LEERPREDIKING: NGB artikel 21 – Die versoening deur Christus (Lev. 16:18-22)

LEERPREDIKING: NGB artikel 21

Die versoening deur Christus

Lees: Ex. 25:10-22; Lev. 10:1-3; 16:1-22 en Hebr. 9

Teksverse: “Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die Here is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. … So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.” (Lev. 16:18–22)

Tema: God se regverdigheid én barmhartigheid in die versoeningswerk van Christus.

(Preekopname: GK Carletonville, 2021-08-08, nota: let wel, die inhoud van die preek en teksnotas hier onder stem nie altyd ooreen nie, die notas is nie volledig nie, die audio preek is die volledige preek).

Aflaai: NGB art. 21 preek (Lev. 16:18-22)

Geliefdes in ons Here Jesus Christus,

In die leerprediking vanuit die Skrif volgens die temas van die NGB,

as samevatting van ons algemene ongetwyfelde geloof,

het ons die vorige keer geleer dat God handhaaf beide sy

geregtigheid en barmhartigheid in Jesus Christus.

Nie net die een of die ander nie, en nie die een in stryd met die ander nie.

As ons kom by artikel 21, wat handel oor die versoening in Christus,

leer ons dit opnuut vanuit Lev. 16, ons teksgedeelte, asook ander gedeeltes.

God handhaaf, deur die versoeningswerk van Christus,

sy geregtigheid én barmhartigheid tot sy eer en heil van sy uitverkorenes.

 

Lev. 16 handel oor die ‘groot versoendag’ wat eenmaal per jaar in Israel, plaasgevind het.

Die hoëpriester Aaron bring hier, offers in die Allerheiligste,

in die Hebreeuse 7de maand, dit is Oktober.

In Hebreeus, die yom kippor = dag van versoening.

Dit was die belangrikste feesdag van die OT verbondsbedeling.

Die woord ‘versoen’ of ‘versoening’, kom in verskillende vorme voor in Lev. 16,

x16 keer, en die woord (kaphar/kipher) beteken letterlik: ‘bedekking, om te bedek, om weg te vee, weg te neem, weg te dra’ en val in die betekenisveld van ander woorde soos ‘plaasvervangend, betaal, losprys, offer’

Ons lees in die besonder van die versoendeksel, verse 16:2(x2), 13, 14(x2), 15, (x2)

dit was die besondere plek van versoening wat daar moet plaasvind,

letterlik vertaal ‘plek van versoening’ of ‘deksel van versoening’

Baie engelse vertalings het ‘mercy seat’,

meer ‘n interpretasie maar die betekenis is baie waar,

want ons het gelees in Ex. 25:21,22 “…daar sal Ek met jou saamkom”, daar by die ‘versoendeksel’

Daar sal Ek wat regverdig is my genade betoon.

Versoening, wat is dit ?

Heel eenvoudig:  twee mense se verhouding word versteur, vir watter rede ookal.

Hul gemeenskap, vriendskap, vrede is verbreek.

Die rede/oorsaak vir die skeiding, moet bedek word, verwyder word, en die proses wat plaasvind om daardie oorsaak/rede vir skeiding weg te neem, sodat die verhouding herstel kan word, noem ons versoening.

Die oorsaak van die verwydering, vervreemding, onvrede tussen 2 party moet dus ‘bedek word, weggeneem word, weggedra word’

Nou in ons teks is dit duidelik wie die 2 partye hier betrokke is:

Dit is die Here en sy volk, Israel.

Wat is dit wat vervreemding, onvrede en verwydering veroorsaak het?

Ja, sonde, dit word op verskeie maniere hier genoem, bv.

Vers 3: die woord SONDoffer, vers 6 SONDofferbul vir sonde…

Vers 16, “So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle te midde van hulle onreinhede woon.” (Le 16:16)

Vers 17, 22 beskryf die ongeregtighede.

Ja, sonde is onreinheid, ongeregtigheid, oortreding van God se heilige wil en wet.

Die ark het die Here se teenwoordigheid midde sy volk uitgebeeld,

en wat was binne in die ark?

Ja, die Getuienis, die getuienis van God se wil soos saamgevat in die Tien Gebooie, Ex. 25:21 (sien Deut. 31:26).

En God wat heilig is kan geen onheiligheid, onreinheid, sonde voor Hom verdra nie,

Hy straf dit dan ook, sy oordele kom oor elkeen wat nie volkome sy wet onderhou nie.

Vir elke oortreding moet daar betaal word, versoen word, deur die oortreder.

Die straf moet betaal word deur die bloed, wat die lewe verteenwoordig, soos ons lees: “Want die siel van die vlees is in die bloed, en Ek het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.” (Lev. 17:11)

En nou weereens geliefdes, leer ons dus, God handhaaf sy regverdigheid, sy heiligheid,

Hy gooi nie sy wet op kliptafels stukkend nie,

daar moet versoening gebring word vir sondaars, vir sy volk.

Hulle het offers, bedekking, redding nodig, om voor ’n heilige God te verskyn, en te bly lewe,

sodat hulle nie deur sy heiligheid verteer word nie.

Het u gesien hoe begin Lev. 16, juis om dit wat ons bely daar in NGB art. 20, en ook in 16 en ander plekke opnuut te bevestig: God bly heilig, regverdig.

Lev. 16:1,2 verwys na die gebeure wat ons gelees het daar in Lev. 10:1-3.

Aaron se seuns, het God probeer nader op hulle voorwaardes,

op hulle manier van aanbidding, op wat hulle goedgedink het,

en die Here verteer hul met sy heiligheid, omdat hul Lev. 10:3,

Hom nie as Heilige gehandhaaf en erken het en aanbid het soos Hy beveel het nie.

En u weet geliefdes, dit is nie net bloot ’n OT siening van God nie, Hy is en bly dieselfde!

Ons lees in Hebr. 11:29, “Daarom, omdat ons ’n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees. Want onse God is ’n verterende vuur.” (Heb 12:28–29)

God verlaag nie sy heiligheid of volkomenheid omdat die mens, sy volk gesondig het nie.

Nie in die OT of NT tye nie, want dit is wat die dag van versoening ons hier leer.

God gee deur die prente, beelde, skadu’s hier die ‘versoening’ sodat die volk, ons deur sy

‘genade plek’, deur die ‘versoendeksel’ en dit wat daar plaasgevind het, en beteken,

dat elkeen van sy kinders, kan bly lewe nou en tot in ewigheid (x2).

 

Kom ons kyk kortliks daarna, wat op die groot versoendag plaasgevind het:

Op hierdie groot dag, het Aaron die heiligdom ingegaan, waar niemand anders kon ingaan nie.

Eers moes hy homself was, bad, reining, heilige klere aantrek, v.4

Dan, verse 6 en 11-14, moes hy vir homself ‘n bul offer, vir hom en sy huis, ja, hy was seremonieel beskou as rein terwille van sy ampswerk, maar nie moreel nie, hy was ‘n sondaar soos die res van die volk wat versoening nodig gehad het, sy sonde bedek sou word deur offers.

Hy moes dan ook twee bokke neem, verse 6ev, en daaroor die lot werp, dat die Here sal aanwys, watter een as sondoffer sal dien, en watter een se lot Asasel sal wees.

Die bok wat as sondoffer dien vir die volk, v. 15, en die bul vir sy sonde, se bloed moet dan gesprinkel word op die versoendeksel en voor die versoendeksel.

Dan moes Aaron uitgaan na die altaar en ook die bloed van die bul en bok aan die horings van die altraar speer, sewe maal sprinkel, en dan

dit wil ek dan lees vir ons, verse 19-22, wat gebeur met die lewende bok, wat vir Asael bedoel is:

en met sy vinger van die bloed sewe maal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilig van die onreinhede van die kinders van Israel. En as hy die versoening van die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar voleindig het, moet hy die lewendige bok laat aankom; en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ’n man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur. So moet die bok dan op hom al hulle ongeregtighede na ’n woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.” (Le 16:19–22)

Asasel, is daar oor verskil, sommige meen dit is ‘n plek, 50myl weg van Jerusalem, moontlik ‘n berg, ander, baie engelse vertaling vertaal dit as ‘scapegoat’, of in ons taal ‘sondebok’.

Letterlik beteken dit ‘weggaande bok’, die bok wat ontsnap het.

Die sondes van Aaron en die volk word simbolies op die sondebok oorgedra,

en die bok verwyder dan die sonde weg van die volk, uit die samekoms,

weg sodat dit nie meer skeiding maak tussen God en sy volk nie.

Dat Hy in hul midde kan bly woon, maar belangriker, dat hul voor Hom kan verskyn, en bly lewe.

Die genade-plek…. hul sondes is versoen, en hierdie dag moes aanhou, vers 34, ‘een maal in die jaar’

as versoening van hul sondes….

Versoening is om die oortreding, sonde te verwyder, te bedek sodat God se wraak en oordeel nie die volk tref nie.

En nou weet ons geliefdes, dat soos die res van die Skrif duidelik leer,

dat hierdie groot versoendag, die priesterskap, die offers alles beelde, skaduwees en heenwysings

na die die eenmalige volkome offer en versoening wat Jesus as die ewige Hoëpriester kom volbring het, met sy hele lewe volgens die wet (binne die ark),

deur sy offer wat Hy aan die kruis gebring het, eenmalig,

en sy opstanding, alles plaasvervangend as die Lam van God, vir en in ons plek.

Joh. 1, daar is die Lam van God wat die sondes van die wêreld wegneem…

Rom. 3:25, “Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God…”

Dit wat ons bely daar in NGB art. 21, eerste paragraaf uit Psalmboek,

“Hy het na liggaam en siel as regverdige vir die onregverdiges gely, Hy het die verskriklike straf wat ons sondes verdien, ervaar, sodat sy sweet soos bloeddruppels geword het wat op die grond val en Hy het uitgeroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat. Dit alles het Hy ter wille van die vergewing van ons sondes gely.”

Geen NT boek, verduidelik dit vir ons beter as die hele boek Hebreërs nie,

eintlik ’n preek op Ps. 110, Jesus die ewige Koning en ewige Hoëpriester.

Daarin word duidelik gewys die wesentlike ooreenkoms tussen die bediening van die versoening in die OT en in die NT, maar ook op die wesentlike verskille.

Die OT skadus, offers wat werklik was en gewys het op die komende Christus,

maar die volheid, volkomenheid en vervulling wat eers in Jesus plaasgevind het.

Belofte-vervulling, die OT gelowiges het heen gekyk … ons kyk terug…

Hebr. 9 vat dit alles saam:

9 SO het dan die eerste verbond sowel verordeninge vir die erediens asook sy aardse heiligdom gehad.

2      Want die tabernakel is so ingerig: die eerste, waarin die kandelaar was en die tafel en die toonbrode, wat die Heilige genoem word;

3      en agter die tweede voorhangsel die tabernakel wat genoem word die Allerheiligste,

4      waarin ’n goue wierookbak was en die ark van die verbond, rondom heeltemal met goud oortrek, waarin die goue kruik met die manna was en die staf van Aäron wat gebloei het, en die tafels van die verbond;

5      en daar bo-op die gérubs van die heerlikheid wat die versoendeksel oorskadu het, waaroor nie nou afsonderlik gespreek kan word nie.

6      En nadat hierdie dinge so ingerig was, het die priesters wel gedurig in die eerste tabernakel ingegaan om die dienste te vervul,

7      maar in die tweede die hoëpriester alleen, een maal in die jaar, nie sonder bloed nie, wat hy offer vir homself en vir die sondes van die volk uit onwetendheid begaan —

8      waarmee die Heilige Gees dít duidelik maak, dat die weg na die heiligdom nog nie geopen is solank as die eerste tabernakel nog standhou nie.

9      Dit was ’n beeld met die oog op die teenwoordige tyd waarin daar gawes en offers gebring word, wat hom wat die diens verrig, na die gewete nie volkome kan maak nie,

10      omdat dit net bestaan het in spys en drank en verskillende wassinge en vleeslike verordeninge wat opgelê is tot op die tyd van herstelling.

11      Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie,

12      ook nie met die bloed van bokke en kalwers nie, maar met sy eie bloed, een maal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeggebring.

13      Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ’n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees,

14      hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.

15      En daarom is Hy Middelaar van ’n nuwe testament, sodat, terwyl daar ’n dood plaasgevind het vir die verlossing van die oortredinge onder die eerste testament, die wat geroepe is, die belofte van die ewige erfenis kan ontvang.

16      Want waar ’n testament is, moet noodsaaklik die dood van die testamentmaker aangekondig word;

17      want ’n testament is geldig by sterfgevalle, aangesien dit nooit van krag is solank as die testamentmaker nog leef nie.

18      Daarom is ook die eerste testament nie sonder bloed ingewy nie;

19      want toe elke gebod volgens die wet deur Moses aan die hele volk aangekondig is, het hy die bloed van die kalwers en bokke saam met water en skarlakenrooi wol en hisop geneem en die boek self en die hele volk besprinkel

20      en gesê: Dit is die bloed van die testament wat God met die oog op julle verorden het.

21      En hy het ook die tabernakel en al die gereedskap van die diens net so met die bloed besprinkel.

22      En byna alles word met bloed gereinig volgens die wet, en sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis plaas nie.

23      Dit was dus nodig dat die afbeeldinge van die dinge in die hemele deur hierdie offers gereinig moes word, maar die hemelse dinge self deur beter offers as hierdie.

24      Want Christus het nie ingegaan in ’n heiligdom met hande gemaak, ’n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn;

25      ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie,

26      want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.

27      En net soos die mense bestem is om een maal te sterwe en daarna die oordeel,

28      so sal Christus ook, nadat Hy een maal geoffer is om die sondes van baie weg te neem, vir die tweede maal sonder sonde verskyn aan die wat Hom verwag tot saligheid.

Geliefdes, ’n paar toepassings uit hierdie belydenis, Christus ons versoening, wat ons moet glo en/of doen:

1) Glo en handhaaf dat God se barmhartigheid, vergifnis, genade, liefde in Christus vervang, vernietig of verander nie God se heiligheid, sy verbondswet of wil nie. Onthou Lev. 16:1,2 soos bevestig word in NT en spesifiek Hebr. 12:29, God se genade hadnhaaf en bevestig God se geregtigheid.

2) Lev. 16, vir wie was die versoeningsoffer, Christus bedoel? Lev. 16:29, vir hulle wat hul waarlik, van harte met hart, siel en verstand voor die Here verootmoedig vir al hul sondes, wat ’n lewe van bekering lei, wat die Here dien met eerbied en vrees deur die geloof in Christus, sien NGB art. 22, 23 volgende keer, vir die vrug van hierdie versoeningswerk.

3) Ons bely ook in art. 21, Ons sê daarom tereg saam met die apostel Paulus dat ons met julle oor niks praat nie as oor Jesus Christus en wel oor Hom as gekruisigde13; dat ons alles as waardeloos beskou, want om Christus Jesus, ons Here, te ken oortref alles in waarde14; dat ons volkome vertroosting in sy wonde vind en dat ons nie enige ander middel hoef te soek of uit te dink om ons met God te versoen nie as slegs hierdie offerande wat net een maal gebring is, waardeur die gelowiges vir altyd volmaak word15.

Geliefdes, weet dit, glo dit, en leef daarin dat Christus se offer volkome was, alleen Hy kon dit doen, u kan nie, u kan in dankbaarheid, in bekering antwoord as dankbaarheidsoffer, maar nie as betaling vir u sondes … NIE vir jou eie sondes nie … nie vir jou kinders se sondes nie … land of volk nie…

Ons kan ons lewens gee vir ons geliefdes om hul te beskerm, hier op aarde, maar ons kan nie vir hul sondes sterwe nie, net Christus kan!

SO, die belangrikste geskenk wat jy vir jou kind, vriend, geliefde kan gee is… Christus, Hom as die Gekruisigde (1 Kor. 2:1,2) om oor niks belangriker te praat as Christus nie.

4) En daarom, as ons versoen is, dan moet ons verkondig, aan onsself en andere: “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.” (2 Kor. 5:17–21)

Alle versoening met die Vader, vir die ewige lewe kan allleen deur die versoeningswerk van Christus plaasvind.

Maar ook alle ware, deurgaande, diepsinnige, betekenisvolle versoening tussen mens en mens, alleen in Christus, Hy is die ware weg, vrede, hoop vir menseverhoudinge, huwelike, gesinne, gemeentes.

Laat julle met God versoen in Christus, sodat ons ook met mekaar kan versoen!

5) En as ons stry teen die wêreld, Satan, hardnekkige sondes, vir die kinders van God, het ons die troos, dat Christus nie net al ons sondes, AL ons sondes reeds versoen, bedek, weggedra het nie, want sy ewige Priesterskap behels nie net sy volledige werk aan die kruis en opstanding nie, maar ook sy hemelvaart, en dit wat Hy daar vir ons aanhou doen:

MY kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het ’n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige.” (1 Joh 2:1, sien NGB art. 26)

Geliefdes, Christus het die prys betaal, Hy het alles volbring om die wraak van God oor die sonde in ons plek te dra, sodat ons nou, sy geregtigheid kan handhaaf, in dankbaarheid, maar ook, sy vriendelike aangesig weer kan aanskou, soos ons gaan sing in Ps. 97:6,7

In vers 6 sing ons van dat ons nou in dankbaarheid alles wat sy Naam onteer,

ook in ons eie lewens, sal haat, dat ons Hom sal bemin en in sy wee sal wandel,

in verse 7, weens die volkome (ver)soendiens van Christus,

kan ons as ge-regverdiges, bly wees dat die sondes en onreg en boosheid weggedra is,

en eendag volkome weg gaan wees in die nuwe hemel en aarde…

sodat ons nou tot in ewigheid:

“God’s vriendelike aangesig, wat vrolikheid en lig uitstraal”

kan aanskou, beleef, kan glo...

 Amen.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: