Labadisme, en die eenheid én heiligheid van die Kerk van Jesus Christus
Die onderskeid tussen die soeke na die handhawing van die eenheid en tegelykertyd die heiligheid van die sigbare kerk, is baiemaal ‘n fyn skeidslyn. Elke ware gelowige bely en soek albei, of behoort dit te bely en te soek. Met die belydenis van die eenheid van die kerk, erken ons daarmee dat ek – dat my plaaslike kerk – dat my kerkverband – nie die enigste kerk van Christus op aarde is nie, daarom soek ons mekaar op, en wil mekaar help om kerk van Christus te wees tot sy eer, deur sy Woord en Gees (sien HK v/a 54).
Met die belydenis van die heiligheid van die kerk, erken ons daarmee dat as vrug van ons verlossing in Christus (genade alleen, deur die geloof alleen, sonder enige werke), ons daarom in dankbaarheid ook gehoorsaam moet en wil wees, as kerk van Christus (sien NGB art.24; deel 3 van die HK): in wat ons preek, watter en hoe die sakramente bedien word, die toepassing van die tug, die kerkregering, ampte, wat ons sing, hoe ons aanbid, die gemeenskap van die heiliges, ens,, is ook alles belangrik, alles tot eer van God en die opbou van sy gemeentes.
Heel konkreet gestel: eenheid én waarheid in Christus is belangrik, nie net die een of die ander nie.
In Joh.17, waar ons leer oor die eenheid van gelowiges, leer ons ook dat dit ‘n ‘eenheid in die waarheid’ is:
“Heilig hul in u waarheid, u woord is die waarheid.” (v.17)
Ook vir ons wat die Skrif glo, volgens wat ons samevattend bely in die gereformeerde belydenis, is hierdie saak baie belangrik, daarom ook NGB art.27-32:
– wie en wat is die kerk (art.27)
– wat is ons roeping aangaande die ware kerk (art.28)
– die kenmerke van die ware en die valse kerk (art.29)
– die regering van die kerk (art.30)
– die ampsdraers van die kerk (art.31)
– die orde en tug van die kerk (art.32)
Baie gereformeerdes sit in plaaslike kerke en/of kerkverbande waaroor hul baie besorg is, wat moet ek maak met my kerkkeuse (beter: kerkroeping), moet ek bly of ry, moet ek aanhou reformeer of konformeer, moet ek berus of aanhou stry, ens. ?
Om te help besin oor hierdie en ander vrae, neem deeglik kennis van wat deur die eeue bekend gestaan het as die Labadisme. Ek het al in die verlede heelwat gehoor van hierdie ‘sekte of sektariese beweging’ wat te ‘radikaal’ was, en as gerespekteerde teoloë soos Voetius, aBrakel en selfs Koelman daarteen waarsku, dan moet die waarskuwing ernstig opgeneem word.
Tog meen ek, na die lees van die ondergenoemde artikel van ds. C. Pronk, dat ten minste die vrae wat Jean de Labadie (waarna ‘Labadisme’ vernoem is) in sy tye gevra het, ook ons aandag verg. Party sal meen dat die vrae wat hy gevra het, die vrae is wat ‘Gereformeerde Baptiste’ dalk vandag teenoor ons Gereformeerdes/Doppers sal vra:
Maak ons genoeg van die heiligheid van die kerk ?
So, lees asb. die artikel aandagtig, en gee gerus u standpunt en opmerkings hier onder in die ‘comments’ afdeling:
– wanneer mag/moet ‘n gelowige ‘n plaaslike kerk en/of kerkverband verlaat?
– wanneer is die verlating van ‘n plaaslike kerk/kerkverband gehoorsaamheid aan die Here ….. en wanneer is dit ‘perfeksionisme’ of ‘eiewilligheid en ongehoorsaamheid’?
– wanneer bly ek in ‘n gemeente/kerkverband, juis terwille van die eenheid van die kerk van Christus wat ons bely …. en wanneer moet ek juis terwille van die heiligheid van die kerk, wat ons ook bely, ‘n gemeente/kerkverband verlaat?
Ek hoor graag wat medegelowiges hieroor sê ?
Hier is die artikel van ds. C. Pronk (predikant van die Free Reformed Churches in North America), in hul kerklike tydskrif, The Messenger, November 2012 uitgawe:
A Goodly Heritage: Jean de Labadie (1640-1674)
(gaan na bl.6 in die tydskrif wat oopmaak)
‘n Uittreksel:
“His Real Objective
What de Labadie was really after was a church made up of genuinely born again Christians. When this proved an unattainable goal, he withdrew himself more and more from the visible church in favour of the conventicle or “gezelschap” model where only the regenerate met.
Not being satisfied with anything but total success, he became disillusioned at the resistance he met everywhere on the part of nominal church members and even pastors who in his view were not dealing honestly with souls entrusted to their care. The problem with the Reformed Church, as he saw it, was fourfold:
1. The doctrine of salvation was not taught as powerfully and spiritually as it should be.
2. The sacraments, particularly the Lord’s Supper, were not administered according to the institution of Christ. Many unregenerate, worldly and ungodly people were admitted without any discipline being exercised.
3. There were many unregenerate preachers who by their own admission did not understand God’s Word.
4. If anyone was saved in the Reformed Church it was by coincidence, which could just as easily happen among the Jews, Turks and Catholics.
What was needed, de Labadie insisted, were sermons that call people to repentance. Texts should be chosen that focus on awakening dead souls.
… Many of de Labadie’s ideas can be traced to Calvin’s theology. The Reformer of Geneva had also laid great stress on the necessity of sanctification of the individual believer, as well as the congregation and society as a whole. The difference between Calvin and de Labadie, as I see it, has to do with a difference in view as to the basic motive or driving force behind sanctification.
For Calvin, as for Luther before him, it was clearly justification. Without justification there can be no sanctification. Although de Labadie would not deny this, we see in him a shift away from justification as the key doctrine to regeneration, which for him was the sine qua non (or that without which) there cannot be any spiritual life. This is not to deny that regeneration is essential to salvation. What Jesus said to Nicodemus will always be an absolute requirement: “Ye must be born again.” But the question is, where in the range of essential truths do we place regeneration?”
Baie dankie, dis uiters relevant. “Evangelicalism Divided” van Iain Murray wat ek onlangs gelees het raak ook aan hierdie probleem van die vervlakking van die evangelie. In sy boek bespreek Murray onder andere die kompromieë en verskraling van Christenwees, die kruipende liberalisme wat ‘n “geloof” in Christus toelaat wat nie gebaseer is op geopenbaarde waahede nie en wat sonder Skrifgesag is. Hierdie lei vir hom na ‘n valse definisie van ‘n Christen en daarom soek hy na ‘n Bybelse definisie van ‘n Christen .