Boekbekendstelling: Israëlvisies in beweging

voorplat Israël in beweging

deur Steven Paas

Ek deel met u inligting oor ‘n nuwe boek wat verskyn het oor die aktuele tema ‘Israelvisies’, hoe gelowiges na die staat Israel gekyk het deur die geskiedenis en vandag en in die toekoms daarna behoort te kyk.  Daar is vandag natuurlik baie dwalinge en skeeftrekkinge oor hierdie saak, ook in Suid-Afrika, wat die boek baie aktueel maak.  ‘n Mens hoef ook nie met alles saam te stem om daaruit te leer nie.

Al die verskillende Israelvisies vandag sal min of meer saamstem dat die Israel van die OT, ‘n eenmalige unieke volk was met ‘n besonderse roeping wat geen ander volk deur die geskiedenis met hul deel nie. Sentraal in hul unieke rol, was onder andere:

– Die Here het hul bo al die ander volke verkies om sy wil aan die wêreld bekend te maak, Deut.7:6-9

– Om deur Israel die woord van God vir die res van die wêreld te bring, Rom.3:1,2

– Dat God se verbondsplan van verlossing in Christus deur die Jode gekom het, Rom.9:1-5.

Maar, oor die hede en toekoms, hoe ons nou oor Israel moet dink, veral die politieke staat Israel vandag wat Christus nog verwerp, is daar groot verskille onder gelowige groepe onderling, asook teen ketterse groepe soos die Brits-Israelbewegings, en sektariese groepe soos die Hebrew Roots Movement.

Dan is daar ook die opkoms van die dispensasionele teologie wat glo dat die Here, langs sy plan met die kerk (die gelowiges uit alle volke), ook nog ‘n besondere unieke plan het met die staat Israel, dus 2 planne.

Ons wat glo die Here het net een plan, en het nog altyd net een plan gehad met sy kerk in beide die OT en NT, word deur die dispensasionele teologie beskryf as ‘vervangingsteologie’, d.w.s die kerk het Israel in die NT bedeling vervang.

Nou wat my eie standpunt betref, verwerp ek vanuit die gereformeerde geloof vanselfsprekend die Brits Israelvisie bewegings in al sy kleure en geure, so ook die Hebrew Roots Movement, asook dispensasionele teologie.

Daar is wel ‘n vorm van ‘vervangingsteologie’ van my gereformeerde en baptistiese broeders wat ek egter ook nie mee saamstem nie .  Dit is die redenasie dat ons van die OT na die NT beweeg het van:

– die volk wat glo in die Here, na slegs individue wat glo in Christus

– die kerk onder Israel na die kerk wat uit hul volke geruk word, om nou bloot ‘Christen’ te wees los van enige volksbande.

Ek glo die verandering is nie van die uitverkorenes, die kerk van die Here onder Israel, na in die NT die kerk wat ontvolk word en nou net bloot as ‘n losse klomp individue bestaan nie, dus dat die kerk as instelling nou die volkere gedagte ‘vervang’ het nie.

My oortuiging is dat die Skrif leer, dat die kerk onder Israel was in die OT in sy uitverkorenes (Rom.9:6-8, almal was nie waarlik Israel nie), en dat die kerk van die Here nou onder elke volk is in sy uitverkorenes, soos dit die Here behaag.

Dus die verandering is nie van volk of volke na losse klomp individue nie, maar van gelowiges van een volk na gelowiges onder alle volkere, kragtens die Here se uitverkiesende genadeverbond in Christus.

Sien meer daaroor hier:

Kerk en volk

Nie wêreldkerk of volkskerk nie, maar wel volkerekerk

Sien ook hierdie artikel van Totius wat die valse propaganda weerlê dat die gereformeerde Afrikaner van die verlede geglo het dat die Afrikaner = Israel:

Daardie Voortrekkervolk

Daar is heelwat bronne oor die hele kwessie van Israelvisies.  In Afrikaans vanuit ‘n gereformeerde oogpunt, kan ek twee noem (as iemand my nog bronne kan vermeld in Afrikaans vanuit gereformeerde oogpunt, sal ek dankbaar wees):

Israel in die Krisis, prof. P.A. Verhoef (uitdruk)

Die Einddinge: wat is waar en wat is nie waar nie ?, ds. Hanan Viljoen (veral hfst.7-11)

Sien ook hierdie engelse gereformeerde bronne wat hierdie sake aanraak:

The Israel of God: Yesterday, Today, and Tomorrow

The Israel of God: Study of Galatians 6:16 (sien hierdie artikel ook vir aanhalings van die kerkvaders en die reformatore oor Israel)

The Church is Israel Now (sien hier ‘n opsomming)

Against Dispensationalism

Chaim: a Reformed ministry to Jewish people

Israel and the Church: Who are God’s Chosen People?

Who Really Owns the ‘Holy Land’?

Monergism bronne

Die nuutste boek oor die onderwerp, kom dan uit die pen van S. Paas, ‘n lidmaat van die Christelijke Gereformeerde Kerken in Nederland.

Hier is die inligting wat ek direk van die outeur gekry het, en plaas dit met erkenning van die bron:

PERSBERICHT

Op 24 januari zal verschijnen Israëlvisies in beweging. Gevolgen voor Kerk, geloof en theologie van de hand van Steven Paas. Het Joodse volk en de staat Israël mogen zich onder christenen in grote belangstelling verheugen.

Met name na de Holocaust leefde het ‘Israëlisme’ op, dat aan volk en land een theologische plaats toekent en het nabijbelse Israël naast de Kerk als volk van God beschouwt. Steven Paas vraagt aandacht voor veranderende Israëlvisies. De hoofdlijn van zijn boek is een kritische beschouwing van het Israëlisme of ‘Christian Zionism’.

Naast een theologische beoordeling van Israëlopvattingen wordt een overzicht gegeven van de historische ontwikkeling van ervan, met name in Nederland. Volgens de auteur wordt het huidige Joodse volk binnen het Israëlisme ten onrechte gezien als het Israël van de Bijbel, dus als openbaringsvolk en als erfgenaam van de Bijbelse herstelprofetieën. Hoe terecht het afscheid van een antisemitisch verleden ook is, de negatieve gevolgen van het Israëlisme voor geloof, theologie en Kerk mogen niet uit het oog worden verloren.

Omdat deze opvatting binnen het christendom plaats geeft aan vergaande waardering voor het Judaïsme, ondanks de stelselmatige verwerping van Jezus Christus in dat religieuze systeem, vormt het een bedreiging van het hart van geloof, theologie en Kerk. De actualiteit van het onderwerp wordt onderstreept door recente ontwikkelingen in het hoofdbestuur van de Gereformeerde Bond. De EO organiseerde onlangs over de vraag waarom zijn we zo verdeeld over Israël? een ‘Andries radio symposium’ waarop Steven Paas een van de sprekers was. De recente reacties op het wegtrekken van investeringen op de West Bank laat zien dat er ook een politiek aspect is en dat de kwestie is gaan spelen op nationaal en internationaal niveau.

Sien hier vir meer inligting waar om die boek te bestel, asook om te kyk na die inhoudsopgawe:

Israëlvisies in beweging

One thought on “Boekbekendstelling: Israëlvisies in beweging

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: