DIE GEREFORMEERDE KERK CARLETONVILLE BIED AAN
“IN U LIG” 2025 Konferensie

TEMA: Kom! Laat ons aanhou Kerk van Christus wees in die 21ste eeu!
Datum: Saterdag, 1 Februarie DV 2025
Plek: h/v Topaz- en Pewter plek, Carletonville (Kaolinstraat 157)
Let wel, al die sprekers gaan bogenoemde tema aanspreek, ook onder andere die volgende vrae en sake: ons roeping as plaaslike kerk & kerkverband wees in die 21ste eeu. Ons wil saam besin oor vrae soos: Is die kerk ‘n opsionele ekstra? Kerke loop leeg. Hoekom? Wat is die roeping van die kerk? Is daar nog die brandende begeerte om kerk te wees?Wil ons nog kerk wees? Kerk en Christus. Wat is die verband? Hoe verstaan jy kerk?, ens.
Program:
08h00-08h30: Registrasie en koffie
Opening: 08h30
08h45 – 09h30 Voordrag 1: dr. Hannes Breytenbach (VGKSA)
09h30 – 10h15 Voordrag 2: dr. Johan Bosman (APK)
Koffie&tee: 10h15-10h45
10h45 – 11h30 Voordrag 3: ds. Danie Malan (GKNamibië)
11h30 – 12h15 Voordrag 4: ds. Marnix Boersema (GKSA)
Ete: 12h15-13h00
13h00-14h00: Paneelbespreking
14h00: Bedankings en afsluitings
Kostes: R50-00 per persoon, verversings en ete ingesluit.
RSVP voor Sondag, 26 Januarie 2025
“Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.” (Ps. 36:10)
VERDERE NAVRAE: Slabbert Le Cornu
082 770 2669 of slabberto@gmail.com
Leave a comment