1 PETRUS 3 PREKE (15): Verstandige mans wat met wysheid hul vroue eer bewys (1Petrus 3:7)

1 PETRUS 3 PREKE (15):

Verstandige mans wat met wysheid hul vroue eer bewys (1 Petrus 3:7)

Lees: Ef. 5:17-33 & 1 Petrus 2:11-13; 3:1-8

Teks: Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys, omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is — sodat julle gebede nie verhinder mag word nie. ( 1Petrus 3:7)

Sing:Ps. 110:1, 2, 3; Ps. 112:1-4; Ps. 94:5, 6, 7; Ps. 110:4, 5, 6

Opname (GK Carletonville, 2023-05-21):

Aflaai: 1 Petrus 3:7

[Nota: die teks hier onder en die preek self stem nie in alle inhoud ooreen nie]

Geliefde gemeente in Christus,

Die Skrif leer ons duidelik, ook hier in die Petrus briewe, dat ons ons hele lewe lank, gewikkel is in die goeie stryd, die goeie oorlog van die geloof.

Ons het reeds gehoor in 1:13 “DAAROM, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.” (1 Pe 1:13)

Christus is in hierdie oorlog ‘n hoeksteen om op te vertrou, want Hy het deur sy kosbare bloed reeds die wesentlik oorlog gewen, 1:19 Maar, die stryd duur voort soos sy Woord, sy evangelie deur die eeue, ook in ons tyd verkondig word, en is Hy vir baie ‘n steen des aanstoots, 2:7

Die drie doodsvyande (Satan, wêreld, en die sondige oorblyfsels in ons harte) gaan voort om – God se eer, Christus se wil aan te tas, sy kerk in hul pelgrimstog aan te val, beskuldig, te wil vernietig, ons troos te wil wegvat, haat te versprei, ens, sien 1 Petrus in 5:8,9.

Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu en soek wie hy kan verslind. Hom moet julle teëstaan, standvastig in die geloof, omdat julle weet dat dieselfde lyding opgelê word aan julle broederskap wat in die wêreld is.” (1 Pe 5:8–9)

Ja, en deur mense magte, ordinansies, 2:13, slegte owerhede, v. 14-17, slegte huweliksmaats, 3:1-6 … wil die doodsvyande ook die eer van God aantas, die evangelie probeer stop, gelowiges se roeping in hierdie pelgrimslewe verdraai, en wesentlik sentraal: die huwelik en gesinslewe, as fondament ‘verordening of instelling’, vernietig, verdraai, sodat beide ‘kerk en owerheid’ skade lei, sodat in die woorde van 2:11, 12 wat ons gelees het, kwaadgespreek kan word van die HERE, sy woord, sy evangelie, sy kerk.

Die 3 doodsvyande, as slegte verloorders in die groot stryd van Gen. 3:15, teen God se reddingsplan in Christus; veg dus verbete om nog steeds 2:12, die verheerliking van God se Naam, in alles aan te tas, te vernietig, te verdraai:

En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” (Op. 12:17)

EN DIT geliefdes, is die goeie stryd waarin ek en jy, ons huwelike en gesinne, ons gemeentes van die Here, wereldwyd deel is, as gelowiges op ons pelgrimspad, die hele tema van die Petrusbriewe.

Ja, deur al die eeue, as gevolg van die sondeval en sonde is daar stryd, oorlog, dink aan die oorloë in bybelse tye, deur die wêreldgeskiedenis, die godsdiensoorloë van die 16-18de eeu, die twee wêreldoorloë, die koue oorlog, die kultuuroorlog tussen ooste en weste, en nader aan ons huis, die anglo-boere oorloë, die grensoorlog, vandag die bekendste oorlog: ukraine v rusland.

Maar vandag geliefdes, is ons in ‘n nog meer wesentlike oorlog, die woke oorlog, die gender of geslag oorlog, waar al meer die huwelik en gesin vernietig soos die Here dit geskep en gestel het, Gen.1-2, res van die Skrif, tussen man en vrou, en kinders as Hy skenk.

Daar is ‘n gesegde: as reën in die wêreld (radikale feminisme en gay-woke agenda), dan drup dit in die kerk, die vida (vrou in die amp) agenda en alles wat daarmee saamgaan.

EN daarom is dit so belangrik dat kinders van die Here opnuut in hierdie verwarrende oorlogtye, sal vra, ongeag wat die wêreld doen, ongeag wat die valse kerk en valse profete in navolging doen, sal vra, wat leer die Here oor ons roeping en taak, ons roeping as pelgrims,  midde hierdie oorlogstye geestelik en fisies, WAT VRA DIE HERE, wat vra Christus, wat tot ons spreek deur die Heilige Skrif, sodat ons sal doen wat Hy vra:

– wees heilig, want ek is heilig, wandel in vrees in hierdie lewe, verse 11,12 van hoofstuk 2, met die doel van verse 13b, die verheerliking van sy Naam:!

DUS: HOE MOET MY PERSOONLIKE LEWE LYK, 2:11,12.

HOE MOET MY VERHOUDING WEES TOT GODDELOSE OWERHEDE, 2:13-17.

MOELIKE WERKSITUASIES, 2:18-15.

EN DAN OOK MY HUWELIK, GESIN, 1 Petrus 3:1-7.

Vorige keer het ons gekyk na die roeping van gelowige vrouens as hul met ongelowige mans getroud was, asook die beginsels oor die algemeen, sien 1 Petrus 3:1-6 se preek.

VANDAG, kom die opdrag aan die mans, gelowige mans hoe om in die huwelik met hul gelowige vrouens saam te lewe, en leer ons ook uit hierdie een vers die gelowiges, wat ons geloof ons leer oor man en vrou wees, die huwelik, ens.

Ons let op drie sake:

  1. Die opdrag aan die man
  2. Die begronding van die opdrag aan die man
  3. Die waarskuwing aan die man wat ook die doel beskryf van die opdrag

1 DIE OPDRAG

Net so moet julle, manne, verstandig met hulle saamlewe en aan die vroulike geslag, as die swakkere, eer bewys,”.

Die ‘net so’ het ons gehoor in vers 1, en dit verwys terug na v. 2:11-3:1.

Net soos verhouding tot owerheidspersone, base, vrou aan haar eie man onderdanig wees, ter wille van die Here en sy reddingsplan… NET SO ook het die gelowige man ‘n roeping in die huwelik, teenoor sy vrou, ter will van God se eer, sy reddingsplan.

Dus, doen jy as man ook so, wat God van jou as pelgrim verwag volgens sy Woord in die huwelik.

En dit behels om ‘verstandig’ met jou vrou saam te lewe,  en haar eer te bewys.

Soos jy as gelowige, terwille van die Here, eer bewys aan verskillende persone en verhoudinge, soveel te meer aan jou vrou.

Verstandig beteken ‘met begrip, taktvol, met insig, liefde’, maar dan ook spesifiek, want dit is die algemene woord vir ‘kennis’, met die nodige kennis van sy Woord.

Leef as man teenoor jou vrou, soos die Woord van jou verwag:

Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.” (Ef. 5:17)

Julle moet SAAMlewe, dit beteken as man en vrou, een wees, ja in vlees, aan mekaar een word, maar ook saam in roeping, lewenstaak, mekaar SAAM opbou om die HERE te dien.

Toepassing: pasop vir die gevaar van ‘apart’ lewe terwille van ‘werk’, maar selfs in dieselfde huis, nie saam gesels nie, deel, besin, lewe, ens.nie, kinders kan mekaar nie bymekaar hou nie, maar julle twee, saamlewe in die Here tot die laaste dag!

Verder leer ons uit ons Teks, die ‘bybelse definisie’ van die huwelik, dit is man en vrou, soos Gen. 1 en 2 dit leer, en Christus bevestig in Matt. 19, en Paulus in Ef. 5

Manne trou met vroue, nie kinders met kinders nie, nie man met man nie, vrou met vrou nie, ens.

EN ja, die beskrywing van die vrou as die swakker geslag, as dit by jou aanstoot veroorsaak, dan wys dit hoe erg feminisme en woke kultuur al jou beinvloed het.

Waar dit het juis met die fisiese verskil tussen man en vrou te doen het oor die algemeen. Die letterlike woorde hier is ‘swakker vat’ of ‘erdekruik’ en ja, die mens, alle mense, ook die man, weens die sondeval is ook ‘n swak vat of erdekruik, soos die Skrif op plekke beskryf, en Paulus beskryf die bedienaars, vir my as man as ‘n erdekruik, broos en swak (2 Kor. 4:7), maar hier gaan dit juis oor mekaar in verhouding oor die algemeen.

Man, jy is geroep om jou vrou te beskerm, geestelik en fisies, wat Adam nie gedoen het nie, wat tweede Adam vir jou kom herstel het.

Om haar geestelik, fisies, emosioneel te versorg.

Die eer bewys, beteken erkenning, respek vir haar as vrou, haar unieke roeping en taak, sy is wesentlik deel van jou huis, roeping, taak, nie ‘n ‘besitting’ of ‘vloerlap’ nie.

TRAGIES, hoe baie sogenaamde manne, almal respekteer, eer, hul base, ander mense, sporthelde, owerhede, maar nie hul vrouens nie, nie hul belangrikste verhouding naas die Here nie!

 2) BEGRONDING VAN DIE OPDRAG

Ons lees dit in die volgende woorde van vers 7:

“omdat julle ook mede-erfgename van die genade van die lewe is”

Julle is as man en vrou, gelyk in waarde en wese geskape, Gen. 1 en 2,  julle word albei deur die wet van God hoog geag en beskerm, 5de gebod = eer jou vader én jou moeder (Ex. 20:12).

Maar, baie belangrik, sien ook dat die Here het sy uitverkorenes as mans en vrouens MEDE-erfgename gemaak, dus jul waarde gelyk word ook gesien as kinders van God, albei in sonde geval, maar albei genadiglik uitverkies, en gered deur die kosbare bloed van Christus.

DIT is wat Gal. 3:28 bedoel met geen meer man of vrou in Christus nie, dit beteken nie ‘N woke-feministiese agenda nie, dit beteken albei word gered, sonder enige onderskeid, uit genade deur die geloof in Christus alleen.

Jy moet na jou vrou kyk, as: beeld van God, geval in sonde, maar gered en herstel in Christus, oppad saam met jou op die pelgrimspad … SAAM oppad, SAAM lewe, saam mekaar WYS OP DIE GENADE.

Vir die ware gelowiges, ware huwelik is daar geen plek vir chauvinisme of feminisme nie, en vanselfsprekend geen woke-agendas nie.

God se genade, dit wat ons ge-erf het is alles­bepalend vir ons saam gered wees en dan saam in dankbaarheid te lewe: persoonlik, huwelik, gesin, geld, kerkwees, werk, kinders, alles!

Sien die pragtige eenheid en verskeidenheid tussen man en vrou:

SAAM maar tog verskeidenheid: manne geslag, vroue geslag saam tot eer van God, as sy ergename: “en as ons kinders is (MANNE EN VROUE), dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word.” (Ro 8:17)

EN DERDENS EN LAASTENS: DIE WAARSKUWING OOR DIE OPDRAG

sodat julle gebede nie verhinder mag word nie.” (1 Pe 3:7)

Mag ek dit sê, al veroorsaak dit pyn, dalk angs, dalk skrik…..

Behalwe die genade self, is daar seker niks aangenamer as ‘n gelukkige huwelik nie, nee, nie volmaakte huwelik nie, die troos daarvan is Jesus se huwelik met ons…

DAAROM Ef. 5:32, “Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.

Wat is dan ook die sleutel is van verse 1-7, alles: Christus as die genade, sleutel van alle verhouding, veral die huwelik.

En as man en vrou se sake nie reg is met die Here nie, maar dan ook nie met mekaar nie, dan veroorsaak dit hartseer en konflik, dan bou die Here nie die huis nie, en kan dit val, Ps. 127, 128; Matt. 7:24-29.

As vroue nie v. 1-6 najaag en die die man nie v. 7 nie, dan word gebede verhinder, aanbidding, verhouding tot die HERE verhinder, dan gaan alles fout, ook 2:11-25 VERHOUDING, WERK, PLANNE, TOEKOMS.

Paulus, waarsku op ‘n ander plek:

Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie; en gee aan die duiwel geen plek nie.” (Ef. 4:26–27)

Ons huwelike raak dus ook ons bid en aanbidding van ons Here, neem dit ook in ag hoe jul omgegaan met mekaar!

Leer ook om saam te kan bid, aanbid, saam huisgodsdiens te hou, saam kinders na die huis van die Here te gaan.

Naas ons verhouding met Here, is daar nie’n belangriker verhouding as die huweliksverhouding nie.

Mag die Here gee dat ons huidige en toekomstige huwelike sal saam bid, saam lewe, saam mekaar bemoedig as mede-erfgename van die genade, totdat die volkome bruilofsmaal kom, van die Here Jesus, die Bruidegom, met ons as sy kinders, as sy bruid.

Amen.

__________________________________________________

Ander Petrus preke hier.

Ander S. Le Cornu preke en lesings hier beskikbaar.

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑