Prof. Johan A. Heyns (en Augustinus) oor die ‘valse liefde’ situasie etiek wat gay verhoudinge goedkeur

Prof Heyns skryf*:
“Volgens oorlewering sou die groot en hooggewaardeerde kerkvader Augustinus gesê het: “bemin God en doen wat jy wil’ (ama deum et fac aud vis). Maar daarmee het Augustinus nie ‘n vrypas gegee vir willekeurige en onverantwoordelike handelinge nie (Opmerking: sien hier onder ‘n paar van Augustinus se skrywes oor sodomie – slc).
In hierdie verband verwys ons na wat bekend staan as situasie-etiek.
‘n Enkele woord hieroor.
‘n Bepaalde van situasie-etiek beweer dat die enigste norm waaraan die mens hom moet hou, die liefde is. Die liefde en die liefde alleen is goed, en maak ook alles goed. Dit beteken nie noodwendig dat die liefde die wet oorbodig maak of totaal opskort nie. Maar dit beteken dat die liefde aan die wet ‘n heel ander karakter gee. Dit is eie aan die liefde om elke situasie as ‘n nuwe skepping van God te sien, waarin ‘n eie unieke reaksie van die mens verwag word. Daarom gaan die liefde in elke besondere situasie sy eie weg, en vind sy eie gestalte van uitdrukking.
Maar hoe lyk die etiese lewe van die mens wat die voorskrifte van die wet – met die oog op diens aan die liefde – kan navolg, maar ewe goed ook kan nalaat?
– ‘n Ongetroude paartjie kan besluit om seksuele gemeenskap te hê en ‘n kind te verwek op één voorwaarde: as hulle mekaar liefhet.
– As twee mans of twee vroue mekaar liefhet is homoseksuele verhoudinge nie verkeerd nie.
– Tydskrifte met erotiese foto’s en artikels, hoef nie sonder meer eties sleg te wees nie, as dit maar die versteurde liefdeslewe van die kyker of leser kan genees.
In die lig van wat ons vroeër gesê het, is dit duidelik dat en waarom hier die standpunte nie Bybels verantwoord kan word nie, en daarom nie onderskryf kan word nie.”
Heyns skryf ook as volg op ‘n ander plek**:
“Nog meer as by prostitusie is lusbevrediging by homoseksuele en lesbiese verhoudinge die hoofdoel. In die seksuele verhoudinge tussen mense van dieselfde geslag word alles teennatuurlik. Die perverse ‘liefde’ dien nie tot die wedersydse opbou van mekaar nie, en staan nog minder in diens van voortplanting – hoe sal dit dan ook God kan verheerlik?”
Augustinus oor homoseksualisme:***
“Therefore those offenses which be contrary to nature are everywhere and at all times to be held in detestation and punished; such were those of the Sodomites, which should all nations commit, they should be held guilty of the same crime by the divine law, which hath not so made men that they should in that way abuse one another. For even that fellowship which should be between God and us is violated, when that same nature of which He is author is polluted by the perversity of lust.
. . . But Thou avengest that which men perpetrate against themselves, seeing also that when they sin against Thee, they do wickedly against their own souls; and iniquity gives itself the lie, either by corrupting or perverting their nature, which Thou hast made and ordained, or by an immoderate use of things permitted, or in “burning” in things forbidden to that use which is against nature (3.8)” – Confessions (397)
“After this promise Lot was delivered out of Sodom, and a fiery rain from heaven turned into ashes that whole region of the impious city, where custom had made sodomy as prevalent as laws have elsewhere made other kinds of wickedness. But this punishment of theirs was a specimen of the divine judgment to come. (16.30)
He who is not scandalized at the apostle’s censure of the horrible wickedness of the women who “changed the natural use into that which is against nature,” will read all this without being shocked, especially as we are not, like Paul, citing and censuring a damnable uncleanness, but are explaining, so far as we can, human generation, which with Paul we avoid all obscenity of language.” – City of God (426)
Eie opmerkings
Sien ook in hierdie artikel, hoe sogenaamde breër temas van die Skrif soos bv ‘liefde, geregtigheid, verbond, ens.’ misbruik en verdraai word (2 Tim. 4:3,4; 2 Petrus 3:16) om die duidelike Godsopenbaring deur bevele en opdragte van die Here, te veto om sodoende sonde te akkomodeer en goed te praat (contra Pred. 12:13,14; Jes. 5:20, 21; Matt. 5:17-20; 28:19; Joh. 14:15; 15:10; Rom. 1:18-32; 3:31; 7:12; 12:1-2; 13:8-14; 1 Kor. 6:9-11; 1 Tim. 1:8-11; ens.; sien ook HK Sondag 30-33), ‘n paar aanhalings uit die artikel:
“Terwijl men met de teksten niets meer weet aan te vangen, grijpt men een bijbels thema aan ter verdediging van de homosexualiteit. Voor Rothuizen is dat het thema van de liefde (zie hierboven 4.61), voor het meerderheidsrapport het thema van het verbond.”
“Wanneer twee botsende interpretasies oor die posisie van die vrou bestaan (byvoorbeeld vir en teen die vrou in kerklike ampte), moet die liefdesinterpretasie wat tot die bevryding van die vrou (uit patriargale strukture) lei, en dus sosiale geregtigheid teenoor die vrou beteken, voorrang geniet. …”
Sien die artikel vir verdere antwoorde op die ‘valse liefde’ situasie etiek idees wat vandog nog lewend is in beide die VIDA en gay debatte in die kerke:
Ek haal ook vir prof. PW Buys aan, wat destyds reeds geskryf het, en dit geld vandag nog:
“Die bevinding van die Deputate-rapport aan die Nasionale Sinode (GKSA) was dat die Hollandse stuk (van die Gereformeerde Kerken in Nederland) ‘Over mensen die homofiel zijn’, geheel en al onaanvaarbaar is … nie net die standpunt oor homofilie nie, maar ook en veral die wyse waarop die Skrif in die Rapport gehanteer word, vir die Gereformeerde wat leef by die belydenis van die gesag en genoegsaamheid van die Heilige Skrif, geheel en al onaanvaarbaar is.” – prof. PW Buys (in ‘n In die Skriflig artikel in 1976, oor die GKSA se verwerping van die destyds afvallige GKN, wat beide vroue in die besondere ampte en later homoseksualisme as aanvaarbaar verklaar het, volgens hul ‘nuwe hermeneutiek’ Skrifbeskouing wat veral deur die dwaalleraar HM Kuitert bevorder is.)
Mag die HERE sy ware kerk in Jesus Christus bewaar om aan die ware wet en ware evangelie volgens die Heilige Skrif vas te hou (Jes. 8:20; Matt. 4:4; Op. 12:17; sien NGB artikel 27-29), en tydig én ontydig, in waarheid en liefde, te bedien aan alle mense (2 Tim. 3:14-5:5).
____________________
* Inleiding tot die Dogmatiek aan die hand van die Nederlandse Geloofsbelydenis (NG Kerkboehandel, 1988), bl. 298. Beklemtonings bygevoeg.
** Die Nuwe Mens Onderweg: oor die Tien Gebooie (Tafelberg, 1970), bl. 204. Beklemtonings bygevoeg.
*** Fortson, S. Donald; Grams, Rollin G. Unchanging Witness: The Consistent Christian Teaching on Homosexuality in Scripture and Tradition (pp. 38-39). B&H Publishing Group. Kindle Edition.
_____________________________________________
Sien hier meer bronne: Homoseksualisme
Leave a comment