
Die allesbepalende saak wat alle kerklike besluite (behoort te) bepaal
Lees: Hand. 14:23-16:4 & Hebr. 11:1-28
Teks: “24Deur die geloof het Moses, toe hy grootgeword het, geweier om die seun van Farao se dogter genoem te word, 25omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ’n tyd lank die genot van die sonde te hê, 26en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. 27Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.” (Hebr. 11:24–27)
Sing: Psalm 66:1,2,7; Ps. 34:2,4,6; 115:6,7; 115:8,9
Opname (GK Carletonville, 2026-01-11):
Aflaai: Hebreërs 11:24-27

Preeknotas [die volledige preek is die opname, hier onder is slegs die preek notas]:
Geliefde gemeente in Christus,
Ons kerke het deur sy afgevaardiges, die afgelope sinode gehou, 5-10 Januarie 2026.
Daar is baie belangrike besluite geneem, wat al die kerke raak: sien die Mini-skalel x3 grootste besluite (lees)
HOEKOM doen ons dit, nie net ons kerkraad wat vandag vergader plaaslik nie, maar ons het ook klassis- en streeksinode vergaderings, en dan die algemene sinode afgelope week?
ANTWOORD, Hand. 14 en 15, ens.
1) Vers 23… ‘elke gemeente’ (enkelvoud, plaaslik) word regeer deur ouderlinge (meervoud)
2) Vers 27 sendelinge/ouderlinge doen verslag … doen verantwoording (rapporte)
3) 15:1,2 elke gemeente bestaan nie alleen nie, sekere sake (leer, diens en tug sake, sien Kerkorde) meerdere wysheid, raadgewers nodig, daarom:
Antioche gemeente… meer gemeentes, Jerusalem gemeente… dus kerkverband-beginsel.
4) afgevaardig (v. 27) … v. 4 ‘verslae’… v. 6 ondersoek (‘kommissies’) … praat en leer, v. 7…
v. 20 … skrywe … verslae …. v. 22 saam besluit en EENPARIG, v. 25 (kerkverband)
5) Noodsaaklike dinge, leer sake veral, ook praktiese sake maar daar om leersake te dien, v. 28.
6) Visitasie in verse 35, 36 en dan ook:
7) Geld vir alle kerke, sien 16:4… Antiochië en Jerusalem as plaaslike kerke saam se besluite ogv die Skrif, geld vir alle kerke.
So: plaaslike kerke wat ook saam besluite neem, en dit geld vir al die kerke ogv die gesag van die Skrif se ‘bevele, verordeninge’, ens.
As Paulus bevele gee vir Korinthe gemeente in 1 Kor. 14, dan lees ons ook daar, oor kerkregering: v. 33-37 ‘in al die gemeentes (meervoud)… v. 36 (Woord gaan tot almal, alle kerke in die 1ste eeu, en alle eeue, ook die kerke in 2026 tot die laaste dag)
Ons kerkorde is dan mengsel van Skrifbeginsels (wat vir altyd vas staan, bv. Verkondig die Woord en bedien die sakramente, KO art. 1, 56, 63) wat ons bind AAN DIE SKRIF, en praktiese orde reëlings (wat kan en moet verander na gelang van omstandighede!), orde sake, en sekere praktiese tydelike dinge wat kan verander, sien KO art. 86 waar dit duidelik staan.
MAAR, en nou is die belangrikste allesbepalende saak wat elke kerkraads tot sinode vergadering moet bepaal en nie bepaal nie?
Ons sinode moes deur deputate (sinode 2023 se opdrag) vanuit die Skrif bestudeer wat om met ongehoorsame gemeentes gedoen word, u predikant was ook betrokke, en daar is bevind die Skrif roep afvallige gemeentes op om gehoorsaam te wees aan die Skrif, soos ons reeds van 2009 tot 2026 besluit het, lees hele verklaring hier, maar hier is die wese van die saak, waarop ek u en elke ware gelowige, ware kerk, ware kerkraad wil wys vandag, binne en buite ons kerkverband:
“Bogenoemde besluit en oproep kom uit ‘n diep besef van ons gesamentlike roeping voor die Here. Christus regeer sy kerk deur sy Woord en Gees en Hy roep ons tot gehoorsaamheid, ook wanneer dit vir ons moeilik is of teen die tydsgees indruis.”
Nie onsself, nie ons tye wat die mens wil hê nie, nie moeilike of maklike pad nie, maar Christus wat deur sy Woord en Gees openbaar, BEPAAL natuurlik ons hele lewe … maar dan al ons vergaderings, dank die Here, ons sinode maar ook elke plaaslike kerk se LEER EN LEWE…
En daardie ‘aanhaling’ sê: ons VREES die Here, nie mense of moelike of tydsgees nie, en daarom ons besluite al gaan dit in teen die tyd…
EN DIT LEER EN WYS DIE HEBR SKRYWER VIR ONS UIT HEBR. 11
U kan die hele Hebreër boek of preek gaan lees, en wat hoor ons heeltyd… deur die tydsgees, deur wat mense wil hê, NEE, deur die geloof, geloof in wat of WIE?
Geloof in wat ons nie sien nie, in die Here, 11:1!
Wat deur sy Woord, vers 3 skep én herskep, en ons leer en lewe bepaal.
En DAAROM, sonder geloof, ook in 2026, kan geen mens, kerk, kerkraad of enige meerdere vergadering (KO art. 30) of enige sinode of teologiese skool God behaag nie, lees Hebr. 11:6.
DAAR was tragies al reeds afgelope week beroep op wereld, tye, tydsgees, wat van die of daardie gevolge…
En dink net as Moses nie deur geloof gewandel het nie, maar die tydsgees waarin hy hom sy lewe bepaal het?
ONS LEER VAN HOM, AS BUITENGEWONE AMPSDRAER VAN GOD:
1 Nie sy egiptiese wysheid of egiptiese geleerdheid of tye bepaal sy optrede nie. v. 24
2 Hy kies vir die kerk van sy tyd, die Here se volk in die NT, v. 25 ‘saam die volk van God’ (ja, ‘kerkverband; wees in OT!) … om saam mede-gelowiges en kerke te ly… hoeveel keer moet ons hoor… jeug verloor, wêreld vrese, getalle bedreigings, ens… want baie wil nie die ‘smaad van Christus’ dra nie, v. 26….
3 Hy kies nie die tydelike dinge om sy lewe te bepaal nie… of vir ons in 2026 die ‘moeilike tye’ nie.
Waarom kon Moses, midde sy eie gebrokenheid, swakheid, midde erge aanslag van sy tye, tog ‘deur die geloof’ wandel?
WANT, DIE BRON VAN SY OPTREDE, BESLUITE.. WAT ONS S’N MOET WEES VANDAG EN MORE EN ELKE DAG VAN 2026, EN ONS GANSE LEWE:
VERS 26 EN 27 (lees, sien hier onder):
Geloof in Christus, my Verlosser-Koning, my en my gesin se Verlosser-Koning, maar ook my plaaslike kerk en ten einde ‘kerkverband’ se Verlosser=Koning.
Hy het gekom, om te ly vir al my sondes, my kompromieë, ons verkeerde kerklike besluite, ens ens.
Hy het oorwin (lees Hebr. 12:1-3 wat volg op die ‘deur die geloof’ Hebr. 11 hoofstuk), sodat ons in die krag van die Gees volgens sy Woord teen die drie doodsvyande kan stry, ons verlustig in die skatte van die evangelie en wet (11:26 kontras).
“Ons wandel deur die geloof in die ‘Onsienlike’, sy tydelike en ewige beloftes (sien 2 Tim. 4:1-8, veral verse 6-8 vir alle gelowiges en alle getroue ampsdraers) , sien Hebr. 12:22-29!
Ons moet nie dat tydsgees of mense vrees ons ‘agendas’ bepaal nie, maar sy Gees en Woord is vir die kerke belangriker as alle WERELDSE skatte (v. 26)… ons wil nie vir ‘n tyd lank dinge kry maar dan sonder God en sy gebod nie… nie menseregte nie, nie mense rykdom nie, maar Christus regeer sy Kerk deur Gees en Woord, en bepaal al ons besluite, persoonlik, gesin, gemeente en gemeentes, alles tot sy eer (Rom. 11:36).
“26en die smaad van Christus groter rykdom geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning. 27Deur die geloof het hy Egipte verlaat sonder om die toorn van die koning te vrees, want hy het volgehou soos een wat die Onsienlike sien.” (Hebr. 11:26–27)
En, DAAROM leef uit al die Here se beloftes én bevele, wat ja en amen is in Christus (2 Kor. 1:19,20; 7:1), veral hierdie een, vir die goeie stryd van die geloof wat nou dag vir dag, vergadering van vergadering gaan plaasvind, in die lig van die sinodebesluite, ook in 2026:
“25Die vrees vir die mens span ’n strik; maar hy wat op die Here vertrou, sal beskut word.” (Spr. 29:25)
AMEN.
_____________________________
nota: sien enige verdere bronne en reaksies op GKSA se sinode 2026, hier (sien ook die ‘comments’ afdeling daar onder die artikel):
ALGEMENE SINODE VAN GKSA 2026 SE VERDERE BESLUITE OOR SUSTERS IN DIE OUDERLINGE AMP (afkorting: VIDA)
_____________________________________________________________________________
BOEKBEKENDSTELLING:
(BELANGRIKE NOTA: ek gaan DV, nog hierdie boekie opdateer tot na sinode 2026 se besluite)

“EN toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.” (Matt. 16:13–18)
Inhoud:
1. Die Huidige Krisis in die GKSA
2. Die historiese agtergrond
a. 1652 – 1800: een enkel Gereformeerde Kerk
b. 1800 – 1859: Die ontstaan van die drie ‘susterskerke’
c. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (1843)
d. Die Nederduits Hervormde Kerk (1853)
e. Die Doppers
f. Die Gereformeerde Kerk (1859)
3. Was dit geregverdig?
4. Hoekom het die Doppers die gesange verwerp?
5. Die deformasie in die GKSA: Sinodes van 1939, 1985, 2003
6. Vandag
7. Die Toekoms
8. Sal ‘n daadwerklike skeuring gekeer kan word?
9. Waarin lê ons Hoop?
BYLAAG: ‘n Opebrief aan die redakteur van Die Kerkblad en prof. Amie van Wyk
R50-00 per boekie
BESTEL BY PRO REGNO BOEKE: 082 7702669 of proregno@gmail.com
INLEIDING
Die artikels wat in hierdie publikasie saamgevoeg is, het oorspronklik in die Standard Bearer verskyn (kerklike tydskrif van die Protestant Reformed Churches of America, vol. 80, nrs. 13, 14, 16 (April-Mei 2004).
Dit is in Afrikaans vertaal deur Hannes van Heerden (Diamantvallei Gereformeerde Gemeente). Die skrywer het die terugvoer wat hy ontvang het in hierdie Afrikaanse uitgawe verwerk, waar dit nodig geag is. Heelwat jare het verloop, ek het hier en daar inligting verwerk, aangepas en verder bygewerk (sien veral ook die voetnotas vir nuwe inligting en verloop van sake), maar die wese van die oorspronklike artikels is nog dieselfde. Ek behou ook ouer inligting en sake nogsteeds in die teks vir historiese doeleindes, al het daar al verdere veranderinge en ontwikkelinge plaasgevind tot en met die einde van die jaar 2025 van ons Here Jesus Christus.
Mag hierdie klein bydrae tot ons kerke se geskiedenis van die verlede en hede, vandag se dopper gelowiges help om die volgende woorde in nederigheid van harte na te jaag ook in ons eie tye, tot eer van ons Here en die heil van sy kerke wat saam vergader in die GKSA kerkverband en ander kerkverbande:
“Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na. Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid. Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.” (Hebr. 13:7–9)
Slabbert Le Cornu
Carletonville – November 2025
‘n Paar aanhalings uit die publikasie:
“Dit was dan juis presies hierdie twee sake wat Calvyn beklemtoon het, die leer van verlossing én die suiwer erediens, wat bewustelik of onbewustelik op die spel was vir die Dopper gereformeerdes in 1859. In die afvallige kerke van die Kaap, en later in die Vrystaat en die Transvaal, was die leer van die soewereine beskikking van God, sy soewereine genade en uitverkiesing, sy suiwer Evangelie; én, God se soewereine reg om aanbid te word soos wat Hy beveel (en nie volgens die vrysinnigheid van die liberalisme of emosionalisme van die metodisme nie), in gedrang. Beide leringe, redding én die erediens, was die meeste aangeval deur die ingebruikneming van die sogenaamde evangeliese Gesange. En, in elke kerklike stryd, in alle leer, erediens en kerkregeringsake, moet opnuut hierdie twee sake erken en besef word vir bekering en verdere reformasie ook vir ons eie tye, in die goeie stryd wat ons ook vandag moet stry en aanhou stryd tot die einde toe (1 Tim. 6:12; 2 Tim. 4:7).” – S. Le Cornu
“Dit beteken dat ons tans by die grootste meningverskil van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) in sy 144-jarige bestaan uitgekom het. Die meningsverskil is onweerlegbaar, maar ons bede is dat die Here ons van ʼn skeuring sal bewaar.” – Emeritus professor Amie (JH) van Wyk, redakteur van Die Kerkblad, die amptelike kerkblad van die GKSA, in die Desember 2003 uitgawe
In die heel eerste uitgawe van Die Kerkblad na die Sinode (29 Januarie, 2003), het die vorige (uitgaande) redakteur, Prof. GJC Jordaan (professor in NT, by die GKSA teologiese skool, TSP) gewaarsku teen die moontlike nuwe rigting van die GKSA. Hy het tereg genoem dat ons van die Skrif moet gaan na die praktyk en nie van die Praktyk na die Skrif nie. Hy het hierdeur in soveel woorde geïmpliseer dat die huidige krisis in die GKSA teruggebring kan word na verskillende Skrifbeskouings. Histories het die GKSA nog altyd sterk gestaan by wat genoem word openbaringshistoriese of heilshistoriese prediking, en dit blyk nou dat dit besig is om deur ʼn nuwe hermeneutiek vervang te word, of dat dit ten minste ʼn staanplek naas dit verkry, ʼn benadering wat genoem word ʼn sosio-historiese soort van prediking en verstaan van die Skrif. Prof. Jordaan het verder gewaarsku teen die moontlike ekumeniese implikasies van die besluite van die Sinode van 2003. Hierdie besluite kan die kerk teruglei na die NG Kerk in Suid Afrika, die Christelik Gereformeerde Kerk in Noord Amerika en selfs heeltemal terug na die Gereformeerde Kerken in Nederland (waarmee die GKSA reeds bande gebreek het in die 1970’s, vanweë hulle ‘nuwere Skrifbeskouing’ wat gelei het tot liberalisme na VIDA, en daarna homoseksualisme). …
En nou, terwyl ek hierdie byvoeging skryf in November 2025, is (prof. Amie van Wyk) se waarskuwende woorde nog meer relevant, maar dan veral vir gemeentes wat weier om te bekeer en hul te onderwerp aan die Here se wil aangaande die kerkregering, en daarom as’t ware ‘n ‘amptelike’ skeuring op die GKSA wil afdwing by sinode 2026. Die GKSA het ‘n amptelike groot skeuring oor die vertaling-, nagmaal-, NGK samewerking-, rusdag-, Cloeteberyming, ens. kwessies alles oorleef, ongeag dat sommige (insluitende myself!) meen dat in baie van hierdie sake reeds goeie bybelse en konfessionele gronde was en is om af te skei, verder te bekeer en reformeer tot eer van God en die heil van ons kerke! Gaan die GKSA oor die VIDA kwessie, ‘n verdere of amptelike skeuring kan vermy, en sommige sal vra: om juis tot eer van God en die heil van ons kerke, mag ons dit probeer vermy?” – ds. S. Le Cornu, Gereformeerde Kerk Carletonville
R50-00 per boekie
BESTEL BY PRO REGNO BOEKE: 082 7702669 of proregno@gmail.com
_____________________
ANDER BOEKE BESKIKBAAR BY:
https://proregno.com/category/pro-regno-boeke-te-koop/

Leave a comment