DIE DIREKTE VERTALING (2020-vertaling): Ex. 14:31 se ‘in’ en ‘aan’

DIE DIREKTE VERTALING (2020-vertaling): Ex. 14:31 se ‘in’ en ‘aan’

“Toe Israel die magtige daad sien wat die HERE teen Egipte gedoen het, het die volk vir die HERE ontsag gehad en hulle vertroue in die Here en in sy dienskneg, Moses, gestel.” (2020-vertaling)

“Toe Israel sien hoe kragtig die Here teen Egipte opgetree het, is hulle met ontsag vir Hom vervul. Hulle het in die Here geglo en ook in Moses, sy dienaar.” (1983-vertaling) 

“Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg.” (1933/53-vertaling)

‘Ook zag Israël e grote hand die de HEERE aan de Egyptenaars bewezen had; en het volk vreesde den HEERE, en zij geloofden in den HEERE 42)en aan Mozes, Zijn knecht..’ (Statenvertaling, 1637)

Kantekening 42 in Statenvertaling: “Dat is, zij geloofden het woord hetwelk Mozes in den Naam Gods tot hen sprak, als Ex. 19:92 Kron. 20:20. De manier van spreken in het Hebreeuws is wel enerlei, maar het onderscheid wordt genomen uit de natuur van de zaak.”

W. a’Brakel se opmerking by hierdie vers in sy Christian’s Reasonable Service, (De Redelijke Godsdienst) vol. 2, p. 281:

“As far as Exod 14:31 is concerned, it is common knowledge that when a word is prefaced by the letter beth, it means “on” as well as “in,” and that it must be understood and translated in accordance with the matter to which it is affixed. Therefore our translators have translated this excellently by stating, ‘And the people … believed (in) the Lord, and (on) His servant Moses.’ “

Editor’s note: The rendering of the Statenvertaling is as follows: “And the people believed in the Lord and on Moses His servant.”

Op ‘n ander plek oor Ex. 14:31, skryf a’Brakel:

“Van het geloof: Joh. 14:1. Gij gelooft in God, gelooft ook in Mij. Dat Israël aan Mozes geloofde, Exod. 14:31, is aan de leer van Mozes, zij geloofden dat Mozes van God gezonden was. Dat Israël in Mozes gezegd wordt gedoopt te zijn, Exod. 14:22; 1 Kor. 10:2, is door de hand van Mozes, door zijn dienst.”

Opmerking: alhoewel die ‘aan Moses’ en ‘in Moses’ albei volgens die Hebreeus moontlik en tegnies korrek is, het die vertalers van die 1933/53 en Statenvertaling gekies om die wesentlike belangrike onderskeid hier so te vertaal, soos die kanttekening en a’Brakel verduidelik.

In die Apostoliese Geloofsbelydenis kry ons ook hierdie belangrike onderskeid wat gehandhaaf word:

Ek glo ‘in’ God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde … 

en ‘in’ Jesus Christus, sy eniggebore Seun ons Here… 

Ek glo ‘in’ die Heilige Gees …

En dan volg:

Ek glo ‘aan’ ‘n heilige algemene, Christelike kerk... (waarvan Moses deel is..)

_________________________
Sien hier vir meer artikels oor die Direkte vertaling se probleme asook ander vertaling kwessies (let wel, party artikels is gemik op die proefuitgawes, so mens moet elke keer kontroleer of enige aanpassings gemaak is of nie): 

Die 2020 vertaling
Vertalingskwessies

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑