PREEKBEGELEIDING / KINDERKERK
vs

deur Jan-Harm van Jaarsveld*
“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die Here gaan!” (Psalm 122:1; sien Ps. 127 en 128 wie die ‘ons’ is)
“… en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.” – Hebr. 10:25
Hoe rym Gereformeerde verbondsteologie met verdaging / uitstuur / verwydering tydens openbare erediens, van verbondskinders deur hulle verbondsouers en onder toesig van ouderlinge?
Dit is duidelik dat daar groot verwarring is oor betekenis van die onderstaande woorde / begrippe: Die mens wil mos altyd alles reduseer om dit beter te kan verstaan en so uiteindelik te kan beheer. Die geheel is egter altyd meer as die dele. Jy as mens, is meer as jou atome. Dieselfde geld met al die woorde en begrippe hieronder. Die oomblik wat jy kinders uit die erediens verwyder vir preekbegeleiding, gee jy daarmee te kenne dat die erediens uit ‘n paar losstaande liturgies elemente bestaan. Die geheel van die erediens is dus nie, die alles omvattende metafisiese ontmoeting met God nie, maar volgens die mens dan, ‘n paar losstaande liturgies momente, wat na willekeur aan verander kan word, sonder die besef dat die geheel van die ontmoeting (erediens) dan opgebreek word nie.
Die arm word van die liggaam afgeskeur en tydelik na ’n ander lokaal verskuif. Die enigste manier hoe dit moontlik kan wees is as die arm ‘n prostese was. Is die kinders dan kunsmatige ledemate wat dus na willekeur afgehaal en verwyder en vervreem kan word van die liggaam? Die liggaam is mos ’n eenheid en God het spesifiek hierdie metafoor gebruik om aan te dui dat jy nie een liggaamsdeel kan verwyder nie, maar dit as ’n eenheid/geheel moet beskou.
Daar is, soos hieronder uiteengesit, ‘n kousale verband tussen al die elemente van ‘n Erediens. Die een liturgies element roep die ander een op en elke opeenvolgende liturgiese element verky sy doel en betekenis uit die vorige een, om dan uiteindelik almal as geheel, die Erediens te vergestalt.
Daar is ’n goue draad wat vanaf Genesis tot Openbaring loop en al hierdie onderstaande woorde en begrippe in ’n heilige eenheid verbind. Met die gevolg dat indien jy tydens die erediens die preek met preekbegeleiding vervang en kinders uit die erediens en uit hulle gesinsverband verwyder, verander jy die betekenis van die woorde soos in God se Skrif geopenbaar en gedefinieer. Dit word dan mensewoorde en definisies.
| BYBELSE OPENBARING | MENSLIKE INTERPRETASIES |
|
AANBIDDING |
|
| Soos deur God bepaal | Mense pogings / idees / versinsels |
|
PLEK VAN AANBIDDING |
|
| ‘n Ontmoeting is op ‘n plek | Ontmoet nie iemand tegelyk op 2 plekke nie |
|
AANGENEEM |
|
| Ouers en kinders | Nie kinders |
|
AANGESIG |
|
| Almal verskyn voor Sy aangesig | Verwyder kinders van Sy aangesig af weg |
|
AFGESONDER / GEHEILIG |
|
| As God se kinders | Uitgesluit kinders |
|
BEDIENAAR / BOODSKAPPER |
|
| Gestuurde | Gelastigde / Iemand met gawes |
|
BELOFTES |
|
| Aan God se kinders | Uitgesluit kinders? |
|
BEWERK |
|
| Heilige Gees | Gelastigdes met gawes |
|
PLEK VAN BEWERKING DEUR DIE HEILIGE GEES |
|
| In die erediens | Waar die mens besluit |
|
BYEENKOMS / VERGADERING |
|
| God se kinders | God se kinders, uitgesluit die jongstes |
|
CHRISTUS SE TEENWOORDIGHEID EN WERKING |
|
| Die Erediens in geheel | Nie tydens Prediking nie |
|
DEEL WEES VAN / AAN EREDIENS |
|
| Al die lidmate is deel | Uitgesluit kinders? |
|
DOOP |
|
| Ingelyf as lidmate | Kinders nie ingelyf? |
|
DOOPBELOFTES |
|
| Vir al die lidmate | Vir kinders? |
|
EENHEID VAN GELOWIGES |
|
| Alle lidmate is gelowiges en vorm daarom ‘n eenheid | Eenheid word verbreek met die verwydering |
|
EENHEIDSLYN IN EREDIENS |
|
| Al die liturgiese elemente vorm ’n eenheid in die erediens | Verwydering van kinders verbreek die eenheid |
|
EIENDOM VAN GOD |
|
| Alle lidmate is God se eiendom | Kinders? |
|
EREDIENS |
|
| Die geheel van die liturgies elemente, insluitend die prediking | Uitgesluit die prediking |
|
FAMILIE |
|
| Ouers en al hul kinders | Kinders nie deel van familie? |
|
GEBOU / TEMPEL |
|
| Daar waar die erediens plaasvind | Nie die plek van preekbegeleiding, waar ’n gedeelte van die liggaam verkeer nie |
|
GEDOOP TOT EEN LIGGAAM |
|
| Dus, al die lidmate in een liggaam ingelyf deur die doop | Kinders nie deel van liggaam nie ? |
|
GEHEEL |
|
| Al die lidmate vorm in alles wat hulle is en doen, ‘n geheel | Kinders nie deel van die geheel? |
|
GELOWIGES |
|
| Almal deur die doop ingelyf | Kinders nie meer ingelyf nie? |
|
GEMEENTE |
|
| Vergadering van die gelowiges | Kinders nie gelowiges? |
|
SAMEKOMS / GEMEENSKAP VAN HEILIGES / GELOWIGES / VERLOSTES |
|
| Al bogemelde kom saam | Kinders apart / weggestuur |
|
GESLAGTE |
|
| Grootouers / Ouers / kinders / kleinkinders | Kinders nie ingesluit in geslagte? |
|
GOD DIE VADER |
|
| Alles gelowiges is sy kinders | Kinders? |
|
HEMELSE VERGADERING |
|
| Al die uitverkores in God se teenwoordigheid in sy troonkamer | Kinders afwesing tydens Prediking |
|
HERDER |
|
| Van al Sy skape, lammers ingesluit | Lammers uitgesluit |
|
HUISGESIN |
|
| Pa, ma, boetie, sussie en baba | Kinders nie deel van huisgesin nie? |
|
INISIATIEF |
|
| God neem Inisiatief, soos met die verbond, so ook met die erediens | Mense neem die Inisiatief om die kinders te bereik |
|
KERK |
|
| Kuriakè / eiendom van die Here
Ecclesia / uitgeroepenes |
Kinders eiendom / uitgeroepenes van die Here? |
|
KINDER/S VAN GOD |
|
| Voor geboorte tot afsterwe | Nie kinders nie? |
|
KUDDE / LAMMERS / SKAPE |
|
| Skape en lammers | Al die lammers? |
|
LIDMATE / LIDMAATSKAP |
|
| Almal ingelyf deur die doop | Kinders nieingelyf deur die doop nie? |
|
LITURGIE |
|
| Handelinge wat daartoe dien dat almal God deur sy Woord en Gees (Joh. 4:23) ontmoet, aanbid, verheerlik, eer en dien | Kinders is dus van die volle ontmoeting uitgesluit |
|
MEKAAR / ONS |
|
| Al die lidmate | Waar is kinders. Nie deel van ons / mekaar? |
|
PREDIKER / PREDIKANT |
|
| Geroepene van God wat met gesag van God preek en wettiglik deur Kerkraad beroep is | Enigiemand met gawes |
|
PREDIKING |
|
| Die prediking is die knooppunt in die ontmoeting in die samekoms, want God kom aan die woord en die prediking het die Woord as opdrag | Ontmoeting met God word ongedaan gemaak deurdat die kinders nie die prediking bywoon nie |
|
ROEP |
|
| GOD roep sy kinders om te vergader om Hom te aanbid volgens sy voorkrifte, in die erediens | Mense het nie gesag om te roep en te bepaal hoe aanbidding / erediens moet plaasvind nie en wie van die gemeente, waar mag wees, of nie |
|
SABBAT |
|
| Met die gemeente van God saamkom | Kinders is deel van gemeente? |
|
STENE VAN GEBOU |
|
| Alle gelowiges is stene van ’n gebou | Gebou kan nie staan as jy sekere stene na willekeur verwyder |
|
TEENWOORDIGHEID |
|
| God is teenwoordig by die samekoms van die geheel van die gemeente en gedurende die geheel van die erediens | Kinders word uit Sy teenwoordigheid geneem |
|
TOESIG OUERS |
|
| Verbondsbelofte van ouers om toesig te hou | Kinders onder toesig van ouers verwyder |
|
UITVERKIESING |
|
| Uitverkies om God te dien o.a. in die erediens | Kinders ook? |
|
VERBIND AAN / MET |
|
| Alle gelowiges verbind aan God en ook aanmekaar in die erediens | Kinders ook? |
|
VERBOND / VERBONDSMATIG / VERBONDSKINDERS |
|
| Kinders, net soos die volwassenes in die verbond van God en sy gemeente ingesluit is | Kinders ook? |
|
VERHOUDING |
|
| Innige verhouding en ontmoeting tussen God en sy kinders, wat in die liturgie sentraal staan | Verwyder die kinders en jy verbreek die innige verhouding en ontmoeting |
|
VERKONDIGINGSPAD |
|
| Die Gees, deur Woordverkondiging, dit wil sê die prediking kom na ons toe en deur die Woord werk Hy in ons. | Prediking, nie kinderstories/aktiwitiete nie |
|
VERSAMEL |
|
| Die wese van die kerk is daarom die “van in-die-erediens-versamelde” gemeente | Versameling word opgebreuk in 2 met verwydering van kinders |
|
VERSTAAN / VERSTAND |
|
| Hoewel ons kinders hierdie dinge nie verstaan nie, mag hulle nogtans nie daarom van die doop uitgesluit word nie, | Uitsluitingsbegrip van kinders ogv kennis is onskriftuurlik. Kom neer op ‘n werketeologie |
|
WOORDDIENS |
|
| Skriflesing en Prediking in die Erediens | Woorddiens geskei en is dus nie meer Woorddiens as deel van die Erediens nie |
Die begrip preekbegeleiding is misleidend, want dit skep die illusie dat dit darem nog steeds ‘n preek is.
Verder om te beweer dat die preekbegeleiding ‘n verlengstuk van die erediens is, is totaal ongegrond en onskriftuurlik.
Ons doel is nie om kinders van verbondsouers te bereik nie, maar om hulle in God se heilige teenwoordigheid te bring, dat Hy deur sy Heilige Gees hulle bereik op die wyse en plek soos deur Hom beveel. Want God roep ons op, om Hom te eer. Ons roep nie die diens op nie en kan daarom net ‘n liturgie volg wat skriftuurlik is!
Ons het nie beskikkingsmag oor God om te bepaal in watter vertrek hy orals moet wees om alle denkbare groep of groepering ter wille te wees nie. God is alomteenwoordig maar bepaal spesifiek al vir 6 000 jaar, waar en hoe, ons as uitgeroepenes hom moet aanbid en eer. Mattheus 18: 15 – 20, word altyd misbruik om te probeer aandui dat God dan teenwoordig is waar 2 of 3 in sy naam vergader. Daardie verse het met die gesag van die Kerk te doen en nie met eredienste nie. Mens kan nie God se karaktereienskap (alomteenwoordig) gebruik om Sy uitdruklike bevele, vir die daarstelling van ‘n ontmoeting in Sy teenwoordigheid, op ‘n bepaalde plek, te wysig nie.
Die praktyk van ‘preekbegeleiding en kinderkerk’ is dus onskriftuurlik en ongereformeerd soos hieronder gemotiveer. Dit is dus strydig met die Skrif, asook wat ons in navolging van die Skrif bely in Nederlandse Geloofsbelydenis, Heidelbergse Kategismus en Kerkorde.
INDEKS
DIE REGULERENDE BEGINSEL VAN DIE EREDIENS/AANBIDDING, Ds. S Le Cornu 9
DIE KERK (DIE KOSBARE GOUD) Ds. W. J. SNYMAN 14
HK SONDAG 38: VRAAG & ANTWOORD: 103, Dr AH Bogaards 18
NGB ARTIKEL 27: DIE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK 19
HK SONDAG 21: – VRAAG EN ANTWOORD: 54, Dr AH Bogaards 21
HK SONDAG 21: – VRAAG EN ANTWOORD: 55, Dr AH Bogaards 23
NGB ARTIKEL 28: ELKEEN IS VERPLIG OM BY DIE WARE KERK AAN TE SLUIT 23
NGB ARTIKEL 29: DIE KENMERKE VAN DIE WARE EN DIE VALSE KERK 24
HK SONDAG 25: VRAAG & ANTWOORD 65, 66 & 67, Dr AH Bogaards 24
NGB ARTIKEL 34: DIE HEILIGE DOOP 25
HK SONDAG: 27: VRAAG & ANTWOORD: 74 26
FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE DOOP AAN KINDERS (A) 26
DOOPBELOFTE / VERBONDSODERRIG 28
FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE HEILIGE DOOP AAN KINDERS (B) 28
DIE AARD EN BEGRONDING VAN ‘N SKRIFGEFUNDEERDE LITURGIE, 29
S.P. van der Schyff & B.J. de Klerk
RAPPORT VAN LITURGIE (Artt.85, 150, 160, 239), Dr. B.J. de Klerk. 1997 (ACTA) 32
LITURGIESE HANDELINGE AS ONTMOETING MET GOD, B. Spoelstra 36
DIE PREEK AS LITURGIESE HANDELING, Van der Walt JJ 38
AANBIDDING: “KOM IN SY VOORHOWE”, Prof. Dr JP Jooste 40
DIE KERK SIGBAAR GESTALTE AANNEEM, Prof GJC Jordaan 41
DIE EREDIENS AS GEMEENSKAP / KOINONIA, AC Barnard 42
DIE WONDER VAN DIE EREDIENS, Prof Dries Du Plooy 43
DIE EREDIENS, Prof. Dr. AC Barnard 45
DIE TEENWOORDIGHEID VAN CHRISTUS IN DIE EREDIENS, Prof Dr AC Barnard 47
VERHOUDING SKRIFLESING, PREDIKING, GEBED EN DIE EREDIENS, BJ De Klerk 47
HEILIGE GEES, SKRIFLESING IN SAMEKOMS VAN DIE GEMEENTE, BJ De Klerk 49
DIE HEILIGE GEES EN DIE PREDIKING IN DIE EREDIENS, BJ De Klerk 50
DIE EREDIENS IN SY VOORLOPIGE EN EWIGE GESTALTE, A.C Barnard 50
_________________________________
Die hele studie kan hier afgelaai word: Kinderkerk
________________________________________
Verdere artikels:
Leave a comment