Calvyn se Institusie gratis !

CALVYN SE INSTITUSIE (1559)

Dr. Hennie van Wyk skryf namens die CBJF:

Dit is met groot dankbaarheid dat die CJBF vanaand om 19:00 die 1559
Institusie van Calvyn gratis op die internet vrystel op die CJBF se webwerf:

Institusie van Calvyn

Ook hier beskikbaar in een PDF dokument:

Calvyn se Institusie (let wel: ongeveer 200MB grootte)

U kan die Institusie op een van drie maniere gebruik:

1: Hy kan hoofstuk vir hoofstuk op die CJBF se webwerf gelees / afgelaai word;

2: Hy is gekompakteer in ‘n enkele lêer wat afgelaai kan word (212mB), en
dan enige plek op die rekenaar gestoor kan word. Hier het dit ‘n baie
funksionele Gidsblad (menu) waar die verskillende pdf-lêers oopgemaak word.

3: Daar is ‘n KS-beeld (CD image file) wat afgelaai kan word (253mB). Die
meeste sagteware (soos Nero) kan vanaf hierdie beeld die KS (CD) skep, wat
gebruik kan word.

Soos genoem: hierdie is gratis. U kan soveel CD’s skryf en uitdeel as wat u
wil. Eintlik wil ons u aanmoedig om dit te doen!

Die groot werk hieraan is deur Willem Swanepoel gedoen. Hy doen by die CJBF vir ons reuse werk, en ons is dankbaar dat die Here hom hierdie vermoë gegee het, en dat hy dit met soveel oorgawe in die Here se Koninkryk aanwend.

Hartlike groete
Dr Hennie van Wyk
0534330563
0845512107

One thought on “Calvyn se Institusie gratis !

Add yours

  1. baie dankie aan almal betrokke! U seën ons met Calvyn se werk! Mag die Here u weer dubbel seën

Leave a comment

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑