WAARHEID WOENSDAG LESING: Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?

Ek gaan met bogenoemde lesing ook die volgende ringgebinde boek oor die onderwerp beskikbaar hê, as iemand belangstel om dit aan te koop, laat weet my asb as u solank ‘n kopie wil bestel:

Titel: Hoe lief het ek U wet! – Artikels van S. Le Cornu en ander skrywers oor die plek van die wet in verhouding tot die evangelie, in die gelowige se lewe

226 bladsye
Prys: R100-00 (posgeld uitgesluit)

Daar gaan ook ‘n Pro Regno Boeketafel wees tydens die lesing, DV.

Meer inligting:

“Hoe lief het ek u wet; dit is my bepeinsing die hele dag …
o HERE, ek hoop op u heil, en ek hou u gebooie.” (Ps. 119:97, 166)
“As julle My liefhet, bewaar my gebooie.” (Joh. 14:15)

“Sonder die verstaan van die heiligheid van God se wet, is die evangelie van genade betekenisloos.” – John Murray

“Die Kneg van die Here bring nie maar net die evangelie na die mens nie maar die ganse regsorde van God.” – Totius

” ‘n Lae siening van die wet sal altyd legalisme in die godsdiens bring; ‘n hoë siening van die wet maak mens ‘n soeker van genade. Bid dat die hoë siening va die wet weer sal seëvier.” – J. Gresham Machen

“Ook het Israel se wel vir die burgerlike en sedelike lewe bepaald nie sy krag verloor nie. Die mosaïese’ wet het heeltemal te min aandag van die kerk gehad. Die teoloë los dit omdat dit ‘wet’ is en die juriste gaan dit verby omdat dit in die Bybel staan. Die herleefde belangstelling onder ons vir die verstaan van die wet is ‘n goeie ding.” – J. van Bruggen

INHOUDSOPGAWE
INLEIDING EN VOORWOORD 5

AFDELING A: KONINKRYK EN ‘WET EN EVANGELIE’ ARTIKELS
1. GOD SE WET VIR VANDAG: ‘n Paar inleidende opmerkings 7
A. Die drie-erlei indeling van die wet 7
B. Wet en Evangelie 11
C. Wet en Evangelie in die Koninkryk van God: ‘n Lewensbeskoulike verklaring
vanuit Matteus 5:1-20 15

2. DIE KONINKRYK VAN GOD EN DIE AARDSE RYKE, deur prof. L. Floor  17

3. CHRISTUS EN KULTUUR BY BAVINCK: Die Calvinistiese vs die Lutherse en anabaptistiese sienings 29

4. CALVYN OOR DIE WET EN EVANGELIE IN DIE BOEK ROMEINE  37

5. BAVINCK OOR WET EN EVANGELIE  47
5.1 Jesus vernietig nie die wet nie, maar vervul, herstel en bevestig dit  48
5.2 Die verwerping van beide nomisme en antinomisme, en die gereformeerde antwoord daarop 53

6. HEF DIE GENADE DIE WET OP?’n Verklaring van ‘n paar belangrike tekste oor die verhouding ‘wet en evangelie’ deur prof. John Murray 59

7. DIE HERONTDEKKING VAN DIE ‘MOSAïESE REG’ GEEN ‘MODERNE AMERIKAANSE’ TEONOMIESE UITVINDSEL NIE, MAAR PRODUK VAN DIE 16de/17de EEUSE KERKREFORMASIE 77
7.1 Strafrechtspleging en Reformatie 77
7.2 Gereformeerde etiek in Nederland 78
7.3 Bronne uit die geskiedenis oor die Mosaïese reg vir alle tye 79

8. POLYANDER OOR DIE WET VAN GOD: Stellings 49-51 Geld die siviele wette van Israel nog vir vandag se owerhede en onderdane? 81

9. ANTONIUS MATTHAEUS OOR DIE MOSAIESE STRAFREG VIR VANDAG 85
10. TEOKRASIE EN TEONOMIE in die ZAR, by Totius, by Calvyn en die outentieke Reformatoriese belydenisskrifte van die 16/17de eeu 89

11. NGB ARTIKEL 25 TEONOMIESE HERMENEUTIEK EN ETIEK GEHANDHAAF TEENOOR ‘(RADICAL) TWO KINGDOMS THEOLOGY’ HERMENEUTIEK EN ETIEK 91

12. GKSA TEOLOë TEN GUNSTE VAN DIE OORSPRONKLIKE REGTE VERSTAAN EN HANDHAWING VAN NGB ARTIKEL 36, DUS GEEN ‘NEUTRALE’ MENSEREGTE OWERHEID NIE 97

13. GEESINK: Jesus Christus handhaaf teonomie teenoor antinomianisme in die Bergrede (Matteus 5:17-20), deur GHJW Geesink (1854–1929)* 105

14. THEONOMIC PRECEDENT IN THE THEOLOGY OF JOHN CALVIN 115

15. CALVYN SE ETIEK VOLGENS STOKER 147

16. STOKER OOR MENSEREGTE 153

AFDELING B: ANTWOORDE OP DIE KRITIEK TEEN TEONOMIE
Introduction to four parts 159
PART 1: Introduction & The unscholarly uninformed method of CETE and the two crucial main questions in this debate that are also of big importance for the reformed community in SA 160
PART 2: What does Theonomic Postmillennialism teach themselves from their own sources, in answer to CETE article’s accusations, according to the sources CETE uses but seemingly did not study? 171
PART 3: Reformed theonomic roots through church history, also in South Africa 191
PART 4: My own evaluation of the important contribution of theonomic postmillennialism for our own times 219

INLEIDING EN VOORWOORD
Wat is die wesentlike aard van die Koninkryk en wat is die Koninkryk se verhouding tot hierdie wêreld. Is daar absoluut geen verhouding nie (wêreldmyding – die anabaptistiese neiging?) of is daar totale gelykstelling (wêreldgelykvormigheid – die social gospel idees?)

Die kerk van Christus, kinders van die Here, het nog altyd geworstel met implikasies van die koninkryk wat in ons Here Jesus Christus reeds gekom het in hierdie wêreld, maar nie van hierdie wêreld is nie (Joh.17:14-17). Die reeds-maar-nog-nie spanning van die lewe in die Koninkryk van God (1 Kor.15:20-28).

Kry die Koninkryk slegs gestalte of dra alleen vrugte in die sigbare aspek van die kerk: leer, diens en tug (1&2 Tim, Titus), of is daar meer gestalte, vrugte en gevolge vir die totale lewe, elke duimbreedte vir Christus (A. Kuyper slagspreuk)?

Is daar een wet vir die Koninkryk en ‘n totaal ander wet vir die wêreld? Indien die Here die kerk en wêreld beide regeer, maar ‘anders’ regeer, wat behels dit alles, wat is die regte verhouding tussen ‘kerk en staat’, hoe staan NGB art. 27-35 in verhouding tot NGB art. 36, ook vir ons tye?

Is die (radikale?) ‘two kingdoms’ siening vanuit die VSA die beste model vir vandag vir die kerk om na te volg, of dalk die teonomies-teokratiese siening, albei wat begrondings vir hul sienings bepleit vanuit die Skrif, gereformeerde belydenis en kerkgeskiedenis?

Of is dit nie een van hierdie opsies nie, dalk iets tussen-in, aangesien hierdie vra oor die wese en die aard van die Koninkryk van God niks nuuts is nie, sake waarmee die vroeë kerk, die middeleeuse kerk, die reformatoriese kerke, ens., in die hele geskiedenis nog altyd geworstel het… wat het Jerusalem met Athene te doen, ‘kerk en wêreld’, ens?

Ja, die Koninkryk van God is in wese ons Vader se VerlossingsHeerskappy in en deur Jesus Christus alleen, in die krag van die Gees, dit is in wese ‘n geestelike Koninkryk, dit gaan oor die Koning van die Ryk (Matt. 6:33; 28:18) en sy burgers (Joh.3:1-6), daaroor mag en behoort burgers van die Koninkryk nie te verskil nie, maar wat is en behoort die vrug en gevolge daarvan te wees vir elke terrein van lewe en denke, wat is die volle implikasies van dat Christus vlees geword het, en liggaamlik opgestaan het (HK Sondag 1), ja, bo alles vir die ewigheid, maar wat van die hier en nou ook van die Koninkryk, soos ons Here Jesus ons leer bid het:

Onse Vader wat in die hemel is,
laat U Koninkryk kom,
laat U wil geskied,
soos in die hemel netso ook op die aarde…
(Matt. 6:9-10; sien HK Sondag 46-49)

Wat is die verhouding tussen ‘wet en evangelie’, ook vir ons tye?
Hoe word ons Here in dit alles verheerlik (Rom. 11:36; 1 Kor. 10:31)?

Hierdie ‘Teonomie Leesbundel’ wil help om hierdie en ander soortgelyke en verwante vrae aan te spreek. Die leesbundel bestaan uit artikels wat ekself en ander geskryf het, wat hopelik verdere besinning en studies sal prikkel, en ons opnuut sal help om Matt. 6:33 in ons ganse lewens, tot sy eer en in liefde tot ons naaste, te soek:

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

Vir die Koninkryk
Slabbert Le Cornu
April AD 2025

Pro Regno boeke hier.

4 thoughts on “WAARHEID WOENSDAG LESING: Laat U Koninkryk kom: Teonomie of Two Kingdoms?

Add yours

  1. Beste Slabbert Ek beplan om te kom, en wil ook graag n kopie’van die boek koop. Seënwense van Marinus

Leave a reply to proregno Cancel reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑