Ek het onlangs begin soek na ‘n volledige Statenvertaling met kantaantekeninge, en het toe afgekom op die Gereformeerde Bijbelstichting (GBS). Die uitgee van die ‘Nieuwe Vertaling’ (1951) in Nederland het aanleiding gegee tot die ontstaan van die GBS, wat se twee-ërlei doel is:
1. Die ‘behoud van de Bijbel in de Statenvertaling.’
2. Die verspreiding van Bybels in ander tale ‘in betrouwbare vertalingen’.
Die bestuur bestaan uit lidmate van die volgende kerke in Nederland:
Hersteld Hervormde Kerk
Christelijke Gereformeerde Kerken
Gereformeerde Gemeenten
Oud Gereformeerde Gemeenten in Nederland
Gereformeerde Gemeenten in Nederland
(Vir meer oor die verskillende kerke: http://www.kerkzoeker.nl/reformatorisch.html)
Die GBS bring in 2004 die Statenvertaling met kanttekeninge uit volgens die betroubare teks van die ‘Van Ravesteyn-editie uit 1657’. Die uitgawe wat ek aangekoop het (KTB40-kode) bestaan uit die volgende:
Statenvertaling met kantaantekeninge
Woordelys van woorde in OT en NT wat die meeste verskyn
Psalmberijming van 1773
Enige Gezangen (5 Skrifberymings en 6 Gesange)
De Drie Formulieren van Enigheid
Kort Begrip
Ziekentroost
Kleur landkaarte
(Vir meer oor die Statenvertaling met kanttekeningen: http://www.statenvertaling.net/kanttekeningen.html)
Die GBS werk ook nou saam met die Trinitarian Bible Society (TBS) in Londen, wat opgerig is in 1831 omdat die ‘Brits en Buitenlands Bijbelgenootschap’ lede toegelaat het wat nie die Drie-eenheid en Godheid van Christus bely het nie.
(Meer oor TBS: http://www.trinitarianbiblesociety.org/)
Die GBS en TBS het dieselfde uitgangspunte oor die Heilige Skrif, vertaalmetode en grondtekste, nl.
1.”de Goddelijke inspiratie,
2. de onfeilbaarheid van de Schrift,
3. het letterlijke vertaalprincipe, en
4. verder gebruikt de TBS dezelfde grondtekst als de GBS.”
Hierdie grondtekste is, volgens die TBS, “… the Hebrew Masoretic and the Greek Received texts (Textus Receptus, dit is die Oorgelewerde Teks – slc) underlying both the English Authorised Version and translations of comparable standing made from these texts into other European languages at the time of the Protestant Reformation.” (Sien: http://www.trinitarianbiblesociety.org/site/articles/tr-art.asp)
Die Hebreeuse Masoretiese Teks en die Textus Receptus is die tekste waarop die King James Version (1611), Statenvertaling (1637) en die Ou Vertaling Bybel (1933/53) gebaseer is.
Die GBS versprei Bybels (wat in lyn is met hul uitgangspunte) in 130 verskillende lande en stuur gemiddeld 550 000 Bybels per jaar uit. Die GBS het ‘n kwartaalblad genaamd ‘Standvastig’ en gee ook ander publikasies uit, soos bv.
Ten dienste van de Statenvertaling
Petrus Datheen en zijn Psalmberijming
De Bijbel in de Statenvertaling toen en nu (werkboek vir kinders)
Welke Psalmen zingen wij ? – Lesbrief over de Psalmberijming van 1773
Die GBS Bijbel Digitaal – Statenbijbel met kanttekeningen
Daar is ‘n GBS Bybelhuis en boekwinkel in Leerdam, Nederland, waar al hul publikasies besigtig en aangekoop kan word.
Ongelukkig het die GBS nie ‘n webblad nie (ek het bogenoemde inligting verwerk uit ‘n brosjure van die GBS, “Wat doet de Gereformeerde Bijbelstichting? – doel en werk in kort bestek”, deur J. de Koning), maar kan wel hier gekontak word: info@gereformeerdbijbelstichting.nl of tel (NDL) 0345 61 01 55.
Hier is ook meer inligting oor die GBS:
http://nl.wikipedia.org/wiki/Gereformeerde_Bijbelstichting
Die bestuur van die GBS of die boekwinkel was so gaaf om vir my gratis van hul inligting en brosjures aan te stuur, waarvoor ek baie dankbaar is.
Die GBS en die TBS kan as goeie gereformeerde alternatief dien vir gereformeerde gelowiges wat Bybelvertalings en Bybelverspreiding baie graag wil ondersteun wat in lyn is met die uitgangspunte wat hierbo genoem is aangaande Bybelvertaling (en wat dus ook in lyn is wat ons bely in NGB artikel 2-7). Die huidige groot Bybelgenootskappe in die wêreld, asook ons eie Bybelgenootskap in SA is:
a. sterk navolgers van die Kritiese tekste van Westcott en Hort en dies meer,
b. hou nie konsekwent vas aan die onfeilbaarheid van die Skrif nie,
c. verwelkom ‘dinamies ekiwalente’ vertalings, en
d. vier kritiese teologie hoogty in beide vertaalwerk en kantaantekeninge/notas in moderne vertalings en studiebybels, o.a. die Nuwe Vertaling (1983), Bybel en Praktyk, Bybellenium, ens.
Ek vermoed dat hierdie trend voorgesit gaan word in die nuwe beplande 2016 vertaling. Sien die volgende opmerkings oor die beplande 2016 vertaling:
https://proregno.wordpress.com/2010/01/25/die-2016-vertaling-n-enkele-paar-kritiese-opmerkings/
Hier kan Statenvertalings met kantaantekeninge besigtig en aangekoop word wat deur die GBS uitgegee is:
http://www.depelgrim.nl/contents/nl/d498.html
http://www.derooboeken.nl/?page=antiquariaat&subCategorieID=1019&viewPerPage=15&pageNumber=1
Ek het my kopie deur ‘DeRoo boeken’ aangekoop, en sal hul diens aanbeveel. Indien u so ‘n Statenvertaling aankoop, maak net seker watter grootte uitgawe u aankoop. Die uitgawe wat ek aangekoop het se kantaantekeninge is baie klein, maar nog steeds goed leesbaar. Vir mense met swak oë kan dit ‘n probleem wees. Let ook daarop dat die papier baie dun is en versigtig hanteer moet word. Daar is groter drukke beskikbaar en selfs uitgawes in 2 of meer dele, maar dit gee weer praktiese probleme soos hantering van drie boeke, en die prys word dan baie duur.
Wat van ons ?
Tot tyd en wyl ons eendag ‘n goeie betroubare Afrikaner Studiebybel gaan kry, of die Statenvertaling se kantaantekeninge vertaal is, beveel ek daarom die ‘Statenvertaling met kanttekeningen’ by u aan.
Die SV met kanttekeninge se ‘ouer broer’, die 1599 Geneva Bible met verklarende notas is ook weer beskikbaar: http://www.genevabible.com/
Aanlyn beskikbaar: http://www.biblestudytools.com/commentaries/geneva-study-bible/
Van die huidige studiebybels op die mark, sal ek die volgende een aanbeveel:
New Geneva/New Reformation Study Bible
http://www.ligonier.org/reformation-study-bible/
(Ek beveel die NKJV uitgawe aan, nie die ESV uitgawe nie)
Soos gewoonlik. Dankie vir jou moeite om hierdie inligting met ons te deel.
By: Gustav on August 16, 2010
at 18:24
Baie dankie, hierdie deeglike navorsing beteken baie, in hierdie dae van misleiding ook op die gebied van Bybelvertaling.
By: Henrietta on August 16, 2010
at 19:53
Dankie Slabbert, dit is inderdaad van wonderlike nut!
By: Gideon on August 17, 2010
at 07:14