Afrikaanse opsomming van ‘The Institutes of Biblical Law’, RJ Rushdoony

Afrikaanse opsomming van ‘The Institutes of Biblical Law’, deur RJ Rushdoony

Inleiding

In 2011 het ‘n moeder (Hermine van Wyk) vir haar nageslag ‘n klassieke standaardwerk op die 10 gebooie, The Institutes of Biblical Law, van RJ Rushdoony, opgesom in Afrikaans met gedeeltes wat sy vertaal het. Ek het so paar jaar terug op die dokument afgekom, P&R Publishing Co. gekontak oor die outeursregte van die vertaalde werk, en verneem die vertaler is al oorlede, en kon ek ook nie enige familie van haar opspoor nie. P&R het my verwys na RJ Rushdoony se seun, Mark Rushdoony van Chalcedon Foundation, wat my toestemming gegee het om die vertaalde werk verder te versprei, met die nodige erkenning aan die oorspronklike bron, soos dit hier tans aanlyn en in boekvorm nog beskikbaar is:

The Intitute of Biblical Law

Hiermee stel ek dan die vertaalde werk ook hier beskikbaar:

‘n Afrikaanse Samevattende Vertaling van ‘The Institute of Biblical Law’

Dank aan Willem Swanepoel vir die hulp om die werk elektronies beskikbaar te stel, en daarmee ook ‘n versoek aan enige leser: ons kry nie altyd tyd om al die geskandeerde werke te proeflees nie, en vra enige lesers van hierdie samevattende vertaling om enige foute vir my direk deur te gee, asb: slabberto@gmail.com, baie dankie!

Ongelukkig leef ons in sulke ‘antinomiaanse’ (teen-God-se-wet) tye, selfs onder baie Christene, en nog erger, gereformeerdes, dat baie nie Rushdoony wil lees nie, omdat hy te ‘kontroversieël’ is.  Hy plaas ‘n baie nodige sterk klem op die herstel van die wet in sy regmatige plek in die gelowige se lewe, volgens die Skrif, maar dan ook op elke lewensterrein, dus gesin, gemeente, gemeenskap, ens. Een van die vertaalde gedeeltes:

“Wettelose Christendom is ‘n selfweerspreking; dit is antichristelik. Die doel van genade is nie om die wet opsy te skuif nie, maar om die wet te vervul en om die mens in staat te stel om die wet te onderhou. Indien die wet so swaar geweeg het in die oë van God dat dit die dood van Sy eniggebore Seun vereis het om versoening te doen vir die mens se sonde, skyn dit vreemd dat God die wet sou laat vaar! Die doel van die wet is nie wetteloosheid nie, nog is die doel van genade ‘n wettelose veragting vir die Gewer van genade.”

As Calvinus glo Rushdoony duidelik ons word nie gered deur die wet nie, maar uit genade alleen, deur die geloof in Christus alleen, maar dan wel tot die wet (dit wat ons glo en bely volgens die Skrif in die Heidelbergse Kategismus, sien veral die derde deel), om in dankbaarheid in die krag van die Gees, daarvolgens te lewe orals.  Hy hy verwerp dus beide legalisme/nomisme maar ook veral antinomianisme van ons dae, ook soos dit in die sigbare kerk toeneem (sien meer daaroor hier: Wat is antinomianisme, en wat is die bybels-gereformeerde antwoord daarop?).

Dit is werklik tragies om te sien hoe selfs gereformeerde gelowiges en kerke, ‘n bedekte vyandskap ontwikkel het teen God se wet, veral vir die ganse lewe, en nog meer vir die burgerlike owerheid en samelewing, wat sommige noem ‘n bedekte of ‘semi-antinomianisme’. Dit is daardie mede-gelowiges wat enige humanistiese natuurreg wet sisteem verlang en goedpraat en bevorder, maar  venynig vyandig is teen enige samelewing gebaseer op die beginsels van Bybelse wet of bybelse reg gefundeer in die vervulling en handhawing in Christus (Matt. 5:17-20).

Enige skrywer moet altyd getoets word aan die Skrif (Hand. 17:11; NGB art. 7 beginsel), en dieselfde geld vir Rushdoony se klassieke werk. Daar sal heelwat wees om mee te verskil of wat mens verkies om anders te stel, hy maak baiekeer ‘sterk uitsprake’ waarmee mens kan verskil, en ander plekke is ek van mening hy verstaan sekere skrywers nie reg nie, ens. Maar sy werk in geheel as nog ‘n kosbare bron oor die wet saam al die bronne wat ons reeds het, is onmisbaar vir elke gelowige, prediker, gemeente, ens.

Die groot rykdom van Rushdoony se denke, is dat hy nie die klassieke gereformeerde dogmatici deur die eeue probeer ‘copy en paste’ nie. Nee, hy bou voort, en dan veral op die terrein van ‘teonomiese etiek’ en ‘lewens- en wêreldbeskouing’ asook ‘onderwys’. Sy aktuele toepassings vanuit die hele Woord, en die besonder die wet, vir ons tye, is besonder insiggewend en leersaam, al gaan daar ook sake wees waarmee mens kan verskil (sien my eie lesing en oorsig van RJ Rushdoony hier, dit is al bietjie gedateerd, maar hopelik ‘n goeie inleiding tot sy denke en bydrae: Die Kultuurbeskouing van RJ Rushdoony).

Om die belangrikheid van Rushdoony se IBL te besef, asook behulpsame kritiek daarop, sien hierdie resensie van sy magnum opus deur dr. John Frame:

The Institutes of Biblical Law: A review article

U as leser moet ook onthou, die vertaling en opsomming van H. van Wyk is presies dit, dit vat saam en som op, raadpleeg die oorspronklike bron self as daar onsekerheid is in die vertaling-opsomming, om seker te maak wat die skrywer sê.

Rushdoony se IBL (asook sy ander werke) kan hier aangekoop en/of direk aanlyn gelees en/of geluister word: IBL aanlyn beskikbaar

Die groter doel van hierdie vertalingsboek aanbeveling, is nie dat enigemand Rushdoony of Teonomie (‘n hoofletter) onvoorwaardelik aanhang nie, maar die doel is juis die oproep na die terugkeer van die regte verkondiging en onderrig van beide die evangelie en wet van Christus, tot lof van sy Naam, om evangelisties én teonomisties te wees in ons tye [let op die klein ‘t’, want teonomie as ‘pro wet van God’ op sy regte plek, en sy regte verhouding tot die evangelie, soos beide die Dordtse en Westminster Konfessies dit verwoord, is absoluut niks nuuts nie, dit is wesentlik deel van ons hele geloof, veral ons gereformeerd-presbiteriaanse geloof deur die eeue, sien hier: DIE HERONTDEKKING VAN DIE ‘MOSAïESE REG’ GEEN ‘MODERNE AMERIKAANSE’ TEONOMIESE UITVINDSEL NIE, MAAR PRODUK VAN DIE 16de/17de EEUSE KERKREFORMASIE].

C. van Til en J. Gresham Machen het dit treffend gestel op verskillende maniere, en dit geld ook vir ons tye:

A new and more powerful proclamation of the law is perhaps the most pressing need of the hour; men would have little difficulty with the gospel if they had only learned the lesson of the law… So it always is: A low view of law always brings legalism into religion; a high view of law makes man a seeker after grace. Pray that the high view may prevail.” – Machen

“There is no alternative but that of theonomy and autonomy.” – Van Til

_____________________________________

Meer oor Rushdoony en Chalcedion hier.

Pro Regno artikels van en oor RJ Rushdoony hier.

4 thoughts on “Afrikaanse opsomming van ‘The Institutes of Biblical Law’, RJ Rushdoony

Add yours

  1. hi Slabbie, I guess the rest of my comments didn’t come through. I am so thankful for you and the scholarship the Lord is giving to you over the years! I’m praying and hoping I can finish the third volume on the five neglected truths for culture transformation. I would like to rely a lot on your research in Dutch sources and Afrikaans sources with attribution of course.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑