Die trojaanse perd, evolusionisme en die vrou in die besondere ampte

‘n Groep besorgde lidmate van die NG Kerk het onlangs ‘n boek bekend gestel wat heelwat ongelukkigheid veroorsaak onder teologies liberaalgesindes van die kerkverband.

Die boek se titel is “Die Trojaanse Perd in die NG Kerk – die kanker van Evolusie en Liberalisme”

Die volgende inligting oor die boek kan op die skrywers se blog gevind word:

– Skrywers en bydraers

– Inhoudsopgawe

– Verskillende reaksies op die boek

– Voëlvlug van die hoofstukke van die boek

– Vrae en antwoorde oor die boek

Sien hier: http://www.glodiebybel.co.za/component/content/article/189-die-trojaanse-perd-in-die-ng-kerk.html

Dat die skrywers ‘n rou en sensitiewe wond oopkrap in die NG Kerk (“die keiser het nie klere aan nie”), kan gesien word in die reaksies by bogenoemde blog en die aanlyn Kerkbode:

http://www.kerkbode.co.za/NuusLees.asp?id=149

Die Kerkbode het dit ook goed gedink om die volgende spotprent te publiseer as kritiek op die boek, saam met ander kerklike gebeure in die land:

 

Bron: http://www.kerkbode.co.za/Spotprent.asp

Ek sien daarna uit om my kopie van die boek te ontvang, veral om te sien of die skrywers in hul ontbloting van die ewolusionisme en liberalisme in die NG Kerk, ook die belangrike lyn raaksien dat dit juis teologiese liberalisme is (verkeerde Skrifbeskouing) wat eindig daarin om die vrou toe te laat tot die besondere ampte in die kerk, veral as ouderling en predikant.

Wayne Grudem in sy boek, Evangelicalism Feminism – A New Path to Liberalism, wys hierop:[1]

“that liberal Protestant denominations were the pioneers of evangelical feminism, and that evangelical feminists today have adopted many of the arguments earlier used by theological liberals to advocate the ordination of women and to reject male headship in marriage.”

“that the history of others who have adopted these positions shows that the next step is the endorsement of the moral legitimacy of homosexuality.“

“that the common thread running through all of these trends is a rejection of the effective authority of Scripture in people’s lives, and that this is the bedrock principle of theological liberalism.”

Swierenga skryf in sy artikel, Burn the Wooden Shoes: Modernity and Division in the Christian Reformed Church in North America, oor die geleidelike deformasie in die CRCNA, waar Skrifkritiek en die aanvaarding van evolusionisme en die vrou in die besondere ampte hand aan hand gegaan het:

“Stob’s ideas were only the beginning of the challenge to the prized orthodoxy of the CRCNA. Over the next decades came debates over the infallibility of the Bible and the extent of God’s redemptive love, creation and evolution, election and reprobation, the ordination of women, homosexualism, and the authority of the Church Order. The reinterpretation of the doctrine of biblical infallibility began in 1958, when first-year seminarian Marvin Hoogland, editor of the student periodical Stromata, published a think-piece that argued for limiting the doctrine to matters of faith and conduct, but not to statements of natural science, grammar, and history.”

John Tangelder, in sy resensie van Wayne Grudem se boek, wys ook op die duidelike konneksie tussen teologiese liberalisme en die vrou in die besondere ampte:

“As we consider what happened in the churches in the Western world, a clear connection can be seen between theological liberalism and the endorsement of women’s ordination. The larger trend of allowing women to be ordained began with liberal Protestant denominations in the 1950s and spread to a number of evangelical groups in the 1970s. … Grudem rightly argues that we may not sit in judgment upon the Bible. We may not interpret the Scriptures in the light of contemporary feminist or any other agenda. When we say that it is impossible to decide what the Bible says on this, we imply that God did not think it an important enough issue to give us clear guidance in His Word. We imply that God has left us instructions that are rather unclear or confusing on this issue. If we allow different views and practices on this issue to exist in the church, we are essentially admitting that both views are right.”

Daar is nie ‘n wesentlik verskil tussen die hantering van die Bybel wat uitkom by evolusionisme en die vrou in die besondere ampte nie. Teologiese liberalisme (doelbewus of ondoelbewus aanvaar) leer in albei gevalle dat die verstaan van bv. Gen.1-3 en 1 Kor.14:34-40 en 1 Tim.2:11-15 deur die kultuur bepaal word waarin dit geskryf is (samelewingsbepalend, ook genoem die ‘sosio-historiese’ lees van die Skrif), d.w.s. hierdie gedeeltes moet nie ‘letterlik’ (openbarings histories/grammaties histories) verstaan word nie, maar het slegs gegeld vir die ‘antieke tye’ en nie vir alle mense en alle tye op alle plekke nie, en dus ook nie vir ons vandag nie.  In ekstreme gevalle word Gen.1-3 afgemaak as ‘fabels en mites’, en 1 Kor.14 en 1 Tim 2 afgemaak as sou Paulus dit nooit geskryf het nie.

Hier is net een voorbeeld van teologiese liberalisme in SA se teologie, soos dit in beide die lees van Genesis en die vrou se rol in die ampte na vore kom:

Die Bybel in Praktyk Studiebybel se verduideliking by Genesis 1:

Sedert die tyd van Darwin bestaan daar ’n konflik oor die vraag of die Bybelse siening van die ontstaan van dinge reg is en of die natuurwetenskaplike weergawe wat op evolusie gebaseer is, korrek is. Die konflik moet herlei word na ’n foutiewe siening van die Bybel en sy doel. Die Bybel wil nie ’n weergawe gee van die proses waarvolgens die wêreld onstaan het nie. Nog minder is dit ’n geskiedenisboek oor die ontstaan en wording van die mensheid. Alhoewel daar in die Bybel van geskiedenis sprake is, is dit nie ’n geskiedenisboek nie. … Dit beteken dus dat die Bybelse siening van die skepping nie in stryd is met die wetenskap of verskeie variasies van die evolusieteorie nie; dit is eerder in stryd met enige opvatting wat uitgaan van die standpunt dat daar geen skepper was nie. … Die Bybel gee geen aanduiding oor hoe ons dit in Genesis 1 moet verstaan nie. In ’n samelewing waar tye en seisoene aan die werking van natuurgode toegeskryf is, is dit waarskynlik ’n wyse waarop gesê word dat God reeds heel van die begin af ook tyd ingestel het en daarvolgens sy skeppingsarbeid verrig het. Die wesenlike vraag is egter nie hoe lank dit geneem het nie, maar hoe God dit gedoen het.”[2]

Die Bybel in Praktyk se verklaring by 1 Tim.2:11,

“Daar is reeds genoem dat hierdie beperkende opdragte van Paulus slegs teen die agtergrond van die vrou se gediskrimineerde posisie in die samelewing reg verstaan kan word. Paulus het nie geleer dat ’n vrou glad nie in die kerk onderrig mag gee nie, so asof hy geglo het dat mans nooit by vroue kon leer nie. Die groot prediker Apollos is immers deur Priscilla, een van Paulus se medewerkers, onderrig (Hand 18:24–26). Paulus maak ook gereeld melding van vroue wat verantwoordelike posisies in die kerk beklee het. Febe was ’n diaken (Rom 16:1), Maria, Trifena en Trifosa was werkers vir die Here (Rom16:6,12), en so ook Euodia en Sintige (Fil 4:2). Daar was dus spesifieke omstandighede in Efese wat Paulus genoodsaak het om hierdie uiters beperkende opdrag aan die vroue te gee. So kan daar vandag ook samelewingsomstandighede wees waar dit onwys sal wees dat vroue onderrig-posisies en/of gesagsposisies in ’n gemeente beklee. Vergelyk ook die aantekeninge by 1 Timoteus 2:9-15″.[3]

Mary Kassian, skrywer van en lid van die CBMW, stel die saak as volg:

“Biblical feminists seek to retain an evangelical base while at the same time modifying Biblical interpretation to be sympathetic to the concerns of the women’s movement. However, in order to embrace both, Biblical feminists need to compromise the Bible. Biblical feminism therefore has become a theological crossing point between conservative evangelical theology and liberalism … Feminism and Christianity are like thick oil and water: their very natures dictate that they cannot be mixed.”

Al Mohler, lid van die CBMW skryf:

“The arguments used in support of the ordination of women require the dismissal or ‘reinterpretation’ of specific biblical texts which disallow women in the teaching office. The same is true of arguments for the ordination of … homosexuals, I am not accusing all proponents of women’s ordination of supporting the ordination of homosexuals. But I am insisting that the basic hermeneutical approach behind these arguments has a common core – a relativizing of prohibitive biblical texts in the name of liberation.”

 Dat evolusionisme waar is, dat Genesis 1-3 fabels/mites is wat nie histories verstaan moet word nie, dat die Psalms nie Messiaans is nie, dat vroue in die besondere ampte mag staan, het almal een oorsprong: Gen.3:1, en val onder die vaandel van teologiese liberalisme.  Dat ons as gelowiges baiemaal inkonsekwent is en nie die lyne en ooreenkomste tussen al hierdie verskillende sake raaksien nie, is ongelukkkig ‘n historiese feit, maar die lyne is ondubbelsinnig daar, soos die geskiedenis ook uitwys.  So was daar bv. onlangs ‘n professor wat onseker was oor die Messianiteit van sekere Psalms, wat onlangs ook begin vrae vra het oor die historisiteit van Genesis 1-3.

Die verhouding tussen die Skrif en buite-bybelse inligting

Gereformeerdes het nog altyd buite-Bybelse inligting geraadpleeg (van die antieke tye en bybelse samelewings) om ons daardeur te help om tot ‘n beter verstaan van die Skrif te kom.  Dit is genoem: die kultuur-historiese agtergrond van die Bybel.

Prof. Schalk Duvenhage skryf in die inleiding van sy boek as volg:

 “Om die Nuwe Testament werklik te kan verstaan is dit dus onontbeerlik om ook kennis te neem van die historiese en kulturele milieu in die breedste sin van die woord. … Om die Nuwe Testament in die regte lig te sien is inderdaad veel meer nodig as om uitsluitlik kennis te neem van die Joodse ‘Umwelt’ … Daarom moet die Nuwe Testament bestudeer word teen die breër agtergrond van die hele destydse bekende wêreld. … Die Nuwe Testament gee uiteraard self betekenisvolle getuienis van die hellenistiese omgewing en daarvan moet uiteraard kennis geneem word.”[4]

Prof Duvenhage skryf ook oor die sogenaamde ‘gediskrimineerde posisie’ van die vrou (volgens die Bybel in Praktyk):  

“In die hellenistiese tydvak is die vrou wetlik en sosiaal geheel en al met die man gelykgestel. Die bevoorregte posisie van die man soos in die ou Rome en in die Griekse stadstaatstelsel die geval was, het verdwyn. Alle beroepe het vir die vrou oopgestaan. Selfs in die politiek kon en het die vrou ‘n rol gespeel. Vroue-emansipasie was dus aan die orde van die dag. Dit het weer gepaard gegaan met ‘n beperkte kindertal in elke huis en met ‘n sug na weelde en genot.” (ibid., bl.15)

Die ‘sleutel van die kennis en verstaan’ van die Skrifte is egter die Gees en die Woord (Joh.4:24; 16:13; 17:17).  Wanneer die verrekening van ‘sosio-historiese (kultuur/samelewing) inligting’ daardie rol probeer oorneem, dan loop dit die gevaar om die gesag van die Skrif te ondermyn.  Soos prof. L. Floor dit duidelik stel:
 
 “Watter hermeneutiese model gaan ons gebruik? Vir my is dit die openbaringshistoriese model.  By ander modelle is daar die versoeking en die gevaar dat ons buite-Bybelse gegewens van maatskaplike, sosiale en kulturele of politieke aard laat heers oor die Bybelteks. Dat hierdie gegewens ‘n dienende funksie het, sal niemand betwyfel nie. Maar wanneer hulle oor die teks gaan heers, is ons nie meer op die reformatoriese pad nie.  My wens is dat ons met mekaar indringend gaan besin oor hoe ons die Bybel wil verklaar.”[5]
 

Ons glo dat God se Woord geopenbaar is in die geskiedenis, deur en aan mense wat dit op skrif gestel het (2 Petr.1:19-21; sien NGB artikel 3), en daarom is die Bybel tydgerig maar nie tydgebonde nie.   Laasgenoemde siening eindig daarin dat die historisiteit van Genesis geleidelik verwerp word, en vroue tot die besondere ampte toegelaat word, wat later opgevolg word met die aanvaarding van homoseksualisme as ‘n aanvaarbare lewenstyl.

Gelowiges moet daarom nie saamgaan met die modernistiese ‘sosio-historiese’ benadering tot die Skrif nie (waar die samelewing en kultuur bepalend is vir ons Skrifverstaan), en wat eindig in teologiese liberalisme. Daar moet gebly word by die kultuur-historiese agtergrond benadering (wat deel is van die grammaties-histories, openbaring historiese benadering tot die Skrif), en dan wel met die kennisneem en gebruikmaking van sekere resultate van die sosiaal-historiese benadering waar dit die Skrif dien en nie daaroor probeer heers nie.  

Tangelder, in die resensie wat ek hierbo vermeld, haal die volgende belangrike woorde aan van Wayne Grudem, wat ons ook ter harte moet neem, vir alle sake wat op die spel is (Mark.8:38):

“The issue is not whether we say we believe the Bible is the Word of God or that we believe it is without error, but the issue is whether we actually obey it when its teachings are unpopular and conflict with the dominant viewpoints in our culture. If we do not obey it, then the effective authority of God to govern His people and His church has been eroded.”


[2]Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. (1997, c1993). Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) (Electronic ed.) (Ge 1:25). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

[3]Van Wil Vosloo, a. V. R. F. J. (1997, c1993). Die Bybel in Praktyk (Nuwe Vertaling) (Electronic ed.) (1 Ti 2:12). Vereeniging: Christelike Uitgewersmaatskappy.

[4] Die dékor van die Nuwe Testament. ‘n Kultuur-historiese agtergrondstudie. Kaapstad: NG Kerk Uitgewers. Geen publikasiedatum nie.)

[5]Die Kerkblad, Des 2003, p.11.  

 [1] Alle kursief beklemtonings in aanhalings is bygevoeg.

3 thoughts on “Die trojaanse perd, evolusionisme en die vrou in die besondere ampte

Add yours

  1. 5. Why is this issue (women in office – slc) important to the church today?

    Answer: There is mounting pressure on the church on the part of the surrounding culture to conform its practice to what the culture judges acceptable. As a result, it is becoming increasingly difficult to maintain that Scripture teaches that certain teaching and authoritative roles in the church are limited to men.

    In recent years, we have seen important developments particularly in the Anglican church worldwide. At least in certain cases, there also seems to be a larger pattern of an ideology stressing individual choice that includes advocacy of women’s ordination and the tolerance, if not advocacy, of practicing homosexuals in the church, not merely as members, but in positions of leadership. Clearly, the role of women in the church is not an isolated instance but is part of a larger set of interrelated issues that will continue to engage the church for years to come. While not a first-order, salvation issue—no one is saved based on their view regarding women’s roles in the church—it is a matter of considerable practical and doctrinal consequence.

    Sien die hele onderhoud met dr. Andreas Köstenberger

    http://thegospelcoalition.org/blogs/justintaylor/2008/07/30/interview-with-andreas-j-kstenberger-on/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Blog at WordPress.com.

Up ↑

%d bloggers like this: