TSV LESING: GEREFORMEERDES, ANABAPTISTE EN HUL STIEFKINDERS – WIE IS DIE NASATE VAN DIE REFORMASIE?

TSV LESING: GEREFORMEERDES, ANABAPTISTE EN HUL STIEFKINDERS – WIE IS DIE NASATE VAN DIE REFORMASIE?

deur S. Le Cornu 

Hier is my lesing wat ek 16 Junie 2023 by die Teologiese Studente Vereniging se konferensie oor ‘Verbond, Doop en die Skrif‘ aangebied het (sien die inligting hier onder, kontak gerus die voorsitter van die TSV, Alistair van Heerden, 066 553 2740, vir die ander twee lesings van prof. Jorrie Jordaan en dr. Victor d’Assonville). Dit kan hier geluister word, dit was ‘n ‘power point’ aanbieding, so kyk gerus na die skyfies terwyl u na die lesing luister (beide se inligting nie presies dieselfde nie).

Audio opname: Gereformeerdes, Anabaptiste en hul Stiefkinders

Power point skyfies: Gereformeerdes, Anabaptiste en hul Stiefkinders

Inhoud van die lesing:
1 ‘n Oorsig van dr. Leonard Verduin se boek, The Reformers and their Stepchildren. [04.00 min.]

2 Belangrike terme vir die lesing/gesprek. [19.30min.]

3 Wesentlike tese van die boek: corpus Christi (‘ware kerk is alleen in die anabaptistiese lyne’ contra alles in hierdie wêreld) vs corpus Christianum (Christendom, sakralisme, konstantianisme’ = die staat word ingespan om hele wêreld te ‘verchristelik’, dit is ‘n soort van  ‘tweede sondeval’ wat in die 4de eeu NC plaasgevind het, en die Magistrale Reformatore [Luther, Zwingli, Calvyn, Knox en die Westminster en Dordt belydenis en kerke, ens] was/is deel van hierdie ‘tweede sondeval’ [25.00 min.]

4 Die (volgens die Anabaptisme) groot ‘monument’ van die Christendom sakralisme = ‘die kinderdoop’ (aanhalings van Munzter, Hubmaier, Grebel, Smyth … MacArthur wat radikaal die kinderdoop verwerp as nie net onbybels nie maar ook ‘devilish’, van die antichris, ens.) wat dan ingespan is om ‘Christendom’ en ‘sakralisme’ te bevorder. [46.00min.]

5 Beste kerkgeskiedenis studie van die Anabaptisme in antwoord op Verduin se boek: The Anabaptists and their Stepchildren, dr. Nigel Lee. [48.40min.]

6 Eie opmerkings: 10 stellings in die stryd en debat tussen die Bybels-gereformeerde geloof/Christendom vs Anabaptistiese geloof/lewensbeskouing. Die Verduin boek laat mens ook verstaan waarom sommige gereformeerdes nog vashou aan die doop, verbond maar die gereformeerde Christendom koninkryksvisie verwerp het die laaste paar dekades (bv. radical two kingdoms van sekeres in die VSA); radikale reformasie/anabaptisme se wesentlike probleme. [51.25min.]

7 Bronne om te lees (na beide kante van die debat, oproep tot AD FONTES), slotopmerkings en vrae om te ondersoek in die lig van Filp. 1:9-11 vir hierdie en alle ander gesprekke en debatte  [01.06.55min.]
______________________________________
Verdere inligting:

1. Prof. Bouke Spoelstra oor die Anabaptisme:

“Die Anabaptisme lê ’n leemte in die Reformasie bloot. Die Middeleeuse en Germaanse idee van die corpus christianum en ius patronatus soos verwerklik in die staatskerk (by Zwingli en Luther) of die staat as verdediger van die Roomse kerk (kerkstaat en feodalisme) — het inderdaad ’n skaduwee gewerp. …

Met hulle kerkbegrip van die ‘heiliges’ (vgl. die Donatisme in die vierde eeu) kon hulle die  Middeleeuse dilemma en neo-platoniese skeiding tussen stof en gees nie ontkom nie en verval hulle in mistisisme en askese. Die Anabaptiste het gestreef en gely om ’n geïsoleerde kerkgemeenskap daar te stel — en in die proses hulle roeping tot en visie op die heerskappy van Christus in die wêreld verloor. Die ekklessiologie oorheers die horison van die Anabaptisme. ‘Hun eenzydig op het Nieuw Testament georienteerde schriftopvattingen en hun ekklessiologie staan hen in de weg om hun verwantschap met Calvijn te ontdekken’.

… Met die Bybel in die hand het die mens geglo dat hy die wysheid en mondigheid besit om die Roomse ..establishment” te beoordeel en veroordeei — en self ‘een zichtbaar en waar lichaam van Christus op aarde to vinden in overeenstemming met het patroon van het Nieuwe Testament’ Ook hier weer het Calvyn saam met Luther teenoor die Dopers vasgehou dat die kerk ook ‘volkskerk’ is en dat die kinderdoop daarom sy plek het — maar tegelyk kon hy met die Dopers teen­ oor Luther handhaaf dat die suiwere belyder in sy leer en lewe geken word.

Die Kerk is derhalwe nie net instituut vir woordverkondiging nie, maar sigbare beeld van die liggaam van Christus. Die tug is derhalwe die senuwee van die kerk* en Calvyn verbind die ideaal van persoonlike belydenis van geloof aan die nagmaal — terwyl die Anabaptiste perfeksionisme aan die doop koppel.

Die Anabaptisme het dus inderdaad as reformasie begin — maar in die storm en drang van aksie en reaksie het dit al meer rewolusionêr beweeg.”

Bron: Persoonlikhede in die vroeë Anabaptisme – was die Wederdopers rewolusioniste of Hervormers?

2. Prof JC oor die eintlike ‘probleem’ van die kinderdoop

Die laaste aanhaling van dr. Floor in sy boek, Die Heilige Doop in die Nuwe Testament, is wesentlik belangrik vir enige gesprek oor verbond en kinderdoop, waar die eintlike ‘probleem van die kinderdoop’ te vinde is, nie in die verbondsdoop self (gelowiges en hul kinders) nie, maar in tugtoepassing (dieselfde as met die kerk in die OT bedieningstyd, die probleem was nie die besnydenis as verbondsteken opsigself aan ‘gelowiges en hul kinders’ nie, maar dat baie die woord- en tugbediening verwerp en verag het (Deut. 10:16; 30:6; Jer. 4:4, 14; 6:10, ens. Sien ook Rom. 4:11; in die belydenis, sien NGB art. 33-35; HK Sondag 25-30):

Waar die tug in die kerk verwaarloos word, daar word die kiem geplant vir vraagtekens agter  die kinderdoop. As ouers wat leef soos heidene, tugteloos in die kerk geduld sou word en as doopouers aanvaar word, dan groei die vraagtekens rondom die doop van hulle kinders. Laat ons dan ook hierin die dwaling van die verwerping van die kinderdoop teenstaan deur in ons kerke erns te maak met die kerklike tug!” (dr. JC Coetzee)

3. Verduin se uitsprake oor Verduin en die kinderdoop

Sien ook Herbert A. Kraker se artikel oor ‘Zwingli and Infant Baptism‘, waar hy wys op ‘n paar historiese onakkuraathede van Verduin se aanhalings aangaande Zwingli, asook:

“I will undertake this study by first taking a look at the historical developments between Zwingli and the Anabaptists. This will include an examination of some of Zwingli’s earlier statements and views in the light of his own commentary in later years, such a consideration being crucial in determining the actual validity of the above mentioned charge.  Secondly, I will give a description of Zwingli’s fully developed view of infant baptism to give some insights into the question of whether he was using the topic of baptism to lend support to his doctrine of the relationship of the church and state or whether he was actually working to defend what he believed to be the Scriptural view of baptism for its own sake.”

Sien hier: Zwingli and Infant Baptism

4. VERDERE BRONNE oor, en – vir en teen – “Konstantyn en konstantianisme” (ek sal DV, byvoeg in die toekoms):

– Eusebius’ Church History, veral boek 9 en 10

– Constantine: dynasty, religion and power in the later Roman Empire, Timothy Barnes

– Defending Constantine: The Twilight of an Empire and the Dawn of Christendom, PJ Leithart

– Constantine Revisited: Leithart, Yoder and the Constantinian Debate, ed. John D. Roth

– De Kerk van Alle Tijden, deel 1: 67-77 (1979), L. Praamsma

– Handleiding vir die Studie van die Kerkgeskiedenis, bl. 47-52 (1970), S. Du Toit

– Kerkgeskiedenis, bl. 40-47 (1978), AD Pont

– Die tweeheid van kerk en staat, bl. 61-68 (1986), BJ Engelbrecht

Lesing van Peter Leithart oor ‘Defending Constantine‘ [die boek hierbo, Constantine Revisited is antwoord op Leithart vanuit Yoder-(ana)baptiese standpunt] :

7 thoughts on “TSV LESING: GEREFORMEERDES, ANABAPTISTE EN HUL STIEFKINDERS – WIE IS DIE NASATE VAN DIE REFORMASIE?

Add yours

  1. Sien ook hierdie aanbieding aangaande die onderwerp:

    Calvin vs The Baptists

    https://www.youtube.com/watch?v=SyP0yas9tAs

    “Many have discovered that John Calvin was a faithful expositor of God’s Word in terms of God’s sovereignty in salvation, but they believe he and the rest of the Protestant Reformers were blind to their traditions when it came to the baptism of their children. This program examines who is really blind to their traditions. This is a production of Christ Presbyterian Church in Magna, Utah (www.gospelutah.org).”

Leave a reply to proregno Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑