DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA: 1700 JAAR OUD!

DIE GELOOFSBELYDENIS VAN NICEA:

1700 JAAR OUD!

“The council of Nicaea is the most important event of the fourth century, and its bloodless intellectual victory over a dangerous error is of far greater consequence to the progress of true civilization, than all the bloody victories of Constantine and his successors.” – Philip Schaff (History of the Christian Church)

In die Psalmboek lees ons:

Hierdie Belydenisskrif word genoem na die plek Nicéa (Klein-Asië), waar daar in die jaar 325 ‘n Sinode gehou is en waar die dwalings van Arius verwerp is. Die finale vorm is egter eers van ‘n later datum, waarskynlik die Sinode van Konstantinopel, 381 (NGB, artikel 9)

En dan volg die belydenis, wat hierdie jaar 1700 oud is:

“Ons glo in een God, die Almagtige Vader, die Skepper van die hemel en die aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge;
en in een Here Jesus Christus, sy eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore:
Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in
wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.
Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword, hy het mens geword;
onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig;
Hy het gely en is begrawe.
Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan, en Hy het na die hemel opgevaar.
Hy sit aan die regterhand van die Vader, en Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel.
Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie. 

Ons glo in die Heilige Gees wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.
Ek glo aan een heilige, algemene en apostoliese kerk.
Ons bely een doop tot vergifnis van die sondes.
Ons verwag die opstanding van die dooies en die lewe van die toekomstige bedeling.
Amen

Om die belangrikheid van hierdie belydenis te besef, in navolging van die Skrif, plaas ek hier ‘n paar uitreksels uit ‘n paar artikels, en verwys u ook na die bronne waar u die volledige artikels kan gaan lees:

1) Nicéa – Baken in die Geskiedenis van Christus se Kerk, prof. Victor E. d’Assonville

2) Die Geloofsbelydenis van Nicéa, ds. MJ Booyens

3) Nicea: History versus Imagination, dr. RJ Rushdoony

Hier is dit (beklemtonings bygevoeg):

1) Nicéa – Baken in die Geskiedenis van Christus se Kerk, prof. Victor E. d’Assonville

“Wat was op die spel in daardie eeu van krisis, die vierde eeu, byna 1 700 jaar gelede? Atanasius sou sê, alles, alles was op die spel. Waaroor dit gegaan het, is die geloof in Christus, en spesifiek: die belydenis dat Christus as Seun van God self God is, van ewigheid af, één met die Vader. Dit was die vraag van alle tye, die vraag van Jesus Christus Self: “Wie sê julle is Ek?” (Matt 16:15). Die antwoord op hierdie vraag gee die Skrif in die volgende vers: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”

Die hoofvraag wat by Nicéa op die tafel was, was of Christus as Seun van ewigheid af bestaan, of Hy God, één in wese met God die Vader is. En die antwoord van Nicéa? Volgens die Skrif – ongetwyfeld en ondubbelsinnig: Ja!

Nicéa was dus nie net ’n kulminasie van die vraag oor Christus nie, maar ook oor die erkenning van die gesag van die Skrif – Christus as God en sy Woord (die totstandkoming van die Skrif onder leiding van sy Gees, vgl. 1 Pet 1:10-12) kan immers nie van mekaar losgemaak word nie. ….As ons vandag kerk van Christus wil wees, kán ons en dúrf ons en móét ons saam met die kerk van alle eeue en oor die hele wêreld heen met die Nicea, onvervangbare baken bely…”

Lees die volledige artikel hier: Nicéa – Baken

2) Die Geloofsbelydenis van Nicéa, ds. MJ Booyens

Waarom was ‘n belydenisskrif weer nodig? Ons sal telkens sien dat die belydenisskrif te ontstaan uit stryd in die boesem van die kerk. Die kerk bestaan immers uit onvolmaakte mense wat in hulle opvattings kan afdwaal van die Bybelse waarheid. Daarby ‘moet ons nie vergeet dat die duiwel nie slaap nie, maar rondgaan soos ‘n brullende leeu. Paulus het alreeds gesê: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef. 6:12).

Hierdie worstelstryd teen die bose geeste word dwarsdeur die geskiedenis van die kerk duidelik gesien, Die belydenisskrifte is telkens die antwoord van die kerk, deur die leiding van die Heilige Gees, teenoor die dwaalgeeste. So is die belofte van die Here Jesus bewaarheid: “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei” (Joh. 16:13).”

Lees die volledige artikel hier (hoofstuk 24): Nicea

3) Nicea: History versus Imagination, dr. RJ Rushdoony

“As against Biblical Christianity, all other religions seek to impose an idea on history and to realize it, or to make it real.

Humanism holds to a faith in man, in brotherhood and equality. The real world and history give no evidence of anything trustworthy in man, nor any evidence of brotherhood and equality. It is the purpose of humanism to achieve these goals and to convert history to them.

The essence of Islam is a political order, and the purpose of Moslems is properly the achievement of this “rule of God” in and through a political order. The role of Mohammed was religious precisely because it was political to the core, and non-Christian religions are primarily political and are derived from the concept of a divine political order, an order which is itself the source of morality and religion.

Buddhism holds to an ultimate and proximate relativism; since nothingness is ultimate, and all things are relative, the “way” is equally the contempt of life and the political control of life without regard for good and evil, i.e., the political contempt of life.

In all non-Biblical faiths, the essence of religion is the attempt of man’s imagination to impose a pattern or ideal upon history. There is, as a result, a marked hostility towards history. History as it comes from the hand of God has a pre-ordained meaning and direction, and it moves to a purpose neither decreed by man nor conducive to man’s sin. As a result, man is in revolt against history. Man pits against history the imagination of his fallen heart.”

“Gnosticism was in essence humanism, the glorification of man. In humanism, man makes himself ultimate by undercutting the ultimacy of God. The vaguer the doctrines of the Father, Son, and Holy Ghost were made the more clearly man emerged as the sovereign, and man’s order as the ultimate order. In Arianism and semi-Arianism this humanism spoke in the church using the language of the Apostles’ Creed but reinterpreting the words to give anew context to them. “

“The Biblical answer to the problem of the one and the many is denied (in Arianism – slc). In the triune God, one God, three persons, there is an equal ultimacy of the one and the many. Unity and particularity are equally important. Arius restated the pagan emphasis on unity, and that unity was the empire.

Everywhere, pagan statism found Arianism to be an ideal doctrine, and for a few centuries Arianism flourished in Europe as the established faith. In the name of Christianity, Arianism established anti-Christianity. By professing Arian “Christianity,” rulers could outlaw or oppose orthodox Christianity as subversive. as is now apparent, Arianism was humanism and statism. It was a popular faith with rulers, in that it made possible the continuation of the pagan exaltation of the state as the divine-human order and politics as  the way of salvation. 

The emperor, Constantine the Great, with his essentially Roman concern for religion, turned soon to Arianism for support. One of his wins, a bronze follis of about A. D. 307-308, has on the obverse side, the head Of Constantine, and, on the reverse side, the sun-god. 

For the empire, the door was open to Jesus as the great creature of God, but also open to many other divine creatures, all serving to unify the Roman Empire as the divine-human order. The Arian bishops were thus inescapably statist in their orientation and faith. For them, the empire was God’s true order, and the emperor God’s present manifestation and power on earth.” 

Sien die hele hoofstuk (chapter two), in Rushdoony se boek oor belydenisskrifte en hoe dit die sosiale ordes help vorm en beïnvloed het deur die eeue:

Foundations of Social Order – Studies in the Creeds and Councils of the Early Church. (Kan ook hier geluister word)

_____________________________

Konferensie oor die belangrikheid van Konfessies & Nicea: Edinburgh Theological Seminary – ETS Annual Conference: ‘We believe: Why Creeds Matters Today’

Councel of Nicea, dr. RC Sproul

Proclaiming Christ in Istanbul, dr. Stephen Nichols

The Arian Controversy, Henry Melvill Gwatkin

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑