“Daar is ‘n weg wat vir ‘n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.” – Salomo
“Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie! ” – Jesus Christus
In die Beeld van 2010.08.19 skryf Flip Buys van Solidariteit ‘n treffende artikel onder die titel ‘Stukkende gesin, stukkende land’, met onder opskrif: SA sal genees wanneer families weer gesond is. Sien die volledige artikel hier.
Buys wys daarop dat “Daar is beslis ’n regstreekse verband tussen Suid-Afrika se grootste knelpunte en die grootskaalse verbrokkeling van huwelike en gesinne”
Nadat ek die hele koerant gelees het, het ek ‘n verdere ‘verband’, ‘n verdere ‘link’ gesien tussen Flip Buys se artikel, en die hoofartikel op die hoofblad:
“Fiona Coyne, aanbieder van The Weakest Link, wat gister dood in haar huis in Vishoek aangetref is”
Sy het selfmoord gepleeg.
Waarin sien ek die ‘verband’, oftewel die ‘link’ ?
Laat ek probeer verduidelik:
Flip Buys verduidelik in sy artikel dat slegs ‘n derde van kinders in ons land in ‘n ‘normale’ gesin met albei biologiese ouers grootword. Die ‘tradisionele huishouding’ het nou ‘n ‘minderheidsleefstyl’ geword.
Die opkoms van die ‘nuwe ekonomie’ word beskou as die grootste rede vir die verbrokkeling van die tradisionele gesin, omdat “Die belangrikste kenmerk van die nuwe ekonomie is die massa-toetrede van die vrou tot die werkplek.”
Volgens Buys het die nuwe ekonomie voordele gebring vir vroue (maar hy noem nie watter voordele nie, daar is seker nie baie nie ?) maar ook nadele, en die grootste nadeel was die “ongelooflike druk (wat) op die vrou geplaas (word), waar sy nou ’n vierledige rol van vroulief, huisvrou, ma én heeltydse werknemer moet hanteer en balanseer.”
Dit het die ‘afwesige ouer’ in die gesin tot gevolg gehad, sodat kinders volgens “Jeremy Rifkin, skrywer van The End of Work” aan ’n “verlatingsindroom” gely het, omdat ouerlike toesig nie meer daar was nie.
En die gevolge ?
Geweldsmisdaad, swak skoolprestasie, kinderdepressie, jeugmisdaad, drank- en dwelmmisbruik en (ten einde) selfmoord.
Die laaste skrikwekkende woord, bring ons na die voorblad.
Fiona Coyne, die bekende aanbieder van die gewilde TV ‘game show’, het haar eie lewe geneem. Fiona is of was verteenwoordigend van die ‘nuwe ekonomie’ vrou, die vrou wat nie meer onderdanig sag en teer is nie, maar sterk, hard en streng … soos mans ?
Op Wikipedia word die program wat sy aangebied het soos volg beskryf:
The Weakest Link (often simply called Weakest Link) is a television game show which first appeared in the United Kingdom on BBC Two on 14 August 2000. … As with the original British version, all of the hosts wear black clothing (or sometimes dark colours with black). Most versions also have disciplinarian female hosts, again similar to the British original.”
(Die program laat ‘n mens wonder of die inspirasie daar agter dalk ondoelbewus nie die darwinistiese idee is van ‘survival of the fittest’ is nie, waar net die slimste en sterkstes mag oorleef?)
Ja, van Coyne is (en vroue oor die algemeen vandag word) verwag om ‘Men in Black’ te wees, mannetjies-agtig sterk te wees (dink Zille en Delille), ja, selfs hard en wreed te wees teen al die ‘weakest links’ op die programme (en die lewe), terwyl miljoene toe kyk hoe die een na die ander deelnemer in die stof byt.
Die artikel in Beeld beskryf haar dan ook so:
“Coyne, wat in 1965 in Springs gebore is, was veral gewild oor haar spitsvondige en bitsige kommentaar as aanbieder van die TV-program The Weakest Link.”
In die verskillende huldeblyke oor Coyne, sien ons ook al die hoë verwagtiginge van ‘n ‘suksesvolle beroepsvrou’ wat van haar verwag is:
“Mev. Kee-Leen Irvine, vervaardiger van The Weakest Link, het gister gesê sy het die dag tevore nog ’n lang ruk telefonies met Coyne gesels. Sy het rooikop-aktrise as “vurig en fantasties” beskryf. ”
“Coyne was dalk klein gebou, maar ’n reus wat betref haar talent, professionaliteit en werketiek.”
“Vir my was sy poësie in beweging. Agter die skerms van The Weakest Link was sy vlymskerp, warm, innemend, amusant, goedhartig en barmhartig. Sy het geen geduld met domheid gehad nie, maar sy het ’n hart van goud gehad. Fi was ’n geliefde vriendin en ek gaan haar mis.”
“Dis vreeslik om ’n jong, uiters talentvolle medestudent so vroeg te verloor. Fiona was altyd ’n senior om na op te kyk. Sy was ook een van my laaste gaste op Dis hoe dit is. Maar sy was ’n eregas in ons bedryf.” – Steve Hofmeyer
“Ons is so geskok,” het mnr. Stuart Lee, hoof van Famous Faces, die agentskap waardeur Coyne gewerk het, gesê. “Sy was uiters professioneel en dit was ’n plesier om saam met haar te werk.”
Maar, Coyne, was toe op die einde nie ‘n masjien, ‘n ‘nuwe ekonomie’ masjien wat kon stande bly in die feministiese utopia nie. Agter die bitsigheid, spitsvondigheid, profesionaliteit, talent, werksetiek, ens ens ens … was sy ‘n mens, ‘n swak mens, ‘n nietige mens, ‘n sondige mens, ‘n hartseer mens, ‘n mens wat ‘n masker moes dra in die rotteresies om die ‘nuwe ekonomie’ tevrede te hou, sy was maar toe al die tyd ook ‘n ‘weakest link’ … soos ons almal is, wat moet doodgaan:
“3 Vertrou nie op prinse, op die mensekind, by wie geen heil is nie. 4 Sy gees gaan uit, hy keer terug na sy aarde toe; op daardie dag is dit met sy planne gedaan.” – Ps.146
En, hoekom is die mens die ‘weakest link’ ?
Omdat daar ‘n ‘missing link’ in ons lewe is, wat geen ‘nuwe ekonomie’ ooit kan vul nie. Mense, nie net vrouens nie maar ook mans, eindig in wanhoop, verlorenheid en moedeloosheid, juis omdat daar ‘n ‘missing link’ in hul lewe is, en dit is (vra my, ek weet, was self daardeur):
“Maar hy wat my mis (Christus, die Wysheid), benadeel sy eie lewe; almal wat my haat, het die dood lief.” – Spr.8:36
“Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld (lees die ‘nuwe ekonomie’) win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?” – Matt.16:26
Die Psalmskrywer sê van ons lewens, gesinne en roeping in hierdie lewe:
Psalm 127:1-2 As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. 2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet — net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
Omdat ons die Here se doel vir ons lewens mis, wat sy roeping is vir my as man of vrou, daarom eindig ons lewens baiemaal, ongeag hoeveel ‘sukses, geld, aansien, professionaliteit’ daar is, in wanhoop.
Coyne was, ongeag al die lofsangers met hul ‘grimering’ opmerkings, sy was nie ‘n gelukkige mens nie, soos die Beeld dit vertel:
“Coyne was 22 jaar lank met mnr. Willie Fritz getroud. Die paartjie se paaie het sowat agt maande gelede geskei. Na wat verneem word, het Coyne verlede week probeer selfmoord pleeg.”
‘n Gelukkige vervulde mens skei nie en pleeg nie selfmoord nie.
Die ‘nuwe ekonomie’, aangeblaas deur die feministiese tydsgees, het te veel geword vir Coyne, en vir vele soos sy wat in die woorde van Buys deur die ‘stootfaktor’ en die ‘trekfaktor’ oor die afgrond getrek word (Beeld, 2010-08-20):
“Vrees vir mislukking en eensaamheid was glo die twee hoofredes waarom Fiona Coyne selfmoord gepleeg het. Dít het aan die lig gekom in twee selfmoordbriewe wat eergister in haar huis in Vishoek gevind is.”
Hierdie gebeure moet gelowiges opnuut laat dink: waarvoor lewe ek, ons as ouers en belangrik, hoe voed ons ons kinders op, veral ons dogters ?
Om God én Mammon te dien ?
Jesus waarsku ons:
Matt.6:24 “Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.”
Mammon, is die geldgod, die god van weelde en valse geluk, van wêreld aansien en rykdom. Leer ons ons dogters om hul goddelike roeping van vrou wees – moeder wees, tuisteskepper en tuistewerker (Spr.31), lidmaat van die gemeente wees – na te jaag, of verwag ons van hulle, om Buys weer aan te haal:
“Die nuwe ekonomie het ongelooflike druk op die vrou geplaas, waar sy nou ’n vierledige rol van vroulief, huisvrou, ma én heeltydse werknemer moet hanteer en balanseer.”
Die Bybel leer dat die man en vrou gelyk in waarde en wese is, gelyk in verlossing in Christus, maar verskillend in taak en roeping. As ons dit nie respekteer en najaag nie, is ons besig om die skeppingsordelike fondament van kerk en samelewing te vernietig, ja ONS doen dit aan ons self, nie die ‘vyand’ nie.
Die Bybel leer dat almal (bv.) nie die voet of oog kan wees nie (almal kan nie die man of vrou wees nie), dat elkeen sy bepaalde roeping moet vervul (as man en vrou) tot opbou van die gemeente en by implikasie vir ‘n land (Rom.12:4; 1 Kor.12:7)
Maar, as die fondamente (van God se wil vir man en vrou wees) omgegooi word, kan daar niks gedoen word nie (Ps.11:3), dan gaan dit net slegter gaan, dan is die toename van die ‘selfmoord van die nasie’ ons voorland. Die twee derde kinders wat in gebroke gesinne groot word, skree ten hemele, wanneer gaan ons begin luister ?
As Buys dan skryf, “Die oorsake vir die krisis van die moderne gesin is veelvoudig en die oplossing is nie so eenvoudig as om die vrou weer te probeer “huis toe” stuur nie”, dan erken ‘n mens die grootheid van die krisis wat hy uitwys.
Gelowige gesinne en gemeentes moet gebrokke mense, gebroke gesinne bystaan en help deur hierdie krisistye.
Maar, ons moet byvoeg, die antwoord is ‘eenvoudig’ vir die toekoms, ja, nie maklik nie maar wel eenvoudig.
Deur die genade van die Here, kan ons dit omkeer, dit sal groot opoffering, kruisdra en geloof vra.
En, dit is seker dan ons grootste krisis: nie die feministiese tydsgees nie, nie die Mammon (nuwe ekonomie) krisis nie, maar die geloofskrisis.
En daardie sentrale krisis begin by die kerk (1 Petrus 4:17), spesifiek op die preekstoel. Soos een skrywer dit stel:
So what is our strategic position? How has this debate gotten a foothold? Why is there such an interest, in evangelical circles, to admit women into the leadership of the church? The answer is that we do not want feminine leadership; we want more feminine leadership. The men in our pulpits for many years have been simply jury-rigged women; when the request comes to bring in the real thing, on what principle will the request be denied? We cannot say that we must have
masculinity in the pulpit because we do not have that now. … When the background is understood, it explains many things about the contemporary Church. It explains why Promise Keepers, a masculine renewal movement, was so easily diverted into a maudlin and
weepy sentimentality. It explains why ministers cannot teach on certain subjects from the pulpit. It explains why Christians cannot articulate why women in combat is an abomination. It explains why the masculine virtues of courage, initiative, responsibility, and strength are in such short supply. We cannot resist the demand to let pretty women lead us for the simple reason that we are currently being led by pretty men. … But with regard to the underlying issues, nothing changed. With regard to the contributing cultural pressures, nothing changed. With regard to the state of the Church, nothing changed. So when we consider all
this, and the condition of the modern Church, there is really no reason to object to any such modifications in the NIV. There is really no reason to object to women in the pulpit of evangelical churches. This is because modern evangelicalism has been covenantally castrated for well over a hundred years. It is high time they got some ministers, and a Bible, to match their effeminate condition.”
Ons moet onsself elkeen ondersoek:
Is daar geloof om Christus en my naaste meer lief te hê as myself en my ‘nuwe ekonomie’ behoeftes en begeertes (al daardie duur speelgoed in die huis, motorhuis, ens.) ?
Is ek tevrede met wat ek het, of jaag ek die wêreld se plesiere en goedkeuring na ?
Gaan mans liefdevol begin offer en dien in gesin en gemeente, en ophou om die ‘afwesige Adam’ te wees wat ‘sag’ geword het en wegkruip van sy taak en roeping (1 Kor.16:13; 1 Petrus 3:7) ?
Gaan vrouens die wysheid en bevryding van Spr.31, 1 Tim.2:8,9,15 en 1 Petr.3:1-6 ontdek ?
Die Mammon god, die feministiese god bring geen bevryding nie, maar net slawerny:
– slawerny aan die nuutste modes en giere van die wêreld wat elke dag verander
– slawerny aan die ‘suksesvolle beroepsvrou’ masker bedek deur baie lae grimering … en min lae klere.
– slawerny om sogenaamd by te bly by die ‘gebalanseerde vrou’ op die voorblaaie van die glanstydskrifte (let wel: ook van ‘Christelike tydskrifte’)
Mag die Evangelie van Christus ons almal, ook ons vrouens en dogters bevry om ons onderskeie roeping en take te volg.
“As die Seun julle dan vrymaak, sal julle waarlik vry wees.” Joh.8:36
Hy sê aan elkeen van ons, ons wat belydend erken ons en ons kinders het slawe geword van die ‘nuwe ekonomie’, van Mammon, van die tydsgees, van ONSself:
Matt. 11:28-30 28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. 29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30 want my juk is sag en my las is lig
En, daarom, in die lig van -Matt.16:24-27, is die antwoord ‘eenvoudig’: huis toe.
Na die huis van ons Vader op ons knieë biddend vir ware verlossing, om sy wil vir ons lewens te herontdek, en in ons huisgesinne deur sy Woord en Gees toe te pas.
Godsvresende gesinne, godsvresende kerke, godsvresende land.
En dit begin alles by 1 Tim.2:8 (mans) en 15 (vrouens).
Tragies dat ons sameling so uitmekaar geruk word deur die tydsgees van genoeg is net nooit meer genoeg nie. Ons kompeteer met die bure, ons ry met die grootste en duurste motors en ons soek die sin van ons bestaan in wereldse goed.
Die sin van die lewe is om Jesus Christus te ken en om Hom te dien met ons hele hart en ons hele verstand.
Wanneer sal die mens, ook ons Afrikaners besef waar ons heil le ?
Groetnis
It has long been a tragic trend, in the name of human rights and equality, that our mothers, however much appreciated, have entered the world of competitive business careers. However we may look at it God, who has created us, gave the different sexes their different orientations, abilities and roles to fulfill.
Those were the days when father was the bread winner and mother was the home maker and available for (and with) the children. But that is no more: Father is still about his traditional roll of being the bread winner. His God-given roll is to be to be the head of his household – even as Jesus Christ is the Head of the Church.
Mother, however, strives to be father’s equal in all respects. Modern society encourages her to stand on her “rights”, including her “right” to be father’s equal, including being the additional bread winner. Of course this improves the family’s financial well being – but at what cost(s)? There simply has to be enough money to maintain a luxurious life style. This, of course, includes neglecting the childrens’ upbringing. In exchange for this lack of spending enough quality time as a family, the children are comforted with more than enough pocket money an too much freedom to pursue whatever they please. Money becomes the “god Mammon”. The children, in the absence of their life-style-seeking parents, replace mother’s loving care and support with bad friends, bad choices and enough pocket money to pay for it.
In the mean time, society has also decided that God made a further mistake: Hís disciplinary measures violate the child’s “human rights” – even to such a degree that father or teacher may not displine him other than verbally. The child can still make his own choices – he has nothing to fear.
The result: Mothers become overloaded trying to “make ends meet” in fulfilling her different rolls. Children (even without realising it) become lonely, neglected, unloved. So they cast around for friends – ánd ways to attract attention. Family relationships become strained, with divorce looming on the horizon.
These circumstances form the cradle in which divorces, suicides, drug addiction and such things are born – to which Fiona Coyle so tragically fell prey.
The only solution is to return to God’s ways which He has spelled out for His creatures. After all: He knows what is best for His handiwork.
Hoe jammer dat God se naam weereens misbruik word om ‘n bevreesde, bedreigde man
Se argaiese, chauvinistiese en diktatoriale asook neerbuigende siening van ‘n vrou se rol, te regverdig nie! Meer vroue het juis oor die gebrek aan respek en erkenning selfmoord gepleeg, as oor hul sogenaamde spanning oor hul moderne rol. Ek vind die simplistiese en domastrante, neerbuigende siening oor vroue, uiters onaanvaarbaar en jou misbruik van godsdiens om jou neerbuigende siening van vroue en jou vrees vir hul onafhanklikheid , niks minder as heiligskennis nie. Hoe durf jy?