WIE OF WAT IS DIE “SEËN VAN ABRAHAM” (Gen. 12:3): BELANGRIK VIR ONS ‘CONSPIRACY THEORY’ TYE IN DIE KIRK-CARLSON-ISRAEL GEBEURE!

A. WIE OF WAT IS DIE “SEËN VAN ABRAHAM” (Gen. 12:3)?

En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” (Genesis 12:3)

Hier is die baie duidelike antwoord uit die Skrif, wat van die begin daar was (Gen. 3:15ev, sien HK v/a 19):

6Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 7Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word (Gen. 12:3 aanhaling – slc) 9Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.” (Gal. 3:6–9)

“13Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang — 14sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. 15Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ’n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. 16Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus.” (Gal. 3:16)

29En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” (sien Gal. 3:29)

Is ‘die seën van Abraham’ dus om bloot ‘n etniese Jood of fisiese afstammeling van Abraham te wees?

Is dit bloot om pro die huidige politiek in Israel in die Midde-Ooste te wees, want hulle, in hul ongeloof en verwerping van Christus, is vir die res van die wereld ‘n “seën”?

En voordat iemand dink ‘lekker’, kom ons kom ‘die Jode’ by, kom ons wees ‘anti-semities’:

Is dit om bloot Afrikaner, Engelsman of Zoeloe te wees en deel van die Christelike beskawing?

Is dit om bloot aan ‘n sekere taal, kultuur of volk te behoort wat deur Christelike waardes beinvloed word?

Nee, nogmaals nee, want as ons die ware seën van Abraham nie reg verstaan nie, dan is dit juis nie ware liefde vir Jood en nie-Jood nie, nie vir Afrikaner of Zoeloe nie, nie vir alle volke nie.

DIE wesentlike seëning wat die hele Skrif leer, van Genesis tot Openbaring (sien 2 Kor. 1:20)  is nie bloot ‘n mens, tradisie, kerk, volk, ras, bloed of wat ookal nie, maar dit is die Persoon en Werk van Christus, en Christus alleen, en dan is daar juis hoop vir elke volk stam taal en nasie (Hand. 2:8; Op. 5:9), luister weer:

“Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ’n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ’n hout hang — sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus …. En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.” (Gal. 3:14, 29)

Die “seën van Abraham” is nie om aan die Rooms Katolieke Kerk onder die Pous te wees nie….

Dit is nie om ‘n Hebreeuse Afrikaner of Israelvisie Zionis te word nie …

Dit is nie om bloot aan hierdie of daardie kerkverband te behoort nie….

Omdat die Judaisme meen die seën is nie Christus nie, dat die Messias reeds gekom het nie, maar hul etnisiteit, hul afstammeling van Abraham, daarom is hul glad nie neutraal teenoor die ware seën van nie net die Joodse volk, en die Joodse volk in die huidige Israel wat ook verlos moet word nie (Rom. 10:1 gebed), maar is hul aanhoudende verwerping van Christus ook nie tot heil van alle volke om hul nie (lees Rom. 11, en veral verse 25-26 waarvoor ons bid), ook nie vir die VSA en ander lande wat hul so sterk polities-ideologies ondersteun nie.

En die ‘dispensasionele Zionisme’ van sekere VSA kerke en groepe, versterk die Judaisme in hul kwaad dat hulle bloed en afkoms die ‘seën van Abraham’ is, en verwerp hul dan eintlik die ware seën en Seun, ja die Seun van God wat gekom het vir alle volke, om alle volke te red in hul uitverkorenes, dus onder Jood én nie Jood (Rom. 1:16,17; 3:28-31), soos hierdie uitreksel wys:

Carlson and Cruz on Israel: https://www.youtube.com/shorts/4YgM2dswgdw

Cruz, Carlson and Cameron on Israel being blessed: https://www.youtube.com/shorts/S7paMPBH3a4

Nou moet beide dwalinge, die anti-semitisme én die zionisme (judaisme én ‘christelike’ zionisme) verwerp word, en moet alle mense, alle volke opgeroep word tot geloof en bekering na Jesus Christus, die Beloofde Saad en Seën van die hele Ou Testament, van Abraham, tot lig en hoop van alle nasies.

Ja, die enigste hoop vir beide Jood en Palestyn; Afrikaner en Zoeloe; Amerikaner en Rus, Chinees en Japanees, is nie politiek, of ekonomie of een of ander neo-messiaanse leier nie, maar Hom van wie ons lees in Lukas 2:29-32, 

27En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet, 28het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê: 29Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, 30omdat my oë u heil gesien het, 31wat U berei het voor die oë van al die volke — 32n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.

In die lig van hierdie laaste woorde, glo ons nie soos sommige Christene, in ‘vervangingsteologie’ nie (die kerk het volke vervang, in die OT het God met volke gewerk, nou net met individue en kerke, ens.), maar in ‘vervullingsteologie’, naamlik een wesentlike genadeverbond in die Belofte = Christus alleen in beide OT en NT (Gen. 17:7 en Hand. 2:39, sien hierdie artikel: Die WESE van beide die ou(er) verbond (OT) en die nuwe(r) verbond in Christus (NT): God Homself!)  van die kerk van Christus in een volk (OT), na die kerk in en onder alle volke in hul uitverkorenes (Matt. 28:19… dissipel die volke, leer hulle organies verbondsmatig om alles te onderhou wat Ek julle beveel het…).

En dan kan ons in dankbaarheid as verskillende mense, tale, kulture, volke en groepe, mekaar regverdig en liefdevol respekteer en ‘n plek gun vir mekaar hier op aarde oppad na die voleindig (Matt. 7:12 beginsel), alles tot eer van een God: Vader, Seun en Heilige Gees.

In die lig van bogenoemde, dan die volgende saak wat daaruit vloei:

B. BELANGRIK VIR ONS OM BYBELS TE ONDERSKEI IN DIE  ‘CONSPIRACY THEORY’ TYE IN DIE KIRK-CARLSON-ISRAEL GEBEURE!

“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis….” (Hos. 4:6)

“… om die dinge waar dit op aankom, te onderskei…” (Filp. 1:10)

30God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, 31omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.” (Hand. 17:30–31)

En as mens dit kombineer vir ons tyd: Die kerk gaan ten gronde weens ‘n gebrek aan bybelse kennis en ‘n gees van onderskeid om dinge te ondersoek en te toets (sien ook 2 Tim. 2:15; 1 Thess. 5:21,22; 1 Joh. 4:1).

Ek is nie ‘n voorstaander van CT/ST (Conspiracy Theories/Samesweringsteorieë) nie, bloot omdat dit baiemaal of in meeste gevalle spekulatief is en juis gedrywe word deur sekere ideologiese motiewe, baiekeer bitterheid teen ‘n bepaalde groep of mense, en soms net bloot uit sensasie soekery of om soos die eenvoudige woord sê, te ‘stir’.

My troos is altyd as ek aangeval word om die nuutste ST passievol te ondersteun of na te jaag en my ganse lewe daarop te fokus, is die volgende:

“En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (Hebr. 4:13)

Ons Here het al die feite oop en bloot voor Hom, niks is vir Hom bedek nie, en sal regverdig oordeel in hierdie en of komende wêreld (2 Kor. 5:10, sien HK V/A 10-12), en ten einde is daar GENADIGLIK vergifnis in Christus wie hul toevlug na Hom neem vir sondes en onreg gepleeg, of dit nou persoonlik of gemeenskaplik van aard was of is.

Maar hulle wat wel saamknoei, saam planne agterbaks maak asof die Here nie sien nie, of dit nou “geldmagte…illuminati… broederbond-agtige politiek” of wat ookal is, watter ‘geheime of openlik’ organisasie, groep, messiaanse leier, of wie ookal, dit is, hetsy in die kerk of buite die kerk, hetsy in die politiek of ekonomie, hetsy ‘ons mense/volk’ of ‘hulle volk’, om in stryd met God se Woord, ander booslik te na te kom, uit te roei, te verag…. om deur sogenaamde “die doel heilig die middele” duisende of miljoene self te laat dood gaan vir die ‘greater good’, nog erger, om dit ‘in die Naam van die Here’ te wil doen, vir ons is die troos die Here weet, Hy sien, Hy sal regverdig oordeel. Sien HK Sondag v/a 52 en NGB art. 37 se troos in sy regverdige vergelding.

Nou in die lig van bogenoemde, soos die Charlie Kirk gebeure ontvou, en al die gevolge, mooi en goed, maar ook lelik en soekend na antwoorde, is hier iets wat my werklik aan die dink laat sit het, en opnuut laat besef het, of laat bid het:

Ag Here, gee dat U kinders orals op die ganse aarde met wysheid beklee sal word, om te onderskei, om Jak. 1:19-21 en 3:13-18 vir ons tye DAADWERLIK te beoefen, of dit sake is van ons eie kerke, land of volk of oorsee of orals, vir elke geloofs-, kerk en politieke/volkere stryd.

Wat my opnuut geruk het die laaste tyd, was Tucker Carlson se bydrae, ‘bekeringspreek’ by Kirk se gedenkdiens. Gedink alle mense sal begrip hê vir Carlson se boodskap, gefokus op die wese van alle mense, Jood en nie-Jood se wesentlike probleem: waar alle onrus en boosheid en oorloë vandaan kom, en wat ons nodig het vir ware vrede, tydelik maar ook ewig:

“30God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan AL DIE MENSE ORALS DAT HULLE HUL MOET BEKEER, 31omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.” (Hand. 17:30–31)

Ons het almal bekering nodig, nie ‘hulle’ nie, EK… ek en my gesin, ek en my gemeente, ek en my volk, ek en my land… ons moet ophou met al die ‘scapegoat politiek’, al die ‘gevare’ wat ek wil gebruik om my eie sonde en ongeregtigheid te probeer goedpaar. Gaan luister gerus na Carlson se boodskap… sonder om dit eksplisiet te noem, en alles te noem, was dit niks anders as Rom. 1-3, ons het gesondig en moet almal bekeer, Jood en nie-Jood = alle volke en mense op die ganse aarde.

Van toepassing in die polities-ideologiese stryd: die boosheid van wat met Christus gebeur het (Hy moes ook stil gemaak word…), het met Kirk gebeur, natuurlik met groot wesentlike verskille ook… maar die essensie is… ONS HARTE IS DIE SONDE-PROBLEEM en ONS MOET DAARVAN BEKEER… wat Christus, die profete, die apostels almal verkondig het… tydig en ontydig, en die ware kerk deur die eeue, vandag nog (2 Tim. 3:14-4:8)

MAAR, toe is daar geweldige reaksie, soos Tucker self noem in sy opvolg gesprek daaroor: van beide ‘anti-semitisme’ en ‘zioniste’… wat ten einde kop in een mus is, en verenig is in (wat ek nou noem, my toepassing):

ALBEI soek nie ‘HARTSbekering’ en verootmoediging as oplossing nie, maar ‘warmonging politiek’ moet aangaan…

Die anti-semitiste:

Die WESENTLIKE probleem met Jode (sê die anti-semitis, die Jode haters, die Nazi tjommies) is nie SONDE waarvan bekeer moet word nie, nee, die probleem met die Jode is… dat hul bloot Jode is, die etniese volk of politieke volk nou in Israel moet verag en verwerp word… en sommige verheug hul daarin dat die hele Moslem jihad wêreld Israel wil vernietig.

En hierdie AS wil die Kirk mania gebruik om hul agenda aan te blaas… bloot omdat Kirk kritiese vrae oor Israel gevra het, maar nog steeds pro Israel was (wat die AS nie van hou nie).

Daar is geen plek vir die AS vir  Rom. 10:1ev vir ‘die Jode’ nie, nee ons is anti-semities of anti-Joods bloot omdat hul ‘n volk is wat ons verag… geen bekeringshoop, geen evangelie vir hulle nie, raak ontslae van hulle… die Christendom is volgens hierdie wackos: anti-Joods in sy wese en moet so bly… hierdie ouens lees net die Jode het Jesus gekruisig, en wil absoluut niks weet van die ware gelowige, saam met die ware gelowige Jood, Paulus, se hart versugting deur die Gees, in Romeine 9-11 nie, veral nie Romeine 11:25,26 nie.

En tragies, onder ons eie volkie sal jy hierdie sentimente ook kry… hul verwag dat die hele wêreld ons Afrikaners moet verwonder en plekkie in die son gun, MAAR terselftertyd wil hul die Jode (nie eers uit bloot ‘n polities-etniese oogpunt) niks gun nie, nie eers die evangelie nie.  Dalk soos Jona met Nineve?

Die Zioniste:

En dan aan die anderkant, is hul ‘maats’ as Tucker reg is, die ‘zioniste’ ywer, Bibi se Judaisme? wat meen die oplossing is om die hele Gasa te laat verdwyn, nie ‘n 2 party staat eintlik wil hê nie, en dit is hier waar die CT/ST nou inkom wat ek nie weet of dit waar is nie (en ek weet ook nie wat Kirk daaroor presies gedink het nie?):

7 Okt 2023 is geskep deur Israel regering self en sy Zionistiese wêreldwye yweraars, sodat dit hul saak regverdig om die Palestyne uit te haal eens en vir altyd…. en die ST gaan verder, OMDAT iemand soos Kirk, wat wel pro-Israel was, maar – lyk dit vir my – nie pro- HUIDIGE Joodse regering was nie, al meer Bibi se regering gekritiseer het, wat lyk my volgens hom ‘n klomp warmongers is… moes hy ook uitgehaal word… vir die ‘greater cause’, maar deur wie?

Nou lyk my, bekende invloedryke sprekers soos Charlie Kirk, Megan Kelly en veral Tucker Carlson het die laaste jaar of so baie meer vrae begin vra oor die oorlog in Gaza… en alles klink net die reg daar nie (is dit regtig onmoontlik vir die IDF wat van die beste is in die wêreld is, om in 2 jaar se tyd nie al die gyselaars te gaan uithaal uit Gaza nie… hoe kan die IDF ‘n 6 dae oorlog so vinnig wen in 1967… maar die huidige een is so uitgerek, en dit nogal met die hulp van die magtige VSA… is dit die “globalism neo-conservatism warmongers geldmagte” plan van sommiges in die ‘weste’… wat is hulle ‘endgame’ met die Midde-Ooste krisis… natuurlik aangeblaas deur al die ‘christelike’ zionisme ywer van sommige Christelike kringe oor die wêreld, maar veral die ‘judeo-christelike’ groepe in die VSA?)

Natuurlik het ‘n saak altyd 2 kante of is dit 3?… maar nou verstaan ek wel al die negatiewe reaksie van ZIONISTE teen Carlson se gedenkdiens preek, want hy roep ten einde ALMAL, die Jode en nie-Jode, sy eie regering, homself tot die BELANGRIKSTE HOOP VIR ALLE LANDE EN VOLKE OP:

Bekeer julle, ek moet bekeer, ons moet bekeer, ja, ook Amerika moet hul bekeer.

En hopelik as almal hul sonde erken en bekeer, kan daar werklik ‘n politieke oplossing kom, twee volkstate, twee lande en volke wat langs mekaar bestaan: Jode en Palestynse lande?

Ja, die wesentlike probleem is nie dat daar verskillende lande en volke en groepe is nie, die wesentlike probleem is SONDE, en deur bekering en geloof in Christus is daar hoop en troos vir almal, lees Rom. 1:16,17…

MAAR, die Judaisme verag die evangelie, let wel, en hier moet DUIDELIK ONDERSKEI word, tussen die Jode as ‘n volk, en hul leierskap/politiek, tussen Jode self en die valse godsdiens van Judaisme.  Tussen politieke agendas, en alle Jode in Palestina wat nie daarmee saamstem nie.

Na my mening was Charlie TEEN die warmongers orals in die ooste (Putin) en die Weste (sien sy gesprek met Douglas Wilson waar hy teen die ne0-conservatism te velde trek), wat nou Amerika vir hul agendas wil misbruik, wat patriotisme wil misbruik om oorloe te voer en orals magsugtig uit te brei.

HOE MOET DIE GELOWIGE DAN DINK?

Ons as gelowiges kan en wil nie mense en volke en owerhede beheer of manipuleer nie, ons kan wel getuig en oproep in die Naam van Christus, almal tot bekering in Christus roep ongeag wie hul is (Hand. 17:30,31), maar ons moet ook leer om te onderskei, met wysheid, sake van alle kante aan te hoor, versigtig sake te ondersoek, mooi te luister na verskillende argumente (vir en teen Israel, vir en teen die Ooste en Weste, vir en teen al die -ismes van ons dae), waak dat ons politiese voorkeure nie ons bybelse sienings verwar of verdraai nie, ens.

Saam met Tucker op hierdie punt, verwerp ek ook beide die ‘anti-semitisme’ ideologie wat haat en bekeringloosheid aanblaas, verwerp ek die Judaisme wat die Christelike geloof verwerp vir hul politieke agendas, wat ook bekeringloosheid aanblaas. Ek is wel bv. pro-Afrikaner, pro- Zulu, pro Palestyn, pro Russe, pro-volke dus (nie noodwendig spesifieke regerings en politieke leiers nie), ens, dat almal vir Christus op die regte weg sal wees, die weg van Rom. 10:1, Ps. 2:10-12, Matt. 28:18-20, 1 Tim. 6:15, ens.

Mag die Here ons help vir ons eie tye en volke in Afrika, maar ook orals oor die wêreld te verkondig Christus is die enigste weg, waarheid en lewe… en dit begin by my bekering, my en my gesin, gemeente, gemeenskap, ens. en die soeke van Matt. 7:12 vir my en my gesin, gemeente, gemeenskap en vir alle volke.

Christus dryf vrees uit, ook valse angstige vrees teenoor ander volke bloot omdat hul ‘anders’ is…. Hy is inderdaad alleen die lig van die nasies en tussen nasies… Lukas 2:27-32

Hier is ‘n paar videos ter bevestiging van die vrae wat ekself nou begin vra die afgelope tyd, ek plaas weer Tucker se ‘preek’ daarin en dan wat daarop gevolg het, sien veral Douglas Wilson se opmerkings op Tucker se ‘preek’:

1) CHARLIE KIRK VIDEO THAT KEEPS GETTING REMOVED OFF OF SEVERAL PLATFORMS

https://www.youtube.com/watch?v=3wUq3t9f6ug

2) Tucker Carlson speech at Charlie Kirk memorial service:

https://www.youtube.com/watch?v=yUwocghazRc

3) Tucker Carlson Warns Netanyahu Doing “Immense Harm” to Trump’s Presidency and the U.S.

https://www.youtube.com/watch?v=gAfpE-AnjII

4) Dennis Prager Reacts to Megyn Kelly’s Frustration with SOME Jewish groups

https://www.youtube.com/watch?v=P0EmX4EtWQw

5) Tucker on Why Charlie Kirk Was Fearless | Doug Wilson:
https://www.youtube.com/watch?v=27IVxnVyVc0

DIE SeëN van Abraham (Gen. 12:3) is Jesus Christus vir alle volke deur die geloof alleen, nie Judaisme of enige ander volk, mens, kerk, politieke of ekonomiese leier, tradisie of groep nie

Herman N. Ridderbos se verklaring by Gal. 3:7,8,14,16,28, 29 (waarin redding deur genade alleen, deur die geloof alles bepalend is, maar nie volke vernietig nie, maar red en heilig in hul uitverkorenes. Dus, ons verwerp ‘vervangingsteologie’ [wat basies leer dat in NT verwerp God en werk net met individue], maar handhaaf ‘vervullingsteologie’ [dus, dit gaan daaroor dat God sy geestelike saad onder al die fisiese saad of volke red, dus volke word organies-verbondsmatig gered in hul uitverkorenes. Die verandering van OT na NT, was nie van ‘volk of volke na die institusionele kerk’ los en in stryd met die volke nie, maar ‘van die Here se kerk onder een volk, na die Here se kerk onder alle volke, stamme, tale en nasies. Dus een kerk onder en in alle volke, Matt. 28:18-20; Luk. 2:32; Hand. 2:8; Rom. 11:25,26; 15:8-13; Op. 5:9):

(7) The conclusion which Paul draws in this verse from Gen. 15 is presented to his readers as something plain and irrefutable, and as one which they must now once and for all make their own. This conclusion concerns the question, Who are children of Abraham? It may be that the Judaizers had also operated with this question. After all, the promise was to Abraham’s seed (Gen. 17:7). Paul points out that this descent from Abraham is not determined by physical descent, nor by circumcision, but by spiritual kinship with Abraham. What matters is the inner oneness. They that are of faith: the people who believe, the believers—they are kin to Abraham (cf. 2:12). Faith is therefore the criterion for being sons of Abraham.

The statement is emphatic: the same are the sons of Abraham. In this verse Paul maintains to the full the unity of the old and new covenants. The promise made to Abraham still holds. The method by which it is obtained is faith. The fact that natural descent and being incorporated into Abraham’s seed by circumcision also has its significance does not come into consideration; elsewhere it is expressly acknowledged, also by Paul (Rom. 9:4; cf. Acts 2:39). But not by this is the true covenant-community determined, and the Galatians must come to acknowledge that.

(8) Paul goes a step further. He says that kinship with Abraham, and the blessing connected with it, depends on faith, that therefore the Gentiles can share in it, and—this is the further step—that this can not only be indirectly inferred from the Scripture, but is expressly stated in it. The scripture is personified at this point. Really God Himself is being designated, for His word to Abraham is cited, and His foresight determined this utterance. It is Scripture, however, which, so to speak, preserves this word of God alive and makes it available.

The apostle is alluding to the blessing of God pronounced upon Abraham in Gen. 12:3. When this pronouncement came to Abraham the blessing itself was still quite entirely a future matter. And the way in which it would be realised, namely, the way of justification by faith, was not yet visible. Still, it all lay contained in the word of God addressed to Abraham, as is now (Paul means to say) evident. Nor was this accidental. It was the divine foreknowledge that accomplished this.

Paul finds these things designated in the words: in thee shall all the nations be blessed. Plainly the sharing of all the nations in Abraham’s blessing cannot be based upon biological relationship with him. Hence the apostle sees the evidence in these words of the fact that the Gentiles will be saved in the way of faith. One can ask; of course, to what extent this meaning was also in the mind of the writer and the first reader of the Book of Genesis. But the main thing remains what the Scripture, as the Word of God, intended. And this becomes evident in the fulfillment of God’s revelation and promise as pointed out by Paul.

The promise made to Abraham is here qualified as being the gospel. The citation itself is a combination of Gen. 12:3 (cf. Gen. 28:14) and Gen. 18:18 (cf. 22:18 and 26:4). The blessing in question here does not affect material welfare only but also the whole curse which lies upon the human race. In Abraham this curse will be lifted from all mankind.”

(14) In this verse, the apostle returns to the point of departure of his argument: the gift of the Holy Spirit, accruing also to the Gentiles, as a product of the blessing given to Abraham. All this has become possible in Christ, through His self-surrender. In two final clauses Paul sums this up as the conclusion of what has gone before. The second “that” is to be regarded as coordinate with the first. The second clause in another way says the same thing as the first clause. “The promise of the Spirit” is metonymy for the promised Spirit (cf. Luke 24:49, Acts 1:4; 26:6, and Heb. 9:15). The gift of the Spirit is now designated as the content of the promise to Abraham.

It is the guarantee or pledge of the perfected redemption which Abraham was promised. And all through faith, that is, by way of a believing appropriation of the preaching (cf. verse 2), and quite without merit of works. At bottom faith, too, is fruit of the work of the Spirit (cf. Eph. 2:1, 5, 8 and Col. 2:13). At the same time this faith is the means by which, and the way in which, God grants the gifts of the Spirit to the redeemed by Christ.

(16)…. From the very beginning, that is, when God spoke to Abraham, a distinction was made between seed and seed. In fact, before the birth of Isaac, God had told Abraham that not in Ishmael but in Isaac should his seed be valid. This could serve, therefore, to teach Abraham how he had to regard the seed of the promise (cf. Gen. 17:19–21, 21:12). And this consideration could also give Paul occasion to explain that the concept seed is not to be taken as an indiscriminate quantity but as a unit (concentrated in the person of Christ).

Objectively, therefore, the basis of Paul’s distinction between the one and the many is contained in God’s address to Abraham. And it is, what with the use that Paul makes elsewhere of this datum (cf. Rom. 9:7), very probable that this constituted the occasion for his pointing to the use of the singular, applied as it is to the person of Christ. If, consequently, we can say that Paul’s exegesis of seed has its substantial basis in the differentiation between Isaac and Ishmael, issuing in Christ—that is in the history of the covenant in the promise—still, this does not deny that, linguistically, he finds the expression of it in the singular of the noun. And it may be true that this singular, taken by itself, need not designate a single person, and that the bearing of the passages concerning it in Genesis also is not restricted to one person. But this need not keep us from seeing in the singular seed an indication of Abraham’s descendants concentrated in one definite person. For, from the vantage point of the fulfillment we take this seed to be Christ, and it is from that vantage point also that Paul is looking. The word used here can in both the Hebrew and the Greek be used to designate one definite descendant. That Paul is thinking inclusively, not exclusively, is clear enough from what follows. Just as in Genesis 21:12 the person of Isaac is designated by the word seed in distinction from that of Ishmael, though not, of course, by exclusion of Isaac’s descendants, so, according to Paul, the singular of the noun is also a designation of the one Christ in distinction from all other indiscriminate descendants of Abraham together, but not in exclusion of those who are bound with Christ by faith (cf. verses 26–29).

(28) Now the ye all of verse 26 and the as many of you of verse 27 are more particularly explained. In Christ there is no descent, rank, or sex. The first contrast which Paul sets up, there can be neither Jew nor Greek, is to be taken in a religious rather than a national sense. The gulf between these two was regarded as being so fixed and wide, not because the Gentile belonged to another nationality, but because he was uncircumcised and therefore was not an heir of Abraham. Now Paul says that this gulf does not exist in Christ but has been bridged in him. He is the seed of Abraham, and faith alone is necessary to share in the benefits of that seed.

Two further sets of contrasts are added to this one, both of them referring to the tremendous separation which social inequality and the differentiation of sexes brought with them in ancient times. True, it is the religious contrast that is the bone of contention between Paul and his opponents, but the oneness of master and slave, too, and the oneness of man and woman, in Christ, illustrates how completely the bond with Christ conquers all things and establishes them, also the removal of the first opposition (cf. 6:15, 1 Cor. 12:13, Col. 3:11).

This is not to maintain that the natural and social distinction is in no respect relevant any more (cf., e.g., Eph. 6:5, 1 Tim. 6:1, Titus 2:9, 1 Peter 2:18, 1 Cor. 11:3 ff., 14:34 ff., and 1 Tim. 2:11 ff.). From the point of view of redemption in Christ, however, and of the gifts of the Spirit granted by Him, there is no preference of Jew to Greek, master to slave, man to woman. This has social consequences, too, although the apostle does not enter further upon them at this point.

The final clause speaks positively and very emphatically of the oneness of all in Christ. And it is in this way that the sense of the first clause becomes entirely clear. Only the person who knows who Christ is, what He has done and is still doing, can understand how and in what sense those oppositions are obliterated. Ye are all one: that predication stands without the addition of “body” or “temple” at this point. The point at the moment is the idea of oneness.

(29) This verse draws the conclusion and calls the attention back to the beginning of the argument where Paul called the believers the seed of Abraham (verses 7–9) to whom the promises were spoken (verse 16). Now he can postulate this with even more force, now that he has spoken of being one with, and belonging to, Christ of all believers. If so, they also belong to the seed of Abraham, and consequently are heirs according to the promise. According to the promise: that is, according to the nature of it, not by works of the law, but by the gracious and effectual word of God. Heirs, originally thought of in connection with the right to the land of Canaan given to the seed of Abraham, and now comprehensive of the history of salvation in general. With this last link in the chain, it becomes clear in what sense Christ could be called the seed of Abraham (verse 16): in a corporative sense, that is, as Head of the body and of the new covenant.

Always and again this one thing is reconfirmed: that belonging to the seed of Abraham is not determined by physical descent, but by faith. Essentially, in principle, the seed of Abraham is spiritual seed. If on the one hand this represents a limitation of the concept, on the other it represents a tremendous broadening of it. It is this broadening of the concept of Abraham’s seed that is the subject in this context.

Bron: The Epistle of Paul to the Churches of Galatia (Grand Rapids, MI: NICNT, 1953).

Sien ook hierdie artikels:

The Reformed views of the future of Israel are massively different than the dispensational Zionistic Judaism views

https://proregno.com/2025/08/25/the-reformed-view-of-the-future-of-israel-is-massively-different-than-the-future-of-dispensational-zionistic-judaism/

Totius oor die Joodse vraagstuk in die lig van Gen. 9:27

https://proregno.com/2025/03/13/totuis-oor-die-joodse-vraagstuk-in-die-lig-van-genesis-927/

______________________

Hierdie evangelisasie pamflet geld nie net vir individue nie, maar ook gesinne, kerke, gemeenskappe, volke en lande: Christus oorwin die sonde en demone, sodat ons nie net beklee word met Christus se geregtigheid alleen nie, maar ook sodat ons weer as verskillende volke teenoor mekaar ‘beskawingskleding’ kan dra, liefde en respek vir mekaar, alles tot eer van een God, een verlossing, een Koning, Rom. 11:25-33:

_________________________
Verdere artikels oor eskatologie, Israel, en eindtye en einddinge:

https://proregno.com/category/eskatologie/

https://proregno.com/category/israel/

https://proregno.com/category/eindtye/

8 thoughts on “WIE OF WAT IS DIE “SEËN VAN ABRAHAM” (Gen. 12:3): BELANGRIK VIR ONS ‘CONSPIRACY THEORY’ TYE IN DIE KIRK-CARLSON-ISRAEL GEBEURE!

Add yours

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑