AFRIKAANS AMPTELIK 100… OM SAAM ALLE VOLKE EN TALE IN DIENS VAN ONS HERE JESUS CHRISTUS TE STAAN

AFRIKAANS AMPTELIK 100… OM SAAM ALLE VOLKE EN TALE IN DIENS VAN ONS HERE JESUS CHRISTUS TE STAAN

“En Pilatus het ook ’n opskrif geskrywe en dit op die kruis gesit; en daar was geskrywe: JESUS, DIE NASARÉNER, DIE KONING VAN DIE JODE. Hierdie opskrif dan het baie van die Jode gelees, omdat die plek waar Jesus gekruisig is, naby die stad was; en dit was geskrywe in Hebreeus en Grieks en Latyn.” (Joh. 19:19–20)

Matthew Henry se kommentaar by vers 20 (beklemtonings bygevoeg):

“Omdat dit in Hebreeus en Grieks en Latyn geskryf is, wat dit vir almal leesbaar gemaak het; hulle het almal een of ander van hierdie tale verstaan, en niemand was meer versigtig om hulle kinders groot te maak om te lees as wat die Jode oor die algemeen was nie. Dit het dit eweneens meer aansienlik gemaak; almal sou nuuskierig wees om te vra wat dit is wat so ywerig in die drie bekendste tale gepubliseer is.

In die Hebreeus is die woorde van God opgeteken;

in Grieks die leer van die filosowe;

en in Latyn die wette van die ryk.

In elkeen (van hierdie tale) word Christus as Koning uitgeroep, in wie al die skatte van openbaring, wysheid en krag verborge is. Toe God dit so beveel het dat dit in die drie destyds bekendste tale geskryf moes word, is daardeur te kenne gegee dat Jesus Christus ‘n Verlosser vir alle nasies moet wees, en nie net vir die Jode nie; en ook dat elke nasie in hul eie taal die wonderwerke van die Verlosser moet hoor.

Hebreeus, Grieks en Latyn, was die algemene tale in daardie tyd in hierdie deel van die wêreld; sodat dit so ver daarvan is dat dit aandui (soos die Pousdom dit wil hê) dat die Skrif steeds in hierdie drie tale bewaar moet word, (maar) dat dit ons inteendeel leer dat die kennis van Christus deur elke nasie in hulle eie taal versprei behoort te word, as die behoorlike medium waardeur mense net so vrylik met die Skrif kan omgaan, as wat hulle met hulle naaste omgaan.”

LOOF die HERE, alle nasies! Prys Hom, alle volke! 2Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja” (Psalm 117)

“Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. ” (Kol. 3:16)

Tweedehandse Afrikaanse AOV (1933/53) Bybels hier te koop (Familiebybels, grootdruk, standaardgrootte, naslaan, duimindeks, ens.):

https://proregno.com/2025/04/25/pro-regno-boeke-25april-2025-verkope/

__________________________

“Liewers ‘n ongeleerde Afrikaner met sy Bybel, as ‘n geleerde Europeaan sonder God en sy gebod.” – SJ Du Toit

Bronne oor vertalings en vertaalmetodes op Pro Regno: Vertalings

Twee kosbare bronne oor die Bybel in Afrikaans

‘n Gereformeerde Volkekunde leeslys & Israel en die Afrikaner?

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑