Ek wou al lankal ‘n artikel skryf oor die kwessie van die ‘oproep om radikaal vir Jesus te wees’, wat ons baiemaal hoor, veral vanuit sekere kerklike kringe. Om Bybels en gereformeerd te wees is bloot net nie meer genoeg nie, dit is ‘boring’.
Ook in die GKSA word al meer gehoor dat ons ‘meer vir Jesus’ moet doen as die ‘gewone dinge’ wat die Heilige Skrif ons leer, en saamgevat word in ons belydenisskrifte. Die onlangse (oor?)beklemtoning van die ‘omkeerstrategie’ wat sinode 2012 op die tafel geplaas het, neig in hierdie rigting.
Baie jongmense dink as hul eers iewers in diep Afrika of Asië gaan sendingwerk doen, of iewers opheffingswerk gaan doen, dan eers of dan alleen is hul werklik radikaal vir Jesus.
Om bv. ‘n gesin tot eer van Christus te begin met al die kruisdra wat daarmee saamgaan, is nie radikaal genoeg nie,
om in my klein plaaslike gemeente en gemeenskap dienswerk te verrig is nie radikaal genoeg nie, want daar is te min ‘getalle’.
Maar, doer in ‘n ander land of daar in ‘n groot mega gemeente in ‘n groot stad,
of alleen as ek ‘n predikant en/of sendeling is,
of as ek allerlei sending aksies beplan en bywoon,
dan alleen is ek werklik ‘radikaal vir Jesus’.
Die eenvoudige aanbidding en diens aan God in die hele lewe soos Hy beveel, is nie meer genoegsaam nie …. dit is te ‘boring’.
Om daar waar jy nou is, waar die Here jou nou roep om in jou huidige lewenstaak ‘radikaal vir Jesus’ te wees, is nie meer genoeg nie.
Daar is iets ‘nuuts en ekstra’ nodig, dit wat die kerk van Christus deur die eeue gedoen het deur sy Woord en Gees, is net nie meer goed genoeg nie, ons moet in ons postmoderne tye opnuut ‘radikaal vir Jesus’ wees, selfs ‘anders’ wees as wat die kerk nog altyd gedoen het.
Minder leer en meer ‘doen vir Jesus’.
Hou op fokus op leersake, laat ons net ‘doen, doen, doen’.
Nou waardeer mens in ‘n sekere mate hierdie ywer wat mens baiemaal hoor, en daar kan sekerlik erken word dat ons leer moet oorgaan in die konkrete lewe, vanselfsprekend. Ja, geloof sonder werke wat daaruit vloei is dood (Jak.2)
Die daaglikse oproep om ons opnuut deur die geloof te verbind aan Christus, ons roeping om Hom in alles te eer, kan gelowiges natuurlik oor saamstem. Ons moet mekaar inderdaad tot goeie werke oproep in Christus, maar kan ons ooit genoeg doen ?
Daarom is dit baie belangrik om opnuut te vra wat ‘radikaal vir Jesus’ beteken volgens die Skrif, vir my lewe waar ek nou is, en te erken dat daar verskillende gawes is en verskillende roepinge is in diens van sy Koninkryk (1 Kor.12-14).
Ek het onlangs die volgende artikel gelees wat die kwessies van ware radikaliteit in Christus aanspreek vanuit die boek Efesiërs, waarna ek u as leser verwys, die inhoud spreek vanself:
How Ephesians Killed My Radical Christianity, deur Peter Jones
Hier is ‘n paar aanhalings:
“I was raised to think like this and my guess is that many of you were as well. Our Christian life was driven by questions like , “Am I doing enough?” But over time I found that this pressure to do great things for God was not just burdensome, but it was unbiblical. The epiphany came as I studied Ephesians a few years back. …”
“If Paul were a modern preacher he would follow this up with a call to evangelize or do missions or go give all you have to the poor or change the world (or at least your community) or start a neighborhood Bible study. He would close Ephesians with a call to be radical. But the real Paul disappoints us. There is nothing in these chapters about doing amazing things for Christ. There is nothing about missions or evangelism. There is nothing about changing the world or your community. There is no call to give away all you have. Paul does not encourage the men to examine themselves to see if they are called to the ministry. Women are not encouraged to leave all behind and be “fully devoted to Jesus.” There is no call to parents to make sure they raise “radical” children. So what does Paul tell us to do? …”
“Paul is radical, but not in a way we like. He is radical about killing sin. He wants us to stop having fits of anger. He wants us to cut out our gossiping tongue. He wants us to be thankful in all circumstances. He wants us to pray. He wants us to get rid of greed. He wants us to make sure we keep our speech clean. All of this sounds pretty boring and hard. What sounds more exciting a speaker talking about reaching your community for Christ or one talking about taming your wayward tongue?”
Die artikel het my opnuut hard aangespreek, want ek het omtrent ‘n dekade gelede ook ‘n lesing gegee vanuit die boek Efesiërs wat hierdie sake aanraak, en mens vergeet so maklik wat mens geleer het.
Hoop u as leser sal die artikel ook leersaam vind, sodat daar waar u nou geroep word, u getrou bevind kan word (Matt.24:36-51; 2 Pe.3:11,14).
Lees gerus die volledige artikel hier: How Ephesians Killed My Radical Christianity
23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. 24 Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. 25 Wat baat dit ‘n mens tog as hy die hele wêreld win, maar homself verloor of skade aandoen? 26 Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en dié van die Vader en van die heilige engele. – Lukas 9:23-26
Slabbert, baie dankie hiervoor. Daar is inderdaad meerdere dinge wat mens deesdae al hoe meer hoor, nie net buite die GKSA nie maar ook daarbinne, wat in dieselfde soort van kategorie val as dit wat jy hier bespreek het.
Baie dankie Slabbert, jy raak ‘n krapperigheid aan wat my lankal pla. Nadat ek Peter Jones se artikel gelees het is ek almeer van oortuiging dat die oproep tot radikalitiet vir Jesus ‘n ernstige misleidig van vele opregte kinders van God is. Dit skep onsekerheid en is myns insiens ‘n pietistiese en eksistensiele verdraaing van die evangelie boodskap. Dit lei my na Miga 6 : 6 – 8. Ek haal net ‘n gedeelte van vers 8 aan : — en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God ?