Hier onder is ‘n paar Skrifoordenkings bronne asook Bybellees planne vir 2025, ek fokus op wat aanlyn vir u beskikbaar is, maar daar is natuurlik baie boeke wat u ook kan aankoop deur Good Neighbours Bookshop of Augustine Bookroom wat goeie gereformeerde oordenkings het in Engels.
Die HERE se seën toegebid vir 2025, mag die Here ons almal lei om altyd Ps. 1:2; 119:9,18,105; Matt. 4:4; Hand. 17:11, ens. studente en dissipels van sy Woord te wees!
_________________________________________________
Afrikaanse Skrifoordenkings
a. Enige Afrikaanse Skrifoordenkings van ds MJ Booyens oor verskillende Bybelboeke, sien hier:
MJ Booyens
c.
Calvyn vir Vandag dagstukke,
hier beskikbaar. (let wel, ongelukkig het die verwerker van die dagboek die 1983 vertaling gebruik, nie die 1933/53 vertaling nie).
Want ons wysheid moet niks anders wees nie as om met ootmoedige leersaamheid alles wat in die Skrif oorgelewer is, sonder uitsondering te aanvaar. – Institusie I, 18,4
e.
Totius oordenkings: sien sy deel 4 en 5 in Versamelde Werke, 1977 uitgawe, preke en skrifoordenkings (let wel: nie opgedeel in dagstukke nie, maar wel baie kosbare oordenkings om vir persoonlike en huisgodsiens te gebruik, asook leespreke).
Totius stel asook los dele beskikbaar by Pro Regno Boeke.
__________________________________________
Engelse oordenkings:
Sien veral die nuwe ‘devotionals’ van Sinclair Ferguson en RC Sproul (vanuit Romeine)
JC Ryle: Our Great Redeemer
Jay Adams: Day by Day, Along the Way
(nota 1: die boeke kan ook aanlyn gesoek word in eboek formaat by o.a. Kindle (Amazon) en Logos.)
(nota 2: luister gerus na die daaglikse oordenkings ook aanlyn van Sinclair Ferguson, Things Unseen, beskikbaar op verskillende platvorms, o.a. Ligonier, Spotify, YouTube, ens.)
PRCA devotions
RP daily devotions
Ligonier devotions
______________________________________
Bybel leesplanne:
Hier kan u ook verskillende Bybel leesplanne kry: Bible Reading Plans for 2025
“Open my oë, dat ek kan sien die wonders uit U wet.” – Ps.119:18.
Groete en seën toegebid in Christus, vir die nuwejaar.
Slabbert Le Cornu
(Vir enige vrywilllige donasies aan Pro Regno bediening, sien hier. Dit sal baie waardeer word!)
Leave a comment