Posted by: proregno | January 2, 2019

Twee nuwejaarsboodskappe vir die jaar 2019

TWEE NUWEJAARSBOODSKAPPE VIR DIE JAAR 2019

Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.” – Hebr. 13:8

Inleiding

Sien hier onder twee boodskappe vir die nuwejaar. Die eerste een is ‘n preek, wat ons – ook ons wat voel ons het ‘genoeg van hierdie land’ – leer om in die nuwejaar, soos altyd, deur die geloof, aan te hou ‘putte te grawe en altare te bou’ tot eer van God in Christus, deur die krag van die Heilige Gees. Die tweede boodskap is ‘n artikel, wat wys op die gereformeerde kerke se roeping wat altyd dieselfde is, ook vir die jaar 2019, en dat ons daarin deur sy genade mag volhard.

Mag die Here ons help om Hom en ons naaste te dien in die komende jaar, en laat ons aanhou bid: laat U koninkryk kom, laat U wil geskied, soos in die hemel, netso ook op die aarde…

Preek: Wees ‘n putgrawer vir die Here in die nuwejaar

Lees: Genesis 26

Teks: “Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën” (vers 3)

Tema: Wees ‘n putgrawer vir die HERE

Psalms: 105:1,2; 105:3,4; 105:5,6; 105: 7,8; 105:9,24

Video-opname: Genesis 26 – ‘n Putgrawer vir die HERE

Broeders en susters

Het u al genoeg gehad van hierdie land?

Is u al tot hiertoe vol van die wanadministrasie, die regstellende aksie

die korrupsie, die bedrog

baantjies vir boeties,

die politieke leuens, die wetteloosheid, die anargie

strukture wat voor jou oë besig is om te vou…

dan die regstelsel, dan die wetstoepassing …

die basiese dienste is vinnig op pad om te groet …

 

Is u besig om moed op te gee ?

U het lankal nie meer vertroue in die toekoms nie …

Soos die VIGS virus alle weerstand afbreek

staan jou geduld dalk ook nou al op sy laaste bene …

 

U neem niemand meer kwalik

as hulle Kanada of Egipte toe wil trek nie …

As u dit kon doen,

dan sou u dit miskien al self gedoen het …?

 

As daar dalk nog vordering op geestelike terrein was …

As die land en sy bevolking

maar net op die evangelie reageer het …

Maar elke dag, elke dag lyk dit

of die mense nog net verder en verder …

verder en verder terugsak in die heidendom …

steeds vasgevang in die voorvaderaanbidding.

En daar waar die rustelose geeste van die voorouers

vereer word …

daar kan jy enigiets verwag.

Daar kan op niks peil getrek word nie.

Vandag voel die geeste so,

maar môre kan hulle dalk anders voel.

 

‘n Onhoudbare situasie.

Hoeveel nonsens moet ‘n mens nog opvreet in hierdie land?

Dis wat Isak ervaar het in ons Skrifgedeelte …

‘n onhoudbare situasie.

 

Daar was ‘n hongersnood in die land …

Hongersnood in die land van Belofte…

en Isak het dit gevoel net soos al die ander mense .

Dit was sekerlik ‘n goed genoeg rede

om net soos Abraham destyds na Egipte toe te trek.

 

Maar Isak het net halfpad getrek …

toe keer die Here hom.

Moenie Egipte toe trek nie …

Vertoef as vreemdeling in hierdie land

Bly vir eers net hier, hier in Gerar

hier by Abimeleg en sy mense.

Ek sal met jou wees en jou seën.

 

Abimeleg … sy naam beteken “my vader is koning”.

Dit was ook sy vader se naam

en ook sy vader se naam.

Abraham het self ook met ‘n Abimeleg skouers geskuur.

Hy het self ook vir ‘n Abimeleg gelieg oor sy vrou,

self met ‘n Abimeleg gestry oor waterputte.

Abraham het self ook ‘n verdrag met ‘n Abimeleg gesluit.

Dit lees ons in Genesis 21.

 

Soos Isak die teken van die verbond

in die besnydenis gedra het,

so het Abimeleg se mense hulle godsdiens

in die naam “Abimeleg” gedra.

“My vader is koning …

en sy vader was koning”.

“Ek buig voor my voorvaders”

Dit was hulle godsdiens.

Hulle was voorvaderaanbidders.

 

Isak was besny:

hy het op sy beurt gesê:

Ek buig voor die HERE van die verbond.

Ek aanbid nie my vader nie.

Ek aanbid die God van my vader.

 

So gee die Here vir Isak ‘n opdrag:

Vertoef as vreemdeling in hierdie land

Hier by Abimeleg en sy mense.

Hier tussen die klomp voorvaderaanbidders.

 

‘n Klein groepie verbondskinders tussen die heidene

en dis nogal snaaks broeders en susters,

dis nie die heidene wat eerste teleurstel nie.

Dis Isak!

 

Isak gaan staan

en lieg vir Abimeleg se manne oor sy vrou …

net soos sy vader Abraham gelieg het.

Dis nie sy vrou nie, sê hy, dis sy suster,

want hy was bang om te sê: My vrou …

anders sal die manne van die plek,

so het hy gedink,

my miskien doodmaak ter wille van Rebekka;

want sy was mooi van aansien.

 

Hy plaas sy vrou se eer op die spel …

die pragtige vrou wat Hy van die Here afgebid het,

die pragtige vrou wat sy vader se dienaar

met groot moeite vir hom gaan haal het …

sodat Isak nie met ‘n Kanaäniet hoef te trou nie.

 

Hy plaas sy vrou se eer op die spel

Nee, meer as dit,

Hy plaas die Here se verbond op die spel.

Isak maak dat die manne van die heidendom

vry voel om die toekomstige moeder van die kerk

met hulle oë te betas.

 

En dis uiteindelik die heidenkoning Abimeleg …

wat Isak aanspreek:

Kyk, sy is dan tog jou vrou!

Hoe kon jy dan verklaar:

Sy is my suster?

Die onbesnedene roep die besnedene tot besinning.

Dis die onbesnede wat hier ‘n sondebesef openbaar.

 

Dit is so, geliefdes,

as ons vandag nog na die gedrag van die heidene kyk,

as ons na baie van die Oosterlinge kyk,

selfs die etiek van die voorvaderaanbidders in ons eie land,

as ons sien wat die Islamiete, die kinders van Ismael,

wat hulle doen en sê …

en hoe hulle hulself en hulle vroue beklee,

dan staan ons dikwels beskaamd,

dan staan ons, as verbondsvolk dikwels tereggewys.

 

Dis so dikwels ons gedoopte dogters,

die moeders van ons kerk

wat in die strate loop

met bene en boude en blaaie en borste wat flits.

Daar vir elke heidenoog om te betas.

 

Hoe dit ook al sy.

As ons verder lees

dan sien ons steeds

die seënende hand van die Here in Isak se lewe

Isak het toe in dié land gesaai

en daardie jaar honderdvoudig gewen,

want die HERE het hom geseën.

En die man het groot geword

en altyddeur groter geword

totdat hy baie groot was:

hy het troppe kleinvee en beeste gehad

en baie bediendes.

 

Die Here seën Isak

Ten spyte van sy kleingeloof

Ten spyte van sy leuens

Ten spyte van die feit

dat hy Rebekka se eer op die spel geplaas het.

 

Hoekom seën die Here hom ?

 

Want dis wat Hy belowe het !

“Die Heer wat van geen wankel weet nie

Wat nimmer sy verbond vergeet nie …”

Vertoef as vreemdeling in hierdie land,

en Ek sal met jou wees

en Ek sal jou seën.

 

Hoekom seën die Here hom ?

Omdat Isak ‘n kind van die verbond is.

Omdat sy vader Abraham na die Here se stem geluister het.

en sy ordening, sy gebooie,

sy insettinge en sy wette onderhou het.

 

En ons kan onsself maar ook afvra

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

as ons vandag nog seën in hierdie land ervaar,

(en ons in baie, baie opsigte nog baie geseënd)

is dit omdat ons sulke vroom mense is ?

Of is dit dalk omdat ons voorouers,

die stoere voorgeslagte sulke vroom mense was …

mense vir wie die huisgodsdiens, die nagmaal,

die erediens en die Sabbatdag

‘n heilige erns was?

Is ons nie maar vandag besig

om op die geloof van ons voorouers te teer nie?

 

Die Here seën vir Isak met ‘n honderdvoudige oes

Met kleinvee, met beeste, met baie bediendes

en met putte vol water.

 

En hier openbaar Abimeleg se mense

die gesindheid van Satan

Hulle beny vir Isak.

Isak hou die putte

wat sy vader Abraham gegrawe het in stand

Maar die Satanskinders kom en hulle stop dit toe

Hulle vul dit weer met grond op !

 

Wat ‘n sinlose ding om te doen !

 

Die verbondsmens wat na die beeld van God geskape is …

hy bewerk en Hy bewaak.

Hierdie aarde is nou wel vervloek

maar ons moet steeds bewerk en bewaak,

die putte van ons voorouers in stand hou.

Maar die hierdie Voorvaderaanbidders kom

en hulle stop dit toe

Hulle vul dit weer met grond op !

 

As hulle maar die put gevat het

dat hulle vee kon suip

dat hulle groente kon plant

dat hulle wasgoed kon was

dat hulle hulself kon bad en die siektes kon weer …

 

Maar nou kom hulle en hulle stop dit toe!

 

As grondgrypers in hierdie land maar iets kon doen

met die grond wat hulle wil vat !

Maar al wat hulle kan doen is

om die putte toe te stop.

En dit lyk vir ons … so tipies van die Abimeleg mense.

Hulle het nie altyd die behoefte

om te styg na ‘n hoër vlak toe nie

Nee, hulle het net plesier daarin

om almal af te trek na hulle eie vlak toe.

 

Toe sê Abiméleg vir Isak:

Trek weg van ons,

want jy het vir ons veels te magtig geword.

Gaan weg van ons verbondskind.

Die satansbloed is te sterk in ons.

Die geeste van ons voorvaders het nie vrede met julle nie.

Julle herinner ons te veel aan God se genade

Trek weg van ons.

 

Isak trek toe verder

En so vêr as wat hy trek grawe hy putte oop

En so vêr as wat hy trek is hy in ‘n dispuut oor water

So kry die putte hulle name:

Esek: onenigheid en rusie

Sitna: getwis en gekla

 

O geduld wat so baie kan dra.

Toegee en toegee …

om maar net weer toe te gee.

 

Toe het Isak vandaar versit

en ‘n ander put gegrawe,

en daaroor is nie getwis nie.

Daarom het hy dit Réhobot genoem en gesê:

Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak

en nou kan ons vrugbaar wees in die land.

 

Vertoef as vreemdeling in hierdie land, Isak

‘n man sonder regte

as jy kyk na hierdie land se grondwet,

gaan jy teleurgestel word

as jy jou menseregte hier soek,

gaan jy dit nie vind nie.

 

Maar die Here …

Hy sal met jou wees en jou seën

Hoeveel jaar hierdie episode geduur het,

word nie vir ons gesê nie

Genesis 26 kan ‘n opsomming van Isak se hele lewensloop wees

al trekkende, al strydende, al putgrawende.

 

Hy het toe nooit Egipte gehaal nie

Isak het toe tussen die Kanaäniete gebly.

 

By Berseba verskyn die Here weer aan hom

Hy herhaal sy beloftes:

Ek is met jou;

Ek sal jou seën

Ek sal jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

 

En dan hier in vers 25 lees ons:

Toe bou Isak daar ‘n altaar,

en hy het die Naam van die HERE aangeroep

vir die eerste keer

na soveel jare se seën

na soveel putte met lewende water

lees ons dat Isak ‘n altaar bou

lees ons dat Isak die Naam van die Here aanroep

vir die eerste keer maak Isak sy vader se godsdiens sy eie.

 

Hy bou ‘n altaar.

Hy roep die Naam van die Here aan …

voor hy sy tent opslaan,

voor hy weer begin om ‘n put te grawe.

 

Miskien is ons nog nie daar nie, geliefdes,

miskien is ons nog nie by Berseba nie …

om die erediens eerste op ons prioriteitslys te plaas

voor ons tente opslaan

en ons putte begin grawe

voor ons eie familiebyeenkomste en persoonlike belange.

 

En dan sien ons

ook hier by Berseba het die Here

hom met ‘n waterput geseën.

 

Daar is net een seëning

wat ons tot dusvêr misgekyk het

die ander belofte wat die Here ook aan Abraham gegee het:

in jou nageslag

sal al die nasies van die aarde geseën word

in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

 

Ook hierdie heidene, hierdie voorvaderaanbidders

ook hierdie Satangeslag, hierdie puttoestoppers …

Ook hulle gaan deur die verbondsgeslag geseën word …

 

Want, kyk, wie kom hier by Berseba aan:

Abimeleg met ‘n hele amptelike afvaardiging

Kan ons nie maar vriende wees nie, Isak ?

Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is

Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.

 

In jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word

In jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

 

Daarom wil die Here hê

jy moet as vreemdeling vertoef in Abimeleg se land

Doen dit en jy sal geseën word …

Gaan dan heen, kinders van Abraham Isak en Jakob

maak dissipels van al die nasies,

en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees;

en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het …

Laat hulle maar jou vader se putte toestop

Wees maar die minste, Isak

eendag sal jy die meeste wees.

 

Hoor die woorde van die Een

wat uit jou nageslag sou kom …

die Een in wie al die geslagte van die Aarde geseënd sou wees …

Hy het ook gesê:

Salig is die sagmoediges

hoekom is hulle salig?

want hulle sal die aarde beërwe … hierdie aarde …

ook hierdie vrugbare besproeingsgronde

ook hierdie wuiwende koringlande

ook hierdie bosveld met hulle bomeprag …

 

Hierdie aarde, hierdie grond sal die sagmoediges beërwe.

En as ANC regering

die putte van lewende water in die onderwys toestop,

as die regering

die verkondiging van die ware geloof in die klaskamer begin verhoed,

dan grawe die sagmoediges maar net weer ander putte oop.

As die media die putte van lewende water op die lugfrekwensies

en die internet toestop

dan grawe die sagmoediges maar net weer ander putte oop.

 

Voel u soms, voel u dikwels …

dat u genoeg nonsens in hierdie land opgevreet het ?

Weet net een ding, broeders en susters

Hy wat aan die kruis gehang het …

Hy wat aan die kruis gehang het

Hy het baie meer …

baie meer opgevreet as wat die Here ooit van Isak …

of van ons verwag het.

Amen.

 

The Church in the New Year: Called to Work

(Hierdie artikel wat hier geplaas met erkenning aan die bron: RFPA. Dit is spesifiek van toepassing op die PRCA kerkverband in die VSA, maar dieselfde bybelse roeping geld vir al ons kerke, ook hier in SA.)

Note: Though this editorial was written fifteen years ago, it is still an applicable word for the church in the year of our Lord, 2019. The year 1994 has been changed to read 2019 in this article.

________

What 2019 will mean for the true church in North America is not our concern. We may not speculate. This belongs to the secret things of the counsel of God that are exclusively for him. It is comfort to the Reformed church, as it is to the believer personally, that the new year will be the unfolding of the eternal plan of the sovereign God in the exalted Lord Jesus Christ.

Our concern is the revealed will of God for the church. His will is that the church work. The reason for the continuation of history in this new year is the church. God has a church that must be gathered and saved. Since the Son of God gathers, defends, and preserves this church “by his Spirit and word” (Heidelberg Catechism, Q. 54) and since he does this through the instrumentality of the true church, the true church has a calling to work.

It is the true church that has a sacred, solemn mandate from the Lord.

The true church is the instituted congregation that is sound in doctrine, pure in the administration of the sacraments, and faithful in the exercise of discipline (Belgic Confession, Art. 29).

There is also a false church, characterized by rejection of the authority of Holy Scripture and corruption of the gospel of grace. She too has a work. Her work is to hate and oppose the true church. She has her mandate from the devil.

The departing church has one calling from the Lord, and one only: Repent! It belongs to the work of the true church that she bring this calling from the Lord to the church that is in the process of falling away from the truth.

As true churches (though by no means perfect churches), the Protestant Reformed congregations are called by God to work in 2019. This work is first, to hold fast what they have. The importance and difficulty of this task for a church should be evident from the widespread abandonment of the fundamentals of the Christian faith by so many churches in our day.

That which we are to hold fast is the Christian faith as set forth in the Reformed creeds. It is the Reformed faith, therefore, with its distinctive doctrines of God’s sovereignty both in redemption and providence and of salvation by grace alone. Necessarily implied is the understanding and confession of the creedal Reformed faith by the Protestant Reformed Churches as teaching sovereign, particular grace in the preaching of the gospel and an unconditional covenant of grace with the elect in Christ, head and mediator of the covenant.

This faith includes a life of thankfulness, obedience, and holiness.

Holding fast the faith, will require tremendous effort in the Spirit of Christ. It will take sound preaching; faithful instruction of the young in catechism; vigilant oversight of the preaching and teaching by capable elders; courageous discipline of those members who teach or live contrary to the rule; and the right judgment on all issues coming before them by the broader assemblies.

Discipline is essential. A main reason for the apostasy of the departing and the false churches is the failure of the churches to discipline the heretics. Conservatives are great talkers and writers. But without the discipline that shuts the mouths of the gainsayers of the faith and that cuts the cancer of the lie or the unholiness from the body of the church, there can be no holding fast the truth.

Christ’s mandate to the true church, secondly, is that she exert herself to grow spiritually. The church must “grow up into him in all things” (Eph. 4:15). Through the exercise and use of the means of grace, there must be growth in knowing Christ, in glorifying and enjoying God, and in loving the neighbor, especially the other members of the congregation. Holding fast the faith does not imply spiritual stagnation.

Thirdly, the true church is called to preach and confess the truth to those outside the church. The PR congregations must engage in missions and evangelism at home and abroad to the utmost of their power. A chief reason for another year is the gathering of the church out of all nations and the bringing to repentance of every member of this elect church (Matt. 28:18–20; 2 Pet. 3:9).

We ought to address the scattered sheep in the Reformed community, as well as in Protestantism at large, as God gives us the opportunity, for their help.

We ought to confess boldly to a hostile world, for its condemnation. Against its theory of evolution, we confess biblical creation. Against its feminism, we confess the biblical family. Against its adultery, we confess the sanctity of biblical marriage.

Apart from other considerations, this work of the true church requires that the faithful congregation live and work together with like-minded congregations in synodical federation. One congregation in her solitude cannot by herself do the work. She cannot do the work of missions. She cannot maintain the seminary that is basic to the defense of, the faith and to the church’s own spiritual growth. She cannot in the long, or not so long, run even hold fast the faith for herself. Holding fast the faith is done in the unity of the church with the help of the multitude of counselors.

Accounting for the denomination, in the context of the unity of the church, Herman Hoeksema wrote:

This seeking of fellowship and unity of the local congregations is motivated also by the practical need they have of one another, because in unity there is strength. Thus, they need one another to establish a theological seminary for the training of ministers of the Word; for the development of their common confession, and for the fulfillment of their mandate in regard to the work of missions (Reformed Dogmatics, pp. 622, 623).

An aspect of the work of the PR congregations in 2019, therefore, will be that they carefully nurture and endeavor to keep the unity of the Spirit in the bond of peace among themselves in the synodical union.

The church must also know what does not belong to the work assigned her by her Lord. She is not called to set herself to the task of seeing to it that she grows numerically. Numerical growth is not the business of the church. It is rather the business of the Lord. Just as no one can add an inch to his height, so the church cannot add one member to her fellowship. Just as each of us leaves his physical growth to the Lord, so must the church leave her numerical growth to the Lord. The church that does labor to grow numerically invariably adopts carnal measures, e.g., watering down the preaching and confession; relaxing the discipline; and introducing entertainment—”contemporary music” and drama. God curses this ambition to grow with cancerous growth that destroys the church as a spiritual body of Christ. It is not the calling of the PRC in 2019 to grow. It is their calling to be faithful to the word of God. Should this mean their loss of members, so be it.

Not that we are opposed to numerical growth. On the contrary, we rejoice in it, if God wills it and accomplishes it: One reason is that this enables us to do still more in the great work that we have as a denomination of churches and as a covenant community. There is today a crying need for a Reformed college in the United States, an institution of higher learning that is solidly based on and unashamedly faithful to the Reformed confessions. But this demands a sizable supporting constituency.

Neither is it the duty of the true church to christianize North America. Not one text in all of the Bible gives the church this preposterous mandate.

Nor is it our responsibility to be popular. It is with the church as with the individual Christian, “Woe to you when all men speak well of you.” Confession of the truth and a walk in holiness will mean hatred and ridicule.

Let not the PRC with the other true churches of God in the world underestimate the difficulty of the work. 2019 will be fraught with peril. For it is the last hour. The world sinks away to the depths of lawlessness. The nominal church is far advanced in the great apostasy. The god of this world seduces the bride of Christ with a passion.

But neither may the church despair of the possibility of doing the work or even of great and glorious fruits. 2019 is full of promise. For it is, decisively, “anno domini,” the year of the Lord. The risen Christ is Lord in and over 2019. He is also Lord by his word and Spirit in and over the church. Not only does he give the mandate, but also he himself carries out the work by means of the church.

The church’s work is not in vain in the Lord.

And she knows it.

_________

This meditation was written by Prof. David Engelsma and originally published in the January 1, 1994 issue of the Standard Bearer.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

Categories

%d bloggers like this: