Pursuing a Godly Marriage

PURSUING GODLY MARRIAGES, dr. Sinclair Ferguson

“En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape … en dit was baie goed. … Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom ’n hulp maak wat by hom pas. … En die HERE God bou die rib wat Hy van die mens geneem het, tot ’n vrou en bring haar na die mens.” (Gen. 1:27,31; 2:18, 22)

Luister of kyk gerus na hierdie lesing van Sinclair Ferguson oor die huwelik.

Dit is ‘n goeie basiese uiteensetting van die prag en rykdom van die huwelik wat ons moet  najaag tot eer van God, as ‘n getuie in hierdie wêreld, en moet koester midde die aanslae om die huwelik te verdraai en te probeer vernietig, ook in ons tye.

Dit is vir reeds getroudes, en moontlike toekomstige getroudes, DV, eintlik vir almal bedoel, jonk en oud, omdat ons almal op een of ander manier geraak word deur hierdie basiese bousteen van beide kerk en samelewing (daarom juis die Satan en die wêreld se aanslag teen die huwelik).

Daar is hier en daar aspekte wat ek meen hy ook dalk ook nog moes aangeraak het, maar ek dink hy wou doelbewus fokus op die wesentlike belangrikheid van die huwelik as ‘n liefdevolle verbonds-vriendskap en kameraadskap tussen man en vrou (gebaseer op hul elkeen se afsonderlike en gesamentlike geloofsband met die Here), waaruit al die ander aspekte (roepinge en take, ens.) dan vloei, wat ook so nodig is weens al die verdraaiings en aanslae teen die huwelik, ook in ons dae, buite én binne die kerk:

“While our society attempts to redefine marriage and deny that God created us male and female for His glory, Christians are called to hold marriage in honor (Heb. 13:4). In this message, Dr. Sinclair Ferguson considers how the Bible provides instruction for both husbands and wives to pursue their callings before the Lord so that marriages and families might glorify Him and shine as lights in a dark world.”

_____________________________________________

Sien ook hierdie inskrywings oor die huwelik en gesin:

Huwelik en gesin in die Skrif

Die Huwelikseën, ds. Gustav Opperman

Troupreek: Alle dinge moet die HERE eer, ook ons huwelike

Die Godgegewe rol van vroue in die kerk (1 Tim. 2:8-14)

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑