CHARLIE KIRK EN DIE PROFETIESE WOORDE VAN KUYPER EN BAVINCK VIR DIE 20STE … EN 21STE EEU

CHARLIE KIRK EN DIE PROFETIESE WOORDE VAN KUYPER EN BAVINCK VIR DIE 20STE EN 21STE EEU

8Want God is my getuie hoe ek na julle almal verlang met die innige tederheid van Jesus Christus. 9En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, 10om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ’n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,” (Filp. 1:8–10)

Die aanhalings van Kuyper en Bavinck help ons om ook ons tye te verstaan, wat die ongelowige wêreld se aanslag is (wat begin het in Gen. 3 en daar sal wees tot die laaste dag, 2 Tim. 3), en, waarom baie kerke en gelowiges verlam is om nie die aanslag teen te staan nie. Na die aanhalings maak ek so paar opmerkings:

1) Oor die neo-marxistiese woke agendas van ons tye as vrug van die ‘modernisme’, wat buite en binne kerke en in ons samelewing versprei: 

“Modernism, which denies and abolishes every difference, cannot rest until it has made woman man and man woman, and, putting every distinction on a common level, kills life by placing it under the ban of uniformity. One type must answer for all, one uniform, one position and one and the same development of life; and whatever goes beyond and above it, is looked upon as an insult to the common consciousness.

In the same way Calvinism has derived from its fundamental relation to God a peculiar interpretation of man’s relation to man, and it is this only true relation which since the 16th century has ennobled social life, If Calvinism places our entire human life immediately before God, then it follows that all men or women, rich or poor, weak or strong, dull or talented, as creatures of God, and as lost sinners, have no claim whatsoever to lord over one another, and that we stand as equals before God, and consequently equal as man to man. Hence we cannot recognize any distinction among men, save such as has been imposed by God Himself, in that He gave one authority over the other, or enriched one with more talents than the other, in order that the man of more talents should serve the man with less, and in him serve his God.

Hence Calvinism condemns not merely all open slavery and systems of caste, but also all covert slavery of woman and of the poor; it is opposed to all hierarchy among men; it tolerates no aristocracy save such as is able, either in person or in family, by the grace of God, to exhibit superiority of character or talent, and to show that it does not claim this superiority for self-aggrandizement or ambitious pride, but for the sake of spending it in the service of God.

So Calvinism was bound to find its utterance in the democratic interpretation of life; to proclaim the liberty of nations; and not to rest until both politically and socially every man, simply because he is man, should be recognized, respected and dealt with as a creature created after the Divine likeness.” – A. Kuyper (Lectures on Calvinism)

2) Hoe die dwaling van evolusionisme die kerk se roeping en taak teruggedring het tot net ‘verlossingsake’ en ‘hemelse sake’, om dus (kontra die Skrif, Kol. 1:15-20)), die herskepping in Christus, los of in stryd met die skepping deur die Vader te sien, asof Christus se verlossingsheerskappy nie die ganse kosmos raak soos die sondeval die ganse kosmos geraak het:

“Unless we are mistaken in our interpretation of the signs of the times, the twentieth century, upon which we have just entered, is to witness a gigantic conflict of spirits. Faith and unbelief, says Goethe, is the deepest theme of the history of the world. This it has been in the centuries that lie behind us. This it was in the one which we have just closed and abandoned in the past. And this it will be above all things else and in an entirely special sense in the twentieth century, which has just disclosed itself to us.

For the conflict of convictions and intentions has spread itself across an ever-widening domain, and has assumed an even more radical character. It is well known that at present this conflict is no longer confined to one or another article of our Christian confession, to the authority of Scripture or tradition, to justification or election; and not even any longer to the Deity of Christ or the personality of the Holy Spirit. But in the spiritual conflict which is now waging in every part of the civilized world, the points at issue more and more are the principles of Christianity itself, and the very fundamentals of all religion and all morality. This conflict extends the whole length of the line.

More serious and fiercer than ever before the conflict is between the old and new world-view. For man has undertaken the gigantic effort of interpreting the whole world, and all things that are therein, in their origin, essence, and end, what is called purely and strictly scientifically, that is, without God, without any invisible, supernatural, spiritual element, and simply and alone from the pure data of matter and force ….

He who fully accepts the theory of development (evolutionism) in the sensual, observable world cannot dismiss it at once and without explanation when spiritual phenomena appear. Even though provisionally a small domain is then set aside for faith, this domain is bound to become ever smaller… One fortification after another must then be sacrificed, one line of defense after another be abandoned, and one concession after another be granted.

There is no immovable conviction in these conservative dualists, no strength of faith, no enthusiastic courage. And hence, they are ever bound to lower the flag before the radicals, who have the courage of their convictions, who shrink from no inferences, and who, beginning and continuing without God, are determined also to end without God.

Hence these are the men of the future. Conservatives and liberals die out, but the radicals and socialists are to be leaders in the twentieth century. They have agreed to a total and final clearing out of whatever of the old Christian world-view consciously or unconsciously still remains in our laws and morals, in our education and civilization.” – H. Bavinck

Albei bogenoemde aanhalings kom vanuit die voorwoord geskrywe deur Steve M. Schlissel, in RJ Rushdoony se insiggewende boek, The Politics of Guilt and Pity, wat ek sterk aanbeveel vir gelowiges om te lees, beide die voorwoord en die boek self, om ook ons tye te help verstaan:

“Wisdom is harder to come by than facts or data. Wisdom is understanding the relationships of facts. Thus the beginning of wisdom is the fear of the Lord. For nothing can be correctly understood at all unless it is understood in relation to the Almighty God who created the heavens and the earth, and all therein contained.”

Wat Kuyper en Bavinck hierbo beskryf, is natuurlik wat afgespeel het in die 20ste eeu en tot nou toe in veral die westerse wêreld, beide die aanslag van die ongelowige wêreld, én die kerk wat (behalwe ‘n getroue oorblyfsel wat daar altyd sal wees, Rom. 11:1-6) oor die algemeen impotent geword het, wat nie meer deur die wet en evangelie (elkeen in sy eie plek en rol!) waarlik glo, ken en onbeskaamd verkondig nie, en sodoende nie meer ‘n “‘n sout en lig van die wêreld’ tot eer van God en lifde vir ons naaste is nie (Matt. 5:1-20, sien hier meer oor die ‘wet en evangelie’ wat ons lewensbeskouing bepaal).

Hartseer ja, kerke en predikers wat nie meer ons Here Jesus Christus as die enigste Verlossser-Koning onbeskaamd bely en verkondig aan al die volke, alle mense en ook aan alle konings en vorste, dus presidente en owerheide van ons dag nie (Ps. 2:10-12; Matt.  10:17,18; 1 Tim. 2:15; 6:15,16), ook omdat ons nie besef dat die ware troosryke verlossingsleer van verlossing uit genade, deur die geloof in Christus alleen behels, en kan nie anders as om vrug te dra nie, want Koning Jesus leer ook: leer hulle om ‘alles’ te onderhou… die ganse openbaring en raad van God, in dankbaarheid en aanbidding, liefde tot God en ons naaste, moet ‘tydig en ontydig’ verkondig word (Matt. 22:37-40; Hand. 20:27; 1 Kor. 10:31; Kol. 1:16-20, 2 Tim. 3:14-4:8, ens.)

Dit alles gesê, sien ek wel dat daar ‘n draaipunt besig is om plaas te vind, of dit nou vir goeie of minder goeie redes is in ons tye, naamlik dat baie mense, gelowiges en ongelowiges moeg is vir dekades lank se ‘politics of guilt and pity’ (lees Rushdoony se boek, ook Schlissel se voorwoord vir meer daaroor!), en nie meer val vir die neo-marxistiese liberale ongelowige etikette, misleidings en skuldmanipulerings wat veral deur die woke liberale media aangeblaas word, maar ook in kerke en onder gelowiges, waar nie God se wet meer die standaard en norm van reg en verkeerd is nie (2 Tim. 4:3,4).

Ware gelowiges moet hul eie sondigheid ken, bely en nederig wees voor ons Here en ander begenadigde sondaars (1 Tim. 1:15), moet erken waar ons gesondig het in die verlede en nogsteeds worstel om te groei in heiligmaking… maar nie meer deur leuens, valse verdraaiings en dwaashede gemanipuleer en mislei en verdraai gaan word asof letterlik alles van ons verlede verkeerd was en mense en volke hul vir alles voor moet skaam van ons Christelike westerse kerke, kultuur en beskawing, en, bo alles, ons nie gaan skaam vir  Christus én sy hele Woord nie, nie vir die Evangelie van Christus wat ‘n krag is van God tot redding vir elkeen wat glo in elke volk in elke taal, stam en nasie (Mark. 8:38; Rom. 1:16,17; 2 Kor. 1:8,9).  Ja, nie gaan skaam vir die Bybel as grond en basis van die ganse lewe en denke van ons lewens en vir die hele mensdom voorgeskryf is nie, nie net vir een kerk, een volk of een groep nie, maar allesomvattend vir almal en alles, of mense dit aanneem of nie: 

“Die Bybel is ‘die boek van die Ryk van God’, nie ‘n boek vir hierdie of daardie eeu of slegs oor die enkeling nie, maar oor alle volke, vir die hele mensheid, nie vir een tyd nie maar vir alle tye. Dit is ‘n Ryksboek. En soos die Ryk van God nie naas en bo nie maar in en deur die wêreldgeskiedenis homself ontwikkel, so moet ook die Skrif nie afgetrokke, opsigself beskou en van alles geisoleer word nie, maar dit moet juis met ons hele lewe, met die lewe van die mensheid in verbinding gebring en tot verklaring daarvan gebesig word.

Kortom, die Skrif is ‘n boek uit die verlede, maar ook ook die hede en toekoms . . . Dit kom tot gesin en maatskappy, tot kerk en skool. Dit is in een woord: die sprake van God tot die mensheid.” – Herman Bavinck (voorwoord in Kennis en Leven & voorwoord tot Matthew Henry se kommentaar)

En daarom, dalk is dit juis daarom, omdat die bose, omdat ongelowige mense en magte (afsonderlik en saam in hul ‘sameswerings’, Ps. 2, of dit nou polities, opvoedkundig, demonies, mafias, geldmagte, of wat ookal is), omdat valse leraars nie meer die geestelik-ideologiese vashou het of meer verloor op baie mense, kerke, gemeenskappe, volke, ens, daarom word die neo-marxiste en alle ekstreme groepe al meer radikaal en militant, al meer angstig oor hul agendas wat gestop en aangetas word in kerke en onderwysinstellings, en daarom, alhoewel die stryd nog altyd ‘geestelik en fisies’ was en sal wees, word baie baie meer radikaal polities en angstig… en het ons tragiese gebeure soos die sluipmoord op ‘n Charlie Kirk. Sy boodskap moes stilgemaak word, waar hy op die kampusse die evangelie van Christus en ‘n Christelike lewens en wereldbeskouing, ook soos dit die ganse lewe raak, verkondig het, in lyn met wat ons sien Paulus ook gedoen het, die evangelie na die markpleine van idees geneem het:

17Hy het toe in die sinagoge met die Jode gespreek en met die godsdienstige mense, en elke dag op die mark met die wat hom teëkom. 18En sommige van die Epikuréïese en die Stoïsynse wysgere het met hom gestry, en sommige het gesê: Wat sou hierdie praatjiesmaker tog wil sê? Ander weer: Dit lyk of hy ’n verkondiger is van vreemde gode—omdat hy aan hulle die evangelie van Jesus en die opstanding verkondig het. 19En hulle het hom geneem en op die Areópagus gebring en gesê: Kan ons verneem wat hierdie nuwe leer is wat deur u verkondig word? 20Want u bring sekere vreemde dinge in ons ore. Ons wil dan weet wat dit tog kan wees. 21Nou het al die Atheners en die uitlanders wat by hulle gewoon het, vir niks anders tyd gehad as om iets nuuts te sê en te hoor nie. 22Paulus gaan toe in die middel van die Areópagus staan en sê: Atheners, ek sien dat julle in elke opsig baie godsdienstig is. 23Want terwyl ek rondgegaan en julle heiligdomme aanskou het, het ek ook ’n altaar gevind waarop geskrywe is: Aan ’n onbekende God. Hom dan wat julle vereer sonder om Hom te ken, verkondig ek aan julle. 24Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. 25Ook word Hy nie deur mensehande gedien asof Hy aan iets behoefte het nie, omdat Hy self aan almal lewe en asem en alles gee. 26En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, 27sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; 28want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het: Want ons is ook sy geslag. 29As ons dan die geslag van God is, moet ons nie dink dat die godheid aan goud of silwer of steen, die beeldwerk van menslike kuns en uitvinding, gelyk is nie. 30God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer, 31omdat Hy ’n dag bepaal het waarop Hy die wêreld in geregtigheid sal oordeel deur ’n Man wat Hy aangestel het, en Hy het hiervan aan almal sekerheid gegee deur Hom uit die dode op te wek.” (Hand. 17:17–31)

Ons beleef in ons tye aan die eenkant dat daar niks nuuts onder die son is nie, soos die hele Skrif self leer, maar aan die anderkant wel ook dat dinge van kwaad na erger gaan, en kan gaan, dat ongeregtigheid toeneem maar dat daar tegelykertyd troos is vir die ware gelowige en ware kerke, iets van Op. 22:10-17, lees en besin opnuut daaroor (sien ook Matt. 24 en 25; 2 Tim. 3 tot 4:8; 2 Petrus 3):

10En hy het vir my gesê: Moenie die woorde van die profesie van hierdie boek verseël nie, want die tyd is naby. 11Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word. 12En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees. 13Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. 14Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. 15Maar buite is die honde en die towenaars en die hoereerders en die moordenaars en die afgodedienaars en elkeen wat leuens liefhet en doen. 16Ek, Jesus, het my engel gestuur om hierdie dinge aan julle voor die gemeentes te betuig. Ek is die wortel en die geslag van Dawid, die blink môrester. 17En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet.” (Op. 22:10–17)

_______________________

‘n Paar aspekte van Charlie Kirk se getuienisse:
CHARLIE KIRK SE BELANGRIKSTE GETUIENIS EN BOODSKAP VIR ALLE MENSE

Charlie Kirk het belangrike goed gesê in die ‘wêreld van idees en debatte’, veral oor die huidige neo-marxistiese woke en baie ander ideologiese strydpunte van ons tye wat ‘n groot aanslag is teen ons gesinne, gemeentes en die Christendom, waarvan inderdaad baie geleer kan word, maar …..
In hierdie video sê hy vir ons wat die heel belangrikste ‘Saak of Idee’ is vir die geestelike-ideologiese stryd waarin ons is op elke lewensterrein (Ef. 6:10-20), ook en veral vir die jeug en studente waarop hy gefokus was in sy debatte.
Mag ons Here ons genadig wees dat mense sy belangrikste boodskap ter harte sal neem, en nie self verbitterd en haatlik sal raak soos hulle wat hierdie bose dade pleeg en nog meer haat en geweld wil aanblaas tussen mense en volke nie (Rom. 12:17-21), want dit is wat die vyande van Christus wil hê gelowige mense moet doen as die ‘fondamente van ons samelewings’ omgegooi word (Ps. 11:3):
DIE VERKONDIG VAN ONS VERLOSSER KONING OP DIE MARKPLEIN
Jesus said to him, “I am the way, the truth, and the life. No one comes to the Father except through Me. … Nor is there salvation in any other, for there is no other name under heaven given among men by which we must be saved.” (John 14;6; Acts 4:12)
“16 Now while Paul waited for them at Athens, his spirit was provoked within him when he saw that the city was [e]given over to idols. 17 Therefore he reasoned in the synagogue with the Jews and with the Gentile worshipers, and IN THE MARKETPLACE DAILY with those who happened to be there. …..
Him I proclaim to you: 24 God, who made the world and everything in it, since He is Lord of heaven and earth, does not dwell in temples made with hands. 25 Nor is He worshiped with men’s hands, as though He needed anything, since He gives to all life, breath, and all things. 26 And He has made from one [j]blood every nation of men to dwell on all the face of the earth, and has determined their preappointed times and the boundaries of their dwellings, 27 so that they should seek the Lord, in the hope that they might grope for Him and find Him, though He is not far from each one of us; 28 for in Him we live and move and have our being, as also some of your own poets have said, ‘For we are also His offspring.’ 29 Therefore, since we are the offspring of God, we ought not to think that the Divine Nature is like gold or silver or stone, something shaped by art and man’s devising.
30 Truly, these times of ignorance God overlooked, but now commands ALL MEN EVERYWHERE TO REPENT, 31 because He has appointed a day on which He will judge the world in righteousness by the Man whom He has ordained. He has given assurance of this to all by raising Him from the dead.” (Acts 17:15-34)

DIE VRAE WAT DIE SLUIPMOORD OP CHARLIE KIRK ONS LAAT OOR BESIN

Ds. Schalk Strauss skryf op sy Facebook (2025-09-15)

“Charlie Kirk se dood het die woord “turning point” oornag ‘n gonswoord gemaak. Sy oproep dat daar ‘n draaipunt (Turning Point USA) moet kom, is tans op miljoene mense se lippe. Hierdie aanvoeling word al lankal deur baie in Suid-Afrika gedeel. Die oproep vir ‘n ommekeer, lei egter noodwendig tot ‘n paar vrae:
* Waarvan moet ons “omkeer”?
* Waarheen moet ons “omkeer”?
* Wat is die maatstaf vir hierdie “omkeer”?

As ons nie hierdie vrae behoorlik en eerlik beantwoord nie, bly die oproep tot “omkeer” dikwels abstrak. ‘n Teksgedeelte soos 2 Kron. 7:13-14 beantwoord hierdie vrae in geen onduidelike terme nie:

𝐴𝑠 𝐸𝑘 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 𝑡𝑜𝑒𝑠𝑙𝑢𝑖𝑡, 𝑑𝑎𝑡 𝑑𝑎𝑎𝑟 𝑔𝑒𝑒𝑛 𝑟𝑒𝑒̈𝑛 𝑖𝑠 𝑛𝑖𝑒, 𝑜𝑓 𝑎𝑠 𝐸𝑘 𝑑𝑖𝑒 𝑠𝑝𝑟𝑖𝑛𝑘𝑎𝑎𝑛 𝑏𝑒𝑣𝑒𝑒𝑙 𝑜𝑚 𝑑𝑖𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑎𝑓 𝑡𝑒 𝑒𝑒𝑡, 𝑜𝑓 𝑎𝑠 𝐸𝑘 𝑝𝑒𝑠 𝑜𝑛𝑑𝑒𝑟 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑙𝑘 𝑠𝑡𝑢𝑢𝑟, 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑣𝑜𝑙𝑘, 𝑜𝑜𝑟 𝑤𝑖𝑒 𝑚𝑦 𝑁𝑎𝑎𝑚 𝑢𝑖𝑡𝑔𝑒𝑟𝑜𝑒𝑝 𝑖𝑠, ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑜𝑜𝑡𝑚𝑜𝑒𝑑𝑖𝑔 𝑒𝑛 𝑏𝑖𝑑 𝑒𝑛 𝑚𝑦 𝑎𝑎𝑛𝑔𝑒𝑠𝑖𝑔 𝑠𝑜𝑒𝑘 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑏𝑒𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑣𝑎𝑛 ℎ𝑢𝑙 𝑣𝑒𝑟𝑘𝑒𝑒𝑟𝑑𝑒 𝑤𝑒𝑒̈, 𝑑𝑎𝑛 𝑠𝑎𝑙 𝐸́𝑘 𝑢𝑖𝑡 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙 ℎ𝑜𝑜𝑟 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑠𝑜𝑛𝑑𝑒 𝑣𝑒𝑟𝑔𝑒𝑤𝑒 𝑒𝑛 ℎ𝑢𝑙𝑙𝑒 𝑙𝑎𝑛𝑑 𝑔𝑒𝑛𝑒𝑒𝑠.

Die Here Jesus sluit ook hierby aan wanneer Hy sy openbare bediening begin met die woorde van Mt. 4:17:

𝐵𝑒𝑘𝑒𝑒𝑟 𝑗𝑢𝑙𝑙𝑒, 𝑤𝑎𝑛𝑡 𝑑𝑖𝑒 𝑘𝑜𝑛𝑖𝑛𝑘𝑟𝑦𝑘 𝑣𝑎𝑛 𝑑𝑖𝑒 ℎ𝑒𝑚𝑒𝑙𝑒 ℎ𝑒𝑡 𝑛𝑎𝑏𝑦 𝑔𝑒𝑘𝑜𝑚.

Ons moet versigtig wees dat ons omkeerstrategie nie op ons eie voorkeure geskoei is en selektief beperk word tot daardie dinge waarmee ons gemaklik is nie. Charlie Kirk se oproep vir ‘n terugkeer na konserwatiewe waardes, was ten diepste ‘n oproep om terug te keer na Bybelse waardes. Daarom behoort ons die drie vrae hier bo soos volg te beantwoord:

𝐖𝐚𝐚𝐫𝐯𝐚𝐧 𝐦𝐨𝐞𝐭 𝐨𝐧𝐬 “𝐨𝐦𝐤𝐞𝐞𝐫”?
Alles wat strydig is met dit wat die Bybel ons leer. Kerlosheid en kerkloosheid, losbandigheid en sedeloosheid, onveraantwoordelike ouerskap, oneerlikheid, verdraagsaamheid van onbybelse standpunte (aborsie, LGBTQ+), die sistematiese vervreemding van ons kinders deur ‘n sekulêre onderwysstelsel, die vernietiging van die geskape orde deur die gelykheidsbeweging – om maar net ‘n paar te noem.

𝐖𝐚𝐚𝐫𝐡𝐞𝐞𝐧 𝐦𝐨𝐞𝐭 𝐨𝐧𝐬 “𝐨𝐦𝐤𝐞𝐞𝐫”?
Na die Vader. Dit gebeur slegs deur Christus en in die krag van die Heilige Gees. Om na Hom terug te keer, is om sy koningskap oor ons lewens met woord en daad te bely. Dit is om Hom te erken soos Hy Homself aan ons geopenbaar het en sy koninkryk te soek.

𝐖𝐚𝐭 𝐢𝐬 𝐝𝐢𝐞 𝐦𝐚𝐚𝐭𝐬𝐭𝐚𝐟 𝐯𝐢𝐫 𝐡𝐢𝐞𝐫𝐝𝐢𝐞 “𝐨𝐦𝐤𝐞𝐞𝐫”?
Die Bybel. Dit is ons objektiewe maatstaf en nie ons politieke affiliasies, die meerderheid se mening, of die tydsgees waarin ons leef nie. Om seker te maak ons gebruik hierdie maatstaf reg en verantwoordelik, moet ons versigtig wees om te dink dat ons (moderne gelowiges) die enigstes is wat die Skrif “reg” kan interpreteer. God is gister en vandag en tot in ewigheid dieselfde. Daarom is dit nodig om altyd te vra: Hoe het die Gees gelowiges deur die eeue gelei om die Skrif te verstaan.

Hierdie is maar net ‘n paar gedagtes. Dalk sou jy wou byvoeg?”

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑