Skrifoordenkings en Bybel leesplanne vir 2024

WHATSAPP SKRIFOORDENKINGS VIR 2024?
Hallo almal, ek gaan nie weer soos in 2023, ook in 2024 daaglikse oordenkings uitstuur vir belangstellendes nie.
Daar is te min mense wat bereid is om donasies vir so ‘n projek te gee (daar was net een suster wat getrou elke maand vir my ‘n donasie gestuur het, baie baie dankie!), om die projek die moeite werd te maak vir die tyd en kragte wat daarin gaan.
Ek gaan wel die huidige Skrifoordenking groep behou en sal so nou en dan preke, oordenkings, goeie artikels oor die Bybel, ens. daar plaas soos die situasie dit moontlik maak en ek daartoe gelei word (stuur u naam en van na 082 770 2669 as u op daardie groep wil wees).
Hier onder is ‘n paar Skrifoordenkings bronne asook Bybellees planne vir 2024, ek fokus op wat aanlyn vir u beskikbaar is, maar daar is natuurlik baie boeke wat u ook kan aankoop deur Good Neigbours Bookshop of Augustine Bookroom wat goeie gereformeerde oordenkings het in Engels.
Die HERE se seën toegebid vir 2024, mag die Here ons almal lei om altyd Ps. 1:2; 119:9,18,105; Matt. 4:4; Hand. 17:11, ens. studente en dissipels van sy Woord te wees!
_________________________________________________
Skrifoordenkings
a. Enige Afrikaanse Skrifoordenkings van ds MJ Booyens oor verskillende Bybelboeke, sien hier: MJ Booyens
b. Dr. Willie Marais se 365 oordenkings oor die wet van God: Die Tien Woorde van God.
c. Calvyn vir Vandag dagstukke, hier beskikbaar.

Want ons wysheid moet niks anders wees nie as om met ootmoedige leersaamheid alles wat in die Skrif oorgelewer is, sonder uitsondering te aanvaar. – Institusie I, 18,4

__________________________________________

Engelse oordenkings:

PRCA devotions

RP daily devotions

Ligonier devotions

______________________________________

Bybel leesplanne:

Hier kan u ook verskillende Bybel leesplanne kry: Bible Reading Plans for 2024

“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit U wet.” – Ps.119:18.

Groete en seën toegebid in Christus, vir die nuwejaar.

Slabbert Le Cornu

(Vir enige vrywilllige donasies aan Pro Regno bediening, sien hier)

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑