Andries, Mandi, mev. Pipa, dr. Pipa voor die Voortrekkermonument
Baie dankie vir almal wat die sprekerstoer moontlik gemaak het, dit word baie waardeer. In die besonder dankie aan:
– dr. Pipa en sy vrou vir die goeie vriendskap wat gesmee is.
– GPTS wat dr. Pipa gestuur het en dit moontlik gemaak het dat kon kom.
– Louis Cloete wat die idee begin het van ‘n sprekerstoer deur dr. Pipa in SA.
– aan GK Bet-el wat die hoofborg van sy sprekerstoer was, ook vir die lidmate wat elkeen gehelp het met die etes en versorging van die Pipa’s (in die besonder vir Andries en Mandi Opperman se gasvryheid).
– aan almal wat die verskillende lesings bygewoon het en deelgeneem het aan die besprekings.
Ons sal so met die tyd hier en by GK Bet-el se webblad van sy boodskappe van die week plaas.
Ek gaan nou ‘n paar dae asem skep, en weer Afrikaans leer praat !
Groete
Slabbert
Slabbert,
Baie dankie ook van ons hier in die Kalahari. Dit was `n voorreg om dit met die hulp van die tegnologie by te woon. Ons het die uitsendings met `n projektor op `n groot skerm by ons kerksentrum vertoon. Van die mense wat dit bygewoon het, het gevra of daar opnames van die voordragte beskikbaar is of dalk selfs die geskrewe teks daarvan?
Jy ken seker die storie van die donkie wat gevrek het net toe hy geleer het hoe om sonder kos klaar te kom – ons vertrou jou Afrikaans het nie uitgesterf nie…
Weereens dankie.