IS DIE HUIDIGE ISRAEL WAT CHRISTUS VERWERP DIE ‘VOLK VAN GOD’?

IS DIE HUIDIGE ISRAEL WAT CHRISTUS VERWERP DIE ‘VOLK VAN GOD’?

TWEE GEREFORMEERDE KONFESSIES OOR DIE TOEKOMS VAN ISRAEL

EN PROF WJ SNYMAN SE BYBELSE ANTWOORD OP DIE ‘ISRAEL EN KERK-VOLK’ DEBAT

“BROEDERS, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding. 2 Want ek getuig van hulle dat hulle ’n ywer vir God het, maar sonder kennis. 3 Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. 4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.”  – Romeine 10

Inleiding

In aansluiting by die vorige artikel (Einddinge: Die toekoms van Israel in die lig van die uitbreek van die oorlog teen Hamas) sien hierdie opvolg artikel waarin ek vir u op die baie belangrike kwessie wys om baie duidelik te onderskei tussen die ‘fundamentalisties-dispensasionele-chiliastiese’ siening van die toekoms van Israel, en ‘n bybels gereformeerde siening soos verwoord in die twee gereformeerde konfessies hier onder. Sien ook die kommentare van beide dss. Johannes G. Vos en GI Williamson op die Westminster Larger Catechism (WLC q/a 191).

Vanuit Afrikaanse gereformeerde oogpunt, sien prof. Willie Snyman (Nuwe en Ou Dinge) se baie belangrike opmerkings oor die verhouding kerk en volk, asook veral sy eie opmerkings oor hoe ons Israel in die verlede, na die koms van Christus, asook in die toekoms reg moet verstaan, veral as totaal unieke openbaringsvolk (Rom. 3:1-2; 9:1-5) vir alle volke, dus ook in ons tye.

In wese, stel prof. Willie dit so oor Israel se rol, en verwerp hy daarmee sektariese individualisme se veragting van volkere, asook die verabsolutering van volke ten koste van die kerk, albei uiterstes wat nog altyd leef, ook in ons tye:

“Die terugkeer van Israel na sy land sien ten diepste op die geestelike terugkeer tot God (Mark. 1:3, 4, vgl. Jes. 40:3). Die terugkeer van Israel het egter ook letterlik plaasgevind. Dit was dat hulle dáár, in hulle land (Mark. 1:5) deur Johannes die Doper tot bekering gebring sou word, dat dáár die Heilige Gees op hulle uitgestort sou word (Eseg. 36:24-38, vgl. 20:40-44). Die dieper grond vir hulle terugkeer was dat dáár, in die land van die belofte, die Christus gebore sou word. Hy moes juis daar gebore word, in Betlehem (Miga 5:1) “as vrug van die land”. Christus het sy geboortegrond gehad, sy vaderland, sy moedertaal. Dáár het Hy die Nuwe Testament opgerig in sy bloed.

Wat was die inhoud van die Testament? En wie die erfgename?

Die Testament het ‘n geestelike erfenis bevat: die Koninkryk van die hemele en sy geestelike goedere. Maar ook ‘n letterlike erfenis: Die Koninkryk van die hemele sluit ook die aardryk in as erfdeel van die regverdiges (Matt. 5:3 en 5). Dit is die erfdeel van die volk van God. Die volk van God is die gelowiges uit alle nasies en stamme en volke en tale (Openb. 7:9), en die gelowiges uit Israel en al sy stamme (Openb. 7:4-8).

Mag ons ook sê: Alle nasies en stamme en volke en tale en geslagte in hulle gelowiges?

Dan beteken die terugkeer uit die ballingskap nie alleen ‘n geestelike opstanding virI srael nie maar ook ‘n letterlike opstanding uit die dode (Eseg. 37:12, 13; Rom. 11:11, 15) om sy erfdeel te ontvang op die nuwe aarde, “want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die Here, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees” (Jes. 66:22).

Maar dan ook vir elke geslag en volk in sy gelowiges wat vreemdelinge en bywoners is in hulle vaderland wat, al is dit vry, staan onder die heerskappy van die dood. Die erfgenaam is die menslike geslag: Die boom met sy vertakkinge soos dit gegroei het deur die eeue.

Dit is die betekenis van die besondere volk Israel en sy land vir die afsonderlike volkere in hulle lande. Israel is afgesonder van die volkere in sy land om tot ‘n seën te wees vir die afsonderlike volkere in hulle lande, in sy saad — in Christus.

Die band tussen land en volk is soos by Israel nie alleen ‘n natuurlike, kulturele, ideële nie, maar ook testamentêr: dit is ‘n saak van geregtigheid. Deur die geloof is ‘n volk geregtig op sy land. Só kan ‘n volk eers met reg spreek van sy land as sy erfenis.”

Hier volg nou die twee gereformeerde konfessies, daarna prof. Snyman se skrywes oor die saak (beklemtonings bygevoeg):
______________________________________________________
1 Die verwerping van die dispensasionalistiese (chiliasties/premilllenialistiese) siening:

SECOND HELVETIC CONFESSION, CHAPTER XI: Of Jesus Christ, True God and Man, the only Saviour of the World (opsteller: Heinrich Bullinger)

“CHRIST IS TRULY ASCENDED INTO HEAVEN. We believe that our Lord Jesus Christ, in his same flesh, ascended above all visible heavens into the highest heaven, that is, the dwelling-place of God and the blessed ones, at the right hand of God the Father. Although it signifies an equal participation in glory and majesty, it is also taken to be a certain place about which the Lord, speaking in the Gospel, says: “I go to prepare a place for you” (John 14:2). The apostle Peter also says: “Heaven must receive Christ until the time of restoring all things” (Acts 3:21). And from heaven the same Christ will return in judgment, when wickedness will then be at its greatest in the world and when the Antichrist, having corrupted true religion, will fill up all things with superstition and impiety and will cruelly lay waste the Church with bloodshed and flames (Dan., ch. 11).

But Christ will come again to claim his own, and by his coming to destroy the Antichrist, and to judge the living and the dead (Acts 17:31). For the dead will rise again (I Thess. 4:14 ff.), and those who on that day (which is unknown to all creatures [Mark 13:32]) will be alive will be changed “in the twinkling of an eye,” and all the faithful will be caught up to meet Christ in the air, so that then they may enter with him into the blessed dwelling-places to live forever (I Cor. 15:51 f.). But the unbelievers and ungodly will descend with the devils into hell to burn forever and never to be redeemed from torments (Matt. 25:46).

THE SECTS.

We therefore condemn all who deny a real resurrection of the flesh (II Tim. 2:18), or who with John of Jerusalem, against whom Jerome wrote, do not have a correct view of the glorification of bodies.

We also condemn those who thought that the devil and all the ungodly would at some time be saved, and that there would be an end to punishments. For the Lord has plainly declared: “Their fire is not quenched, and their worm does not die” (Mark 9:44).

We further condemn JEWISH DREAMS that there will be a golden age on earth before the Day of Judgment, and that the pious, having subdued all their godless enemies, will possess all the kingdoms of the earth. For evangelical truth in Matt., chs. 24 and 25, and Luke, ch. 18, and apostolic teaching in II Thess., ch. 2, and II Tim., chs. 3 and 4, present something quite different.”

2 Die verwagting dat Israel as ‘n volk iewers in die toekoms sal terugkeer na Christus (nie elkeen kop-vir-kop nie, maar in sy uitverkorenes):

WESTMINISTER LARGER CATECHISM

Q191: What do we pray for in the second petition (of the Lord’s prayer)?

A191: In the second petition (which is, Thy kingdom come,)[1] acknowledging ourselves and all mankind to be by nature under the dominion of sin and Satan,[2] we pray, that the kingdom of sin and Satan may be destroyed,[3] the gospel propagated throughout the world,[4] THE JEWS CALLED[5: Romans 10:1],  the fulness of the Gentiles brought in;[6] the church furnished with all gospel officers and ordinances,[7] purged from corruption,[8] countenanced and maintained by the civil magistrate:[9] that the ordinances of Christ may be purely dispensed, and made effectual to the converting of those that are yet in their sins, and the confirming, comforting, and building up of those that are already converted:[10] that Christ would rule in our hearts here,[11] and hasten the time of his second coming, and our reigning with him forever:[12] and that he would be pleased so to exercise the kingdom of his power in all the world, as may best conduce to these ends.[13]

3 JG Vos commentary on q/a 191 (Westminster Larger Catechism: A Commentary)

“What does the catechism mean by prayer that the Jews may be called?

By the word called the catechism here means effectually called, that is, converted to Christ. The catechism cites Romans 10,1 where Paul said that his prayer was for the salvation of Israel. The eleventh chapter of Romans predicts that at some future time there will be a great movement of the Jews to believe on Christ (Rom. 11:13-27). This does not mean that every Jew in the world will be converted to Christ, but that there will be a great increase in the number of Jews that believe in Christ, at sonic time before the second coming of Christ.

Paul tells us that the spiritual blindness of the Jews, which prevents them from seeing that Jesus is the Messiah, is only temporary, “until the fulness of the Gentiles be come in” (Rom. 11:25). This shows that after “the fulness of the Gentiles” has “come in,” the blindness of the Jews will be taken away, and large numbers of them will be converted to Christ.

There are some Jews being converted to Christ all the time; we should pray for the hastening of the time when many of them will turn to Jesus Christ.”

4 Note by rev. GI Williamson on JG Vos commentary:

“It is very important that it clear distinction be made between the return of many Jews to the land of Palestine and the return of many Jews to the God of the Bible. It is true, of course, that in God’s providence there is again – after nearly 2,000 years – a Jewish state in Palestine.

It is for this reason that many Fundamentalist Christians refer to the Jews as “God’s people” and their return to the land as a fulfillment of Bible prophecies. But it is not true that Jews who still reject Jesus as the promised Messiah are God’s people.

No, the true Israel of God is the Christian church. It is that people who believe in Jesus as the Christ of God. In the early days of the church ‘s history it was predominantly Jewish (as the book of Acts shows). Into that Jewish church the Gentiles were engrafted, becoming “fellow citizens with the saints and members of the household of God” (Eph. 2:19). It is only when the Jews – whether individually or en masse return to the Messiah of God that we can nightly speak of them as ‘the people of God’ “

5 Eie opmerking:

Die NT kerk vernietig nie volke in die NT bedeling, net soos die OT kerk nie Israel vernietig het in die OT bedeling nie. Ons het nie beweeg van die kerk onder Israel/OT na die kerk vanuit en in stryd en vernietiging van volke in die NT nie. In die woorde van Herman Bavinck, die genade vernietig nie die natuur nie, maar heilig dit. In hul uitverkorenes in Christus, word volke gered, dus nie elkeen kop-vir-kop nie, maar verbondsmatig, organies gesien (Rom. 9-11).

6  Prof. WJ Snyman (Nuwe en Ou Dinge) stel dit as volg, ook met verwysing na Israel:

“As Calvyn oor die Kerk handel gaan hy uit van die Liggaam van Christus. Dit is die Kerk in sy eenheid en sy algemeenheid. As Liggaam van Christus omvat die Kerk nie alle mense nie, ook nie maar sommige mense nie, maar die mensheid in sy uitverkorenes uit alle geslagte, volke, tale en nasies.”

“Die Kerk is volkerekerk, vergadering van uitverkorenes uit alle nasies. Met die sending gaan dit oor die grense sonder om dit uit te wis. Ons toekomswoord is ‘n oproep tot sending. Met sending het die “ontstaan van ons kerk in 1859 ten nouste saamgehang, ook ons planting in 1652 (gebed van Jan van Riebeeck). In sending is die bestaan van ons kerk versekerd.”

“Wanneer ontstaan daar ‘n Kerk? Die Kerk ontstaan as die Evangelie na ‘n volk gebring word, want dit gaan maar nie net om die enkeling nie, maar om die volk. En wanneer ontstaan daar nou ‘n Kerk? Die Kerk ontstaan as ‘n deel van die volk sy rug op Christus keer en as die res van die volk Hom aanneem. Daarom moet die Kerk hom rig tot die volk. God het sy uitverkorenes onder elke nasie. Dit weet ons uit die Openbaring van Johannes. En daarom moet ons met die Evangelie kom tot die volk. By Jesus se geboorte sien ons al die verteenwoordigers van alle nasies. Hulle is die wyse manne uit die Ooste wat gekom het om Christus hulde te bewys. Dit is al ‘n vervulling van Simeon se profesie.”

“Ten slotte moet ons goed verstaan dat Israel nie as volk vernietig is nie. Alleen hulle wat nie wil luister nie, sal uit die volk uitgeroei word (Hand. 3:23). En dit bring ons by die uitmonding van die rivier soos ons dit vind in Openbaring 7. In die verse 1-7 lees ons van die uitverkorenes uit Israel en in vers 8 word die uitverkorenes uit die volkere genoem.”

“Die inhoud van die veelbesproke hoofstukke, Rom. 9-11, kom op die volgende neer: Die volk Israel sal gered word; die verbond van God met hulle (en in hulle met die nasies) kan nie verval nie, daarvoor sorg die Here self; as die “volheid van die nasies”, d.i. die uitverkorenes uit alle nasies, ingegaan het, dan sal die “volheid van Israel” gered word, d.i. die volle getal van hulle uitverkorenes (Rom. 11:25, vgl. v. 12). Ook in die “geestelike Israel” val die onderskeidinge nie weg nie (Gal. 6:16). Die volk Israel sal saam met die nasies sy plek inneem in die volk van God: Israel in sy gelowiges sowel as die nasies in hulle gelowiges. In hierdie lig moet die universele uitsprake van Paulus gesien word. Die afbreek van die muur van afskeiding (Ef. 2:14), beteken nie dat die verskil tussen nasies in Christus wegval nie, maar dat dit by God nie net om Israel gaan nie, maar om al die nasies.”

“Die universalisme by Paulus is dieselfde as by Christus soos uitgespreek in die sendingbevel (Matt. 28:19). “Nie Jood of Griek… nie” (Gal. 3:28) beteken nie dat Jood en Griek hulle identiteit “in Christus” verloor nie; dat die Jood nie meer Jood en die Griek nie meer Griek is nie, maar dat dit slegs aankom op geloof, ongeag of iemand Jood of Griek, slaaf of vryman, man of vrou is. Dit neem nie weg nie dat dit Jode en Grieke … is wat tot die geloof kom en dat dit die nasies en die geslagte is wat in hulle gelowiges gered word. Hierdie lyn van Johannes die Doper loop ook by Paulus deur. Dit word deur Paulus ook nog uitdruklik uitgespreek: “Want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie”. Daarom kan hy ook verklaar dat die verbond met Israel nie verval het nie (Rom. 9:6). In sy gelowiges is Israel gered. So ook die nasies.”

“Hier, by sy oorsprong, is die verband tussen kerk en volk duidelik. Die verband moet nie so gesien word dat Kerk en volk mekaar uiterlik dek soos by Israel wat ‘n Kerkvolk was, of omgekeerd, in die gangbare idee van ‘n volkskerk nie. Die Kerk staan ook nie los van die volk nie (kenmerkend van sektarisme) of bo die volk nie. Daar is ‘n innerlike, organiese verband tussen kerk en volk: In die Kerk bestaan die volk voort. Die ongelowiges is die bome wat uitgekap word (Matt. 3:10). In sy gelowiges is die volk behoue. Dit word nader uitgewerk in Rom. 9-11. Hierin is die volk Israel ‘n voorbeeld vir elke volk (vgl. 1 Kor. 10:11; 1 Thess. 2:14). Die menslike geslag word volksgewyse gered, maar dan in sy uitverkorenes (vgl. Luk. 2:14 en Dan. 12:lb, 2).”

7) Prof Snyman oor Romeine 9-11 en Gal. 3:28

“Romeine 911

Die sentrale gedagte is dat God se verbond met Israel nie verval het nie, nie omdat die verbond eintlik met die volk Israel as sodanig niks te doen het nie — wel met die gelowiges uit alle nasies as die ware Israel — maar om die volgende redes:

  • In die oorblyfsel van die verkiesing is die volk gered. Ook hier is weer duidelik dat afstamming nie bepalend is vir die volk van God nie, maar die verkiesing wat deur die geslagte héén gaan, maar dan ook deur die geslagte, sodat in die oorblyfsel van die verkiesing die volk gered is, soos uitgedruk in die beelde van eerstelinge en deeg (11:16), stam en takke (11:17 e.v.) en daarin dat hulle genoem word “wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders” (11:28).
  • Dit gaan nie alleen om die “oorblyfsel” nie, maar om die “volheid” van Israel (11:12, 26), i. die volle getal uitverkorenes. Dit is die groot verborgenheid (11:25). Die ander verborgenheid is die toetrede van die heidene (Ef. 3:3 e.v.). Hulle gaan eers in nadat die “volheid van die heidene”, nie as massa nie, maar as “volkere”, ingegaan het (11:25). So is Israel eerste en ook laaste (vgl. Jes. 19:23 e.v.).

Hier is dus geen sprake van uitwissing van grense tussen Israel en die nasies onderling in ‘n “geestelike Israel” nie, ook nie van ‘n aparte toekoms vir Israel naas die Kerk nie (so word die probleem Israel hier dikwels verkeerdelik gestel), maar van Israel naas en onder die “nasies” as die volk van God. “Israel van God” word onderskei van die gelowiges uit alle nasies (Gal. 6:16). Die volk van God (die Kerk) is die gelowiges uit alle nasies, sonder onderskeid, Israel ingeslote, sonder dat die onderskeidinge wegval. So staan Rom. 9-11 in ‘n lyn met die belofte aan Abraham (Gen. 12:3, 22:18), Johannes die Doper (Matt. 3:9 e.v.), die doopbevel (Matt. 28:19).

Galasiërs 3:28, ens.

In hierdie lig moet die universele tekste besien word. In Galasiërs 3:28 en Kol. 3:11 is nie sprake van opheffing van verskille nie, maar van opneming sonder onderskeid. Om in die volk van God opgeneem te word, maak dit nie verskil of iemand Jood of Griek is nie. Hier is dan ook sprake van man en vrou. Die onderskeid tussen man en vrou bly in die gemeente (1 Kor. 11:3 e.v.; 1 Tim. 3:9 e.v.). “Geen onderskeid” (Rom. 2:22 en 10:12) beteken nie dat almal eenders is nie, maar ewe skuldig en verdorwe en dat almal deur die geloof salig word, om die ewe wie hy is. Daar is fyn beskaafde (ook nie-Christelike) en ook laagstaande volke en rasse, maar almal is wesenlik ewe verdorwe, die een meer die ander minder fyn miskien, maar daar is geen onderskeid nie en vir almal maar een weg tot saligheid, nl. deur die geloof in Jesus Christus. Dat die onderskeidinge tussen volk en volk nie wegval in die Kerk nie, word uitdruklik uitgespreek in 1 Kor. 7:17-24.”

“Die feit dat God in die Ou-Testamentiese bedeling ‘n volk geroep het as draer van die besondere Openbaring het ook in die Nieu-Testamentiese bedeling nie sy betekenis verloor nie. Dit blyk daarin dat:

  • dit ook in die Nieu-Testamentiese bedeling nie bloot gaan om die redding van die indiwidu (eie siel) nie, maar om die volk Israel en om die nasies (alle nasies), wat in hulle gelowiges gered word (Luk. 22:24; Rom. 9-11; Matt. 28:19; Openb. 21:24, 26. Vgl. o.a. Gen. 22:18; Jes. 66:12; Dan. 12:1);
  • die natuurlike samehange en gemeenskappe (geslagte, volkere, rasse) diensbaar bly.
  • ekstensief, aan die ordelike verbreiding van die Evangelie, soos daaruit blyk dat Israel eerste aan die orde kom (Matt. 10:5, 6; Hand. 2:39a, 3:26) en dit moet gaan van volk tot volk tot aan die uiterste van die aarde (Luk. 24:47; Hand. 1:8) en
  • intensief, vir die deurwerking van die Evangelie in alle samehange van die lewe (Christianisering daarvan), Ef. 3:8-10; Openb. 21:24, 26, sodat Christenvolkere ontstaan naas heidense. Die verskeidenheid van nasies (rasse) word ook daarin veronderstel en gehandhaaf dat die Evangelie gehoor en bely word in die moedertaal (Hand. 2:8, 11; Rom. 10:9, 10). So alleen word die hart bereik en die wysheid van God in sy menigvuldigheid deur die mond bely.

“Wesenlik vir die sending (“gaan … heen”, Matt. 28:19) is die oordra van die evangelie deur die Kerk, soos dit tot openbaring gekom het onder een volk tot ‘n ander volk in sy taal, wat beteken oorbrugging van grense sonder uitwissing daarvan. Natuurlike gemeenskappe en samehange van die menslike geslag word nie deur die geestelike gemeenskap in Christus opgehef nie, maar met mekaar versoen deur verwydering van vervreemding en vyandskap wat verskeidenheid tot geskeidenheid gemaak het, en geheilig tot samewerking tot die hoogste doel, wat bestaan in die verheerliking van God.”

“Tussen natuurlike gemeenskappe (geslagte, volkere, rasse) en die geestelike gemeenskap (Kerk) bestaan daar ‘n noue samehang, sodat dit nie teenoor mekaar staan nie (sektarisme), ook nie met mekaar saamval nie (volkskerk), maar so, dat in die uitverkorenes die menslike geslag in sy geslagte, volkere en rasseverskeidenheid behou word (Matt. 3:9-12; Openb. 7:4 e.v., 9).”

“Liefde tot God sluit liefde in die verskillende menslike samehange nie uit nie, maar in, en bewaar dit vir verafgoding; so ook sluit die liefde tot die eie (familie, volk, ras) liefde tot die naaste (andere en andersoortige) nie uit nie en omgekeerd, asmede van Goddelike oorsprong en voorwerpe van sy liefde in Christus. Terwyl dit kenmerkend is van die werke van God in die skepping en die herskepping volgens die Nuwe Testament, dat die eenheid en verskeidenheid steeds bewaar bly, is die kenmerkende van Babel die verabsolutering van die besondere (volk of ras) en die vernietigende oplossing van die verskeidenheid in ‘n gedwonge wêreldomvattende eenheid en eendersheid.”

 8 PROF. WILLIE SNYMAN OOR ISRAEL SE BETEKENIS VIR ALLE VOLKE

‘n Groot verskil tussen Israel en die nasies is dat Israel ook Openbaringsvolk is, nie alleen in die sin dat God sy woorde aan hulle toevertrou het nie (Rom. 3:2), maar ook dat die hele geskiedenis van Israel ‘n openbaring van God op die nasies is. Die openbaring in die besondere volk Israel aan die afsonderlike volkere is dat geen nasie enige geregtigheid het van sy eie waarop hy voor God kan staan, ook met betrekking tot sy land en sy toekoms nie. Dit beklemtoon die Noagitiese verbond vir die volkere, waarby Paulus ook aansluit (Hand. 14:17).

Ander menings is dat die gegewens omtrent Israel en sy land beperk moet word tot Israel, hetsy dan te verstaan as vleeslike Israel, met die verwagting van ‘n letterlike vervulling van die profesieë, wat inhou die herstel van die gebroke verhouding tussen land en volk in ‘n duisendjarige ryk (Chiliasme), hetsy te verstaan as geestelike Israel (die Kerk) wat die natuurlike Israel kom vervang. Die geskiedenis van Israel en sy land — ballingskap en terugkeer — beteken in hierdie geval: ondergang van die volk Israel om ‘n geestelike Israel daaruit te laat opstaan. Aldus die gangbare vergeesteliking o.a. van Esegiël 37.

By al die heftigheid waarmee hierdie twee menings mekaar bestry, is hulle hierin een, dat die afsonderlike volkere en hulle lande los staan van die besondere volk Israel en sy land, in die een geval so, dat die toekoms van Israel en sy land die van die ander volkere en hulle lande, ook van eie volk en land, geheel oorskadu; in die ander geval so, dat die afsonderlike volke en hulle lande soos Israel opgelos word in die geestelike Israel, en die gelowige ook innerlik losgemaak word van sy land en volk. Land en volk is dan nog hoogstens “voorlaaste dinge” wat heenwys na ‘n hoëre, geestelike gemeenskap en waardes.

Die betekenis van die besondere volk Israel en sy land vir elke volk en sy land kan alleen ingesien word as die besondere volk Israel en sy land nie losgemaak word van die afsonderlike volkere en hulle lande nie, en ook die geestelike nie van die letterlike nie. Hier kan slegs ‘n aanduiding gegee word.

Die terugkeer van Israel na sy land sien ten diepste op die geestelike terugkeer tot God (Mark. 1:3, 4, vgl. Jes. 40:3). Die terugkeer van Israel het egter ook letterlik plaasgevind. Dit was dat hulle dáár, in hulle land (Mark. 1:5) deur Johannes die Doper tot bekering gebring sou word, dat dáár die Heilige Gees op hulle uitgestort sou word (Eseg. 36:24-38, vgl. 20:40-44). Die dieper grond vir hulle terugkeer was dat dáár, in die land van die belofte, die Christus gebore sou word. Hy moes juis daar gebore word, in Betlehem (Miga 5:1) “as vrug van die land”. Christus het sy geboortegrond gehad, sy vaderland, sy moedertaal. Dáár het Hy die Nuwe Testament opgerig in sy bloed.

Wat was die inhoud van die Testament? En wie die erfgename?

Die Testament het ‘n geestelike erfenis bevat: die Koninkryk van die hemele en sy geestelike goedere. Maar ook ‘n letterlike erfenis: Die Koninkryk van die hemele sluit ook die aardryk in as erfdeel van die regverdiges (Matt. 5:3 en 5). Dit is die erfdeel van die volk van God. Die volk van God is die gelowiges uit alle nasies en stamme en volke en tale (Openb. 7:9), en die gelowiges uit Israel en al sy stamme (Openb. 7:4-8).

Mag ons ook sê: Alle nasies en stamme en volke en tale en geslagte in hulle gelowiges?

Dan beteken die terugkeer uit die ballingskap nie alleen ‘n geestelike opstanding virI srael nie maar ook ‘n letterlike opstanding uit die dode (Eseg. 37:12, 13; Rom. 11:11, 15) om sy erfdeel te ontvang op die nuwe aarde, “want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die Here, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees” (Jes. 66:22).

Maar dan ook vir elke geslag en volk in sy gelowiges wat vreemdelinge en bywoners is in hulle vaderland wat, al is dit vry, staan onder die heerskappy van die dood. Die erfgenaam is die menslike geslag: Die boom met sy vertakkinge soos dit gegroei het deur die eeue.

Dit is die betekenis van die besondere volk Israel en sy land vir die afsonderlike volkere in hulle lande. Israel is afgesonder van die volkere in sy land om tot ‘n seën te wees vir die afsonderlike volkere in hulle lande, in sy saad — in Christus.

Die band tussen land en volk is soos by Israel nie alleen ‘n natuurlike, kulturele, ideële nie, maar ook testamentêr: dit is ‘n saak van geregtigheid. Deur die geloof is ‘n volk geregtig op sy land. Só kan ‘n volk eers met reg spreek van sy land as sy erfenis.”


2 thoughts on “IS DIE HUIDIGE ISRAEL WAT CHRISTUS VERWERP DIE ‘VOLK VAN GOD’?

Add yours

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑