PRES. PAUL KRUGER EN DIE SENDING

“En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê: Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde. Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En kyk, Ek is met julle al die dae tot aan die voleinding van die wêreld. Amen” (Mattheus 28:18–20)
‘n Paar aanhalings van en oor oom Paul se standpunt aangaande sending, uit die volgende artikel:*
President S. J. P. Kruger en die sending, deur ds. H.A. Louw
1) Prof. Bouke Spoelstra oor pres. Kruger sy ywer vir sending
“Mens kan oor die Gereformeerde Kerke en die sending gedurende die 19e eeu nie skrywe sonder om aandag te skenk aan die houding van een van sy grootste seuns in daardie tydperk nie. “Die naam Paul Kruger is onlosmaaklik verbonde aan die ontstaan en voortbestaan van die Gereformeerde Kerke in Transvaal, hoewel hy nooit enige kerklike amp beklee het nie. Daar was ’n tyd toe hy predikant wou word, maar moes dié ideaal weglê omdat sy roeping geleë was in diens van die volk… Hy was altyd op hoogte met die geestelike peil van die gemeente en ’n sterk voorstander van die kerklike sending.” (Spoelstra, 1963: 276).
2) Pres. Kruger se oudste dogter (EF Eloff) oor haar vader se hart wat verander het oor sending
“In Het Kerkblad van 16 Januarie 1922 skryf mev. E. F. Eloff, oudste dogter van pres. Kruger; ‘My vader het ons vertel dat toe hy nog jonk was, hy eintlik niks vir die sending omgegee het nie. Dog daar het iets gebeur wat die aanleidende oorsaak was dat hy nie net ’n voorstander maar ’n yweraar vir die saak van die sending geword het’. Een van sy swart werknemers het naamlik telkens by hom daarop aangedring dat hy hom moes leer lees, sodat hy ook sy Bybel kon lees. Kruger het nie veel notisie van die Swartman geneem nie. Later het die man ernstig siek geword. Hy laat Kruger toe roep om vir hom ’n gebed te doen. Toe hy by die siek man kom, se die vir hom: ‘Ag meneer, ek het iou altyd gevra om my te leer en jy het nie, nou kan ek nie vir myself bid nie’. Hy het toe vir die sieke ’n gebed gedoen en hom daama die ‘Onse Vader’ laat nabid. Die Swartman is toe daarna oorlede. Paul Kruger het hom die voorval baie aangetrek en het sedertdien ’n diep gevoel vir die sending gehad. Hy het tewens ’n baie groot voorstander daarvan geword.”
3) Pres Kruger oor die swart gelowige en evangelis, Dawid Magatta, wat onder die swart volke die evangelie verkondig het
“In ’n skrywe in De Maandbode van 1 Des. 1880 deel Kruger self mee dat dieselfde Dawid omstreeks 1860 (want hy sê “omtrent 20 jaren geleden” ) “bij den Weleerwaarden Postma in de kerk kwam” – waarskynlik ’n buitelugdiens, want dis kort na die stigting van die eerste Gereformeerde Kerk in Transvaal te Rustenburg in 1859. Kruger skryf: ‘Ik leerde hem kennen voor een christen. Hy arbeidde onder de Zwarten door het Evangelie te verkondigen. Hier was nog geen zendeling en de Zwarten wilden hem dooden en wilden hem niet hooren. Hij vluchtte naar mij om zijn leven te beschermen. Ik was Commandant. Hy vraagde bij mij te wonen. Omtrent 10 dagen bleef hij bij mij. Op een morgen vroeg kwam hij wenende tot mij en zeide; ‘Meneer! ik zal toch maar loop’. Ik vroeg hem: ‘waarheen?’ En hij zeide: ‘om de boodschap van Jezus onder mij mense te gaan vertel. Ik weet niet wanneer de Heere zal komen, vanavond of morgen, en hier leg ik, wat zal ik zeg als de Heere morgen kom?’ Ik werd bij mijnzelven verlegen en beschuldigde mij van ontrouw en zeide aan hem: ‘Ga heen met vrede, de Heere zal u helpen’ ”.
4) Ds Andrew Murray se getuienis van pres. Kruger se sendingywer en die rede daarvoor: die eer van God onder alle volke
“In ’n brief aan sy kinders beskryf Murray kommandant Kruger as ’n goeie, vroom man en gee hy die volgende getuienis oor sy liefde vir die sending: “Mnr. Kruger sê dat toe God aan hom ’n nuwe hart gegee het, dit was asof hy wou hê dat die voels en die bome en alles hom moes help om sy Verlosser te prys. En so kon hy nie verdra dat daar arme swart mense moes wees wat die Verlosser wat hy liefhet, nie ken en liefhet nie”. Kruger self sou sy bedoeling wel in enigsins ander woorde weergegee het as wat Murray aan sy kinders geskryf het. Maar dis tog hieruit duidelik waaroor dit vir Kruger gegaan het. Dit gaan vir hom om die eer van God. Hy wil dat die hele skepping saam met hom God prys vir sy groot dade in en deur Christus. Daar is by hom ’n gevoel van onbehae as hy merk dat die heidene dit nie doen nie. Daarom moet tot eer en verheerliking van God sy Naam aan die heidene verkondig word. Watter diep gelowige taal! Hoe suiwer die motief vir sendingwerk!”
Ds. en mev. McKidd (sendelinge) se getuienis
“Hy (nl. Kruger) het ons besonder bemoedigend toegespreek omtrent ons sendingsaak, hoe dit ons roeping is om die wil van God te doen, al sou ons van tien duisend heidene slegs vyf of tien tot middel van hul bekering wees, of al sou daar nie een tot bekering kom nie. Dan is dit ons plig om die wil van God te doen, om aan hulle die evangelie te verkondig, al sou dit ook nie anders wees as tot ’n getuie teen hulle op die dag van die oordeel” (Die Kerkblad, 23 Maart 1963).
5) Prof. J Du Plessis se artikel oor die stigting en sending van die GKSA en pres. Kruger se rol daarin
“Hy het aan die voorpunt gestaan in die stryd vir die stigting van die Gereformeerde Kerk. Dan, net drie jaar later, kom sendelinge van die Ned. Geref. Kerk in Rustenburg aan. Hulle is onvriendelik deur die Hervormdes ontvang en die arme sendelinge het erg ontuis gevoel. By die Gereformeerdes daarenteen geniet hulle ’n vriendelike ontvangs en dit is veral Kruger wat ook weer hierin die voorbeeld stel. Hy soek hulle op, help hulle waar hy kan, bemoedig hulle. Kruger, ’n groot Christen was hy, ’n kinderlike gelowige, ‘n Dopper-edelman, ’n man van God en ’n sendingbewuste gelowige.”
6) Pres. Kurger se oproepe in Dopperkerke vir sending
In die verslag voor die sinode van 1897 in Het Kerkblad lees ons die volgende: ‘Eer men tot de bespreking overging van dit verslag (in sake die sending – HAL) werd een schrijven van ZHEd. President Kruger van de Transvaal gelezen waarin melding gemaakt wordt van eene gift van £50 door ZHEd. voor de zending. Met geestdrift betoonde de Vergadering hare dankbaarheid voor deze gift en werd aan eene Commissie opgedragen dat schrijven te beantwoorden” (Het Kerkblad, 15.3.1897). In die brief meld pres. Kruger dat dit vanaf die stigting van die kerk sy begeerte was dat die Gereformeerde Kerk ooreenkomstig sy roeping mag arbei tot die uitbreiding van Gods Koninkryk. Waar die kerk nog vroeër swak was, maar nou deur groei versterk is, het hy die vertroue uitgespreek dat die sinode tot werklike optrede in hierdie verband sou oorgaan. Kruger het onteenseglik bewys dat die saak vir hom ’n aangeleentheid van groot erns was binne sy eie kerkverband (W.A Venter, Die Kerkblad, 6 Mrt. 1974).”
7) Pres. Paul Kurger en die engelse sendelinge
“Oor die algemeen kan gesê word datdie sendelinge die houding van die Krugerregering t.o.v. geloofsvryheid gewaardeer het. So word in die Wesleyan Missionary Notices van 1889 verklaar (vertaal): ‘Dit is ’n bron van dankbaarheid dat nog ons werk onder die blankes, nog ons sendingarbeid enige teenkanting van owerheidsweë in die Transvaal ondervind; inteendeel, die pogings om die geestelike welvaart van die naturelle te verseker, word met steeds groter begrip deur die bevolking bejeën‘. Eerw. Weavind het tewens ’n sterk ondersteuner van Kruger geword.” (WA Venter, Die Kerkblad, 6.3.74)
8) Pres. Kruger en ‘gelykstellling’ tussen volke deur sending
Volgens genoemde verslag in Het Kerkblad van 15 Jan. 1898 het president Kruger die evangeliste daarop gewys dat die evangelie aan alle nasies sonder onderskeid verkondig moet word, maar dit bring nie gelykstelling mee nie. Hy stel dit soos volg: In die geestelike het God geen onderskeid gemaak nie, maar seer seker in die liggaamlike. Hier mag daar geen gelykstelling wees nie. Die gekleurdes mag nie begeer om witmense te word nie, dan wys hulle dat hulle ontevrede is met Gods wil oor hulle. Op aarde moet die onderskeid wat God gemaak het, gehandhaaf word. As ons eenmaal die liggaam afgelê het, eindig alle onderskeid. In die opstanding kry almal verheerlikte liggame en dan sal daar geen onderskeid meer wees nie. Dit kom ooreen met die opinie van ds. L. J. du Plessis oor gelykstelling, wat ons vind in ’n verslag van ’n openbare konferensie gehou te Rustenburg op 8 Okt. 1875 (De Maandbode, 1 Des. 1875). Daarvolgens sou ds. Du Plessis gesê het dat daar ’n onderskeid tussen die liggaamlike en die geestelike gemaak moet word. Gelykstelling self is liggaamlik, maar die bediening is geestelik. Wat die geestelike weldade van Christus betref, is daar geen onderskeid tussen blankes en gekleurdes solank hulle maar net gelowig is. Hy beroep hom dan op Hand 15:8- 9, Gal. 3:28 en Kol. 3:11. Hierin het hulle tot ’n mate teenoor die Hollandse sendingentoesiaste, soos Postma en Cachet, te staan gekom. Mens kry die indruk dat hulle geïntegreerde gemeentes en skole oorweeg het maar dit voorlopig nog afgewys het omdat die tyd nog nie daarvoor ryp was nie.” (Spoelstra in L. Floor (red.) s.j.:173).
9) Volgens pres. Kruger is dit nie ‘gelykstelling’ om beide blanke en gekleurde kerke te bedien met die evangelie en sakramente nie
Dieselfde geld vir T. F. Dryer van Rustenburg. Hy het ’n beskrywingspunt na die sinode van 1876 gestuur wat soos volg gelui het: ‘Kan de Synode niet besluiten dat een predikant van een blanke gemeente niet voor kleurlingen godsdienst houde, maar dat de kleuringen hunne eigene leraars hebben?”. Van hierdie standpunt distansieër Kruger hom. Ná bogemelde toespraak vir die evangeliste deur die ou president, het iemand hom gevra of dit in sy oë gelykstelling is indien ’n leraar van ’n blanke gemeente ook aan gekleurdes die evangelie verkondig. Hy het beslis geantwoord dat dit geen gelykstelling is nie. Hy het so pas met gekleurdes gepraat en hy moet dikwels groot vergaderings van Swartes toespreek. Toe het hy gevra: ‘Noemt gij het gelijkstelling als ik zoo iets doe, en dan weer den volgende dag een bijeenkomst van burgers toespreek?’ Hy het dit egter nie as wenslik beskou dat leraars wat hulle hande vol het in blanke gemeentes nog onder die gekleurdes ook moet arbei nie. Daarom moet die kerk daarvoor sorg dat daar sendelinge is om Gods Woord aan die heidene bekend te maak.”
Pres. Kruger keur slawerny ten sterkste af:
“Slawerny het Kruger egter in die sterkste taal afgekeur. Op ’n vraag van Sir Evelyn Wood of Kruger gewillig is om die bepaling in die Sandrivier-Konvensie teen slawerny te bekragtig, het laasgenoemde in 1881 geantwoord: “Ik zal dat tien maal tien keren bekrachtigen. Ik verlang zeer zeker nooit een slaaf te hebben” (F.P. Smit, 1951:53).
10) Pres. Kruger as “KO art. 8” prediker
Mens kom tot die slotsom dat Kruger sy tyd ver vooruit was as voorstander van die sending. In sy “In Memoriam wijlen Pres. S. J. P. Kruger” skryf ds. P. Postma in die Kerkalmanak van 1905: “Ook kunnen wij niet nalaten te vermelden den ijver die bij den overledene steeds in de zendingzaak getoond werd. Menigmaal heeft hij gemeente-vergaderingen op dit onderwerp toegesproken met al het vuur van zijn zeggingskracht om tegenstanders te overtuigen. En laat ons hierbij beseffen hoeveel hij zelf in zijn loopbaan ondervonden heeft van de ontrouwheid der Zwarten, en toch bleef hij pal staan op het bevel ons in Gods Woord nedergelegd, en ijverde dat de kerk hare roeping in deze zoude betrachten. Laat ons daaraan denken als kerk en zijn voetstappen volgen.”
So het Kruger dan in sy houding teenoor die sending, soos op vele terreine, bewys van innerlike grootheid en ruimhartigheid gelewer. Geen wonder dat die Algemene Vergadering van die ZAR in sy vergadering van Jan. 1898 met byna algemene stemme bewillig het dat die president in die erediens met ’n stigtelike woord mag voorgaan in afwesigheid van die plaaslike predikant. Dis toegestaan op grond van “zijne singuliere gaven”. En hy was inderdaad ’n man met buitengewone gawes.”
Lees die volledige artikel hier: President S. J. P. Kruger en die sending
Leave a comment