Advertensie van Lig & Duisternis Uitgewers:
‘n Tydlose erfenis herleef – Die Nuwe Testament met Kanttekeninge nou beskikbaar vir VOORAFBESTELLINGS
Liewe leser,
Het jy al ooit deur jou oupa of ouma se antieke Nederlandse Statebybel geblaai – die dik, swaar erfenis wat soms ’n leeftyd se geloof en geskiedenis dra? En het jy die klein aantekeninge langs die Bybelteks opgemerk – die kosbare kanttekeninge wat vir eeue lig gewerp het op God se Woord?
Vir die eerste keer word hierdie ryk, Bybelgetroue kanttekeninge nou in Afrikaans beskikbaar gestel.
Die Nuwe Testament met die Kanttekeninge 1933/53 – Nou beskikbaar vir VOORBESTELLINGS
Die Stigting Reformatoriese Getuienis (SRG) het ’n omvangryke projek begin om die volledige kanttekeninge van die Nederlandse Statebybel in Afrikaans te vertaal. Die Nuwe Testament is voltooi en word binnekort in boekvorm uitgegee.
Plaas jou voorafbestelling hier: https://www.liginduisternis.co.za/product/die-nuwe-testament-met-die-kanttekeninge-1933-53-vertaling/
Stigting Reformatoriese Getuienis (SRG)
Makoustraat 516, Pretoria, Gauteng 0105
Sien die Afrikaanse kanttekeninge ook hier aanlyn: http://bybelmetkanttekeninge.co.za/
“Barmhartige, genadige God en hemelse Vader, volgens u goddelike wil is ons geroep om die sake van die Verenigde Nederlands Geoktrooieerde Oos- Indiese Kompanjie hier aan die Kaap die Goeie Hoop te bestuur. Met hierdie doel voor oë is ons met ons Raad in u heilige Naam vergader om met die Raad se advies sodanige besluite te neem waarmee ons die Kompanjie se belange die beste kan bevorder. Ons is hier om die wet te handhaaf en om, as dit moontlik is, onder hierdie wilde en onbeskaafde mense u ware gereformeerde Christelike leer voort te plant en bekend te maak tot lof van u heilige Naam en tot voordeel van die wat oor ons regeer. Hiertoe is ons sonder u genadige hulp allermins in staat. Daarom bid ons U, allerhoogste Vader , dat U met u vaderlike wysheid by ons sal bly. Ons bid dat U self leiding in ons vergadering sal gee en ons harte so verlig dat alle verkeerde hartstogte, tweedrag en ander dergelike gebreke van ons geweer sal word sodat ons harte van alle menslike hartstogte skoon sal wees. Laat ons gemoedere so ingestem wees dat ons in ons beraadslaging niks anders beplan of besluit nie as dit wat mag strek tot grootmaking en lof van u allerheiligste Naam en tot diens van die wat oor ons regeer. Laat ons nie in water mate ook al op eie voordeel of winsbejag let nie, maar net op die uitvoering van ons opdragte en dit wat vir ons saligheid nodig is. Ons bid en vra dit in die Naam van u geliefde Seun, ons Heiland en Saligmaker, Jesus Christus … wat ons leer bid het: Ons Vader wat in die hemel is, … Amen”
VAN RIEBEECK SE GELOFTE, 6 April 1654
“Aangesien dit vandag twee jaar gelede is dat ons met God’s hulp en leiding met die skepe Drommedaris, Reiger en Goede Hoop veilig hier geland het, om hierdie fort en kolonie in opdrag van ons here en meesters op te bou, en ons gemerk het dat God die Here al die sake tot vandag toe met baie seëninge, goed en na wens laat verloop het, het ons besluit, en ook vanjaar daarmee begin, om hierdie dag, 6 April, tot God’s eer met danksegging te vier, en dit vir altyd as ’n dank- en biddag in te stel, sodat ons nakomelinge nooit die weldade wat God aan ons bewys het, vergeet nie, maar dit altyd in gedagte mag hou.”
_________________________________________
Sien hier vir nog artikels, inligting en bronne oor die projek asook die Gereformeerde Bijbelstichting.

Leave a comment