KIES U GELOOFSDOOP OF KINDERDOOP?

KIES U GELOOFSDOOP OF KINDERDOOP?

deur dr. P. de Vries

Nota: met erkenning aan die bron, plaas ons hierdie kort en kragtige artikel oor die doop hier op Pro Regno, met dank ook aan die vertalers, Harm en Marianne van der Kamp (lidmate by Bet-el Gereformeerde Kerk in Pretoria). Subopskrifte en beklemtonings is bygevoeg.

Ek wil hierdie kort maar kragtige artikel van dr. de Vries sterk aanbeveel, dit is so troosvol en helder dat dit tot groot troos is vir alle gelowiges, in beide die versterking van ons geloof, maar ook die oproep tot geloof, om werklik erns te maak met ons doop ons lewe lank, nie net toe ons eenmaal gedoop is nie, maar werklik van harte lewenslank, tot sy eer.

Verder wil ek hiermee ook dr. de Vries se webblad en artikels aanbeveel, gaan lees gerus oor die gereformeerde geloof in die huidige Nederland soos dr. de Vries in verskeie artikels, boekbesprekings, ens, die sake aanspreek: https://drpdevries.com/
_______________________________

Kies u geloofsdoop of kinderdoop?

1 Inleiding

Hierdie vraag is meermaal aan my gevra. Die problem van die vraag is soos met meerdere vrae dat hierdie vraag eintlik twee vrae in een sin is;

  • die vraag wat beteken die doop?
  • en aan wie die doop bedien mag word?

Jy kan geen voorstander wees om kinders van gelowige ouers te doop en dan tog besware hê om die doop geloofsdoop te noem nie.

Die Nuwe Testament ken slegs een doop.

As ek dit verder moet beskryf sou ek die woord ‘Evangelie doop’ of ‘belofte doop’ gebruik. Die doop is naamlik geen stempel op my geloof nie, maar juis ‘n stempel op die Evangelie waarin ons mag glo. As die doop ‘n stempel op ons geloof was, dan kan ons nie uitsluit dat ons waarskynlik meer as een keer gedoop moet word nie. Immers in die loop van die eeue is daar baie christene gewees wat  agtergekom het dat die geloof wat hy eers gedink het n ware geloof is, nie ‘n ware geloof was nie.

Trouens in nood en aanvegting vind ons geen troos in ons eie geloof nie maar in God se beloftes, wat in Christus, ‘ja en Amen’ (vas en seker) is. En een van hierdie beloftes is die doop, n teken en seël. Luther het op ‘n keer gesê; as die doop ‘n teken van sy geloof was sou hy miskien al honderd keer gedoop gewees het. Dit is nie so dat God se beloftes steun op ons geloof nie maar in geloof steun ons op God se beloftes. 

Die doop is dus die teken en seël van die Evangelie, van God se beloftes.

Wie die doop ontvang, ontvang die teken en seël dat die bloed van Christus van alle sonde skoon was, dat die Heilige Gees ons nuut maak en dat ons met Christus gesterf het en opgewek is. Die doop deur onderdompeling simboliseer die laasgenoemde. Dit word duidelik in Romeine 6. Die doop deur besprenkeling of uitgooi van water simboliseer die reiniging deur Christus se bloed en die vernuwing deur Sy Gees, dan verwys ons na Titus 3:5-6.

Van uit Didaché een van die oudste christelike boeke buite die die Nuwe Testament weet ons dat onderdompeling en besprenkeling voorgekom het onder die eerste christene. Ook fresco’s getuig daarvan.

Persoonlik sal ek die doop nooit geloofsdoop noem nie, omdat daarmee nie die evangelie self, maar die geloof van die persoon wat gedoop word lyk of dit ‘n stempel kry. Ongetwyfeld vra die doop dat die mense wat gedoop word hul geloof bely. Nog steeds sit die doop geen stempel op die eie geloof nie, immers bly selfondersoek nodig. Nie elkeen wat die geloof bely, besit die ware geloof nie.

Dit het Jesus self duidelik gewys, ek dink aan Matheus 7:21 “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.” (Mt 7:21) Ek noem ook die gelykenis van die wyse en die dwase maagde (Matheus 25:1-13). Selfondersoek en waaksaamheid is blywend nodig.

Die doop is saam met die nagmaal een van die twee sakramente of ordeninge wat aan die gemeente gegee is in haar Nuwe Testamentiese gedaante. Altwee is bedoel om die geloof te versterk, die geloof in God se beloftes. Dit wys ons dat geloof noodsaaklik is. Noodsaaklik as ons ‘n seën wil ontvang wanneer ons deelneem, of sakramente ontvang.

2 Kan kinders nie glo nie?

Meermale het ek van mense wat net volwassenes wil doop, die argument gehoor dat kinders nie kan glo nie. Dan is my antwoord dat volwassenes net so min kan glo. Die geloof is immers ‘n genadegawe van God, en die Here kan die genade al heel jonk skenk. As ek ‘n bybelse voorbeeld mag noem dink ek aan Timoteus. ‘n Kind kan himself nog nie krities ondersoek nie maar ‘n kind kan al heel jong tekens van “nuwe lewe” vertoon.

Dit is waar dat ‘n baba sy geloof nie kan bely nie, en ‘n volwassene kan dit wel. Maar ‘n volwassene wat sy geloof bely ontvang nie met die doop ‘n stempel op sy eie geloof nie, maar hy ontvang die teken en seël dat hy opgeneem is in die gemeente wat gewas is deur Christus se bloed en wat verseëld is met Sy Gees.

Nooit moet ons vergeet dat in hierdie bedeling die gemeente uit “lewende lede/lidmate” en “dooie lede/lidmate” bestaan. Dis ‘n ernstige misvatting om te dink dat daar nie ‘dooie lede/lidmate’ onder volwasse gedoopte mense, nagmaalgangers of ampsdraers is nie.

3 Moet iemand wat tot bekering kom weer gedoop word?

As ‘n gedoopte persoon ontdek dat sy geloof nie ‘n ware geloof is nie, is dit nie nodig dat hy weer gedoop word nie. Hy het die teken en seël gekry dat hy opgeneem is in die gemeente en hoef dit nie herhaal te word nie. Die gebrek lê nie by die doop nie…. maar by die ‘dopeling’. Hy of sy moet verander, tot ‘n lewende geloof kom, maar die doop hoef nie herhaal te word nie.

4 Kinders van christenouers behoort in die OT en NT aan die gemeente van Christus en moet daarom gedoop word

Self is ek diep daarvan oortuig dat kinders van christen ouers gedoop behoort te word. In die Ou Testament was die kinders deel van die verbond en die gemeente. Jesus het met sy koms die “muur van skeiding” tussen Israel en die volke  afgebreek. Die Mosaiese wetgewing is binne die gemeente van Christus geen skeidingslyn nie. Dit sou baie merkwaardig gewees het as die een skeidingsmuur afgebreek word deur Christus en daar ‘n ander een opgerig word..

Nêrens in die NT lees ons dat kinders van gelowige ouers nog nie lede is van die liggaam van Christus nie. In Handelinge lees ons van huisgesinne wat gedoop word. In ‘n huisgesin kan ouer kinders en jonger kinders vind, ons kan nie sê dat k’ein kinders nie deel uitmaak van die gesin nie.

5 Die groot vraag: is kinders van gelowiges deel van die gemeente van Christus of nie?

Die vraag of kinders van Christen ouers gedoop mag word, val saam met die antwoord wat mense gee op die vraag of kinders deel is van God se gemeente of staan hulle buite God se gemeente?

Ek kan geen bybelse grond vind vir die gedagte dat kinders van christenouers nie deel uitmaak van die gemeente nie. God kom met sy evangelie en sy beloftes nie alleen na die volwassenes toe nie maar ook na die kinders. En omdat kinders deel uitmaak van God se gemeente behoort hulle gedoop te word. Dis opmerklik dat Paulus jongmense en kinders daarop aanspreek om hul ouers te gehoorsaam, hy gaan daarvan uit dat hulle lede is van die gemeente en dus gedoop is (Ef. 6.1)

6 Volwassenes moet eers onderrig word en hul geloof bely, voor hul gedoop word

Vir volwasse mense wat lid wil word tot die gemeente van die Here vra ons, nadat hulle onderrig is in die christelike geloof, om hul geloof te bely voordat hulle gedoop word.

7 Met kinders van gelowiges is dit anders soos die Skrif leer

Hulle wat van jongs af grootgeword het in ‘n christelike gesin en daarom reeds die teken van opname in die gemeente van God ontvang het, vra ons aan hulle terwyl hulle opgroei, na hul geloof en om dit te bely.

8 Die doop is ‘n tweesnydende swaard

Dit is ‘n feit dat ons doop ons veroordeel wanneer ons nie deur ‘n lewende geloof met Christus verbonde is nie, of ons nou as kind jong gedoop is of as volwassene.

‘n Baba kan ek nie verwyt as hy nie, of nog nie glo nie, daardie oordeel kom die Here toe. Dit is anders as kinders groter word, dan kan mens op gepaste tyd en wyse vra na hul verhouding met die Here. Uiteraard moet ons voordurend ons kinders leer dat hul Jesus nodig het en dat hulle welkom by Hom is, en dat hulle vir Hom behoort te lewe.

9. Nie elke gedoopte, hetsy kind of volwassene is wedergebore nie

Nie elke gedoopte- of hy nou as volwassene of as kind gedoop is – is wedergebore nie. Elke gedoopte behoort wel wedergebore te wees. Dit geld nie minder vir hulle wat as kind gedoop is as vir hulle wat op volwasse ouderdom gedoop is nie.

Hy wie wel gedoop is, maar nie steun op Christus en aan Hom gelykvormig wil wees nie, ontheilig sy doop. As dit so is met jou moet dit vandag nog verander.

Netso min moet iemand nie in ongeloof die nagmaal ontheilig wanneer hy dit so gebruik nie, netso min mag ‘n gedoopte in ongeloof sy doop ontheilig. Daar is maar net een oplossing: Laat jou met God versoen. Dan mag ons weet dat God baie maal meer gewillig is om aan ons versoening te gee as wat ons dit wil ontvang.

10 Die doop is ‘n lewenslange troos en oproep

Verder is dit belangrik om daagliks te lewe by die feit dat ons gedoop is. Dit wil sê dat ons daagliks die toevlug moet neem na Christus, daagliks vra vir vernuwing deur Sy Gees, daagliks te soek na die dinge wat bo is en om ons sondige natuur op aarde dood te maak.

11 Die doop wys op die volharding en die toekomstige volmaaktheid

Wie so beoefen dat hy gedoop is mag ook weet dat die doop die teken en seël is dat hy eendag onbevlek en onberispelik in die nuwe Jerusalem, in die gemeente van God se uitverkorenes ‘n plek sal ontvang. God se onwrikbare trou sal nooit ons val duld nie. Telkens weer daal in hierdie lewe God se krag neer op ons in ons swakheid. Vanuit daardie wete en ervaring mag ons dit van die HERE verwag. (Psalm 27:14)

12 Die vreugde waarop die doop ons wys

Hier op aarde is en bly die lewe van ‘n christen ‘n vreugde wat alle verstand te bowe gaan, met al sy stryd, en sorge. Eendag kom aan hierdie stryd ‘n einde, dan bly oor:

vir U wat my, ná kort verdriet,

‘n eewge vreugde bied.”

(Psalm 43:4, beryming)

Van al hierdie sake is die doop ‘n teken en seël en daarom:

“Geloofd sy God met diep ontsag”…

______________________________

Sien ook hierdie skrywe oor verbond, doop en die doopsformulier: In Christus geheilig – hoe moet die ‘Formulier vir die bediening van die Doop aan Kinders’ verstaan word?

Verdere artikels oor die Kinderdoop.

Artikels oor die Verbond oor die algemeen.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑