Uit Diep van Donker Nagte, 25 – 28 Oktober 2017

Uit Diep van Donker Nagte

Wie onthou hierdie Hervormingsfeesprogram wat in 2001 by Aardklop opgevoer is? Aanskoulik is hoogtepunte uit die Kerkhervorming uitgebeeld in ’n om vangryke multimedia teater-in-die-rondte pro duk sie. Prof. Jorrie Jordaan was Guido de Bres, prof. Paul Krüger ’n waardige Calvyn met ds. Eric Kayayan se Franse stem. Ds. Christiaan Jooste was die martelaar en ds. Lou Erasmus was Luther.

Die gehoor is op verrassende wyse midde-in die dramatiese gebeure geplaas wat 500 jaar gelede in die lewens van gewone gelowiges afgespeel het. Verskeie versoeke is oor die jare gerig dat hierdie produksie weer opgevoer word. Hierdie jaar, met die 500-jarige Reformasieherdenking van die 16de eeu se Kerkhervorming, word Uit Diep van Donker Nagte opgediep, afgepoets en ’n blinknuwe baadjie aangetrek.

Dit word deur die Geref. Kerk Centurion, weer onder spelleiding van Ina Opperman, DV op 25 tot 28 Oktober 2017 opgevoer.

”Ons wil oud en jonk besiel en meesleur deur hierdie kragtige wolk van getuienis wat die eeue oorspan; hoop bring in tye van verwarring en elke gelowige oproep om die heerlike verlossingswerk van Christus te besing!” sê die regisseuse, Ina Opperman.

Gregoriaanse dreunsang open ’n Middeleeuse kerktoneel. Ons ontmoet die jong worstelende Luther, wat na ’n konfrontasie met die kleurvolle aflaatsmous Tetzel 95 stellings teen die kerkdeure van Wittenberg vasspyker. Hieroor word Luther tot orde geroep op die Ryksdag van Worms. Daar uiter hy die bekende woorde waarmee hy sy lewe op die spel plaas: “Hier staan ek. Ek kan nie anders! Mag God my help!”

Luther se woorde en dade ontbrand ’n vlam van herlewing dwarsdeur Europa. Calvyn tree tevergeefs in die bresse vir die Hervormers en Huge note. Die konflik en vervolging bereik ’n hoogtepunt tydens Bartholomeusnag wat ’n bloedbruilofkomplot was, gesmee deur die sluwe Franse koninginmoeder, Catharina de Medici.

Dan verskuif die toneel na Nederland, waar Guido de Bres sy geloofsbelydenis oor die paleismuur gooi en met sy lewe boet … maar God is in beheer. Christus se oorwinning aan die kruis en ’n geloofsblik op die hemelse heerlikheid versterk en bemoedig getroue gelowiges deur alle eeue heen. Die beleërde stad Leiden word ontset. Die Goue Eeu in Nederland breek aan. Franse vlugtelinge vind ’n heenkome in Suid-Afrika en Amerika. So word die kosbare evangelieboodskap wêreldwyd versprei. In die eeue wat kom, kan gelowiges die Halleluja-triomflied sing.

Skrywer en regisseuse, Ina Opperman, beskryf Uit Diep van Donker Nagte as ’n kunscollage van 16de-eeuse grafika wat dokumentêre vertelling met toneelspel, ensemblesang, kamermusiek, orrel uit voering en gehoordeelname saamsnoer. Die produksie word aangebied deur die Geref. Kerk Centurion in samewerking met die regisseuse, Ina Opperman. Die netto opbrengs sal aan die Emeritaatsversorgingstrust (EVT) van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die versorging van emeritus predikante, emeritus weduwees en afhanklike volwasse kinders geskenk word.

Kom herleef die dramatiese gebeure van Luther en sy tydgenote tydens die Reformasie, 500 jaar gelede, in ’n kaleidoskoop van menslike emo sie wat wissel van twyfel, verwarring, angs, smart, wanhoop, hoop blydskap vreugde!

Wanneer: 25, 26, 27, 28 Oktober 2017
Waar: Gereformeerde Kerk Centurion,
Basdenlaan 226, Lyttelton, Pretoria
Tyd: 19:00 vir 19:30 – 22:00
Kaartjieverkope vanaf 1 Julie: https://tickets.tixsa.co.za/event/udvdn
FB-blad: @uitdiepvandonkernagte
Navrae: navraeddn@gmail.com

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: