Skepping en Evolusie – Onversoenbaar !

Die standaardwerk in Afrikaans oor die onderwerp van skepping vs evolusie, dr Hennie Mouton se ‘Skepping vs Evolusie – Onversoenbaar!’, is nou gratis aanlyn beskikbaar:

http://www.glodiebybel.co.za/images/Leers/skepping_en_evolusie_onversoenbaar_hennie_mouton.pdf

Hierdie boek is vir alle gelowiges van belang: lidmate en predikante, veral ook vir ouers en kinders wat op skole, universiteite, mediawêreld en die breë samelewing gekonfronteer word met die sekulêre geloof van evolusionisme.  Kyk gerus hier onder na die inhoudsopgawe om te sien die wye verskeidenheid van bybelse en wetenskaplike onderwerpe wat aangeraak word. 

Hier is die inleiding,inhoudsopgawe en inligting oor die skrywer, met erkenning aan bogenoemde webblad:

Inleiding

Die doel van hierdie boek is onder andere om Afrikaanse kerke wêreldwyd na die waarheid van die Bybel te laat terugkeer.

Ek gaan nie die Bybel probeer waar bewys nie – ek aanvaar die Bybel is waar en bespreek talle sterk bevestigings daarvan.

Die mens wat evolusie met die Bybel probeer versoen kan homself maar die moeite spaar, want dis sinneloos – tensy hy die definisie van evolusie só afwater dat die evolusionistiese wetenskaplike dit in elk geval as ʼn halwe waarheid en daarom as nutteloos gaan beskou.

 Om ʼn oorsprongsmodel daar te stel, is soos om ʼn legkaart te bou. Maar dis ʼn komplekse legkaart – ʼn driedimensionele een – een wat nooit in hierdie leeftyd heeltemal voltooi gaan wees nie. Daar is ook nie ʼn volledige prent van die legkaart beskikbaar nie. Die Bybelgelowige het egter ʼn paar kritieke stukke van die prent tot sy beskikking – hy hoef dus net volgende stukkies aan en tussen die vaste gegewens te las. Maar dis steeds nie maklik nie, want alle gedeeltes van die prent is nie gegee nie. Die evolusionis het geen stukkie van ʼn prent of ʼn plan nie – hy moet en wil alles self uitdink. Omdat sy model nie ʼn driedimensionele oplossing het nie, en baie van sy stukkies nie pas nie, soek hy plek daarvoor in vierde of vyfde dimensies. Indien sy skynbare oplossing ingewikkeld en ver genoeg van die werklikheid verwyderd is, gaan hy baie ander en dalk homself ook oortuig.  Hierdie boek gee ʼn paar moontlike stukkies van die driedimensionele legkaart – hoe goed dit pas moet die leser self oor besin en navors.

 Die nuwe skeldnaam onder baie godsdienste is “fundamentalisme” Skeppingsleer (“kreasionisme” deur meeste genoem) is ʼn gedeelte van ‘n noodsaaklike Christelike fundamentalisme en moet nie met verdraai fundamentalisme (soos byvoorbeeld sigbaar in die aksies van ekstremistiese Moslems) verwar word nie.  

 Die belangrikste verklaring van Christelike fundamentalisme is die Bybelse gegewe dat Jesus Christus, die Seun van God, die enigste weg, waarheid en lewe is. Enige Christen behoort met laasgenoemde verklaring saam te stem indien nie, behoort hy of sy hom- of haarself af te vra watter god hy of sy eintlik vereer.

 Enigiemand wat vereis dat God se bestaan bewys moet word, moet sy eie geloof naamlik dat God nie bestaan nie, ook kan bewys Om die nie-bestaan van enigiets te bewys is onmoontlik, want dit ver dat mens orals en in alle dimensies gelyktydig moet kan waarneem.

 Humanistiese godsdiens kan ontwikkel en is relatief, want dit het sy ontstaan in die mens se gedagtes. Die humanistiese afgod het met tyd gegroei en verander. Ware godsdiens het nie natuurlik ontwikkel nie en is absolute waarheid, want dit is deur die ware God geopenbaar gedurende die tydperk waarin die Bybel tot stand gekom het.

Die ware God was, is, en sal vir ewig dieselfde wees.

 God se almag en alwetendheid beteken dat Hy nie net vooruit geweet het dat elke reuse rotsformasie vandag, duisende jare ná die vloed, sou lyk soos dit lyk nie, maar dat Hy ook geweet het hoe en waar die kleinste klippie – gewoon of ongewoon –  wat ek nou tussen duisende ander langs die pad sien lê, sou wees.

 Die God van die Bybel is groot – oneindig groot!

 Ek hoop elke leser van hierdie boek beleef dit deur ook rond te kyk na alles in die skepping om ons.

 Inhoudsopgawe                                                                    

Voorwoord            10

 1. Inleiding en toepaslikheid          14

1.1   Hoekom is die kwessie van skepping teenoor evolusie belangrik, veral vandag?  

1.2   Wat is evolusie, of eintlik, wat behoort dit te wees?

1.3   Is evolusieleerstellings teenstrydig met die Bybel?

1.4   Het die wetenskap evolusie en miljarde jare bewys?

1.5   Kan die wetenskap eenduidig bepaal hoe die oorsprongsmeganisme was?

1.6   Is die werklikheid van Genesis belangrik vir die Christelike geloof?

1.7   Is die werklikheid van die Bybel belangrik vir die evangelie?

 2. Wetenskap, natuurlike seleksie en genetiese inligting  39

2.1   Operasionele wetenskap en oorsprongswetenskap 

2.2   Die genetiese stoor  

2.3   Natuurlike en gemanipuleerde seleksie 

2.4   Haldane se dilemma   

2.5   Nuwe genetiese inligting        

3. Bybelse gegewens          58

3.1   Inleiding          

3.2   Die Genesisvloed        

3.3   Geslagsregisters en tydsdure        

3.4   Die Skeppingsweek       

3.5   Dinosourusse          

3.6   Geen dood voor die sondeval        

3.7   Voortplanting volgens soort        

3.8   Die ontstaan van Genesis        

3.9   Opsommende gevolgtrekkings       

4. Die uniekheid van die aarde       102

4.1 Die aarde se spesiale eienskappe     

4.1.1   Regte afstand van die son     

4.1.2   Korrekte rotasiespoed van die aarde    

4.1.3   Korrekte jaarperiode      

4.1.4   Korrekte inklinasiehoek     

4.1.5   Korrekte massa en grootte van die aarde   

4.1.6   Unieke samestelling van die atmosfeer   

4.1.7   Korrekte digtheid van die atmosfeer    

4.1.8   Vereiste hoeveelheid osoon    

4.1.9   Regte grootte van die maan    

4.1.10 Gelyke oppervlak van die aarde    

4.1.11 Magnetiese veld van die aarde    

4.1.12 Die aarde – ʼn waterryke planeet    

4.1.13 Wonderlike aanvangstoestande en beheer    

4.2 Die aarde se spesiale posisie in die heelal

4.2.1   Ons sonnestelsel se posisie     

4.2.2   Die Melkwegstelsel se heeltemal unieke posisie

4.3 Gevolgtrekkings        

 5. Die wêreldwye vloed       

5.1   Sedimentêre gesteentes, fossiele en ravyne

5.2   Vloedverhale      

5.3   Kontinentverskuiwings en die Ystydperk

5.4   Bergvorming       

6. Ouderdomme         154

6.1 Die aarde se ouderdom     

6.1.1   Inleiding      

6.1.2   Atmosfeer van die aarde     

6.1.3   Sout in die see      

6.1.4   Magnetiese veld van die aarde    

6.1.5   Jong dinosourusse en selakante     

6.1.6   Steenkool       

6.1.7   Grotte, stalagmiete en stalaktiete    

6.1.8   Boomringe en yslagies     

6.1.9   Koraalriwwe en kalkformasies   

6.1.10 Erosie van kontinente    

6.1.11 Niagara-valle       

6.1.12 Hoeveelheid mense op aarde    

6.1.13 Radiometriese datering en die geologiese kolom

6.1.14 Opsommende gevolgtrekkings     

6.2 Die heelal se ouderdom      

6.2.1   Inleiding       

6.2.2   Die oerknalteorie en sy probleme   

6.2.3   Grootte en ouderdom      

6.2.4   Skeppingsteorieë      

6.2.5   Spiraalsterrestelsels      

6.2.6   Komete       

6.2.7   Oorblyfsels van supernovas      

6.2.8   Sonuitstraling té konstant     

6.2.9   Die aarde-maan-afstand     

6.2.10 Die ontstaan van die maan     

6.2.11 Te veel oorblywende hitte in die maan   

6.2.12 Opsommende gevolgtrekkings    

7. Die wonder van tale en volke      258

7.1   Noag se kleinseuns       

7.2   Oosterse nasies        

7.3   Tale         

7.4   Oudste beskawings        

7.5   Egiptiese en Israelse kronologieë     

7.6   Oudste godsdienste       

7.7   Hoe verskillende “velkleure” met gemeenskaplike voorouers rym

8. Ikone van biologiese evolusie       

8.1   Wat ingeligte bioloë verswyg     

8.2   Miller-Urey-eksperiment     

8.3   Darwin se boom van die lewe    

8.4   Homologie      

8.5   Haeckel se embrio’s      

8.6   Archaeopteryx – die verlore skakel    

8.7   Pepermotte       

8.8   Darwin se vinke        

8.9   Viervlerkvrugtevlieë, antibiotika en  insekdoders

8.10 Evolusie van perde      

8.11 Van aap tot mens      

9. Paleo-antropologiese verwarring     

9.1   Inleiding           

9.2   Wetenskaplike misleiding        

9.3   Taung, Lucy en Laetoli       

9.4   “Baie ou” moderne Homo sapiens     

9.5   Die “hominiedestamboom” en  evolusiemodelle

9.6   Die Neandertallers         

9.7   Vroeë Homo sapiens         

9.8   Breingrootte, intelligensie en klassifikasie

9.9   Homo erectus          

9.10 Die Genesisvloed en die Ystydperk     

9.11 Nie-evolusionistiese verklarings vir morfologie

9.12 Homo habilis        

9.13 Australopithecus, Paranthropus en museums   

9.14 Fossieltabelle          

9.15 Opsommende gevolgtrekkings       

10. Die doel van die evolusieleer      421

10.1 Aanhalings       

10.1.1 Evolusie en die Christelike geloof    

10.1.2 Evolusie het ook ’n geloofsbasis    

10.1.3 Evolusie is ook op voorveronderstellings gebaseer 

10.1.4 Wetenskaplike waarnemings wat  evolusie ondersteun is baie skaars 

10.1.5 Evolusie se verlore skakels bly verlore   

10.1.6 Evolusie dra nie by tot bevordering van die wetenskap nie 

10.2 Doelbewuste onderdrukking      

11. Afsluiting         438

Verwysings         

Indeks          

Die skrywer         

Naskrif         

Persoonlike bedankings        

Die skrywer

Die skrywer, Hendrik Daniël Mouton, was in 2006 vir 30 jaar as elektroniese ingenieur by die wapenvervaardiger Kentron, Denel, werksaam.  Sy huidige werk as stelselontwerper behels: 

•  die ontwikkeling van toegepaste wiskundige modelle om die gedrag van missiele en hul komponente te beskryf; •  die ontwerp en optimering van beheerstelsels daarvoor; en

•  die ontwikkeling van rekenaarsimulasiemodelle om die missiele se gedrag akkuraat te kan voorspel en te kan evalueer.

Sy formele kwalifikasies is die volgende:

•  B.Sc.Ing. (elektries), Universiteit van Pretoria, 1975;

•  B.Sc. (hoofvakke toegepaste wiskunde en sterrekunde), UNISA, 1981;

•  B.Ing.Honneurs (spesialisasie beheerstelsels), Universiteit van Pretoria, 1982;

•  M.Ing. (tesis behels die velde modellering, beheerstelsels en

rekenaarsimulasiemodelle), Universiteit van Pretoria, 1988; 

•  Ph.D.Ing. (verhandeling behels dieselfde velde as vir M.Ing.), Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys, 1993.

 Oor die afgelope 25 jaar het hy ’n kragtige simulasietaal ontwikkel, waarvan die nuutste weergawe bekend staan as SIMUL_C_win. Hierdie simulasietaal is ook baie bruikbaar buite die missiel-ontwikkelingsgebied, soos byvoorbeeld vir simulasies van die sonne-stelsel en verwante kinematika.  Sommige van die resultate in die gedeelte oor die sonnestelsel is  juis met behulp van SIMUL_C_win gegenereer, wat uit die aard van waar en waarvoor dit ontwikkel is, inderdaad “gevegsbeproef” genoem kan word. 

One thought on “Skepping en Evolusie – Onversoenbaar !

Add yours

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: