ROME HET DIE WARE EVANGELIE VERVLOEK EN DIT HET NOG NOOIT VERANDER NIE

“If we lose the doctrine of justification, we lose simply everything.” – Maarten Luther
“Justification by faith is the hinge on which all true religion turns.” – John Calvin
-‘n Artikel en preek om ons tot ware verootmoediging en bekering te bring, of ons nou protestant of roomsgesinde is –
“Can. 9. If anyone says that the sinner is justified by faith alone in the sense that nothing else is required by way of cooperation in order to obtain the grace of justification and that it is not at all necessary that he should be prepared and disposed by the movement of his will, let him be anathema.” – Trent on Justification
“It is not simply that the Roman Catholic Church tolerates error, even grave error, within her bounds. Rather, Rome has knowingly and officially anathematized enough of the gospel to forfeit any right to be recognized as part of the visible church. Furthermore, Rome has not rescinded these anathemas; they remain the official stance of Rome today.”
“Does Rome bear this mark of the church? The way to answer this question is not to scan the Twitter feed of Pope Francis, nor is it find out what the priest of the local Roman Catholic parish preached in his Sunday homily. To find the answer, one must consult what Rome has officially confessed. One of the most important defining statements of the Roman Catholic Church is that of the Council of Trent, which met from 1545 to 1563.[8] The Decrees and Canons of Trent are the official response of Rome to the Protestant Reformation. They offer an especially revealing look at Rome’s institutional reaction to the doctrine of justification by faith alone.”
Inleiding
In aansluiting by wat ek reeds geskryf het en die bronne waarna ek verwys het in ‘n vorige artikel (Die afsterwe van die pous: Waarom ons nie Rooms of Lutheraans is nie, maar Gereformeerd) plaas ek hierdie kort maar kragtige 2 bladsye artikel hier op my blog van dr. Guy Waters (PCA, Reformed Theological Seminary).
Ek dra dit op aan beide Protestante en Roomsgesindes, veral hulle wat so goed bedoeld maar vurig ywerig baklei oor, watter protestant of pous, het nou die beste of die slegste gedoen deur die eeue en ook in ons tye, wie se ‘sosiale werke’ nou as’t ware die minste of meeste met sonde bevlek is of nie, en die meeste bewonder moet word in ons tye (sien HK Sondag 23 en 24).
Hulle wat dink die een of die ander tradisie het die morele hoër grond op grond van die mens se werke… op grond van die ‘performances’ van hul lede, hulle wat dink die een het daardie een die meeste of minste vervolg, daarheen is meer en daardie een minder liberaal, en daarom is ‘ons reg en nie hulle nie ‘, ens.
Nee, het ons dan nie die Skrif gelees nie, ken ons nie die 1 Tim. 1:15 gesindheid van Paulus nie, vergeet ons so gou dat Christus vir die goddelose gesterf het, toe ons nog sondaars was, sien Rom. 5:6-8, dit wat die Reformasie opnuut diep van harte besef het (Jes. 6:5 ; Luk. 5:8)?
Ons is almal ‘n klomp onverdiende vuil gebroke sondaars wat God se soewereine liefdevolle genade so nodig het, en dan net God se genade in Christus (sola gratia solus Christus), om gered te word van die ewige hel wat beide ‘protestant en roomsestant’ dubbel en dwars verdien het.
“19Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees; 20aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde. 21MAAR nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, 22die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; 23want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, 24en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. 25Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God — 26om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is. 27Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. 28Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. “29Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, 30aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. 31Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.” (Romeine 3:19–31)
Die wese van die saak
Dit gaan en moet gaan oor die wese van die Evangelie van Christus, oor ons Vader se Goeie Nuus, oor die ‘evangelie van God… aangaande sy Seun… en na die Gees van heiligheid verklaar is…”, nie God plus ons evangelie nie, nee, soos Paulus deur die Gees skryf, en dit is aan hom geopenbaar:
“PAULUS, ’n dienskneg van Jesus Christus, ’n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God —
2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, “3aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid 4en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,” (Romans 1:1–4)
Natuurlik glo ons as Reformatore dat hierdie evangelie nie anders as te kan vrug dra nie (Jes. 54:10 ; Ef. 1:4; 2:8-10), dat redding uit genade deur die geloof alleen is, maar wat nooit alleen is in die sin van dat werk van dankbaarheid sal volg, daar sal vrug volg hoe langer hoe meer, maar, die goeie werke is die vrug, nie die bron of samewerking of byvoeging of voorwaarde vir of wat by ons regverdiging in Christus alleen (NGB art. 21-24) gevoeg moet word nie, dit getuig, dit ‘toon’ (Matt. 7:16-29; Jak. 2:17-18), dit openbaar dat ons waarlik gered is, dit bepaal of is nie die oorsprong van ons redding nie, dit is waaroor Jakobus 2 gaan in vergelyking met Rom. 3 en Gal. 2, en daarom is Christus die Bron van beide ons regverdiging en heiligmaking, waarin ons alleen roem (1 Kor. 1:30, 31; sien wat ons bely by Sondag 23 én 24 van die HK)
Ja, natuurlik het die Reformasie vs Rome stryd oor baie ander belangrike sake ook gegaan, teologies en eties, kerklik en sosiaal, ens. Dit het ook gegaan ‘n klomp belangrike sake wat onderling verbonde is aan mekaar, o.a. oor wie en wat het die hoogste gesag op aarde, nie net in die hemel nie, dit het gegaan oor Skrif- en gesagsbeskouing (sola Scriptura, sien NGB art. 7)), ja, oor die ware aanbidding van God, die erediens, die plek van heiliges al dan nie, ens ens. (sien HK So. 35; NGB art. 32). Maar die wesentlike saak wat allesbepalend was terug in die 16de eeu en daarna, vir die reformatore soos Luther, Zwingli, Calvyn, Knox en andere wat gevolg het, was oor:
Wat is die ware Evangelie?
Wat is die enigste en ware Troos vir ‘n verlore mensdom?
En hoe word God ALLEEN dan ge-eer in die redding van sondaarmense!
En daarom het die Reformasie stryd plaasgevind, en moet dit vandag voortgaan, wat ons glo van harte ook aan ‘semper reformanda’, om lewenslank te bekeer, leer, te groei in kennis en heiligmaking, deur Gees en Woord (sien HK So. 31-32).
LET WEL: Die pleitdooi vir almal – nie al die moddergooi bekgevegte oor wie is die beste ‘moralistiese beweging’ vandag is allesbepalend nie: die Vatikaan of die Protestantse kerkverbande nie, nee, ons is en word maar almal baiemaal geweeg en te lig bevind in ons dankbaarheidslewe, om sout en lig te wees in hierdie wêreld, ongeag in watter kerkverbande ons ons bevind, ja, daar moet bekering en kerkreformasie orals plaasvind.
MAAR, en dit is die groot verskil, die Protestantse Reformasie in die verwoording van die ware evangelie soos dit saamgevat word in die gereformeerd protestantse konfessies (nie die nuutste kerklose sosiale bekvegter social warrior youtuber se ‘verklarings’ nie), het ons nog die kosbare genadige Evangelie, om na terug te bekeer en opnuut te glo, en vir ons roomse kundige en veral onkundige vriende te verkondig en te verduidelik, maar al meer ook vir liberale en onkundige protestante.
DAAROM, hierdie twee bronne, ek noem weereens: gaan lees die amptelike besluite en konfessies van beide Rome en die Reformasie om werklik te weet waaroor die stryd gaan en waarom veral, soos Rome nou nog amptelik glo en bely oor die evangelie (sien my lesing en artikel hier wat ek dit gedoen het, vanuit Rooms Katolieke kategismus boek: Die Bybelse Evangelie: verloor deur Rome, herontdek deur die Reformasie), oor die Skrifgesag, oor die Pous, daar absoluut geen eenheid en versoening kan wees nie. Daar is nie ‘n midde grond nie.
Natuurlik kan ons met ons Roomse vriende saamwerk in etiese en ander sake, dit het die gereformeerdes nog deur al die tye gedoen, maar teologies-konfessioneel is ons wesentlik geskei oor die 16de eeuse Reformasie sake (die besondere belydenisskrifte wat die beste saamgevat is in die Dordtste en Westminster Standaarde). Ons verskil nie met Rome oor die Triniteitsleer waaroor ons saam glo (ekumeniese belydenisskrifte), as reformatore erken ons ook die vroeë kerk en kerkvaders (maar ons verabsoluteer hul nie, sien NGB art. 7), ons is inderdaad ‘gereformeerde katoliek’ (deel van die algmene christelike kerk, sien NGB artikel 9 en HK Sondag 7-25), maar nie ‘rooms’-katoliek nie. Maar ten einde was die
ware evangelie met die Reformasie op die spel, en nie beide Rome en die Reformasie (soos verwoord in hul amptelike konfessies en kerklike besluite) kan reg wees nie, iemand moet oor daardie leerstukke bekeer, en ons as gereformeerde protestante glo van harte die woord van die waarheid soos saamgevat en vervat in die 16de eeuse reformatoriese belydenisskrifte, met die Heilige Skrif alleen die absolute onfeilbare toetsteen van ons hele leer en lewe:
“…. in wil julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte,” (Ephesians 1:13)
Lees daarom biddend, peinsend hierdie artikel, en luister na die preek vanuit Rom. 1:1-5, om opnuut te hoor wat wesentlik op die spel was en nogsteeds is, en wat die ware Evangelie is (let wet: die preek is deel 1, van twee preke oor die onderwerp, ek sal volgende keer deel 2 plaas):
A. Rome and the Marks of a True Church*
One of the great debates in the nineteenth-century American Presbyterian church centered around Roman Catholic baptism.[1] As large numbers of people were emigrating to the United States from Roman Catholic countries, and as some of those people sought membership in Presbyterian congregations, an old question pressed itself anew on the church—“Is Roman Catholic baptism valid?”
Presbyterians realized that to answer this question they had to answer a more basic question—“is Rome a ‘true part of Christ’s visible church’”?[2] If Rome is a true church, then her sacraments are valid, and Presbyterians should acknowledge that fact when they receive someone into her membership who had been baptized in the Roman Catholic Church. But if Rome is not a true church, then her sacraments are not valid. In that case, someone who had received Roman Catholic baptism would not have received Christian baptism. That person would need to be baptized upon reception into the Presbyterian church.[3]
Presbyterians debated the validity of Roman Catholic baptism throughout the nineteenth century and continue to debate it today.[4] The underlying question remains the same—Does Rome have the marks of the true church? To answer that question, two questions are in order. First, what are the marks of the church? Second, does Rome bear those marks?
What are the marks of the church? At first glance, it appears that the Reformed tradition disagrees with itself here. The Westminster Confession of Faith says that “the visible church … consists of all those throughout the world that possess the true religion; and of their children” (25.2). There is one mark of the church—“possessing the truth.”[5] But the Belgic Confession identifies three marks of the church—“the pure doctrine of the Gospel,” “the pure administration of the sacraments,” and “church discipline” (Art. 29). So, is there one mark or are there three marks? Francis Turretin pronounced this a distinction without a difference—“it is all the same thing.”[6] If a church confesses the true religion, then she will administer the sacraments and discipline in accordance with the Word of God.[7]
Does Rome bear this mark of the church? The way to answer this question is not to scan the Twitter feed of Pope Francis, nor is it find out what the priest of the local Roman Catholic parish preached in his Sunday homily. To find the answer, one must consult what Rome has officially confessed. One of the most important defining statements of the Roman Catholic Church is that of the Council of Trent, which met from 1545 to 1563.[8] The Decrees and Canons of Trent are the official response of Rome to the Protestant Reformation. They offer an especially revealing look at Rome’s institutional reaction to the doctrine of justification by faith alone.
Trent’s Decree on Justification amounts to a positive statement of Rome’s understanding of justification. It is in its Canons on Justification that Trent expressed pointed disagreement with views that Rome believed the Reformers taught. Trent then proceeds to condemn those views—“let him be anathema” (accursed).[9] Some of these Canons are especially revealing.
Can. 7. If anyone says that all works performed before justification, no matter how they were performed, are truly sins or deserve God’s hatred; or that the more earnestly one tries to dispose himself for grace, the more grievously he sins, let him be anathema.
Can. 9. If anyone says that the sinner is justified by faith alone in the sense that nothing else is required by way of cooperation in order to obtain the grace of justification and that it is not at all necessary that he should be prepared and disposed by the movement of his will, let him be anathema.
Can. 11. If anyone says that men are justified either by the imputation of Christ’s justice alone or by the remission of sins alone, excluding grace and charity that is poured into their hearts by the Holy Spirit [cf. Rom 5:5] and inheres in them, or also that the grace that justifies us is only the favor of God, let him be anathema.
Can. 12. If anyone says that justifying faith is nothing else than confidence in the divine mercy that remits sins on account of Christ or that it is this confidence alone that justifies us, let him be anathema.
While it is hard to see the Reformers speaking of “works,” “faith alone,” or “imputation” in precisely these terms, there is enough of the Reformers’ doctrine here to merit the conclusion that Rome knowingly anathematized the Reformation’s doctrine of justification by faith alone.[10]
It is not simply that the Roman Catholic Church tolerates error, even grave error, within her bounds. Rather, Rome has knowingly and officially anathematized enough of the gospel to forfeit any right to be recognized as part of the visible church. Furthermore, Rome has not rescinded these anathemas; they remain the official stance of Rome today.[11]
One could take up at this point a host of other questions. Does Rome faithfully administer the Lord’s Supper? Does Rome properly administer church discipline? Are her clergy genuine officers of the Christian church? But these questions all lie downstream of the most important question—what has Rome done with “the true religion”? There can be no doubt what it has done. It has pronounced a curse upon the gospel proclaimed by Martin Luther, John Calvin, and their theological descendants.
This is in no way to question that Rome has preserved much truth within her bounds, nor is it to doubt that there may be genuine Christians within the Roman communion. Neither is it to deny that Roman Catholics have proven welcome co-belligerents with Protestants in some of the great cultural struggles of our day. But clear lines need to be drawn to safeguard the integrity of the biblical gospel that we believe, proclaim, and love.
* [Bron: hier, geplaas met erkenning.]
Sien ook hierdie boek oor die regverdigingsleer (justification): The Doctrine on Which the Church Stands or Falls: Justification in Biblical, Theological, Historical, and Pastoral Perspective
____________________________________
[1] For a summary of the actions of the Presbyterian Church in this time period, see J. Aspinwall Hodge, What Is Presbyterian Law As Defined By Church Courts? (7th ed.; Philadelphia: Presbyterian Board of Publication, 1894), 84–5, and J. D. Leslie, Presbyterian Law and Procedure in the Presbyterian Church in the United States (Richmond: Presbyterian Committee of Publication, 1930), 303–4.
[2] The quoted language is that of the 1871 General Assembly of the PCUS, as cited at Leslie, Presbyterian Law and Procedure, 304. This particular Assembly declared Rome to be no true part of the visible church. Assemblies of the American Presbyterian church had been addressing this question since at least 1835.
[3] It is important to stress here that what is in view is not rebaptism. All Reformed parties agree that “the sacrament of Baptism is but once to be administered unto any person” (WCF 28.7). Those who deem Roman Catholic baptism invalid believe that a person who had received Roman Catholic baptism had never truly received Christian baptism in the first place.
[4] If Rome is not a true church, as we will argue below, then her baptism is not Christian baptism. For that reason, I concur with those Presbyterians who do not recognize Roman Catholic baptism to be Christian baptism.
[5] James Bannerman, The Church of Christ (2 vols.; 1868; repr. Edinburgh: Banner of Truth, 1960), 1:62.
[6] Francis Turretin, Institutes of Elenctic Theology, trans. James T. Dennison, Jr. (3 vols.; Phillipsburg, NJ: P&R, 1992–7), 3:87.
[7] Ibid.
[8] For the full text, in Latin and English, of Trent, see Heinrich Denzinger, Compendium of Creeds, Definitions, and Declarations on Matters of Faith and Morals, eds., Peter Hünermann, Robert Fastiggi, and Anne Englund Nash (43d ed.; San Francisco: Ignatius, 2012), 368–413.
[9] The Latin formula “anathema sit” concludes each of these canons.
[10] In reading through Trent’s other Canons on Justification, however, one gets the sense that they understood the Reformation to be teaching antinomianism (see Canons 18, 19, 20, 21).
[11] Nor could she rescind these anathemas without fatally injuring her claim to infallibility.
B. PREEK: KEN JY DIE WARE EVANGELIE EN KAN JY DIT AAN ANDER VERDUIDELIK (Romeine 1:1-5)
Lees: Rom. 1:1-8, 16-17; 3:19-31 & 1 Kor. 1:15:1-8.
Teks: “PAULUS, ’n dienskneg van Jesus Christus, ’n geroepe apostel, afgesonder tot die evangelie van God — 2 wat Hy tevore beloof het deur sy profete in die heilige Skrifte, 3 aangaande sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid 4 en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here, 5 deur wie ons genade en die apostelskap ontvang het om geloofsgehoorsaamheid te verkry onder al die heidene ter wille van sy Naam.”
Opname:
Aflaai: Romeine 1:1-5 preek
‘n Paar aanhalings:
“Drie redes genoodsaak om hierdie preek vanoggend te preek, ‘n preek wat ek in 2008 gelewer het, en nou nog verder gegroei het:
a) met die onlangse verkiesing van ‘n nuwe Pous vir die RRK … verstom oor die onkunde van baie protestante…
b) 18 jaar bediening op lidmate afgekom… wat net nie eers die basiese evangelie verstaan nie…
c) as die Evangelie nie die bron, wese is van ons ganse hoop, troos, en lewe nie… is alles tevergeefs… want die doel van die evangelie is soli Deo Gloria!
Drie punte:
A. Wat IS… die evangelie?
B. Wat DOEN of wat is die VRUG van die Evangelie
C. Die belangrikheid/doel van die Evangelie …
“Vanoggend, wil ons hierby stilstaan, sodat as ons hier uitloop, ons sal weet wat die Evangelie is, en wat dit doen. Dit is wesentlik belangrik, omdat die Evangelie, die sleutel is om ook die volle raad van God SOOS GEOPENBAAR in die Skrif, reg te ken en te kan gehoorsaam in ons lewe. Die brief aan die Romeine, was Paulus se bekendstelling aan die gemeente aan Rome, die boek bevat die ‘evangelie’ wat hy verkondig. …”
“Ja, die Evangelie het gevolge, dit produseer ‘n antwoord van sy kinders, dit het vrugte, maar wat ons doen is nie die evangelie, dit is wat God in Christus ALLEEN gedoen het, wat die ‘goeie nuus’ is, sien bv. die onderskeid tussen ‘evangelie’ en ‘vrug’ in Ef. 1:3-6 en Kol. 1:5,6 … Die evangelie dra vrug …. deur die krag van die Gees en die bloed van Christus! Ons moet dus ‘n duidelike onderskeid maak tussen wat die Evangelie is, en die vrugte wat dit dra, soos geloof, bekering, gehoorsaamheid, ens. deur die krag van die Gees (sien DL 1.9; Ef. 1:4).
Luister die volledige preek hier:
Opname:
Aflaai: Romeine 1:1-5 preek
______________________
Ander bronne om te raadpleeg:
Regverdiging deur die geloof alleen, Calvyn
“Ons neem dus aan … Nou oordink hy die vernaamste tema asof dit reeds sonder twyfel is, en voeg ’n verklaring by. Die geregtigheid van die geloof kom immers duidelik aan die lig wanneer die werke by name uitgesluit word. Daarom arbei ons teenstanders vandag in geen saak harder as om die geloof met die verdienstelikhede van die werke te verstrengel nie. Hulle gee wel toe dat die mens deur die geloof geregverdig word, maar nie deur die geloof alleen.
Ja, as dit op die saak self aankom, plaas hulle die krag van die regverdigmaking in die liefde, hoewel slegs met woorde wat hulle aan die geloof toeskryf. Maar Paulus verseker op hierdie plek dat dit (die regverdigmaking) so onverdiend is, dat hy openbaar maak dat dit op geen manier met enige waardigheid van die werke verbind kan wees nie. Waarom hy die werke van die wet noem, het ek hierbo verduidelik en tegelykertyd aangetoon dat hulle wat dit tot die seremonies beperk, belaglik is. Dit is ook ’n onbeduidende versinsel om die werke van die wet letterlik op te neem as werke wat sonder die Gees van Christus gedoen word. Hierdie bepaling het eerder soveel betekenis asof hy verdienstelike werke sou gesê het, omdat hy let op die loon wat in die wet beloof is.
Dit wat by Jakobus gevind word (Jak. 2:14-26 – slc), dat die mens nie alleen deur die geloof geregverdig word nie maar ook deur werke, stry geensins met die voorgaande uitspraak nie. Die versoening (van die twee sieninge) hang grotendeels af van die strekking van die argument waaroor Jakobus daar handel. Die vraag by hom is immers nie op watter manier mense vir hulself geregtigheid voor God verwerf nie, maar op watter manier hulle hul regverdigheid bewys. Hy weerlê dus die geveinsdes wat ydelik spog met die titel van geloof. Dit is derhalwe ’n ernstige denkfout om nie aandag daaraan te skenk nie dat die uitdrukking om te regverdig by Jakobus iets anders beteken as by Paulus, soos wat hulle ook oor verskillende sake handel. Die woord geloof kom ook sonder twyfel in verskillende betekenisse voor. Om ’n oordeel oor die saak te vel, moet die tweevoudige homoniem in ag geneem word. Uit die sinsverband moet afgelei word dat Jakobus niks anders wil sê nie as dat die mens nie deur ’n geveinsde of dooie geloof regverdig gemaak of regverdig bewys word nie, behalwe as hy sy geregtigheid deur werke bewys. Kyk hieroor my Institusie.” – Calvyn se kommentaar by Romeine 3:28, met verwysing en vergelyking met Jak. 2:24
Regverdiging deur die geloof alleen, A. Stewart
Regverdiging deur die geloof alleen en die gevolge daarvan, F. de Wet
“Reeds in 1857 het Keryx, ‘n goed geleerde predikant, in die tydskrif Elpis die metodistiese leer verkondig dat die regverdiging van die sondaar eintlik in sy regverdigmaking bestaan. Soos u weet, leer die Gereformeerdes juis die teenoorgestelde, naamlik dat die regverdiging bestaan in die regverdigverklaring van die sondaar deur die hemelse Regter. Keryx weet self dat die Heidelbergse Kategismus die regverdiging as ‘n regterlike en nie ‘n sedelike daad van God beskou nie. Maar dan skroom hy darem nie om vraag 60 en artikel 22 van ons Geloofsbelydenis as „minder Skriftuurlik” te brandmerk nie. – Totius
“At the heart of the division between Protestants and Catholics is the disagreement over the doctrine of justification. According to Catholic theology, justification is believed to be a lifelong process in which the sinner becomes intrinsically righteous, to the extent that he or she cooperates with grace. On the other side, Protestants assert that this ends up confusing justification with sanctification. Whereas sanctification is a process, justification is a once-for-all declaration of right standing with God that is ultimately rooted in Christ’s perfect righteousness. On this program the hosts walk through all the issues involved in this historic debate.” – Understanding the Protestant / Catholic Divide
a) As ‘n deeglike weerlegging van die Pousdom, sien die volgende werk van dr. JJ van der Walt:
Christus as Hoof van die Kerk en die Presbiteriale Kerkregering, Potchefstroom: Pro Rege, 1976
Veral hierdie historiese gedeelte wat aantoon hoe die pousdom gegroei en ontwikkel het deur die eeue:
3.2 Die Roomse stelsel – die verplasing van Christus as Hoof, deformasie (bl. 99-109), asook die Reformasie se antwoord op die Pousdom (bl. 110 en verder)
‘n Paar aanhalings:
“Terwyl die gelowiges steeds meer en meer ontmondig is, het die ampshoogheid steeds meer ingeskuif tussen Christus en Christen, en het die oorheersende gesagsuitoefening deur die ampsdraers tegelykertyd toegeneem: terselfdertyd het
binne. die ampskring ‘n hiërargie ontwikkel waardeur uit eindelik die pous in die Roomse kerk as “hoof”van die sigbare kerk nie net plaasvervanger van Christus, die Hoof, geword het nie, maar verplaser. In één proses is die kerkbegrip gewysig, die gelowiges ontmondig en die ampsgesag “verskerp tot ‘n heerskappy oor die gemeente.”
“Die sentralisasie van die kerk is verstewig, die hiërargie sterker uitgebou, die regte van die gemeente as gelowiges het verlore gegaan in ‘n kerk waar Christus, die enigste Hoof, uit die oog verloor is en meer gelet is op krag van die organisasie, as op die openbaring in die Nuwe Testament. In die vierde eeu het die biskop van Rome algemene erkenning gekry, en niemand het meer getwyfel dat gemeenskap met en onderwerping aan Rome noodsaaklik is nie.”
“Naas die identifisering van die Roomse Kerk met die koninkryk van God het ‘n tweede idee gedurende die Middeleeue
sterk op die voorgrond getree, naamlik die primaat van Rome. Die vyandskap van die wereld het die noodsaaklikheid van
die eenheid van die kerk beklemtoon. Die verwesenliking van die· eenheid is met steeds groter krag gesoek in die
kerklike organisasie ‘aan het hoofd waarvan de metropolieten stonden.’
“Die ontwikkeling van die leerstuk van die onfeilbaarheid van die pous het Christus in nog meerdere mate as Hoof van
die kerk verdring. Aanvanklik is die klem gelê op die kerk te Rome, wat nie van die waarheid kan afdwaal nie, omdat dit deur Petrus en Paulus gestig is en deur hulle wettige opvolgers kragtens apostoliese suksessie gelei is. In die loop van die geskiedenis sou egter blyk dat die apostoliese suksessie nie genoegsame waarborg is nie, veral toe verskeie kerke, ondanks hulle stigting deur apostels, met biskoppe en al, afvallig geword en verdwyn het. Gevolglik is die klem vir die onfeilbaarheid van Rome verlê van die primaat van die kerk na die primaat van sy hoof, die pous. Hy sou die opvolger wees van Petrus wat ‘n besondere gawe van die Heilige Gees deelagtig was.”
Bonifatius VIII sou in sy Unam Sanctum (1302) saamvat wat baie pouse geleer het…. Hiermee het die dogma van die pous as hoof van die kerk sy toppunt bereik. Die één kerk het maar één hoof. Die kerk van Christus het kerk van die pous geword. Hy is ‘die onfeilbare bron van alle dogmata, die onweerspreekbare wetgewer, die eienaar van die kerklike goedere, die hoof van die clerus, met die ander biskoppe tot sy onderhorige helpers wat hy met mag beklee. Hy is die middelaar tussen God en die mense, sonder wie se priesterlike bediening van die ganse menslike bestaan onder sy beheer betrek. …
Die Christen het sy vryheid aan die heerskappy van die pous prysgegee. En die kerk het sy wese kwytgeraak. Dit is onder heerskappy van die pous nie meer ‘n vergadering van gelowiges in Christus wat vashou aan hul Hoof nie, maar ‘n aardse ryk onder ‘n hiërargiese gesagstruktuur met ‘n menslike hoof beklee met absolute superioriteit. Die Woord van God, die Stem van die Goeie Herder, het sy gesag voor die onfeilbare pous verloor.
Die Vleesgeworde Woord, die Hoof van die kerk, is veraards ‘in die getranssubstansieerde offerande deur die pous (of
sy verteenwoordiger). Die hemelse Hoof wat sy kerk as sy liggaam op die aarde deur sy Woord en Gees regeer, is deur ‘sy plaasvervanger’, die pous, as hoof van die Roomse Kerk, verplaas tot die onwerklikheid, die misterie, die onsigbare. Op sigbare wyse en in die gewone gang van sake bestuur Christus sy mistieke liggaam deur middel van sy plaasbekleder
op aarde”.
Die sigbare hoof wat Christus aan sy kerk nagelaat het, was Petrus, sy plaasbekleder; Apostolurum Principi wat met Christus één hoof van die kerk vorm. Die opvolger van die ‘Apostel Prins’ is die volle erfgenaam van hierdie hoofskap: saam met Christus één Hoof van die kerk. Dit is die ‘Primaat’ van die pous as die ‘Organe’ van Christus.
Aan hierdie verplasing van Christus as Hoof uit die sigbare kerk op aarde kon selfs Vaticanum II geen verandering bring
nie. Pous Paulus IV verklaar in sy toespraak van 20 Nov. 1963 dat die biskoppe van die wêreld na Rome gekom het (soos
Paulus indertyd, Gal. 1:18) ‘per videre Petrum, om Petrus te zien, de Prins der Apostelen, de ‘grondslag van Gods kerk,
haar zichtbaar Hoofd, de Plaatsbekleder van Christus, in de nederige en bescheiden persoon zijn opvolger’.
Tot op die huidige bly dus in die Roomse Kerk die pous die sigbare hoof van die kerk, één hoof met die Hoof, Hy het die Christus uit die sigbare kerk verplaas tot die onsigbare. En daarmee het die Roomse Kerk geword ‘n mistieke liggaam sonder sy werklike Hoof.”
NOTA: Hierdie boek kan ook aangekoop word by Pro Regno Boeke, R100.
b) Sien die volgende artikels en bronne om verder te lees oor die Reformasie teenoor Rome:
Die Bybelse Evangelie: verloor deur Rome, herontdek deur die Reformasie
Westminster’s Antichrist Defended
“In Are We Together? A Protestant Analyzes Roman Catholicism, R.C. Sproul takes his stand for the cardinal doctrines of Protestantism in opposition to the errors of the Roman Catholic Church. Sproul, a passionate defender of the gospel of justification by grace alone through faith alone in Christ alone, cites the historic statements of the Protestant Reformers and the Roman Catholic authorities, then references modern doctrinal statements to show that the Roman Catholic Church has not altered its official positions. In light of this continuing gap, he writes, efforts by some in the evangelical camp to find common ground with Rome on matters at the heart of the gospel are nothing short of untrue to biblical teaching. In Sproul’s estimation, the Reformation remains relevant.”
Roman Catholicism’s Recent Claim That It Is the True Church
Acts of the Council of Trent with the Antidote, John Calvin
Verdere bronne oor die Hervorming
c) Vir ‘n baie deeglike weerlegging van Rome se siening dat Petrus die eerste pous was (met ‘n beroep op veral Matt. 16:18):
– J. Calvyn, Institusie van die Christelike Godsdiens, deel IV, hoofstuk 6 (Die primaat van die Roomse setel) en 7 (Die begin en groei van die Roomse Pousdom)
– Francis Turretin, Institutes of Elenctic Theology. volume 3 (P&R, 1997), Seventeenth Question: The Primacy of Peter – Was Peter an ecumenical pontiff and the head of the church and the vicar of Christ? We deny against the Romanists, p. 155-199.
– The Church Fathers’ Interpretation of the Rock of Matthew 16:18
– Heidelbog recommended sources: Roman Catholicism
Resources On Roman Catholicism
Video om te kyk: An Earnest Plea to Roman Catholics
Leave a comment