DIE DIREKTE VERTALING (2020-vertaling): Skrifkritiese inleiding by Deuteronomium

DIE DIREKTE VERTALING (2020-vertaling): Skrifkritiese inleiding by Deuteronomium

“Inleiding:  Volgens ‘n baie ou Joodse tradisie was Moses die skrywer. Dié tradisie moet egter ernstig betwyfel word.” – 2020 Vertaling 

“Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe. En as julle sy geskrifte nie glo nie, hoe sal julle my woorde glo?” (Joh.5:46,47)

“Om te sê: ‘Ek volg die metode van die Skrifkritiek maar nie sy resultate nie’, is seIfbedrog. Die metode self van die Skrifkritiek is verkeerd; want die gesag van Gods Woord word op kardinale punte verwerp. In die plek daarvan word gestel die gesag van die mens wat sogenaamd beter weet wat in die Skrif moet staan en nie staan nie. Wie volgens ons Belydenis die Skrifgesag ten volle aanvaar, kan met die Skrifkritiek geen enkele skrede saamgaan nie.” (Totius, Die Kerkblad, no. 680, 7 Oktober 1930)

Inleiding
Soos in die dae van Jesus Christus, is daar vandag nog baie geleerdes in teologiese skole wat nie God se Woord net so wil aanvaar van harte nie. In die Skrifkritiek of Hoër Kritiek bewegings word die mens se rede, en nie Godsopenbaring nie, die finale en hoogste toetsteen van wat geglo word en wat nie. Die finale bepalende norm vir alle waarheid verskuif vanaf God se Woord na die mens se rede of verstand, alles dan onder die dekmantel van ‘teologiese wetenskap’.

In die Paradys reeds het die stryd begin waarin die mens, in plaas van om sy verstand te gebruik “om God se gedagtes agter Hom aan te dink,” (2 Kor. 10:3-6) dit verander het na die mens wat sy rede verhef om oor God en Sy Woord te heers, aan die mens se standaarde te toets, Gen. 3:1-5 (contra Spr. 3:5).

Die hoër kritiese metode strewe daarna om die historiese en literêre karakter van die Skrif krities te ondersoek, gebaseer op die basiese voorveronderstelling dat die Woord nie in sy geheel en in al sy dele volkome betroubaar en onfeilbaar is in alles wat dit openbaar nie, met die gevolge dat hierdie geleerdes hulself die reg toe-ein om (ir)rasionalistiese oordele te maak oor die Skrif se samestelling en historisiteit en doel.

Alhoewel die hoër-kritiek beweging beskou word as ‘n laat negentiende eeuse verskynsel vanuit die “German scholarship” tradisie, het dit sy oorsprong en fondamente veel verder terug in Verligtingsdenke van die 17de-19de eeu.

Henning Graf Reventlow, in sy belangrike werk, The Authority of the Bible and the Rise of the Modern World, wys daarop dat die oorsprong van die Hoër Kritiek eerder gevind moet word in die Engelse Deisme as in die Duitse kritiese skole, terwyl R.K. Harrison die oorsprong terugneem na die sewentiende eeuse politieke filosoof, Thomas Hobbes.

Die Skrifkritiese aanval word veral gerig op die volgende vyf dele van die Skrif:

i. Die Mosaïese outeurskap van die Pentateug word bevraagteken.
ii. Die boek Jesaja word aan drie verskillende skrywers toegedig.
iii. Daniël se profetiese voorspelings word bevraagteken (en daarom word die boek gedateer in die 2de eeu, nie meer in die 6/7 eeu soos in die tradisionele beskouing nie).
iv. Pauliniese outeurskap van Efesiërs word bevraagteken.
v. Outeurskap van 2 Petrus word bevraagteken.

Hierby kan ook gevoeg word die volgende voorbeelde: die sogenaamde weerspreking van Gen. 1 en 2, die Sinoptiese probleem (dat die Evangelies mekaar weerspreek, in plaas van aanvul en verskillende fokuspunte het), ontkenning van wonderwerke, ens.

Gaan kyk maar gerus na studiebybels in Afrikaans, onder andere Die Bybel en Praktyk en die Die Bybellenium om hierdie skrifkritiese lyne raak te sien.

(Vir bogenoemde opmerkings en bronne, sien die artikel wat ek baie jare terug geskryf het, wat wys op die Skrifkritiese verwelkoming in SA in veral die 2de helfte van die 20ste eeu, en ook die geweldige impak wat dit op die Afrikaanse kerke, samelewing en lewensbeskouing gehad het: Skrifkritiek en die nuwe SA samelewing.)

Totius beskryf Skrifkritiek as volg:

“… Maar hiermee stel die hedendaagse Skrifkritiek hom dan ook perti­nent teenoor die duidelikste uitsprake van die Heilige Skrif. Duidelik sê die Skrif: “Die Here het met Moses gespreek en gesê” – en dan volg telkens die wette. Laat die leser maar self nagaan hoe baiekeer hierdie formule, of iets wat daarmee gelyk staan, in die boeke Exodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium voorkom. … 

Intussen meen ons dat dit volkome duidelik geword het wat Skrif­kritiek is. Dit is die verwerping van pertinente uitsprake van Gods Woord, om daarvoor ‘n eie mening in die plek te stel. Dat op dié manier die gesag van Gods Woord ondermyn word, hoef ons nie nader aan te wys nie. En dat ons met so ‘n kritiek nimmer mag saam­gaan nie, is ook direk duidelik. Ons Geloofsbelydenis sê immers aan­gaande die Heilige Skrif: “En ons glo sonder enige twyfel alles wat daarin vervat is.” [NGB artikel 5]

Volgens Totius se definisie van ‘Skrifkritiek’, “Dit is die verwerping van pertinente uitsprake van Gods Woord, om daarvoor ‘n eie mening in die plek te stel”, is die Direkte Vertlaing se inleidende notas op plekke – oor wie die skrywer is van bv. 1 Timoteus – ook skuldig aan Skrifkritiek, dit word twyfelagtig gestel dat dit dalk Paulus kon gewees het.

(Sien die artikel oor die Skrifkritiek in die 2020 vertaling se inleidende nota hier: Die BSAV proefvertaling: 1 Timoteus, asook Totius se artikel: Wat is Skrifkritiek?)

Skrifkritiek in die 2020 vertaling-teologie by die boek Deuteronomium

Ongelukkig vind mens dieselfde Skrifkritiese idees in sommige van die ‘Inleidings’ van die nuutste Afrikaanse vertaling, die Direkte Vertaling oftewel die 2020 vertaling.

Ek plaas hier onder die inleidingsnotas van die Direkte Vertaling asook ‘n paar ander studiebebybels by Deut. In die aanvaarding en/of verwerping van Mosaiese outeurskap kan baie duidelik die wesentlike verskillende geloofs- en teologiese voorveronderstellings (Skrifbeskouings, sienings van Skrifgesag) gesien word, tussen die teoloë wat aan die verskillende studiebybels gewerk het (beklemtonings bygevoeg)….

Statenvertaling met Kanttekeninge (1637) 

INHOUD VAN DIT BOEK

DIT boek wordt met een Grieks woord genoemd  DEUTERONOMIUM, dat is, tweede of herhaalde wet; omdat Mozes de wetten Gods die in de voorgaande boeken beschreven zijn, hier kortelijk herhaalt, verklaart, en het volk met een bijzonderen ijver en vele zeer heilige beweegredenen getrouwelijk en onverdrietelijk inscherpt. Zodat dit boek met recht een kort wetboek in het bijzonder mag genoemd worden.

Dit heeft Mozes gedaan in de twee laatste maanden van het veertigste jaar na den uittocht der kinderen Israëls uit Egypte, in de velden der Moabieten, als hij nu Israël tot aan de palen van het land Kanaän had gebracht, en al de wederspannige Israëlieten, volgens Gods dreigementen en eed, in de woestijn waren omgekomen; om het volk dat in de woestijn was opgewassen, en voor een deel aan deze zijde van de Jordaan zou blijven en voor het meeste deel door Jozua in het beloofde land zou worden ingevoerd, kort voor zijn dood van hun schuldigen plicht volkomenlijk te onderwijzen, wetende dat hij haast sterven, en over de Jordaan in het land Kanaän niet komen zou.

Eerstelijk dan stelt hij het volk voor ogen de grote veelvoudige weldaden die God aan hen deze veertig jaren had bewezen, mitsgaders de straffen die den wederspannigen waren overkomen; om henlieden tot vlijtige opmerking en gehoorzaamheid aan de Goddelijke geboden te bereiden, hfdst. 1; 2; 3.

Daarna herhaalt en verklaart hij niet alleen de zedelijke wet der tien geboden, maar ook de ceremoniële wetten, aangaande den uiterlijken godsdienst, alsook de politieke of burgerlijke wetten, en krijgsordinantiën, mitsgaders het ambt der regenten en rechters; hier en daar invoegende enige nieuwe wetten, en zeer heftige vermaningen en betuigingen, met een zeer aanmerkelijke profetie van het Hoofd aller profeten, onzen Heere JEZUS CHRISTUS.

Dit alles bevestigt hij veelvoudiglijk met beloften van Gods overvloedigen zegen, indien zij Hem zouden aanhangen en gehoorzamen, en met dreiging van Zijn zwaren vloek, indien zij van Hem zouden afwijken en Zijn verbond verbreken, tot het 31ste hfdst. Eindelijk stelt hij Jozua in zijn plaats, levert het wetboek aan de priesters en Levieten, met bevel van dat in het allerheiligste weg te leggen en op zekeren tijd het ganse volk voor te lezen.

Hij schrijft ook en leert den kinderen Israëls een zeer heerlijk profetisch lied, voorzeggende wat hun overkomen zou tot op de komst van JEZUS CHRISTUS en de beroeping der heidenen. Hij zegent de twaalf stammen, en het beloofde land van den berg Nebo gezien hebbende, sterft aldaar, wordt van God begraven en van het volk beweend; en Jozua treedt in zijn plaats.”

Die Bybel met Verklarende Aantekeninge, 3 dele (1958)

“Die skrywer die boek: Die boek Deuteronomium bevat redevoeringe wat oos van die Jordaan gehou het, in die land van Moab, toe die volk Israel op die punt gestaan het om die beloofde land binne te trek. Reeds hierom kan hierdie Bybelboek ‘n Mosaiese boek genoem word, maar verder ook omdat dit grotendeels deur Moses self geskrywe is.

Die selfgetuienis van die is in hierdie opsig duidelik: Deuteronomium getuig van homself dat dit hoofsaaklik ‘n verslag is van redevoeringe van Moses (1:1,5; 5:1; 27:1; 29:2) en verklaar ook dat, “Moses die woorde van hierdie wet klaar in ‘n boek geskryf het tot die einde toe” (31:9,24).

Hieruit kan blyk dat hoofstukke 1-30, wat die hoofsaak daarvan Moses tot outeur het. Ook hoofstukke 32 en 33 is van Moses, en 32 is volgens 31:22 ook deur hom geskrywe (die lied van Moses). Dit hoef egter nog nie te beteken dat Moses elke woord van Deuteronomium in die vorm waarin ons dit nou voor ons het, self geskryf het nie. Die beskrywing van sy dood byvoorbeeld moet van ‘n ander hand wees (hfst. 34). Ook merk ons op dat Moses nie altyd, soos in die stukke waarin hy spreek van „ek” of „my” of „ons” en van „jou” en „julle”, sprekende nie. Daar is ook stukke waarin oor hom gespreek word, bv. 1:1,5; 1; 27:1; 29:1 en die hele hoofstuk 31. Byvoeginge van ‘n later hand is daar in 2:10-12, 20-23; 3:9,11,14; 8:18; 10:6-9; 33:1; 34:1.

Aan die geskrifte van Moses is dus blykbaar redaksionele arbeid gedoen. Deur wie, weet ons nie; maar ook hierdie arbeid val onder die besondere Goddelike voorsienigheid ten aansien van die Heilige Skrif, en dit doen niks af van die essensiële Mosaïese outeurskap nie.

Wanneer die boek geskrywe is: Wanneer Moses bogemelde redevoeringe uitspreek, staan hy aan die einde van sy taak: om die volk Israel te lei op die lang pad na Kanaan. Op hierdie belangrike tydstip het Moses baie om te sê. En hy sê dit met warmte en oortuiglng, as prediker en profeet. Hy sien die volk van die Here reeds in die land wat aan die vadere belowe is, en nou vermaan hy die volk tot gehoorsaamheid aan die wette van God, om die seëninge van die Here te mag ervaar.”

The Reformation Study Bible (NKJV 1995 uitgawe; 2015 ESV uitgawe)

“These introductory verses (Deut. 1:1-5) give us the author, Moses, and the circumstances of his addresses to the people just before he died and the people crossed the Jordan.”

Reformation Heritage KJV (King James Version) Study Bible (2014)

“Authorship: In the early 1800s, liberal scholars proposed that Deuteronomy was written by King Josiah and the high priest Hilkiah (2 Kings 22) to concentrate political unity and finances in Jerusalem. They argued that Josiah and Hilkiah conspired to produce a document that would eliminate worship outside of Jerusalem, ensuring that offerings would be brought to the temple and national unity cultivated. They invoked Moses as its author, staged its discovery, and with great drama proclaimed it as God’s Word in a large, formal assembly.

Such an approach necessitated a compositional date of 621 BC, the date of Josiah’s reformation. Whereas Christians throughout history have accepted Deuteronomy upon its own claims of Mosaic authorship some 800 years earlier, liberal scholars en masse opted for the later date.

Since that time multiple theories, revisions, reversals, and contradictions have marked the stream of thinking regarding the date of Deuteronomy. Conservative scholars, though a minority, have consistently reaffirmed the claims of the book: “And it came to pass in the fortieth year, in the eleventh month, on the first day of the month, that Moses spake unto the children of Israel” (1:3).

Deuteronomy is divine revelation, and consequently reliable when it states that Moses is the author. Several considerations verify the conservative reading. Deuteronomy is written in the form of treaties dating from the second millennium BC—the time Moses lived—not in the form used in Josiah’s day. Treaties from the second millennium included a review of history (chs. 1–4), stipulations of the treaty (chs. 5–26), and consequences of heeding or violating the treaty’s terms (chs. 27–32). Treaties from Josiah’s era generally include neither history nor consequences. Moreover, the treaty format indicates a single author, which militates against notions that Deuteronomy was compiled by multiple scribes.

In addition, the writer of Deuteronomy does not write like one living in Jerusalem in 621 BC, but like someone with Egyptian experience who is also very familiar with wilderness living. Animals named are native to the Sinai and Upper Egypt, not Palestine (14:5). The same is true of the acacia wood (10:3) and the sanitary instructions (23:12–14), which are clearly for a nomadic, desert existence, not for settled communities such as existed in Josiah’s time. The author writes as an outsider to Canaan, as one would expect Moses to write.

Moreover, Deuteronomy claims Mosaic authorship (1:331:9), and other biblical writers affirm the same. Second Chronicles 25:4, reporting events more than 200 years prior to Josiah, cites Deut. 24:16 and calls it “the book of Moses.” Nehemiah refers to Deut. 23:3 as “the book of Moses” (Neh. 13:1). The Jewish leaders of Christ’s day, like those since Christ, knew that Moses wrote Deuteronomy, and Christ confirmed their understanding (Matt. 19:7–8 citing Deut. 24:1–4Matt. 22:24 citing Deut. 25:5).

The New Testament quotes from Deuteronomy more than eighty times—this ought to be conclusive confirmation of the conservative position.

This has led a majority of Jewish and Christian scholars and writings to accept the opening words of Deuteronomy: “These be the words which Moses spake unto all Israel” (1:1). This and more than twenty other similar statements settle the question of authorship. Deuteronomy was written by Moses. (See also Introduction to the Pentateuch.) 

Date: Trusting the authorship of Moses and the reliability of the historicity of Deuteronomy, we know that Moses received these words “in the fortieth year, in the eleventh month, on the first day of the month, that Moses spake unto the children of Israel” (1:3) and wrote them down shortly thereafter. This places the date of authorship near the end of Israel’s wilderness wandering, forty years after the exodus and just prior to the entrance into Canaan, approximately 1406 BC.”

Direkte Vertaling (2020)

“Inleiding:  Volgens ‘n baie ou Joodse tradisie was Moses die skrywer. Dié tradisie moet egter ernstig betwyfel word. Moses kan nie sy eie dood beskryf nie (Deut 34: 1-12), en die skrywer( s) was waarskynlik in Palestina omdat daar na die gebied oos van die Jordaan dikwels verwys word as “oorkant die Jordaan” (vgl Deut 3: 8).

Die boek Deuteronomium het ‘n lang ontstaansgeskiedenis. Die boekrol wat in die jaar 621 vC tydens die regering van koning Josia in die tempel ontdek is (2 Kon 22), was waarskynlik ‘n deel van die latere boek Deuteronomium. Hierdie boekrol is later, tydens die Babiloniese ballingskap (586-539 vC), uitgebrei om ‘n geloofsboek te word vir die ballinge wat ná 539 vC na die land sou terugkeer. Daar is nog later verduidelikende notas bygevoeg (vgl Deut 2: 10-12,20-23; 3: 9,11).

Oor die plek waar die boek ontstaan het, kan maar net gegis word. Dit is wel duidelik dat daar ‘n sterk Noord-Israelitiese oriëntasie in die boek is (vgl Deut 33: 7 met 33: 13-17). Indien die boekrol wat in die tempel ontdek is, bestaan het uit kerngedeeltes van Deuteronomium, was die eerste lesers koning Josia en lede van die tempelpersoneel in Jerusalem (2 Kon 22: 8-10).

In sy huidige vorm sou die boek se eerste lesers Judeërs wees wat uit die Babiloniese ballingskap teruggekeer het na hulle land.

Die grootste deel van Deuteronomium is in die styl van ‘n afskeidsrede van Moses voor die intog in die beloofde land. Dit is eintlik in die vorm van ‘n lang preek waarin historiese verwysings ‘n belangrike rol speel. Die twee dele aan die einde van die boek (die lied in Deut 32: 1-43 en die seënspreuke van Moses in Deut 33: 2-29) is baie ou Israelitiese poësie.    

Deuteronomium 6: 4-5 is ‘n goeie samevatting van die boodskap van die boek: In sy verhouding met mense eis God onverdeelde trou en absolute toewyding aan Hom. Hierdie lojaliteit wat Hy eis, is gegrond op wat Hy in die verlede vir sy volk gedoen het (Deut 1 – 4). Deuteronomium 5 bied die Tien Gebooie aan as die belangrikste woorde van God aan sy volk.

Vanaf Deuteronomium 6 is die deurlopende tema: Gehoorsaamheid aan God se gebooie bring lewe en volheid; ongehoorsaamheid bring die dood.” 

Bron: Bible Society of South Africa; Die Bybel 2020-vertaling (Hoofletteruitgawe) (Afrikaans Edition) (pp. 504-505). Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Kindle Edition.

Totius het reeds in sy tyd, hierdie Skrifkritiese voorveronderstellings en dwalinge van die 2020 vertaling uitgewys in terme van wie die eerste ‘hoorders/lesers’ was, ek haal ‘n deel aan: 

“In plaas daarvan dat vir die wetgewing die jaar 1492 voor Christus vasgestel word, die tyd toe Israel by Sinai gelaer het, moet ons nou, volgens die Skrifkritiek, met die wetgewing verhuis na die jare 620 en 450 voor Christus! Wat ‘n sprong! En as Moses, deur genadige vergunning van die Skrifkritici, nog deel mag kry aan die saak, dan moet dit beperk word tot enkele kernpunte van die wetgewing wat op sy naam staan.

… Maar hiermee stel die hedendaagse Skrifkritiek hom dan ook perti­nent teenoor die duidelikste uitsprake van die Heilige Skrif. Duidelik sê die Skrif: “Die Here het met Moses gespreek en gesê” – en dan volg telkens die wette. Laat die leser maar self nagaan hoe baiekeer hierdie formule, of iets wat daarmee gelyk staan, in die boeke Exodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium voorkom.

Laat hy ook ag gee op plekke waar besonderlik die Mosaiese herkoms beklemtoon word. In Lev.7:37,38, byvoorbeeld, lees ons: “Dit is die wet vir die brand-offer, die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer en die wydings­offer en die dankoffer wat die Here Moses by die berg Sinai beveel hetop die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die Here te bring.”

Van sulke feite kan die Skrifkritikus alleen loskom deur te sê: ‘My gesonde verstand of my rede of my wetenskap of my insig in die feite verhinder my om aan te neem die uitsprake van die Skrif wat sê dat die ganse wetgewing van Israel deur die diens van Moses tot stand gekom het.’

In konklusie in sy artikel oor Skrifkritiek, stel Totius die geloofs- teologies wetenskaplike godsvresende maniere om om te gaan met God se onfeilbare Woord:

… Laat ons dan nou ten slotte, op grond van alles wat gesê is, die be­weringe kortliks weerlê wat nogal dikwels gehoor word ten opsigte van hierdie saak:

i. Die ortodokse godgeleerde beoefen nie die inleidingswetenskap (kanoniek) om daarmee, in hoe geringe mate ook, aan die Skrifkritiek deel te neem nie. Nee, hy moet kennis neem van die metode en resul­tate van die Skrifkritiek maar alleen om dit te bestry.

2. Die “latere redaksies” waar Kuyper, Aalders en ander van spreek, het niks te maak met die werk van die Skrifkritiese “redaktor” nie. Kuyper sê dan ook uitdruklik dat “geheel de arbeid aan de samenstelling van zulk een geschrift ten koste gelegd, met inbegrip van de latere redactiën, onder de inwerking van de inspiratio scrip­turaria” (die Skriftuurlike inspirasie) geplaas moet word. By Kittel se “redaktor” is van geen inspirasie sprake wat vir dwaling kan behoed nie. Die “redaktor” is feilbaar. Al wat hom lei, is sy religieus-­etiese aanleg wat hom help om die “leiding van God” in die geskiedenis op te spoor.

3. Om te sê: “Ek volg die metode van die Skrifkritiek maar nie sy resultate nie”, is selfbedrog. Die metode self van die Skrifkritiek is verkeerd; want die gesag van Gods Woord word op kardinale punte verwerp. In die plek daarvan word gestel die gesag van die mens wat sogenaamd beter weet wat in die Skrif moet staan en nie staan nie.”

Wat is Totius se slotopmerking en gevolgtrekking aangaande Skrifkritiek?

Hy bely as volg:

“Wie volgens ons Belydenis die Skrifgesag ten volle aanvaar, kan met die Skrifkritiek geen enkele skrede saamgaan nie.”

Sien ook hierdie artikel van HG Stoker onder die titel:

Skrifongeloof in ons tyd – Bybel en wetenskap: HG Stoker se getuienis

Hy skryf o.a.:

Die Bybel immers openbaar nie net religieuse en etiese waarhede nie, maar die verhouding van hierdie waarhede tot die hele kosmos. As die Bybel aan die mens sy weg tot saligheid openbaar en nie ook meedeel, wat die mens is, wat sy houding nie net tot God maar ook tot die kosmos en ook God se verhouding tot die kosmos waarvan die mens ʼn integrerende deel is, – dan sweef mos die hele saligheidsopenbaring in die lug. Die openbaring van die weg van saligheid van die mens belig vanself en meteen die kosmiese posisie van die mensOm te eis dat die Bybel alleen in sy religieuse en etiese gedeeltes Gods Woord is, en in die ander gedeeltes nie is nie is kunsmatig en onlogies.

“Om die mens sy verhouding tot God te openbaar moes die Bybel vanself mede-openbaar die verhouding van die hele kosmos tot God en van die geskiedenis van die mens tot God. Om dus die kosmologiese en historiese gedeeltes van die Bybel as nie Gods Woord te beskou beteken die miskenning van die verband van die mens met die kosmos en die verband van die kosmos tot God. Nes ons in ʼn skildery ʼn voor- en ʼn agtergrond het, is die voorgrond van die Bybel, d.w.s. die hooftema, die verlossing van die mens deur die bloed van Christus – maar hierdie voorgrond word alleen dan ten volle verstaanbaar as dit deur die agtergrond gedra word. … Dit is dus nie onnodig en sinloos dat die Bybel kosmologiese en historiese gedeeltes het nie, maar dit vanself vereis. Afgesien egter hiervan gee die Bybel dit as openbaring van God.”

Gaan vergelyk ook self die Inleidings en notas in die Direkte Vertaling (en die ander studiebybels hierbo vermeld) by hierdie volgende plekke en kenmerke van Skrifkritiek:

ii. Die boek Jesaja word aan drie verskillende skrywers toegedig. 
iii. Daniël se profetiese voorspelings word bevraagteken (en daarom word die boek gedateer in die 2de eeu, nie meer in die 6/7 eeu soos in die tradisionele beskouing nie).
iv. Pauliniese outeurskap van Efesiërs word bevraagteken.
v. Outeurskap van 2 Petrus word bevraagteken.

In my artikel hierbo vermeld wat handel oor Skrifkritiek, het ek as volg daardie artikel destyds afgesluit, en wil weer daarmee hier afsluit:

“Ten einde, om die evangelie- en kultuurtaak getrou en gehoorsaam uit te voer, op
alle ander terreine van lewe en denke midde die nuwe SA en al sy uitdagings – is dit essensieël dat ons verseker is van ons geloof in Christus Jesus (2 Tim.4: 14,15) en dat ons weet dat die hele Skrif deur God aan ons onfeilbaar deurgegee is (2 Tim.3:16,17).

Die Skrifkritiek, met sy hedendaagse postmodemistiese lewensbeskouing as
uitvloeisel, “… wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kom nie …,“
(2 Tim.3 :7), vernietig daardie fondamente by baie kinders van God, en moet aldus ontbloot en verwerp word.

En, as ons bevind dat ons teologiese skole Skrifkritiek aanvaar of akkomodeer, en
dit nie wil laat vaar nie, dan moet ons ander teologiese skole gebruik of ander begin waar geloofswetenskap, en nie skrifkritiese wetenskap nie, beoefen kan word tot eer van God en tot opbou van sy gemeentes hier in SA.

Terug na die Heilige Skrif soos bely in die gereformeerde belydenis, ook in ons prediking, bediening en veral ook in ons teologiese wetenskapbeoefening!”

_________________________
Sien hier vir meer artikels oor die Direkte vertaling se probleme asook ander vertaling kwessies (let wel, party artikels is gemik op die proefuitgawes, so mens moet elke keer kontroleer of enige aanpassings gemaak is of nie): 

Die 2020 vertaling
Vertalingskwessies

One thought on “DIE DIREKTE VERTALING (2020-vertaling): Skrifkritiese inleiding by Deuteronomium

Add yours

  1. 2Kor 3:15  Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ‘n bedekking oor hulle hart;

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑