Drie onmisbare bronne om die gereformeerde geloofsbelydenis te verstaan

Drie onmisbare bronne om die gereformeerde geloofsbelydenis te verstaan

Dit wat ons as gereformeerde gelowiges en kerke glo volgens die Skrif, word verwoord, saamgevat, nagepraat in wat ons noem die Drie Formuliere van Enigheid, wat saam met die ekumeniese belydeniskrifte, die konfessionele basis is van ons gereformeerde kerke wat in lyn staan met die Dordtse sinode van 1618-19 wat hierdie belydenisskrifte aanvaar het.

Prof Paul de Bruyn verwoord dit as volg (Die Gesonde Leer):

“DIE ALGEMENE BELYDENISSKRIFTE

Die Apostoliese Geloofsbelydenis (Die Twaalf Artikels).

Die Geloofsbelydenis van Nicéa. (Kyk agter in Psalmboek.)

Die Geloofsbelydenis van Athanasius. (Kyk agter in Psalmboek.)

Dit word die algemene belydenisskrifte genoem omdat byna al die Christelike kerke dit aanvaar.

DIE BESONDERE BELYDENISSKRIFTE
Die Nederlandse Geloofsbelydenis

(Voortaan afgekort met NGB; kyk agter in die Psalmboek.) Dit is deur Guido de Bres in 1561 voltooi en bevat 37 artikels. Dit handel oor die volgende:

oor God (artt. 1 en 2) oor die Heilige Skrif (artt. 3 – 7) oor die drie-enige God (artt. 8-11) oor die skepping en voorsienigheid (artt. 12 – 14) oor die sonde (art. 15) oor die verlossing (artt. 16-26) oor die kerk (artt. 27 – 32) oor die sakramente (artt. 33 – 35) oor die owerheid (art. 36) oor die laaste dinge (art 37).

Die Heidelbergse Kategismus

(Voortaan afgekort met HK; kyk agter in Psalmboek.) Dit is opgestel deur Ursinus en Olevianus in opdrag van die vrome Frederik III, keurvors van Palts wat Heidelberg as hoofstad gehad het. Dit is voltooi in 1563 en bevat 52 Sondags-afdelings en handel oor die mens se enigste troos in lewe en in sterwe. Dit is onderverdeel in drie dele wat handel oor: die mens se ellende (Sondae 2 – 4) die mens se verlossing (Sondae 5-31) die mens se dankbaarheid (Sondae 32 – 52).

Die Dordtse Leerreëls

(Voortaan afgekort met DL; kyk agter in Psalmboek.)

Dit is opgestel op die Sinode van Dordrecht (Nederland) in 1618- 1619 onder die leiding van Johannes Bogerman, die voorsitter van dié sinode.

Dit is gerig teen die Remonstrante wat geloën het dat God sekere mense uitverkies het om salig te word en gesê het dat dit van die mens self afhang of hy salig gaan word of nie.

Dit handel oor:

die uitverkiesing en verwerping (hoofstuk 1)

die dood van Christus en die verlossing deur sy dood (hoofstuk 2)  die mens se verdorwenheid en sy bekering tot God (hoofstuk 3 en 4)  die volharding van die heiliges (hoofstuk 5).

Hierdie drie belydenisskrifte word genoem: die drie belydenisskrifte van eenheid.”

DIE DRIE BRONNE

Dit is by die ‘besondere belydenisskrifte’, wat uit die tyd van die Reformasie gekom het (16de eeu en daarna), dat ek hierdie drie onmisbare bronne van die skrywers of opstellers van tydsgenote van daardie belydenisskrifte, wil aanbeveel.  Die outeur/skrywers/opstellers sal natuurlik die beste weet wat hul bedoel het met elke artikel, Sondagafdeling of hoofstuk wat hul opgestel het, in navolging van die Skrif oor bepaalde onderwerpe, en daarom is dit goed om hul werke te bestudeer.

In die geval van die HK, het Ursinus ‘n kommentaar daarop geskryf, wat die beste bron is om die HK juis in die lig van die Skrif reg te verstaan, die twee ander bronne van die ander twee groter belydenisskrifte, is meer indirek om daardie belydenisskrifte te verstaan:

NEDERLANDSE GELOOFBELYDENIS

Die volgende werk van die opsteller van die NGB, Guido De Bres. Dit is nie ‘n kommentaar spesifiek op die 37 artikels van die NGB nie, maar wel op die hele konteks van De Bres se belydenis, in antwoord op die Wederdopers:

“De wortel, de oorsprong en het fundament van de wederdopers of herdoopten in onze tijd met een zeer uitvoerige weerlegging”

Hier is die baie volledige detail inhoudsopgawe met al die verskillende onderwerpe wat De Bres aangespreek het in drie werke saamgebundel:

Boek 1: De oorsprong van de wederdopers

Boek 2: De menslijke natuur van Christus

Boek 3: De doop, de overheid, de eed en de onsterfelijke ziel

Sien ook hier: Heruitgave werken Guido de Brés

HEIDELBERGSE KATEGISMUS

Nederlands: Het Schatboek is in boekvorm nog beskikbaar, sien http://www.boekwinkeltjes.nl:

Elektronies: https://theologienet.nl/theologie/het-schatboek-der-verklaringen-over-de-heidelbergse-catechismus-zondag-25-zondag-33/

Engels: Commentary on the Heidelberg Catechism in boekvorm beskikbaar by P&R Publishing

Elektronies: https://www.monergism.com/commentary-heidelberg-catechism-ebook

DORDTSE LEERREELS 

Nederlands: Synopsis of Overzicht van de Zuiverste Theology (voorwoord: H. Bavinck), D. van Dijk vertaling



Synopsis of a Purer Theology 2 Vols. (Den Boer & Faber, Ed.)

Synopsis of a Purer Theology, otherwise known as “the Leiden Synopsis,” …  (is a collection) theological disputations delivered at the University of Leiden in the early 1600s, it is one of the most historically important and theologically comprehensive handbooks of Reformed theology, being a key influence for many Reformed theologians including Herman Bavinck, Abraham Kuyper, Karl Barth, Louis Berkhof, and Richard Muller. And yet, it has remained largely forgotten and left to a handful of Latin-reading scholars.

Now for the first time, the Davenant Press has published this significant work in a full English-only translation, in an affordable and concise two-volume set that includes introductory material to orient the reader to the text.

The Synopsis offers both a snapshot of the state of confessional theology in the 17th-century Dutch Reformed tradition, and also an enduring example of how the project of systematizing doctrine can serve the church. The Leiden professors modeled thoroughness and clarity of thought in the face of confusion, and a vision of irenic Christian unity over brittle doctrinal uniformity.”

“The Leiden theology faculty was the ‘Sorbonne’ of Reformed orthodoxy. And the Leiden Synopsis represented the consensus after the Synod of Dort. Weaving into its exegetical arguments support from patristic and medieval sources, the authors display the catholic and evangelical spirit of Reformed theology. Avoiding internecine disputes, the Synopsis focuses on the doctrines that all Reformed Christians confess. Given its spirit, scope and learned arguments, it deserves to inform the tradition today as it did so persuasively in the past.” – MICHAEL HORTON J. Gresham Machen Professor of Systematic Theology and Apologetics, Westminster Seminary California

“Ons eindig met die getuienis van die Synopsis, ‘n werk wat deur vier van ons beroemdste godgeleerdes opgestel is: „Net soos in die eerste gemeente Matthias tot die Apostolaat en die Diakens tot hulle amp onder leiding van die Apostels gekies is met toestemming van die hele gemeente, behoort ‘n goeie en wettige verkiesing só te geskied dat volgens orde eers die Kerkraad die ampsdraers keur en uitkies en daarna die lede van die gemeente hulle stem aan die keuse gee wat deur die kerkraad gedoen is” – Totius wat verwys na die ‘Synopsis’ (die vier beroemde godsgeleerdes, was ook betrokke met die Statevertaling se kanttekeninge.)

Synopsis purioris theologiae (1625, 1632, 1642, 1652, 1658, 1881, 1964). Hierdie „heldere spieël van die leer van Dordt” het in 1625 die eerste keer verskyn van die hand van die vier teologiese professore te Leiden gesamentlik. Dit het vier herdrukke in Latyn belewe en vyftig jaar as handboek vir teologiese studente gedien. In 1881, na die Afskeiding van 1834 verskyn dit weer in Latyn met ’n voorwoord en aanbeveling van H. Bavinck en in 1964 kry ons ’n Nederlandse vertaling van D. van Dijk.’” – DCS van der Merwe (Die verandering van artikel 36 van die Nederlandse Geloofsbelydenis in Nederland in 1905: Progressie of regressie?)

Sien ook hier: https://proregno.com/2018/01/22/de-schriftleer-in-de-leidse-synopsis-die-skrifleer-van-die-statenvertaling-se-kantaantekeninge/

Sien ook hier, Polyander in die Synopsis oor die wet van God

One thought on “Drie onmisbare bronne om die gereformeerde geloofsbelydenis te verstaan

Add yours

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑