WAARHEID WOENSDAG LESING NOU BESKIKBAAR: Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?


A. Die lesing kan hier gekyk word:

Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?

B. Hier is ook die preek wat die lesing se onderwerp vanuit die Skrif inlei

C. Die boek waarop die lesing gebaseer is:

Titel: Hoe lief het ek U wet! – Artikels van S. Le Cornu en ander skrywers oor die plek van die wet in verhouding tot die evangelie, in die gelowige se lewe

226 bladsye
Prys: R100-00 (posgeld uitgesluit)

Hier, saam met ander tweedehandse Bybels, teologiese en ander christelike boeke beskikbaar: Pro Regno Boeke

Meer inligting:

“Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag …
o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.” (Ps. 119:97, 166)
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie.” (Joh. 14:15)

“Sonder die verstaan van die heiligheid van God se wet, is die evangelie van genade betekenisloos.” – John Murray

“Die Kneg van die Here bring nie maar net die evangelie na die mens nie maar die ganse regsorde van God.” – Totius

” ‘n Lae siening van die wet sal altyd legalisme in die godsdiens bring; ‘n hoë siening van die wet maak mens ‘n soeker van genade. Bid dat die hoë siening va die wet weer sal seëvier.” – J. Gresham Machen

“Ook het Israel se wel vir die burgerlike en sedelike lewe bepaald nie sy krag verloor nie. Die mosaïese’ wet het heeltemal te min aandag van die kerk gehad. Die teoloë los dit omdat dit ‘wet’ is en die juriste gaan dit verby omdat dit in die Bybel staan. Die herleefde belangstelling onder ons vir die verstaan van die wet is ‘n goeie ding.” – J. van Bruggen

INHOUDSOPGAWE
INLEIDING EN VOORWOORD 5

AFDELING A: KONINKRYK EN ‘WET EN EVANGELIE’ ARTIKELS
1. GOD SE WET VIR VANDAG: ‘n Paar inleidende opmerkings 7
A. Die drie-erlei indeling van die wet 7
B. Wet en Evangelie 11
C. Wet en Evangelie in die Koninkryk van God: ‘n Lewensbeskoulike verklaring
vanuit Matteus 5:1-20 15

2. DIE KONINKRYK VAN GOD EN DIE AARDSE RYKE, deur prof. L. Floor  17

3. CHRISTUS EN KULTUUR BY BAVINCK: Die Calvinistiese vs die Lutherse en anabaptistiese sienings 29

4. CALVYN OOR DIE WET EN EVANGELIE IN DIE BOEK ROMEINE  37

5. BAVINCK OOR WET EN EVANGELIE  47
5.1 Jesus vernietig nie die wet nie, maar vervul, herstel en bevestig dit  48
5.2 Die verwerping van beide nomisme en antinomisme, en die gereformeerde antwoord daarop 53

6. HEF DIE GENADE DIE WET OP?’n Verklaring van ‘n paar belangrike tekste oor die verhouding ‘wet en evangelie’ deur prof. John Murray 59

7. DIE HERONTDEKKING VAN DIE ‘MOSAïESE REG’ GEEN ‘MODERNE AMERIKAANSE’ TEONOMIESE UITVINDSEL NIE, MAAR PRODUK VAN DIE 16de/17de EEUSE KERKREFORMASIE 77
7.1 Strafrechtspleging en Reformatie 77
7.2 Gereformeerde etiek in Nederland 78
7.3 Bronne uit die geskiedenis oor die Mosaïese reg vir alle tye 79

8. POLYANDER OOR DIE WET VAN GOD: Stellings 49-51 Geld die siviele wette van Israel nog vir vandag se owerhede en onderdane? 81

9. ANTONIUS MATTHAEUS OOR DIE MOSAIESE STRAFREG VIR VANDAG 85
10. TEOKRASIE EN TEONOMIE in die ZAR, by Totius, by Calvyn en die outentieke Reformatoriese belydenisskrifte van die 16/17de eeu 89

11. NGB ARTIKEL 25 TEONOMIESE HERMENEUTIEK EN ETIEK GEHANDHAAF TEENOOR ‘(RADICAL) TWO KINGDOMS THEOLOGY’ HERMENEUTIEK EN ETIEK 91

12. GKSA TEOLOë TEN GUNSTE VAN DIE OORSPRONKLIKE REGTE VERSTAAN EN HANDHAWING VAN NGB ARTIKEL 36, DUS GEEN ‘NEUTRALE’ MENSEREGTE OWERHEID NIE 97

13. GEESINK: Jesus Christus handhaaf teonomie teenoor antinomianisme in die Bergrede (Matteus 5:17-20), deur GHJW Geesink (1854–1929)* 105

14. THEONOMIC PRECEDENT IN THE THEOLOGY OF JOHN CALVIN 115

15. CALVYN SE ETIEK VOLGENS STOKER 147

16. STOKER OOR MENSEREGTE 153

AFDELING B: ANTWOORDE OP DIE KRITIEK TEEN TEONOMIE
Introduction to four parts 159
PART 1: Introduction & The unscholarly uninformed method of CETE and the two crucial main questions in this debate that are also of big importance for the reformed community in SA 160
PART 2: What does Theonomic Postmillennialism teach themselves from their own sources, in answer to CETE article’s accusations, according to the sources CETE uses but seemingly did not study? 171
PART 3: Reformed theonomic roots through church history, also in South Africa 191
PART 4: My own evaluation of the important contribution of theonomic postmillennialism for our own times 219

INLEIDING EN VOORWOORD
Wat is die wesentlike aard van die Koninkryk en wat is die Koninkryk se verhouding tot hierdie wêreld. Is daar absoluut geen verhouding nie (wêreldmyding – die anabaptistiese neiging?) of is daar totale gelykstelling (wêreldgelykvormigheid – die social gospel idees?)

Die kerk van Christus, kinders van die Here, het nog altyd geworstel met implikasies van die koninkryk wat in ons Here Jesus Christus reeds gekom het in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld is nie (Joh.17:14-17). Die reeds-maar-nog-nie spanning van die lewe in die Koninkryk van God (1 Kor.15:20-28).

Kry die Koninkryk slegs gestalte of dra alleen vrugte in die sigbare aspek van die kerk: leer, diens en tug (1&2 Tim, Titus), of is daar meer gestalte, vrugte en gevolge vir die totale lewe, elke duimbreedte vir Christus (A. Kuyper slagspreuk)?

Is daar een wet vir die Koninkryk en ‘n totaal ander wet vir die wêreld? Indien die Here die kerk en wêreld beide regeer, maar ‘anders’ regeer, wat behels dit alles, wat is die regte verhouding tussen ‘kerk en staat’, hoe staan NGB art. 27-35 in verhouding tot NGB art. 36, ook vir ons tye?

Is die (radikale?) ‘two kingdoms’ siening vanuit die VSA die beste model vir vandag vir die kerk om na te volg, of dalk die teonomies-teokratiese siening, albei wat begrondings vir hul sienings bepleit vanuit die Skrif, gereformeerde belydenis en kerkgeskiedenis?

Of is dit nie een van hierdie opsies nie, dalk iets tussen-in, aangesien hierdie vra oor die wese en die aard van die Koninkryk van God niks nuuts is nie, sake waarmee die vroeë kerk, die middeleeuse kerk, die reformatoriese kerke, ens., in die hele geskiedenis nog altyd geworstel het… wat het Jerusalem met Athene te doen, ‘kerk en wêreld’, ens?

Ja, die Koninkryk van God is in wese ons Vader se VerlossingsHeerskappy in en deur Jesus Christus alleen, in die krag van die Gees, dit is in wese ‘n geestelike Koninkryk, dit gaan oor die Koning van die Ryk (Matt. 6:33; 28:18) en sy burgers (Joh.3:1-6), daaroor mag en behoort burgers van die Koninkryk nie te verskil nie, maar wat is en behoort die vrug en gevolge daarvan te wees vir elke terrein van lewe en denke, wat is die volle implikasies van dat Christus vlees geword het, en liggaamlik opgestaan het (HK Sondag 1), ja, bo alles vir die ewigheid, maar wat van die hier en nou ook van die Koninkryk, soos ons Here Jesus ons leer bid het:

Onse Vader wat in die hemel is,
laat U Koninkryk kom,
laat U wil geskied,
soos in die hemel netso ook op die aarde…
(Matt. 6:9-10; sien HK Sondag 46-49)

Wat is die verhouding tussen ‘wet en evangelie’, ook vir ons tye?
Hoe word ons Here in dit alles verheerlik (Rom. 11:36; 1 Kor. 10:31)?

Hierdie ‘Teonomie Leesbundel’ wil help om hierdie en ander soortgelyke en verwante vrae aan te spreek. Die leesbundel bestaan uit artikels wat ekself en ander geskryf het, wat hopelik verdere besinning en studies sal prikkel, en ons opnuut sal help om Matt. 6:33 in ons ganse lewens, tot sy eer en in liefde tot ons naaste, te soek:

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

Vir die Koninkryk
Slabbert Le Cornu
April AD 2025

Sien Pro Regno boeke hier.

Meer inligting oor GK Bet-el en Waarheid Woensdae lesings hier beskikbaar: http://www.gereformeerd.org

2 thoughts on “WAARHEID WOENSDAG LESING NOU BESKIKBAAR: Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?

Add yours

  1. NOG ‘N LES IN ‘OORSPRONKLIKE BRONNE’ LEES EN DEFINISIES VRA

    In aanleiding by my lesing oor ‘Teonomie en Two Kingdoms’, het ek o.a. vermeld dat die twee grootste lesse wat ek geleer het in die omtrent 30 jaar wat ek die ‘vir en teen’ teonomie debat volg, en wat eintlik vir alle debatte en strydpunte geld, is:

    a) vra en gaan lees sover moontlik altyd die ‘oorspronklike bronne’ van beide kante van ‘n debat = die ad fontes beginsel.

    b) vra vir definisies of verduideliking van terme, anders praat en debatteer mense heeltemal verby mekaar, omdat hul met ‘ander of verkeerde’ definisies werk.

    Hier is onlangs ‘n voorbeeld waarop ek afgekom het, wat beide hierdie aspekte aanraak:

    Ek het ‘n paar uitgawes van die Nederlandse Taal se standaard woordeboek, genaamde ‘Van Dale: Groot Woordenboek van de Nederlandse Taal’’. Kyk hoe die definisies van die ‘tweede uitgawe (1872), wesentlik verskil van die ‘veertiende’ weergawe (2005), dus meer as ‘n eeu later:

    1876-weergawe: “THEONOMIE’ <Gr. nómos, wet) v., ethicse leer volgens welke de wils Gods het zedelijke karakter van een daad bepaalt, onafhanklijk van de aard van de handeling.” (s’Gravenhage: Marthinus Njihoof, 1950, 7de druk, bl. 1830)

    2005-weergawe: “theonomie (de (v.)) richting binnen het calvinisme die geen onderscheid maak tussen de zedelijke en de burgerlijke wetten van het Oude Testament, en meent dat ook de laatstgenoemde onverlanderlijk in alle tijden gelden.” (Utrecht/Antwerpen, Van Dale Lexicografie, 2005, 14de druk, bl.3578)*

    Die groot les: moenie al daardie ‘ou woordeboeke’ weggooi vir die moderne (en baiemaal modernistiese) weergawes nie. Hou maar daardie ou ‘HAT’s’ vir die nageslag, die HAT’s wat nou so orals niks meer werd is nie. Ja, kry ook die moderne weergawes, want ons moet verstaan met watter ‘definisies’ vandag se mense en ons tydsgees werk, om te kan onderskei tussen korrektie definisies, terme, beskrywings, ens., en baiemaal verdraaiings van veral wat in die verlede bedoel is deur sekere persone, kerke, bewewings, ens.

    Soos B. Corttret dit treffend gestel het: “Heresy is never anything but a question of grammar.”

    *Nota: Dat die moderne teonomie beweging in sy wese in lyn met Westminster Konfessie 19.4 en saam met die 16/17de eeuse gereformeerde ‘teonomiste’:

    a) ‘n duidelike onderskeid (maar nie teenstelling nie) maak tussen die sedelike en burgerlike wette, en  

    b) beide onveranderlikheid én veranderlikheidsaspekte (kontinuiteit én diskontinuiteit) erken van die burgerlike wette vir vandag (morele beginsel wat altyd geld – tydelike Israelitiese vorm wat verby is, ens.), sien die volgende bronne:

    1) LEESBUNDEL: Hoe lief het ek U wet! – Artikels van S. Le Cornu en ander skrywers oor die plek van die wet in verhouding tot die evangelie, in die gelowige se lewe

    2) WAARHEID WOENSDAG LESING NOU BESKIKBAAR: Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?

    Albei hier beskikbaar: https://wp.me/pM9VW-3Cs

    3) An Informed Reformed Theonomic Response on the extremely uniformed article “A Critical evaluation of Theonomist eschatology” (PART 3: Reformed theonomic roots in church history, also in SA), aanhalings van teoloë en juriste oor ‘teonomie’ beginsels, hier beskikbaar: https://wp.me/pM9VW-2mN

    4) Sien dr. Greg L. Bahnsen se ‘By This Standard’ – The Authority of God’s Law Today:

    hoofstuk 14: “The Categories of God’s Law”

    hoofstuk 15: Continuity Between the Covenants on the Law

    hoofstuk 16. Discontinuity Between the Covenants of the Law

    Laai hier af: https://www.garynorth.com/freebooks/docs/2c6a_47e.htm

    Luister: https://www.reconstructionistradio.com/audiobook/by-this-standard/

  2. Warfield se ‘pro teonomie’ uitsprake in sy verklaring van Matt. 5:17-20, beklemtoon net soos Bahnsen, die hermeneutiese vertrekpunt (in navolging van Jesus se jota en tittel vertrekpunt, 5:18b), van kontinuiteit tot verdere Openbaring (NT) diskontinuiteit uitwys. Bahnsen SE ‘Theonomy in Christian Ethics’ se hoof tese (‘exchaustive detail’ is die vetrekpunt, en dan kyk ons hoe verdere Openbaring bepaalde aspekte van die wet be-eindig het, bv. seremoniële wette (sien NGB art. 25), ander handhaaf, ander bevestig in verdere of nuwe toepassings, ens)

    Dus Bahnsen se TCE is histories nie iets nuuts nie.

    Warfield se eie woorde:

    “I came not,” says Jesus, “to destroy but to fulfil, – for . . .” And, then, with this “for,” He immediately grounds His assertion in the further one that the whole law in all its details, down to its smallest minutiae, remains permanently in force and shall be obeyed. “For, verily I say unto you, until heaven and earth pass away, not one jot or one tittle shall pass away from the law until all [of them] be accomplished.”

    This assertion is made with the utmost solemnity: “Verily, I say unto you”; and there are two elements in it neither of which should be allowed to obscure the other. On the one hand it is asserted with an emphasis which could not easily be made stronger, that the law in its smallest details remains in undiminished authority so long as the world lasts. Jesus has not come to abrogate the law – on the contrary the law will never be abrogated, not even in the slightest of its particulars – the dotting of an “i” or the crossing of a “t” – so long as the world endured.

    But Jesus does not content Himself with this “canonizing of the letter” as H. J. Holtzmann calls it, certainly without exaggeration. The law, remaining in all its details in undiminished authority, is, on the other hand, to be perfectly observed. Jesus declares that while the world lasts no jot or tittle of the law shall pass away – until they all, all the law’s merest jots and tittles, shall be accomplished. He means to say not merely that they should be accomplished, but that they shall be accomplished. The words are very emphatic. The “all,” standing in correlation with the “one” of the “one jot” and “one tittle,” declares that all the jots and all the tittles of the law shall be accomplished. Not one shall fail. The expression itself is equivalent to a declaration that a time shall come when in this detailed perfection, the law shall be observed.

    This amounts to a promise that the day shall surely come for which we pray when, in accordance with Jesus’ instruction we ask, “Thy Kingdom come, Thy will be done as in heaven so on earth.” So far from coming to abrogate the law, He comes then to get the law kept; not merely to republish it, in all its reach, whether of the jots and tittles of its former publication, or of its most deeply cutting and widely reaching interpretation, but to reproduce it in actual lives, to write it on the hearts of men and in their actual living. “Therefore,” He proceeds to tell His disciples (verses 19-20), the “breaking”78 of one of the least of these – these jots and tittles of – commandments, and the teaching of men so, is no small matter for them.

    Their place in the kingdom of heaven depends on their faithfulness to the least of them; and unless their righteousness far surpasses that of the Scribes and Pharisees with all their, no doubt misplaced, strictness, they shall have no place in that kingdom at all. In a word, we do not understand the nature of the mission which Jesus here ascribes to Himself until we clearly see that it finds its end in the perfecting of men. His purpose in coming is not accomplished in merely completing the law: it finds its fulfilment in bringing men completely to keep the completed law. If we speak of Him as legislator, then, we mean that He claims plenary authority with respect to the law. The law is His, and He uses it as an instrument in the accomplishment of His great end, the making of men righteous. He knows what is in the law, and He brings all its content out, with the most searching analysis. But this is but the beginning. He came to make this law, thus nobly expounded, the actual law of human lives.

    Abrogate it?

    Nothing could be further from His purpose. He came rather to fulfil it, to work it out into its most widereaching applications, and to work it, thus worked-out, into men’s lives. Those who are His disciples will not be behind the Scribes and Pharisees themselves in the perfection of their obedience to its very jots and tittles. But their righteousness will not be the righteousness of the Scribes and Pharisees.

    The difference will be that their obedience will not be confined to these jots and tittles. In their lives there will be “accomplished” the whole law of God in its highest and profoundest meaning. Their lives will be a perfect transcript in act of the law of God, a perfect reflection of the will of God in life. It is for this that Jesus says that He “came.” When this complete moralization of His disciples shall be accomplished; how, by what means, in what stages this perfect righteousness is to be made theirs; He does not tell us here. He tells us merely that He “came” to do this thing: so that His disciples shall be truly the salt of the earth which has not lost its savor, the light of the world which cannot be hid.

    Bron: Jesus’ Mission, According to His Own Testimony, in: Biblical Doctrine

    https://shorturl.at/zC2y2

    Sien ook hierdie artikel, wat verwys na Warfield se ‘teonomie’ ivm Bahnsen se hermeneutiek:

    Does Theonomy Have a Fatal Flaw?

    https://chalcedon.edu/resources/articles/does-theonomy-have-a-fatal-flaw

Leave a reply to proregno Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑