om eeuwig des Heeren te zijn/en om door den Geest Godts na zynen wille bestiert te worden; hy geeft hem de handt/en hy herhaelt al dikwijs de verbintenisse met al zijn herte.”

Die genadeverbond, met die teken van die doop, maak dit moontlik dat gelowiges nie net kollektief ‘n gelofte kan maak nie, maar dat ook die nageslagte gebind kan word, omdat die gelowiges op grond van die genadeverbond in ‘n besondere verhouding met God opgeneem is (Pont 1988:48).

Dit moet dus duidelik gestel word dat die Voortrekkers die nageslag aan die Gelofte wou bind, nie soseer op grond van die Gelofte self nie, maar op grond van die verbond wat kragtens sy oprigting deur God die nageslag betrek. Nakoming van die Gelofte deur die nageslag is dus ten diepste diens aan God kragtens die verbond waardeur God ook die God van die kinders (nageslag) is. HCJ Flemming (1971:15) gebruik selfs die term “gelofteverbond” om die aard van die Gelofte te beskryf, terwyl AA Venter (1971:10-11), met verwysing na die nakoming van die Gelofte skryf dat die erfgename van die verbond “openbaar as vrug hiervan ‘n vroom, opregte en godvresende lewenswandel.”

D P M Beukes (1971:9), nadat hy die vraag gestel het of een geslag van ‘n volk die reg en bevoegdheid het om die nageslag met ‘n gelofte te verbind, kom dan tot die gevolgtrekking dat “(o)ns voorsate het as Calvinistiesverankerde gelowiges vanuit die verbondsbeskouing geglo dat hul nageslag net soos hulle die beskikkinge van God in die lewe van ‘n volk sal erken en dus altyd saam aan Hom die dank sal wil bring vir wonderlike uitredding uit die donkere nood van dreigende uitwissing.” (Kursivering deur die outeurs). Hy kom dan tot die gevolgtrekking dat dit vandag ons voorreg en roeping is om te toon dat ons die vertroue wat ons Voortrekker-ouers in ons gestel het, waardig is.” 

“Wilhelmus a’Brakel (1739, ll: 511) maak spesifiek daarvan melding dat geloftes moet geskied by wyse van dankbaarheid of tot bevordering van ons geestelike welstand. Die betaling van so ‘n gelofte moet geskied as dankbaarheid jeens God: Offer dank aan God en betaal aan die Allerhoogste u geloftes (ps 50:14).” 

Nogeens: Die agtergrond, inhoud en implikasies van die Gelofte van 1838, deur 
Piet Strauss

“Wilhelmus a’Brakel, moontlik die mees geleesde skrywer van die Nadere Reformasie onder die trekkers, verbind ook die taak van die staatsowerheid aan artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis.”

“In sy Redelijke Godsdienst bespreek a’Brakel ook die aflê van geloftes of, soos hy dit ook noem, ”beloftes” – die woord wat Sarel Cilliers ook vir die saak gebruik. Dat by die saak hier hanteer, is nie ongewoon aan CaIvyn en die gereformeerde tradisie Die (vgl Calvyn, Institusie IV:13,1; Polyander 1966:45-53). Vir aBrakel is geloftes deel van die Christelike lewe.”  

“Binne hierdie verbintenis gaan dit vir a’Brakel dus om met ‘n saak na God te gaan wat die toets van die lig kan deurstaan, binne die mens se vermoë is en ‘n vrywillige vereenselwiging daarmee. ‘n Gelofte moet egter nie ligtelik gemaak word nie en hulle wat dit doen, moet sekerheid hê dat dit nagekom kan word.”

“Vir hulle soort gelofte vind die emigrante moontlik eksplisiet ruimte by a’Brakel as hy verder aanvoer dat ‘n gelofte deur die gelowige gebruik kan word om homself opnuut aan God te wy of om die hulp van die Here in ‘n noodsituasie in te roep. Pont meen dat die gelofte van 1838 met sy binding van almal teenwoordig en hulle nageslag (ons kom straks daarby) meer korporatief as indiwidueel werk en nader aan die standpunte oor ‘n gelofte in die Synopsis purioris theologiae van vier Leidse hoogleraars uit 1625 en selfs die Skotse covenants – waar leiers ander mense vir meer as een geslag bind – beweeg as aan a’Brakel. Die Synopsis sou dan meer klem Iê op die genadeverbond as die kader waarbinne geloftes moontlik is, Iê, terwyl a Brakel op de oog af die aflê van en binding aan ‘n gelofte meer indiwidueel opvat. Volgens hom openbaar laasgenoemde hier juis die invloed van die piëtisme met sy klem op die indiwidu en sy vroomheid (Pont 1988:48).”

God se verbondshandeling met Sy Volk: ‘n Opsomming van wat Abrakel daaroor leer, deur ds. AJ (Cobus) Rossouw (GK Hendrina & Carolina)

“Dit is dus duidelik dat die mense wat waarlik aan die kerk behoort ook in die Genadeverbond is – “de kerk het verbond tot eenen grond.” As mens nou die saak
van mense wat hulself uitwendig in die Genadeverbond inlaat uit die gesigspunt van die kerk beskou, kom mens uit by die bekende taal van NGB art 29 – “….Ons praat nie hier van die huigelaars wat in die kerk met die goeies vermeng is en tog nie aan die kerk behoort nie alhoewel hulle uiterlik daarin is...” Dit sou dus moontlik wees om dit wat Abrakel ‘uitwedig inlaat’ noem, as volg te stel: “Wij maken ondescheid tusschen eene uitwendige inlating in/huigelagtige deelname aan het Verbond der Genade, en tusschen een uitwendige Verbond.”
_____________________________________

Pro Regno artikels van a’Brakel hier.

a’Brakel se Redelijke Godsdienst kan hier in Engels aangekoop word: Good Neighbours

Halleluja of Lof des Heeren over het Genadeverbond : opgesteld naar aanleiding van de verklaring van Psalm 8 – door Wilhelmus à Brakel (Resensie hier)

Nog elektroniese werke hier beskikbaar, ook oor sy lewe en werke hier

Verdere artikels oor Geloftedag hier

One thought on “DIE TEOLOGIESE VADER VAN DIE GELOFTE VAN 1838

Add yours

  1. Dankie. Dit was ‘n voorreg gewees om die afgelope Desember ‘n Geloftediens waar te neem op die plaas Ongariwanda naby Kalkfeld in Namibië. Groete Johannes de Koning

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑