Posted by: proregno | September 9, 2010

Verbrand die Koran ?

“En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak; en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was. So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.” Hand.19:18-20

(ns. lees asb hierdie bloginskrywing saam met die vorige inskrywing oor Islam)

Kyk, dit was seker laas met Paulus se besoek aan Efese, en die gevolglike boekverbranding (Hand.19:19), asook Luther se verbranding van die Pouslike dokumente (10 Desember 1520 ), dat ‘n boekverbranding seremonie soveel aandag gekry het, as die prediker, Terry Jones s’n.

Hy is van die VSA, en beoog ‘n ‘Koran verbranding’ seremonie, komende Saterdag, 11 September 2010, 9 jaar na Islam aanhangers die ‘Twin Towers’ in New York vernietig het, met hul vliegtuig aanval.

Lees meer daaroor hier: http://www.beeld.com/Wereld/Nuus/Leraar-wil-Korans-op-911-verbrand-20100908

Daar is gemengede reaksie teenoor Jones en sy gemeente se planne.

Die ‘World Evangelical Allegiance’ en die Amerikaanse Withuis (ons weet nie vir hoe lank nog nie, voordat dit dalk die Islamhuis/Sekelhuis/Moslemhuis gaan word?) veroordeel die optrede ten sterkste, en vrees dat dit ‘n bloedbad tot gevolg kan hê:

http://www.christianpost.com/article/20100908/world-evangelical-alliance-steps-into-quran-burning-fray/index.html

Ander Islam kenners wys egter op die liberale Weste se hipokrasie in die hele saak, wys hoe die saak opgeblaas en misbruik word deur beide liberale staatiste en moslem ekstremiste, en beoordeel die saak in ‘n meer gunstiger lig: 

On the Burning of the Quaran

http://www.islam-watch.org/index.php?option=com_content&view=article&id=534:on-burning-quran&catid=117:ghalib&Itemid=58

“Islamists learned if they are sufficiently violent Western governments and elites will fold like a cheap suit and we learned that Islam, as practiced by large swaths of the muslim world, is a violent religion that apparently can’t operate in tandem with a civil society….”

http://www.jihadwatch.org/2010/09/petraeus-on-quran-burning-reinforces-lesson-that-if-islamic-supremacists-are-sufficiently-violent-we.html

Hier is kritiek teen beide Jones, die Moslems en die liberales, wat die groter prentjie raak sien:

Burning Questions

http://zionica.com/2010/09/09/burning-questions/

“The establishment is all outraged about the wacko preacher down in Florida planning to burn the Koran on 9/11. I agree it is a stupid act with some downside against the already deplorable reputation of the United States around the world but this is a freedom of speech and religion issue just like the proposed mosque to be located near the World Trade Center.” : 

http://www.lewrockwell.com/holland/holland27.1.html

Nou lyk dit vir my Jones se wyse waarop hy en sy gemeente van skaars 50 hul misnoeë wil toon is seker nie die beste en mees populêre metode om te gebruik nie, veral nie in vandag se sogenaamde tydsgees van vrede en akkomodering van alles en nog wat nie, ongeag hoe skeef en krom en eensydig dit ook baie maal is.  Om die Moslems elkeen ‘n Bybel te gee en te evangeliseer is seker beter … natuurlik net daar waar dit toegelaat word, en dit nie beskou word dat jy een of ander ‘mensereg’ daardeur vertrap nie. 

Maar, aan die ander kant, was die gelowiges se verbranding van magiese boeke in Hand.19 enigsins beter, het dit die ‘evangelisasie doeleindes’ en “EE3 aksies” verder gedien.  Wel, Hand.19:20 gee dalk ‘n antwoord ?  

Daar is ook geleerdes wat daarop wys dat, behalwe die gevaar wat die Moslem geloof vir ware Christelike vryheid inhou wêreldwyd, ook nog wys op die verhouding tussen magie en die Islam geloof:

Magic and Sorcery in Islam: http://www.answering-islam.org/Books/Zwemer/Animism/chapt9.htm

Wat van Luther se optrede, het dit enigsins gehelp om versoening te bring tussen Protestant en Rooms Katoliek ?  Was hy verkeerd en ons vandag reg, waar alles en nog wat verdra kan word, behalwe natuurlik God se Wet (lees beide tafels van die wet) ?

Hoekom sien ons nie die groter probleem raak nie: die westerse wêreld wat sy Christelike beskawingserfenis, sy eerstegeboortereg moet weggooi ter wille van ‘n ‘neutrale humanistiese utopia’ onder leiding van die VN, waarin ‘vryheid, vrede en gelykheid van godsdienste’ sogenaamd gaan neerdaal en floreer.  Dit het nie vorige paar eeue gewerk nie, inteendeel, hoekom in die 21ste eeu ?

Belaglik ja, die Moslems gaan nie hul geloof en lewenswyse afsweer nie, nog minder die radikale elemente (so terloops, dit is nie die ‘gematigde minderheid’ nie, maar die militante en radikale Moslems wat wêreldwyd die agenda bepaal).  Daarom is godsdienstate (nog steeds) die beste en veiligste oplossing, na al die moord, dood, slagting, onreg, massamoorde, losbandigheid en immoraliteit wat die liberalisme en humanisme vir ons gebring het die afgelope paar eeue, veral die 20ste eeu

As Pakistan, Arabië en Irak Moslem lande kan wees waar onder Christene vrywillig kan leef, hoeveel te meer kan (bv) Amerika, Korea en Duitsland Christelike lande wees, d.w.s. lande wie se grondwet gebaseer is op God se Wet, die Tien Gebooie.  En, as ‘n Moslem dan onder daardie wet wil lewe, sy afgodsdiens tot die privaatheid van sy huis beperk, dan sal dit vrede bring.  Hy kan egter nie publiekregterlike erkenning vir sy afgodsdiens en lewenswyse verwag nie, net soos dit nie die geval vir Christene kan wees in Moslemland nie.

Om te dink vir een oomblik dat radikaal teenoorgestelde gelowige, regsisteme, lewensbeskouings saam in ‘n ‘humanisties menseregte staat’ gaan oorleef, is wensdenkery, dit is ‘n resep vir oorlog. 

Behalwe natuurlik … as een van daardie godsdienste en lewensbeskouings so radikaal aangepas, verdraai en verwring word (lees Christelike geloof), sodat die ander godsdiens met al sy leringe en lewenswyse (lees Islam) geakkomodeer kan word en, op die langtermyn, oorneem.

Let wel: Islam se geloof en lewensbeskouing is totalitêr, dit eis letterlik alles op vir Allah, net soos die teokratiese bybelse Christendom alles opeis vir Christus.  Die liberale én godsdienstige humanisme gaan vertrap word tussen hierdie twee gelowe en lewensbeskouings.

‘It is easy to be tolerant of the principles of other people, if you have none of your own.’ – VC Sameul (1870-1963)


Responses

  1. Verdere verwikkelinge:

    http://www.christianpost.com/article/20100909/fla-preacher-quran-burning-plan-back-to-square-one/index.html

    Oor Hand.19:19 en die verbranding van ander se godsdienstige boeke:

    http://spurgeon.wordpress.com/2010/09/07/on-burning-religious-books/

  2. What the West needs to Know about Islam (video):

    http://video.google.com/videoplay?docid=-871902797772997781#

    “Everything you’ve always wanted to know about Islam but were afraid to ask. The feature documentary that discovers the basis of Muslim violence in the Koran and the life of Muhammad, jihad terror, Muhammad, Koran, Quran, Fitna, etc.

  3. Beste artikel oor die saak wat ek tot nog toe gelees het:

    http://americanvision.org/3487/on-burning-korans/


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: