IN U LIG KONFERENSIE 2024: SKRIFBESKOUING EN SKRIFGESAG

DIE GEREFORMEERDE KERK CARLETONVILLE BIED AAN

“IN U LIG” 2024 Konferensie

TEMA: SKRIFBESKOUING IN DIE GKSA

Hiermee ‘n persoonlike uitnodiging namens ons kerkraad aan elkeen wat hier lees, om hierdie konferensie te kom bywoon en saam te leer en besin oor hierdie wesentlike onderliggende probleem van die onenigheid oor verskillende sake in ons kerke, nl. Skrifbeskouing en Skrifgesag. Stuur ook gerus aan alle ander belangstellendes, en gee dit ook deur na u gemeentes se nuusbriewe vir verdere verspreiding, baie dankie.

Datum: 3,4 Februarie DV 2024

Plek: h/v Topaz- en Pewter plek, Carletonville (Kaolinstraat 157)

Spreker: dr. Christiaan Jooste* (GK Waterberg)

Program:

Saterdag, 3 Februarie

Opening: 09h00

09h15 – 10h00 Lesing 1: Gereformeerde Skrifbeskouing – Beginselstelling

10h00-10h15: Bespreking

10h15 – 11h00 Lesing 2: Skrifbeskouing in die Gereformeerde Kerke – Historiese perspektief

Bespreking en koffie&tee: 11h00-11h30

11h30 – 12h15 Lesing 3:: Een op grond van die Skrif – Die pad vorentoe

Bespreking: 12h15-13h00

Afsluiting, ete en saamkuier: 13h00

Sondag, 4 Februarie

09h00: Erediens onder leiding van dr. Jooste

Na erediens: koffie en tee

Kostes (Saterdag): R50-00 per persoon, verversings en ete ingesluit.

RSVP voor Sondag, 28 Januarie 2024

Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (Ps. 36:10)

*Dr Christiaan Jooste is ‘n boorling van die Wesrand en het in Krugersdorp groot geword. Na ‘n tydjie in die boerderybedryf het hy die roeping gevolg om predikant te word en bedien drie gemeentes in Pretoria (Innesdal/Eloffsdal en Wonderboompoort). Hy is tans predikant van GK Waterberg in Nylstroom. Hy is getroud met Irma en het vyf kinders (vier dogters en ‘n seun). Hy behaal sy Doktorsgraad in Ou Testament met spesifieke fokus op Deuteronomium se opdrag om die kinders te onderrig.

VERDERE NAVRAE: Slabbert Le Cornu  082 770 2669 of slabberto@gmail.com

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑