BAVINCK OOR ‘WELSPREKENHEID’

BAVINCK OOR ‘WELSPREKENHEID’

Welsprekenheid, deur Herman Bavinck.

[Dit sal baie goed wees as hierdie boekie weer gedruk kan word in boekformaat ook]

Hierdie is ‘n minder bekende maar belangrike boekie van Bavinck oor die prediking. Volgens my kennis, is dit die enigste werk van Bavinck wat in Afrikaans vertaal is, kosbare goud vir elke prediker en spreker om te lees en bestudeer.  Dit is leersaam nie net vir die predikers nie, maar vir alle gelowiges, omdat ons glo dat ons die Here in alles wil verheerlik (1 Kor. 10:31), dus in die ‘dat’ (opdrag) ‘wat’ (inhoud) en ‘hoe’ (wyse) ons spreek, verkondig, leer, onderrig, vermaan, ens.:

verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlê, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering…” (2 Tim. 4:2)

…. die ‘dat’ (‘verkondig’) en ‘wat’ (die woord) opdrag en inhoud!

“Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord.” (Kol. 4:6)

…. die ‘hoe’ of ‘wyse’ van spreek, verkondig, onderrig, ens.

En alles begin met Woord wat werk in ons eie hart deur die krag van die Gees:

15Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;” (1 Petrus 3:15)

Ek plaas die inhoudsopgawe, inleiding en voorwoord (beklemtonings bygevoeg) hieronder, asook daarna ‘n verwysing na die Engelse vertaling van Bavinck se boekie, met die titel, ‘Herman Bavinck on Preaching and Preachers’, wat ook die moeite werd is om te lees omdat daar meer aanvulling en verduideliking is deur die vertaler (dr. James Eglington).

Een van my gunsteling ernstige maar ook humoristiese dele van Bavinck se boekie, is waar hy ‘n woord van vermaning spreek teen predikers en sprekers om ‘te dramaties’ te wil wees in hul voordrag, hier is dit:

“Ewe afstotend is die woorde van ds. Zelotes van Rotterdam wat sy teks so aangekondig het: “Ons tekswoorde is geskep uit die grote Oseaan van Moses, die vierde fontein, die vyftiende emmer, die … twaalfde druppel”!

INHOUD
Voorwoord 
Inleiding 
1. Die beginsel van welsprekendheid 
2. Die wese van welsprekendheid 
3. Die vorm van welsprekendheid 

VOORWOORD
Die twintigste eeu kan bestempel word as die eeu van tegniek, van die mens in die laboratorium, vooroorgeboë by sy mikroskoop. Die resultate van ruimtenavorsing is verbysterend. Tog bly nog steeds die behoefte aan die warmte van die lewende woord wat tot ons gebring word deur die aanwesigheid van die sprekende persoon. Vanuit die woord gaan daar inspirasie uit wat aanvuur tot die stryd; gaan daar troos uit wat die hoof weer laat oplig om die toekoms met moed in te gaan.

Nog steeds het die gesproke woord so ʼn belangrike plek in ons samelewing dat bykans negentig persent van die mense hul lewensonderhoud hierdeur verdien. Ons dink altyd net aan sprekers op die preekstoel, in die parlement of op die politieke vergadering, aan die onderwyser voor sy klas of die professor voor die kateder. Ons weet ook van die advokaat in die hof of die akteur op die verhoog. Maar die hele besigheidslewe steun op die woord en onderhoude word gevoer in die kantore.

Bevele word uitgeroep op die slagveld en binne die intieme kring van die huisgesin word liefdesonderrig gegee deur te vertel. Onontbeerlik in ons samelewing kan ons gerus maar die gesproke woord noem. Hoe nodig is dit dan nie om die woord reg te hanteer nie! Die spreker wil beweeg. Dit is sy vernaamste oogmerk. Hy wil nie maar net aanspreek nie, maar ook toespreek. Hy wil nie net tot ons spreek nie, maar met ons praat. Hy wil ons dwing om te luister en werklik, ons gaan anders weg as wat ons onder sy gehoor gekom het.

Niemand moet tog dink dat welsprekendheid alleen deur ʼn predikant beoefen moet word nie. Niemand moet ook meen dat hierdie boekie alleen woorde van wysheid bevat vir die man op die preekstoel nie. Elke openbare spreker kan hierdie werkie met groot vrug lees en behoort dit te doen. Die gekeurde woord, die gepaste woord, die korrekte woord, die skilderende woord, die woord wat gehoor word maar ook gesien word, het ʼn agtergrond, het ʼn wortel. Daarvan word ons hier vertel. Gedurende klaswerk is by aanstaande predikante die mag van die woord beklemtoon. By die verkondiging van die evangelie — daardie groot en gewigtige opdrag — moet die prediker met groot behendigheid hierdie middel gebruik.

Wat baat dit om soveel moeite te doen met die maak van die preek, daaraan te swoeg vir ʼn volle week en dan in die uur van aflewering sodanig te faal dat die luisterende gemeente nie saam met die prediker ontroer kan word en sy spanninge kan deurleef nie? Hoe tragies tog as die prediker se eie binneste skeur, maar die gemeente bly onaangedaan sit, sonder die minste ontroering!

Om Bavinck se “Welsprekendheid” ter hand te neem, is vir enige spreker louter genot. Dit besiel elke keer weer. Omdat die werkie alleen antikwaries verkrygbaar is, mag sy verskyning in vertaalde gedaante verwelkom word. Ondergetekende het die Afrikaanse vertaling onderneem en vertrou dat hierdie heldere gedagtes van die geniale Bavinck vir elke leser en spreker ʼn inspirasie sal bly.

S.P. VAN DER WALT.
Teologiese Skool, Potchefstroom
4 Oktober 1960.

[nota: Prof. SP van der Walt het sy D. studies gedoen oor Bavinck, spesifiek: Die Wysbegeerte van dr. Herman Bavinck. Sien meer inligting hier en hier.]

INLEIDING (deur Bavinck)
Laat my toe om u aandag te vra vir ʼn uiteensetting oor kanselwelsprekendheid. Dit is seker nie nodig om ʼn pleidooi te lewer ter regverdiging daarvan nie. Dit is van die grootste belang vir diegene wie se vernaamste taak dit sal wees om die Woord van God te gaan verkondig.

Die woord sal tegelykertyd u swaard en u skild wees; beide die wapen van aanval en verdediging. U vermoë sal des te groter wees en u invloed des te meer uitgestrek namate u hierdie wapentuig met groter bekwaamheid hanteer. Al u ander geestesgawes sal des te meer luister besit namate hulle ʼn kragtiger en meer besielde uiting vind in die gesproke woord.

Die erenaam van ʼn predikant is “bedienaar van die Woord”, van die Goddelike Woord. Daarmee word aan elke predikant ʼn gesag toebetrou nog groter as die wat vorste en wêreldgrotes besit, omdat die meester van die woord ook meester van die gemoed is. Hy wat oor die gees heerskappy voer is sterker as hy wat ʼn stad verower. Baie persone wat nie bedienaars van die goddelike woord is nie, sal seker ook hierdie boekie lees en dit sal ook vir hulle nie van belang ontbloot wees nie. Die goeie spraak is vir elke mens ʼn sieraad en vir elke christen, man of vrou, is dit ʼn kostelike deug.

Die Skrif lê, meer as wat ons miskien dink, nadruk op ons roeping om heilige gebruik te maak van ons tong en van die taal. Die apostel Paulus lê die grondwet van alle vorme van welsprekendheid neer vir elke mens sonder onderskeid, toe hy gesê het: “Laat julle woord altyd aangenaam wees, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe julle iedereen moet antwoord”. (Kol. 4:6). Om goed te praat is nie net ʼn vereiste vir ʼn predikant of advokaat nie, maar ook vir die daelikse lewe en in maatskaplike omgang. Van hierdie algemene welsprekendheid, wat nie dieselfde is as om glad met die mond te wees nie, gaan ons net ʼn enkele aspek behandel.

Ek vra u aandag vir kanselwelsprekendheid en verdeel die onderwerp in drie dele: die beginsel, die wese en die vorm daarvan.

Hier is die volledige boekie beskikbbaar: Welsprekenheid, deur Herman Bavinck.

HERMAN BAVINCK ON PREACHING AND PREACHERS, deur dr. James Eglinton

“Dutch theologian Herman Bavinck (1854 – 1921) is widely celebrated as one of the most eloquent divines in the Reformed tradition. Despite having preached regularly throughout his adult life, how he preached and what he thought about preaching have remained largely unknown to the many preachers who read him in the present day-until now. This book provides an English translation of Bavinck’s key texts on preaching and preachers, including his only published sermon.

For Bavinck, in order to preach well, one has to be a particular kind of person: someone who lives coram Deo, whose conscience and imagination are open to being powerfully stirred by both Creator and the creation, and who is steeped in Scripture. In short, he describes someone quite different from the detached, disenchanted modern Western people of Bavinck’s own day. These texts provide a profound critique of modern Western culture, and describe the sense in which it often prevents its inhabitants from preaching well. Furthermore, they demonstrate both how Bavinck himself preached, and how he understood preaching within the worship service and the wider life of the church.”

“This book exists because there is a curious gap between Bavinck the theologian and the preachers who read him in the present day. I describe the gap as curious because Bavinck himself was also a preacher.” – dr. James Eglington

Sien dan ook hier Bavinck se preek (oud-pres Paul Kruger was in daardie erediens om die preek te hoor): 

Herman Bavinck preek vir Paul Kruger: Die wêreldoorwinnende krag van geloof (1 Joh. 5:4)

Sien hier vir meer inligting en bespreking van die Engelse vertaling: 

Herman Bavinck on Preaching and Preachers

Bavinck Review

Boekresensie

_______________________

Verdere Pro Regno artikels van of oor Bavinck

Meer oor Bavinck: The Bavinck Institute

Reformed Forum: Bavinck

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑