Troupreek:
Die Eerste Liefde in die huwelik (Johannes 2:1-11)

(Nota: dit was vir my ‘n besonderse voorreg om my tweede oudste dogter, Hannelie, en haar man, Hein Kruger, die afgelope Vrydag (5 Julie 2024) in die huwelik te bevestig. Hier onder volg my preek by daardie geleentheid. Mag dit nie net vir hulle nie, maar ook vir al ons almal in huwelike, tans en in die toekoms, ‘n bemoediging en ‘n liefdevolle vermaning wees waaroor die huwelik werklik gaan: ons eerste liefde, Jesus Christus, wat die ware Bron is van ons liefde vir mekaar)
Lees: Johannes 2:1-11
Teksverse: “En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi. … Hierdie eerste een van sy tekens het Jesus te Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy dissipels het in Hom geglo.” (Joh. 2:2,11)
Tema: Die Eerste Liefde in die huwelik
Preekopname (Gereformeerde Kerk Waterberg, 2024-07-05) kan hier geluister en afgelaai word:
Huwelikspreek aflaai: Johannes 2:1-11

Inleiding:
Geliefde bruid en bruidegom, bruilofsgaste,
“Die geskiedenis bewys dat as die huisgesin gesond is, beide kerk en staat bloei. Die huisgesin is die bron van die menslike samelewing. Gee ons dus Gereformeerde huisgesinne, en die Gereformeerde Kerk sal bloei. Anders gaan ons gewis ‘n donker toekoms tegemoet. …”
Geliefde bruidegom en bruid, bruilofsgaste,
Dit is die belangrike woorde van iemand wat ook in Nylstroom getroud is, in 1903, en hy het hierdie woorde in ’n lesing met die 50jarige herdenking van die GKSA uitgespreek (1909).
Wie was dit?
Totius, wat op 26 Augustus 1903 met Marie Postma (dogter van prof. Dirk Postma), hier te Nylstroom getroud, waaruit hul 6 kinders gebore is.
En nou is ons hier vandag met nog ‘n bruilof, 121 jaar later, en die belangrikheid van Totius se woorde is not net so relevant vir vandag, omdat die waarheid daarvan in die ewige Woord gefundeer is, soos ons ook wil hoor vandag uit ons teksgedeelte, Joh. 2:1-11.
Ja, die aanslag op die bybelse huwelik, op die huisgesin, is daar vanaf die sondeval en sal daar wees tot die laaste dag toe.
Maar ek glo ek hoef u nie te oortuig hoe intens daardie aanslag is vanaf veral na die middel van die vorige eeu tot vandag toe nie, veral met die opkoms van die feministiese en later lbtq woke (alfabet) agendas nie…
En nou is die gevaar dat in oorreaksie, gelowiges in hul huwelike en gesinne, na ander uiterstes beweeg… waar die huidige tydsgees die vrou verabsoluteer, baie in reaksie die man wil verabsoluteer, u ken dit, die sogenaamde ‘gender wars’… wat ten einde sleg is vir beide man, vrou en kinders.
Maar, vir die gelowige, vir die ware kerk, is die enigste Absolute, is die enigste sleutel, van ware geluk, ware roeping van beide man en vrou, van die huwelik, van die gesin, niks en niemand anders, as waarmee ons teksgedeelte gaan, en die volle implikasies daarvan:
“En Jesus en sy dissipels was ook na die bruilof genooi.” (v. 2)
Geliefdes, in hierdie eenvoudige woorde wat ‘n historiese werklikheid bloot beskryf daar in die 1ste eeu in Palestina in die dorp Kana, is die alfa en die omega nie net vir Hein en Hannelie se toekoms wat voorlê as man en vrou nie, nie net vir ons huweliks- en gesingeluk nie, maar van ons ganse bestaan, die hele sin van die lewe, of ons nou getroud of ongetroud is, en dit is wat ons vandag saam Hein en Hannelie wil leer… daar waar Christus alleen as ons eerste Liefde, sentraal in ons huwelike en gesin staan, daar het ons ‘n gewisse toekoms van lig en hoop. …
Luister volledige huwelikspreek hier:
Aflaai: Johannes 2:1-11
______________________________________________
Huwelikspreek van Gideon en Joanette Smith: Romeine 11:33-36
AAAHHHH! Wat ‘n feesrede en veral rede tot FEES!
Baie geluk Hein en Hannelie wat ons saammet ons kinders sien grootword het !
Ook aan Freek en Louise en Slabbert en Dorothea-kosbare geloofsgenote met wie ons al BAIE gesprekke gehad het so deur die afgelope 20 jaar oor die gereformeerde geloof wat die bousteen is van kerk en staat!!
Mag die jong geslag verder hierop voortbou!
BAIE groete!
Lucille (en natuurlik Hannes, want ons is een)
Baie dankie Lucille, waardeer die mooi woorde!
Ons is baie dankbaar vir die bruilof en die Here se genade.
Groete daar vir Hannes en gesin.